Monday 31 December 2007

Wense vir die Nuwe Jaar

EMMERS VOL SEENINGE
KRUIWAENS VOL VOORSPOED
GIETERS VOL GELUK
BEDDINGS VOL RESPEK
DIT IS ONS BLOMMETUIN VIR JULLE IN 2008
MAG JULLE TOEKOMS VOL VREUGDE, VREDE EN GOD'S LIEFDE WEES

Feesgety op die plot

KERSFEES 2007
Pa Pieter en Ma Annatjie was die jaar saam met Ouma Hettie op die plot vir Kersfees. Soos gewoonlik was dit 'n lekker samekoms van familie.

Oupa Japie en Pa Pieter

Johan het vir die kleintjies herinner dat Kersfees oor die geboorte van Jesus gaan en dat hy vir ons die grootste geskenk is.


Almal het aandagtig daarna geluister.


Almal maak gereed om Kersvader te ontmoet.

Soos gewoonlik is daar lekker geeet.



Men and their toys. Paintball was die jaar die grootste tydsverdryf op die plot.
Pa Pieter is die een met die helmet op, hy het nie geweet wat hom tref nie.

Die span maak gereed.
OUPA JAPIE WORD 89!!


Ons het lekker verjaardag saam met oupa Japie gehou.
Hy het gese hy gaan nog oor die 100 jaar oud word.
Ons wens hom net alle liefde en voorspoed toe.

Dit gaan nou weer beter met oupa.

Hier is fotos van die dag saam met hom:











RUBEN EN HETTIE
Ruben het die tydjie baie lief vir ouma Hettie geword en deur dit te wys het hy vir haar 'n blommetjie gepluk. Hy begin ook nou al Hettie roep as hy haar soek.



HETTIE SE BABY SHOWER
Hulle het dit goed gedink om Hettie se Baby Shower te hou terwyl die meeste van die familie by mekaar is. Hettie het glad niks vermoed nie en dit was vir haar 'n groot verrassing. Sy was baie gelukkig en het baie mooi goedjies gekry.

As als volgens plan verloop sal Marnel op die 25ste Februarie hier wees.

Andre moes ook deel van die party wees. Hy was 'n stroopsoet baba.


'n Paar fotos:




Verjaarsdag in 'n "Nuwe" Zealand

Jo-anne, of ouma Jo soos ons haar noem, verjaar ook so op die oujaar. Dit is haar eerste verjaarsdag in haar nuwe land. Verlede jaar het sy hom ook hier gevier, maar net as 'n gas.

Baie geluk ouma Jo. Ouma Jo is vandag 56. Hoop daar's nog baie!

Tannie Miemie Verjaar

Ons wil net vir tannie Miemie ook baie geluk wens met haar verjaarsdag wat al gister was. Jammer tannie ek het nie vergeet nie, net bietjie deurmekaar geraak met die datums. Ons hoop tannie het 'n wonderlike dag gehad en mag die jaar wat voorlê vol vreugde wees.
Gee tog vir Ruben 'n groot soen en druk van my af as tannie hom weer sien.

Sunday 30 December 2007

Oupa Japie Verjaar

Ons wil net sê: Baie geluk met die verjaarsdag oupa. Mag die Here vir oupa seën en sy hand van beskerming oor oupa hou. Hoop oupa geniet die dag.
Liefde van ons uit New Zealand.



Suid Eiland - Old St. Pauls

Ons was van die 26ste tot die 29ste Desember 'n bietjie af na die Suid Eiland toe. Ons het die oggend so 6 uur by die huis gery en het so 1 uur in Wellington aan gekom.
Hier het ons na die Old St. Pauls kerk gaan kyk.









Suid Eiland - Die Ferry

Hier is die Ferry waarmee ons na die Suid - Eiland toe gery het. Dit vat so 3 ure om tot by die Suid - Eiland uit te kom.






Hier is die dorpie Picton, waar die ferry stop.

Saturday 29 December 2007

Kersfees in die Kaap

Ek en Ruben het 'n lekker Kersfees saam met Oupa Danie, Ouma Miemie en Morne in Blouberg geniet.
Kyk net pappa, ek sit heel lekker op jou stoeltjie wat jy gemaak het. Ek wag vir my geskenk.
Ruben help sy oupa om sy geskenkie oop te maak.

Toe is dit ouma se beurt, hy wou bietjie loer of daar dalk ietsie lekker in haar geskenk is.


Nou kan Ruben sy geskenkie ook oopmaak.





Hy en Morne het ook groot maats geword.








Huka Falls

Net buite Taupo is die Huka Falls. 'n Spul watervalle wat ontstaan het jare gelede toe die berg ontplof het. Japie het my en Marijon Donderdag soontoe gevat om die 'Huka Jets" aan te durf. Dit was groot pret. Die jet boot het geen propeller nie, hy beweeg deur 400 lt water per sekond deur elk van sy twee enjins te pomp! Sy bodem is ook heeltemal plat, wat beteken hy kan deur so min as 20cm water ry. Die 'kaptein' van die boot ry teen 80km p/h op iets af, dan maak hy 'n draaitjie met sy vinger in die lug, en dan moet jy houvas!!! Die boot maak 'n 360 draai en dan is almal wakker! Ek beveel dit regit vir al die adrenalien 'junkies' aan, defnitief !!!













Ons Groot uitstappiedag.

Vrydag was Marijon se laaste dag by ons. Ons het besluit om dit 'n groot uitstappiedag te maak. Vroeg is ons van die plaas af oppad Rotorua toe. Die program vir die dag was dìt:

Heel eerste het ons besluit om met die kabelkarretjies teen die berg op te gaan.

Nou is ons op die berg, maar hoe nou weer af? Met die Luge karretjies natuurlik! Hierdie is GROOT pret. (Vir klein en groot!) Die luge is 'n tipe gokart, net sonder enjin. Dis maklik, as jy die handvadsels helltemal agtertoe trek, dan briek jy, en so in die middel vang jy die lekkerste spoed. En daar trek ons!!!!




Nou is ons weer onder, maar die keer gaan ons met 'n ander karretjie op.



So het dit gegaan tot almal nou genoeg gehad het. Daarna het ons pizza gehad vir middagete, en aanbeweeg na die Spring Valley Wildlife Park, waar ons gekyk het hoe hulle die leeus voer....maar, Japie was te skrikkerig vir die leeus, en het besluit hy voer eerder die donkie!!


Na al die opwinding van die dag, het ons die meisiekinders by oupa Bes en ouma Jo gaan aflaai, en is ons na Mitai, 'n Maori Village, vir 'n konsert. Maar meer daarvan more.

My bytjies....

Donderdag middag het ons middagete by The Honey Hive geëet. Dit is oulike plekkie net buite Taupo wat glas byekorwe aanhou, sodat die kinders kan sien wat die besige bytjies doen.

My besige bytjies moes toe nou eers 'cheese' vir die kamera.
Hier by Honey Hive kan jy ook allerhande byprodukte van heuning koop. Enige ding van heuning, tot handerome met heuning ekstrakte en wie weet wat nog als. O ja, en die heerlikste Hokey Pokey roomys!!

Friday 28 December 2007

Uiteindelik 'n kleinseun vir Francois


Uiteindelik, na 7 kleindogters is daar 'n kleinseun oppad. Soos Francois sê nommer 8 was nog altyd sy gelukkige nommer.

Baie geluk aan julle almal. Ons hoop en vertrou dat alles baie goed sal gaan met jou swangerskap, Lizelle. Mag hierdie kleinseun baie geluk in julle almal se lewens bring.

Oupa Frans, moenie te veel bederf nie, asseblief!!!!!!!


Oupa Francois was so bly oor die nuus wat hy gekry het oor sy kleinseun, hy moes tot oupa Japie se suurstof leen net om weer sy asem terug te kry.

Thursday 27 December 2007

Beterskap wense

Amanda Strydom is op 15 Desember geopereer. Sy moes 'n nood histerektomie ondergaan. Sy het nog baie pyn, maar is darem al weer by die huis en dit gaan beter. Hoop jy is spoedig weer 100%.
Oupa Japie Nortje het ons gisteraand groot laat skrik. Hy was gladnie lekker nie. Ons het hom hospitaal toe geneem en hulle het hom oornag vir waarneming gehou. Vanmiddag het hy weer huistoe gekom en dit lyk darem asof daar nie groot fout was nie. Miskien was die opgewondenheid rondom Kersdag en alles wat daarmee gepaard gaan bietjie te veel. Beterskap, Oupa.
Hannes Strydom is ook al vanaf Sondag 23 Desember in die hospitaal. Dit gaan ook nou weer beter en ons hoop dat hy vandag sal kan huistoe kom. Beterskap Hannes en vasbyt, Jong.
Ons hoop almal voel gou beter en sien julle dan Sondag by Oupa se 89ste verjaarsdag.

Belangrike dae wat agter gebly het

Terwyl ons so lekker gekuier het, het daar 'n paar verjaarsdae en huweliksherdenkings agterwee gebly. Ons het ook nie altyd toegang tot internet nie en kan dan nie skryf nie. Ons kuier baie lekker in Suid Afrika. Dit is baie lekker om al die familie, vriende en kennisse te sien. Ook baie lekker om Afrikaans te hoor.
Verjaarsdae en huweliksherdenkings :
Kobus en Amanda het hul huweliksherdenking op 5 Desember gevier, asook
Gert en Marinda Besuidenhout
9 Desember het Margaretha Strydom verjaar
10 Desember was die tweeling, Nicole en Michelle Redelinghuys se verjaarsdag
Ook Marlene van Dalen het op 10 Desember verjaar
Andries Labuschagne het verjaar op 11 Desember
Huweliksherdenkings op 11 Desember was :
Japie en Sune Strydom, Nic en Doreen van der Merwe en Chris en Francis du Toit
Bennie Labuschagne het op 13 Desember verjaar
Hettie Nel se verjaarsdag was op 15 Desember
Evette het ons reeds geluk gewens op 18 Desember en Awie en Hettie Nel se troudag herdenking was ook op 18 Desember asook Nas en Amanda Hoffman se huweliksherdnking
Pieter Botha van Namibie het ook verjaar op 19 Desember, sowel as Willemien Coetzee
Elize Nortje se verjaarsdag was op 20 Desember
Isabel Coetzee en Marinda Strydom het op 21 Desember verjaar
Daan en Clara Harmse het op 22 Desember hulle huweliksherdenking gevier
Marelize Labuschagne het op 23 Desember verjaar
Baie geluk aan julle almal. Ons hoop julle het julle spesiale dae baie geniet. Mag vreugde, voorspoed en geluk deelwees van julle nuwe lewensjaar.
Therene wat die 27ste Desember verjaar, baie geluk. Geniet die dag.
Aan almal in New Zealand, baie dankie vir die Kerswense en die foto's van ou Kersaand. Ons verlang baie en sien uit daarna om weer terug te wees by julle.

Tuesday 25 December 2007

Geseënde Kersfees

Mag die goedheid van Jesus,
die liefde van God
en die kragtige teewoordigheid van die Heilige Gees
hierdie Kerstyd met julle almal wees.
Liefde en groete van ons almal in
New Zealand.

Monday 24 December 2007

Ou Kers Aand

Nou ja dit is sulke tyd. Die jaar is verby en nou hou ons Kersfees.
Kyk net hoe mooi is die tafel gedek. Ons wil net dankie sê vir Yolandi en Marijon. Dit lyk pragtig.
Die twee meisiekinders kon nie wag dat Kersvader moet kom nie. In die foto is Odélia, Marijon en Annika besig om gou te bid voor hulle gaan eet.

Nou is dit tyd. Kersvader gaan nou hier aan kom.
Annika, Marijon en Odélia.

Kyk wie is hier, dis Kersvader en hy het 'n paar geskenkies.



Dankie Kersvader. Odélia gee 'n soentjie vir ou Kersvader.


Nou is dit Annika se turn om vir Kersvader 'n soentjie te gee.


Kersvader was so dors en honger van die harde werk. Odélia het toe vir hom 'n glas melk en 'n paar koekies gegee.


Ons het darema 'n foto saam met Kersvader geneem voor dat hy na die ander kinders se huise toe moes gaan.


Kyk net hoe baie persente het Kersvader vir ons gebring.


Kyk gou hier julle twee en sê cheese....

Hier help Annika vir haar pappa om al die persente uit te deel.

Odélia het ook 'n hand by gesit.


Na dat al die persente uit gedeel is het ons nie op ons laat wag nie. Die papiere het vinnig begin waai.


Kyk ons nuwe speel ding.

Joanné het eers wakker geword nadat ons al die persente uit gedeel het. Sy het darema lekker baie pesente gekry.

Sjoe Joanné jy is darema 'n gelukkige ou dogtertjie.