Monday 31 January 2011

'n Bietjie bederf



Odélia, Annika en Joanné bederf die verpleeg personeel met 'n lekker sjokolade koek.

Ons moet ook 'n stukkie proe!
Yummy!

Saturday 29 January 2011

Nog 'n dag in die teater.

Vandag gaan 'n besige dag wees. Vanoggend vroeg word daar voorbereiding gedoen vir nog 'n teater ekspidisie. Eers gou gemeet en geweeg word.

Sit en wag vir die MRI.
Op pad van die saal na die teater.
Lees solank 'n boek terwyl ek wag.
Nou lyk mamma net soos 'n dokter.
Besig om wakker te word na die narkose.
Baie dikbek, want die pleister waarmee hulle my oë toegeplak het in die teater het my gesig gebrand. Kyk nou net!

Local everyday heroes

Ons kan baie bly (en veilig) wees, want in ons huis is daar 'n firefighter en nog 'n polisie vrou ook!!














Friday 28 January 2011

Annika en Joanné en nuus oor Diela

Japie het laat weet dat hy vir Annika en Joanné gaan kom haal om saam Auckland toe te gaan. Ouma het belowe as hulle weer vir Diela gaan kuier, sal ons cupcakes bak. So belowe en so moes dit gebeur. Hier sit die twee en versier die cupcakes. Ook moes ons pikelets (crumpets/hotcakes/plaatkoekies) bak, want Diela is so lief daarvoor, Ouma. Baie opgewonde toe die coolbag gepak is met alles wat na Diela toe moes gaan.



Die eintproduk. Mini strawberry cupcakes - spesiaal vir Diela.



Iewers in die week, het iets Joanné op die linker ooglid gebyt. Hier net 'n foto om te wys hoe die ogie gelyk het.

Terwyl ek besig is om op die blog fotos te sit, is Diela in die teater. Sal julle laat weet hoe dit gaan en wat die dokters sê.

Thursday 27 January 2011

Gelukwensings

Veels geluk met die herdenking van jou geboortedag, Maureen. Mag die nuwe lewensjaar gevul wees met liefde, geluk en vreugde. Geniet die dag.



26 Januarie 2011


Baie geluk met jou verjaarsdag, Zandré. Mag al jou kinderdrome waar word. Geniet die dag en ons hoop dat jy lekker bederf word.




Nog nie tuis nie.....

Ek en Odélia was veronderstel om gister ontslaan te word. Ongelukkig het haar wond gister middag begin lek. Daar is heelwat vloeistof wat nou uit de wond dreineer. Dokter het haar gisteraand laat kom sien, en het vanoggend gevra dat sy nie eet nie, want ons sal moet teruggaan teater toe. Ons moes ook vanoggend 'n sonar van die elmboog neem. Dit was nie vir ons goeie nuus nie. Die radioloog het 'n groot hoeveelheid vuilgoed gesien wat van die radius been af kom en deur die wond druk. Hy het ook heelwat van hierdie vloeistof in die elmboog self gesien. Hy sal ook in teater teenwoordig wees om onder narkose 'n sonar te doen. So kan hy die arm reguit maak en kan hulle meer intensief en met meer detail sien wat aangaan. Ons sal julle op hoogte hou. Weereens baie dankie vir almal se gebede en boodskappe. Dit dra ons. xxx

Odélia en haar verpleegster, Amanda.

By radio Lollipop besig om DJ te speel!

Die fisio help vir die bloedsirkulasie in die arm.

Die arm.

EKG.

Tuesday 25 January 2011

Diela

Goeie nuus oor Odélia is dat sy en Mamma môre kan huistoe kom. Japie gaan hulle haal. Diela is al van Saterdag af op "oral" antibiotika en dit gaan goed. Dr. Nicol het hulle vanoggend gesien en gesê dat sy môre kan huistoe kom.
Dankie, Liewe Jesus, dat U besig is om ons ou dogtertjie gesond te maak.
Ons loof en eer U daarvoor. AMEN.
Baie dankie vir almal wat vir haar gebid het. Die krag van gebed is groot.
Hou asseblief aan met bid vir haar en ons almal.
Liefde.

Gelukwensings

Veels geluk liewe Oupa, omdat jy verjaar.
Mag die Here jou seën en nog baie jare spaar.
Hiep, hiep, hiep.
Van jou drie kleindogters, Odélia, Annika en Joanné.
Baie geluk, Bes met die herdenking van jou geboortedag. Gods rykste seën word jou toegebid. Mag die nuwe lewensjaar gevul wees met liefde, geluk, voorspoed, vreugde en vrede. Sien uit na julle kuier. Liefde van ons almal.
Baie geluk met jou verjaarsdag, Piet. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegebid, gevul met alles wat mooi is. Geniet die dag.




Saturday 22 January 2011

Paar foto's Diela

Ek en Johan het Dinsdag op gery Auckland toe om by Japie, Yolandi en die meisiekinders te gaan kuier. Dit was baie lekker gewees om net bietjie ietsie te doen.
Hier is foto's van Diela.




Annika


Joanné




Die twee foto's het ek geneem toe Diela nog in Rotorua Hospitaal was.




Friday 21 January 2011

Daleen se Verjaarsdag

Ons het Saterdag met Daleen se verjaarsdag, gou koek gaan eet. Het lekker gekuier. Hier is 'n paar foto's.
Chanel


Daleen en Chanel


Ruben en Oupa is hard aan die werk.


Chanel en Ouma


Moet nie vergeet ons te sing en die kersies te blaas nie.


Tyd vir geskenke



Baie geluk

Baie geluk met jou verjaarsdag, Rudolph. 'n Jaar gevul met alles wat mooi is word jou toegewens. Geniet die dag. Therine bederf hom!!!!!!!



Dit is vandag ook Nico en Stienie se huweliksherdenking. Baie geluk, Julle. 'n Toekoms besaai met rose word julle toegewens.

Thursday 20 January 2011

Ruben en Chanel

Chanel word nou so groot, sy wil met alles speel en alles doen wat die groter kinders doen. Hier is hulle by McDonalds se speelplek afgeneem. Joanné was ook daar en kon lekker saam speel.
Sy kry ook al haar kidsmeal om te eet. Sy was mos nie regtig baba nie. Altyd groter as wat sy moes wees. Sy het net te vinnig groot geword.



Toe Ruben en Chanel gegaan het vir hulle fotosessie, het hulle hierdie karretjie voor Mr Chopra se Indian Restaurant sien staan. Natuurlik moes daar eers 'n bietjie saam met die beertjie gery word. Ja, en Ruben kon dit nie alleen doen nie, hy moes met kleinsus deel.



Celvin verjaar

Vandag is Calvin se 11de verjaarsdag. Baie geluk en mag die jaar wat voorlê besaai wees met die mooi van die lewe. Geniet die dag en ek hoop jy word sommer baie bederf. Glo dit kan jou ma en ouma baie goed doen!!!!!!!!!!!!!


Wednesday 19 January 2011

Nickie verjaar

Nickie Bredenhann verjaar vandag. Baie geluk, Nickie. Mag die jaar wat voorlê gevul wees met alles wat mooi is. Geniet die dag.

Tuesday 18 January 2011

Fotos van Odélia

Johan en Sebil het vandag opgery Auckland toe om bietjie te kuier by Starship hospitaal waar Odélia tans is. Dit is die kinderhospitaal van NZ.Hulle het my ipod se tou saamgebring, so ons kan uiteindelik vir julle bietjie fotos van Odélia wys. Hier is Annika by Odélia nadat sy van die teater af gekom het.

Maatjies gemaak in die hospitaal.Bietjie koorsig en goor.Die drein in dir elmboog.
Poegaai en uiteindelik rustig aan die slaap.Die wond word skoongemaak.Die armpie is maar erg geswel.
Odélia se nuwe kamer in Starship.
Die uitsig van haar kamer se balkon op Auckland se Sky Tower.Die uitsig oor die hawe.Ons sal nou meer gereeld nuus en fotos kan opsit.
Baie dankie aan almal wat aan ons dink, wat daagliks boodskappe stuur en vir al die gebede.
Julle weet nie wat dit vir ins beteken nie.
Liefde,
Japie en Yolandi