Saturday 18 October 2008

Swemdag vir die meisiekinders

Vandag was die eerste swemles dag vir Odélia en Annika, na die skoolvakansie. Ek het saam met Yolandi gegaan. Die opgewondenheid was groot en die pad Taupo toe net te lank.
Annika in haar swemklere


Odélia in haar swemklere



Odélia en Annika swem dieselfde tyd. Yolandi moet nog saam met Annika swem en Odélia swem alleen saam met die tannie. In Annika se groep is daar ongeveer 5 kinders en hul mammas en Odélia het net een maatjie vandag gehad.

Hier val Hompie Kedompie (Annika) van die muur af.

Alles word met sang gedoen. Dit is nou liedjies wag gesing word en dan word bewegings daarby gedoen.


Odélia se oefeninge is meer gevorderd en sy moet voorwerpe een een uit die water duik. Daarvoor het sy natuurlik haar goggles op.
Sy swem ook al baie goed. Ek het ook 'n video vandag geneem waar sy onder die water moes gaan - die tannie het tot by 10 getel voordat sy weer bo die water verskyn het.

Op die foto is sy net uit die water nadat sy 'n voorwerp uitgeduik het.

En Joanné, sy sit net vir die twee sussies en kyk wat swem. Sy swem nog nie en is gewoond om in die waentjie te sit en kyk - vra nie eens om uit te klim nie.
Volgende week gaan die uittog Taupo toe nog groter wees. Ons wens eintlik ons het die blou kombi hier gehad. Ruben het gister by die swemles gehoor dat hy na die volgende klas kan opskuif. Hy gaan dus volgende week saam met Annika begin swem. Ek en Yolandi sal dan met twee karre moet ry om te gaan swem met die kleingoed.

No comments: