Thursday 28 January 2010

Groot verrassing

So twee en 'n half weke terug, 12 Januarie, kry Pieter 'n oproep. Met die dat hy nie by die huis was nie, het ek geantwoord. Groot was my verbasing om te hoor dat dit nie Sam Richards was nie, maar sy broer Pieter. Sam is ook op 'n melkplaas in die Suideiland. Pieter en Sharon het in New Zealand kom kuier. Hul kinders is ook albei in New Zealand.
Toe Pieter by die huis kom, het hy dadelik teruggebel. Ons het die aand deurgery Rotorua toe om Pieter, Sharon en Siobhan (Chevon) te ontmoet. Ons het saam by Valentines gaan eet.
Seker nie nodig om te sê dat ons lekker saam gekuier het nie. Die twee neefs het mekaar ongeveer 30 jaar laas gesien. Ons het na 12 eers by die huis gekom en Pieter moes die volgende oggend gemelk het. Maar die kuier was definitief die moeite en min slaap werd.
Baie dankie, Pieter dat jy gebel het. Ons waardeer dit baie.
Op die foto: Annatjie en Pieter Nortje, Pieter, Sharon en Siobhan Richards.



Tannie Mina Verjaar

Tannie Mina Swanepoel verjaar vandag. Baie geluk met Tannie se verjaarsdag. Gods rykste seën word u toegebid op die pad vorentoe. Geniet 'n baie besondere dag.

Tuesday 26 January 2010

27 Januarie Maureen verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag, Maureen. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens, gevul met alles wat mooi en goed is. Hoop Andries en die kinders bederf jou baie. Geniet 'n besondere dag.

Dit is Zandré se verjaarsdag

Kan nie glo dat jy al 8 jaar oud is vandag nie, Zandré. Baie geluk. Mag al jou kinderdrome waar word. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens. Geniet die dag.
Ons hoop jy word sommer baie bederf.



Monday 25 January 2010

Verjaarsdae

Oupa Bes verjaar vandag. Baie geluk, Bes. Mag die jare wat voorlê baie gelukkige jare wees. Gods rykste seën word jou toegebid. Ons hoop Jo-anne bederf jou sommer baie vandag. Liefde van ons almal hier in New Zealand.


Baie geluk ook aan Piet Bredenhann wat vandag verjaar. Vir jou wens ons ook alles wat mooi is toe vir die nuwe lewensjaar. Geniet die dag.


24 Januarie

Baie geluk Johan en Thea Mulder met jul huweliksherdenking. Baie mooi jare word julle toegewens op die pad vorentoe. Hoop julle het die dag geniet.
Baie geluk ook aan Brenda Steenkamp Nortje wat haar geboortedag herdenk. Hoop dat die pad vorentoe besaai sal wees met alles wat mooi is. Ons hoop dat jy baie bederf is.

Saturday 23 January 2010

Johan Marais verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag vandag. Mag die jaar wat voorlê net voorspoed bring. Baie melk, gesonde koeie en baie kalfies. Geniet die dag.

Thursday 21 January 2010

Verjaarsdag en huweliksherdenking

Baie geluk met jou verjaarsdag vandag, Rudolph. Mag die nuwe lewensjaar alles wat mooi en goed is inhou. Geniet 'n baie besonderse dag en ek hoop dat jy baie bederf word.





Dit is vandag ook Nico en Stienie Redelinghuys se huweliksherdenking. Baie geluk, Julle. 'n Baie mooi en gelukkige jaar word julle toegewens. Geniet die dag.

Wednesday 20 January 2010

Celvin verjaar


Baie geluk met jou 9de verjaarsdag, Celvin. 'n Baie mooi en voorspoedige nuwe lewensjaar word jou toegewens. Hoop Mamma bederf jou baie. Geniet die dag.

Tuesday 19 January 2010

Die operasies - 3 vir die prys van 1

Soos ek reeds berig het, Odélia, Annika en Joanné is Maandag ge-opereer. Diela se mangels en adenoids is uitgehaal, so ook Annika s'n en Ninnie se adenoids is uitgehaal en sy het gromets gekry. Dit was gladnie 'n lekker dag vir dié drie nie. Vroeg uit die vere en Hamilton toe.

By die hospitaal aangekom moes die gewone dinge gebeur. Eers het die dokter hulle gesien.




Daarna is hulle weer in 'n kantoortjie in om geweeg te word, armbande aan te kry en al hul gegewens op hul leêrs is nagegaan. Hier het 'n verpleegster ook vir hulle 'n draagbare DVD speler gebring waarop hulle na DVD's kon kyk. 'n Baie groot hit.

Hulle het twee stoele gedeel en lekker DVD gekyk.




Nog geen bed nie. Ons moes in die wagkamer wag totdat dit tyd was vir die eerste een om teater toe te gaan. Toe is ons almal na die teater vir nog 'n lang wag.





Die huisgesin in die teater se wagkamer.






Eerste was dit Joanné se beurt. Tata, Pappa, Ouma, Annika en Odélia. Sien julle later en weg is sy saam met Mamma. Hier word hulle ook toegelaat om hul gunsteling slaapspeelding saam te vat teater toe. Hulle het ook elkeen 'n naamband om die nek gekry om te sê wie se speelding dit is en ook die naam van die speelding opgesit. Sprinkle is saam met Ninnie teater toe. Yolandi vertel dat sy nie gehuil het toe hulle die masker op haar gesiggie gesit het nie, maar lank gevat het voordat sy aan die slaap geraak het.






Tweede was dit Annika se beurt. Gelukkig weet hulle nie regtig vir hulle wag nie. Vriendelik en vol glimlaggies het sy ook gewaai en gesê: Sien julle later. Weg is sy en Mamma. Woefels is saam met Annika teater toe. Ook Annika het redelik lank gevat voordat sy aan die slaap geraak het. In Afrikaans en Engels tot by 10 getel en nog 'n liedjie ook gesing voordat sy geslaap het.






Intussen is Ninnie uit die teater in recovery en is ek en Japie na haar toe. Die plan was om Ouma daar te los sodat hy by Yolandi en Odélia kon bly en dan later na Annika toe kon gaan in recovery. Sien, haar Pa is haar hero. So hy was defnitief die een wat aan haar sy moes wees.
Laaste is Diela toe in. Ook 'n baie vriendelike groet na Pappa se kant toe en all smiles is hulle ook daar weg. Natuurlik is Bella saam met Diela teater toe.





Voordat Diela teater toe is, is ek en Joanné verby na die saal toe. Annika het uitgekom en Japie is na haar toe in recovery. Hulle was so 20 minute later in die saal. Yolandi het by Diela gebly en hulle het ook ongeveer 30 minute later in die saal aangekom. Gelukkig was die drie in een kamer en kon ons almal by almal kuier.





Ouma het vir hulle elkeen 'n ballon gekoop.
Ninnie met Winnie Pooh.




Anka met Minnie Muis.
Die ou gesiggie vertel dat sy gladnie lekker voel nie. Kyk die trane op die wange.




Ook hierdie gesiggie wys dat sy gladnie lekker voel nie. Maar kyk darem vir 'n foto. Odélia en haar Butterfly ballon.




Ninnie was sommer gou op en aan die gang. Sy het net gekla oor die naald in die hand, maar ook gou daarvan vergeet.


Annika speel met Odélia se Ntendo game. Nog maar dik van die eina.






Odélia, slaapkous wat sy is (sy kan lekker laat slaap ook) gebruik die kans om lekker te kan slaap.






Ons dank ons Hemelse Vader dat hul operasies so goed afgeloop het. Ons is gisteraand toe tot by ons huis, sodat hulle darem 'n entjie nader aan Hamilton was indien dit nodig sou wees om terug te gaan vir een of ander rede. Vanoggend was die wakker word maar baie seer. Die twee oudstes was nog baie eina, maar Ninnie was op en wakker. Ontbyt is ook nie regtig geëet nie. Hulle het medisyne gekry, bietjie gelê en skielik was hulle ander kinders. Op en aan die gang, wil eet en speel en sommer hul ou self. Hulle sê mos : TYD HEEL ALLE WONDE. Dit was regtig nodig om tyd te gee, sodat hulle self regkom en vra om te eet.


Nickie verjaar

Vandag is dit Nickie Bredenhann se verjaarsdag. Baie geluk, Nickie. Mag die jaar wat voorlê alles wat mooi is inhou. Geniet die dag.

Monday 18 January 2010

Die drie dogtertjies word geopereer


Odélia, Annika en Joanné word vandag in Hamilton geopereer vir hulle mangels en gromets. Baie sterkte julle. Ons bid dat Liewe Jesus julle baie styf sal vashou en die eina sommer gou-gou beter sal maak. Ons is baie lief vir julle. Ouma gaan saam om te help om een se hand vas te hou.

Verjaarsdae en huweliksherdenking

Baie geluk met julle 7de huweliksherdenking vandag, Japie en Yolandi. Mag die toekoms besaai wees met rose (sonder dorings) en mag julle strome vol seën van Bo ervaar. Julle sal nou nie vandag kan uitgaan met die kleingoed se operasies nie, maar ek maak 'n aanbod om na hulle te kyk terwyl julle 'n aandjie uit gaan geniet, of wat julle ookal wil doen. Geniet die dag. Ons is lief vir julle.




Japie Strydom verjaar vandag. Baie geluk, Japie. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegebid, vol vreugde en geluk. Geniet 'n baie lekker dag. Hoop jy word baie bederf.




Dit is vandag ook Thian se verjaarsdag. Baie geluk, Thian. Ook vir jou wens ons 'n baie mooi nuwe lewensjaar toe. Geniet die dag.




Sunday 17 January 2010

Kersgeskenke 2009





Dit moet darem nog baie lekker wees om klein te wees,'n Pappa en 'n Mamma, baie Oupas en Oumas te hê en nog ooms en tannies ook. Geskenke het nie net hier in New Zealand uitgepop nie, maar van Suid-Afrika af ook gekom. Kersoggend het die drie meisiekinders hulle laaste geskenke by ons oopgemaak. Hulle het mos ou Kersaand hier geslaap, want Japie en Yolandi het Kersdag gemelk. Hier is 'n paar foto's van die geskenke wat hulle gekry het.








Dis Joriana se verjaarsdag


Baie geluk met jou verjaarsdag vandag, Joriana. Mag daar nog vele gelukkig jare vir jou voorlê. Ons wense vir jou is dat die jaar wat voorlê besaai sal wees met rose en dat jy strome vol seën van Bo sal ontvang. Geniet die dag.

Friday 15 January 2010

Verjaarsdae vandag

Dit is vandag Daleen se verjaarsdag. Baie geluk, Daleen. 'n Baie mooi en besondere nuwe lewensjaar word jou toegewens. Mag die jaar besaai wees met rose (sonder dorings) en mag jy net strome van seën van Bo ervaar. Geniet 'n baie mooi dag. Ons is lief vir jou. Liefde van ons almal.



Burt verjaar ook vandag. Baie geluk, Burt. Ook vir jou wens ons 'n baie spesiale nuwe lewensjaar toe. Gods rykste seën word jou toegebid. Ons is baie bly om te hoor dat dit baie beter gaan met jou. Geniet die dag saam met jou familie en vriende. Liefde hier uit New Zealand.




Dit is vandag ook die verjaarsdag van Althea du Toit. Baie geluk, Ounooi. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens. Mag al jou kinderdrome waar word. Hoop dat Pappa en Mamma jou baie bederf.
Ook is dit die verjaarsdag van Jaco en Darius van der Merwe. Baie geluk, julle twee. Mag ook julle net vreugde en geluk in die nuwe lewensjaar ervaar. Geniet die dag.

Hamilton

Daleen moes Maandag, 11 Januarie hulle kar invat Hamilton toe vir diens. Ek het saamgegaan.

Die tyd wat ons moes wag voordat ons die kar teruggekry het, het ons maar by die winkels deurgebring.

Chanel slaap in die waentjie terwyl daar deur die klere geblaai word.


Ruben het die kans waargeneem om op die karretjies te ry. Eers het hy saam met Rabbit gery.

Toe was dit Noddy se beurt.



Totsiens Noddy, sien jou later.

Thursday 14 January 2010

Kuier in Randfontein

Ons het van Maandag middag tot Woensdag oggend by die Harmses in Randfontein gekuier. Dit was baie lekker.


Ons het oor die ou dae gepraat, al die familie byeenkomste en kuiers by ouma Hettie hulle op die plaas. Al die mooi herinneringe.






Johan help om die Waatlemoene skul.




Kan nie glo die tydjie is verby nie. Ons het dit baie geniet. Baie dankie, tannie Clara (Harmse familie en Ouma Hettie). Ons gaan julle baie mis. Dankie dat julle altyd uit julle pad gaan om 'n kuiertjie met ons te kry. Ons is baie lief vir julle.



Verjaarsdae

Baie geluk met jou verjaarsdag, Japie. Gods rykste seën word jou toegebid. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar vol vreugde, vrede en geluk word jou toegewens. Geniet 'n baie besonderse dag.



Billy verjaar ook vandag. Baie geluk, Billy. Ook vir jou wens ons 'n baie spesiale nuwe lewensjaar toe, vol voorspoed, geluk en liefde. Geniet die dag.




Duane van Aswegen verjaar ook vandag. Baie geluk, Grootman. Mag al jou kinderdrome waar word. Geniet die dag. Hoop jy word sommer baie bederf.




Dit is vandag ook die verjaarsdag van Karla van Wyk. Baie geluk, Ounooi. Alles wat mooi is word jou toegewens in die nuwe lewensjaar. Hoop Pappa en Mamma bederf jou baie. Geniet die dag.






13 Januarie 2010


Klein John Higgs Venter het gister verjaar. Baie geluk, Jong. Hoop Pappa en Mamma het jou sommer baie bederf. Mag al jou kinderdrome waar word.

Saturday 9 January 2010

Totsiens, Nico

Ja, ons is terug van Rotorua af, waar ons Nico afgesien het op die lughawe. Die kuiertjie het so gou verby gegaan. Voordat ons lughawe toe is, het ons hom eers na Te Puia toe gevat. Ek het verlede jaar 'n berig hieroor gedoen. Met 'n volgende keer vertel ek meer hiervan. Hier is 'n paar foto's van Nico se vlieg.



Nico stap deur by die vertreksaal.


'n Laaste totsiens-waai





Die vliegtuig oppad na die aanloopbaan.


Tot weersiens, Nico.