Friday 17 October 2008

Verjaarsdae

Soveel verjaarsdae op een dag.

Baie geluk Stoffel Snyman met jou 63ste verjaarsdag vandag. 'n Jaar vol vreugde, geluk en voorspoed word jou toegewens. Gods rykste seën word jou ook toegebid vir die nuwe lewensjaar.

Stoffel is op die foto saam met sy vrou, Elsjé.



Dit is vandag Liza van Wyk se verjaarsdag. Baie geluk, Liza, 'n mooi jaar vol vreugde, vrede, geluk en voorspoed word jou toegewens. Hoop jou mense bederf jou baie.




Simoné van Wyk het ook die 3de Oktober verjaar. Baie geluk Simoné, ons het nie vergeet nie, net te veel dinge wat gebeur het. Mag dit vir jou 'n pragtige nuwe lewensjaar wees. Ek hoop dat jy lekker bederf is.





Vandag verjaar Yvette du Toit ook. Baie geluk met jou verjaarsdag. Tonne vol vreugde, geluk en voorspoed word jou toegebid. Geniet die dag baie.

Yvette en Kobus du Toit



Christo Geldenhuys verjaar ook vandag. Baie geluk. Mag dit 'n wonderlike jaar vir jou wees. Vreugde en voorspoed word jou toegewens op die nuwe lewensjaar.

No comments: