Monday 29 June 2009

Ruben en Daleen kuier

Verlede naweek terwyl die manne gaan jag het, het Daleen en Ruben by my en Sebil kom kuier. Dit was lekker koud en die kaggel het die hele naweek gebrand. Terwyl ek die kaggel aan die gang hou binne in die huis het Ruben besluit hy sal sy eie vuur buite pak. Hier is 'n paar fotos.




Van die een hout hoop na die ander een het hy die stukke hout gedra, tot hy tevrede was dat die hoop groot genoeg was.

Hier "pose" ek en Mamma by my vuur.



So het hy ook 'n hoop klippies uit die tuin gepak rondom die trekker, wat hy sy shed genoem het. 'n Regte klein boertjie. Geniet die plaas baie.

Marceile en Bianca het verjaar

Gister, 28 Junie was Marceile Verster 2 jaar oud en Bianca Reynecke (Agenbacht) 15 jaar oud. Hoop julle het albei 'n baie lekker dag gehad en dat almal julle lekker bederf het. Mag die nuwe lewensjaar alles wat mooi is inhou.

Sunday 28 June 2009

'n Paar video clips van die Koeie

Die koeie was oor die naweek langs ons huis. Hier is 'n paar video clips van hulle.







Friday 26 June 2009

Kalla verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag môre 27 Junie 2009, Kalla. Mag jy die dag baie geniet en mag dit 'n wonderlike nuwe lewensjaar vir jou wees, vol vreugde, liefde en geluk.

Wednesday 24 June 2009

Die Bakkie

Hier is die bakkie wat Johan reg maak. Ons gaan met hom werk in die kalf seisoen.



Monday 22 June 2009

Lohan verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag, Lohan. Jy word nou 'n pragtige jong seun. Mag die jaar wat voorlê alles wat mooi is vir jou inhou. Ek is seker dat jy baie bederf gaan word vandag. Geniet die dag.



Sunday 21 June 2009

Uiteindelik foto's van JF Strydom Jnr

Baie dankie Karmen vir die paar foto's op facebook. Uiteindelik kan ons ook sien hoe lyk klein Josua Francois Strydom.



Japie, Sune, oupa Francois en ouma Rens, baie geluk met die nuwe kleinding. Hy is pragtig.









Josua Francois Strydom Jnr.






Troudag

Baie geluk Jofie en Petro Agenbach met julle huweliksherdenking vandag.

Thursday 18 June 2009

Huweliksherdenking 17 Junie

Dit was Izak en Leen van der Merwe se huweliksherdenking gister. Baie geluk, julle. Hoop julle het 'n baie lekker dag gehad. Mag die jare vorentoe vir julle baie vreugde, geluk en voorspoed inhou.

Monday 15 June 2009

Groot dag vir Burt en Kotie

Ons wil net baie geluk sê vir Burt en Kotie wat Saterdag getroud is.
Ons hoop en vertrou dat julle vir mekaar sal gespaar bly vir baie jare. Dit is 'n groot stap in 'n mens se lewe, maar met die Here aan jul kant glo ons dit sal goed gaan. Baie dankie vir die foto's, dit is pragtig.


Ouma Issie word geopereer.

Daar word vandag 'n knievervanging op Ouma Issie gedoen. Baie sterkte met die operasie. In ons gedagtes is ons daar by Ouma. Ons gebede is dat die operasie 'n sukses sal wees en ons bid Ouma spoedige beterskap toe. Ons is baie lief vir Ouma.





Met Leedwese

Ons het met leedwese verneem van twee afsterwes van familie in Suid Afrika.
Tannie Mol is verlede week oorlede. Baie sterkte aan haar familie. Ons dink aan julle en bid julle vertroosting toe.
Baie spesiaal aan Ouma Issie : Baie sterkte. Ons is lief vir Ouma.
Aan Naas, Lizelle en die kinders (Du Toit) met die afsterwe van Oupa Daan. Ook vir julle bid ons baie sterkte en vertroosting toe. Ons is lief vir julle.

Verjaarsdae 14 Junie 2009

Dit was die 14de Junie Jacques Venter se verjaarsdag. Hoop jy het 'n baie lekker dag gehad en dat jy baie bederf is. 'n Nuwe lewensjaar vol vreugde, voorspoed en geluk word jou toegewens.



Dit was ook Elize Agenbacht se verjaarsdag. Mag die nuwe lewensjaar alles inhou waarvoor jy hoop. Ons glo dat jy die dag baie geniet het en dat almal jou baie bederf het.

Thursday 11 June 2009

Met leedwese

Ons het met leedwese verneem van die afsterwe van oom Fanie van der Merwe. Langs hierdie weg wil ons aan sy huisgesin baie sterkte sê. Ons bid dat ons Hemelse Vader die hartseer vir julle draaglik sal maak. Baie sterkte en ons dink aan julle.
Baie sterkte ook aan Ouma Hettie. Ons is lief vir Ouma.

Dit is Hekkie se verjaarsdag


Baie geluk met jou verjaarsdag, Hekkie. Hoop jy het 'n baie lekker dag geniet saam met jou gesin. Mag jy nog lank vir ons almal gespaar bly. Ons is baie lief vir jou.

Wednesday 10 June 2009

Johan verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag my skat. Ek glo en vertrou dat daar nog baie jare vir jou sal wees. Hoop jy gaan jou dag baie geniet. Ons is baie lief vir jou.



Hoop jy het jou dag saam met Pa geniet, Johan. Ek glo dat jy jou verjaarsdag baie geniet het. Lief vir jou.

Sunday 7 June 2009

Drie verjaarsdae

Happy birthday to you, Happy birthday to you, Happy birthday, dear Vicky. Happy birthday to you.
Veels geluk met jou verjaarsdag, Vicky. 'n Wonderlike jaar word jou toegewens en strome van seën van Bo word jou toegebid.
Geniet 'n baie spesiale dag. Wens ons kon weer een saam met jou geniet.
Dankie, Greg, vir die foto op julle blog.





Amanda verjaar ook vandag. Baie geluk, Amanda. Mag die nuwe lewensjaar vol vreugde, vrede, geluk en liefde wees. Ek weet jy gaan lekker bederf word, sò geniet elke oomblik daarvan. Mag dit 'n baie spesiale dag wees.







Grant Wiid is vandag die doring wat tussen die twee rose verjaar. Baie geluk, Grant. 'n Baie mooi en vreugdevolle nuwe lewensjaar word jou toegewens. Geniet die dag.




Friday 5 June 2009

Klein Riaan is 1!!!


Klein Riaan is vandag al 1 jaar oud. Baie geluk. Ons hoop jy word baie bederf deur almal wat vir jou lief is. Geniet die dag.

Thursday 4 June 2009

Magda verjaar vandag.

Vandag is Magda, ons ousus, 58 jaar oud. Baie geluk met jou verjaarsdag. Ons bede is dat die jaar wat voorlê baie geluk, vreugde, liefde en seën sal inhou. Goeie gesondheid en baie voorspoed word jou toegewens. Ons hoop George bederf jou baie vandag. Geniet 'n baie spesiale dag. In ons gedagtes is ons daar by julle. Liefde.



Ook is dit vandag Anine van Aswegen se verjaarsdag. Baie geluk, kleinding. Hoop jy word lekker bederf. Geniet die dag.

Ek het bietjie geslip met twee verjaarsdae. Op die 1ste Junie saam met Naas het ook Pierre Delport en Wessel Scott verjaar. Baie geluk aan julle albei. Mag die nuwe lewensjaar baie vreugde, vrede en geluk inhou. Hoop julle het die dag geniet.

Wednesday 3 June 2009

Ons huisie

Dit gaan so rof hier, vandag is die eerste dag wat ek 'n kansie het om gou 'n paar foto's op die blog te sit. Ons bly baie lekker in ons nuwe huis. Hier is 'n paar foto's om vir julle te wys hoe dit lyk.

Hier is ons slaapkamer.


Hier is die kombuis en eetkamer voor en daar agter is die sitkamer.


Die kantoor.

Die tweede badkamer.


Ons het weer 'n kagel in die huis.


Anna Wessels verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag, Anna. 'n Nuwe lewensjaar vol vreugde, vrede, geluk en liefde word jou toegewens. Geniet 'n baie spesiale dag.



Verjaarsdag en huweliksherdenking

Gister, 2 Junie was dit die verjaarsdag van Riaan Swanepoel. Baie geluk, Riaan. Hoop jy het die dag geniet. Mag die jaar wat voorlê baie geluk, liefde en voorspoed inhou.


Bennie en Marelize het hul 29de huweliksherdenking ook op die 2de Junie gevier. Baie geluk, Julle. Ons glo dat julle mekaar lekker bederf het en dat die jare vorentoe baie gelukkig sal wees.

Monday 1 June 2009

Naas verjaar vandag

Baie geluk met jou verjaarsdag, Naas. Mag die jare wat voorlê baie geluk, vreugde, vrede en voorspoed inhou. Ons hoop jy word baie bederf. Geniet 'n baie spesiale dag.