Tuesday 31 March 2009

Verjaarsdagwense

Gelukkige verjaarsdag, Theresia. 'n Baie mooi jaar word jou toegewens. Geniet die dag.



Monday 30 March 2009

3 Verjaarsdae vandag

Baie geluk met jou 69ste verjaarsdag vandag, Gideon. Gods rykste seën word jou toegebid. Die sewentigs is nou net om die hoek. Geniet 'n baie mooi en spesiale dag.




Baie geluk, Leanne du Plessis met jou verjaarsdag vandag. Mag dit 'n baie mooi nuwe lewensjaar wees, vol vreugde, voorspoed en geluk. Hoop Danie en die kinders bederf jou baie. Geniet 'n baie spesiale dag.
Baie geluk, Petro Agenbacht met jou verjaarsdag. 'n Nuwe lewensjaar vol vreugde en geluk word jou toegewens. Geniet 'n baie lekker dag.

Sunday 29 March 2009

Kwas en Irma se huweliksherdenking

Baie geluk met die herdenking van julle huwelik. Bid vir julle baie mooi en voorspoedige jare toe. Geniet die dag en bederf mekaar.

Friday 27 March 2009

50 vir Jan!!!!!!!

Vandag slaan Jan Bredenhann die 50's. Baie geluk, Jan. 'n Wonderlike nuwe lewensjaar met strome van seën van Bo word jou toegebid. Mag jy nog lank vir Amanda gespaar bly. Geniet 'n baie spesiale dag.




Tuesday 24 March 2009

Verjaarsdae vandag

Ilandré Labuschagne is vandag 'n volle 10 jaar oud. Baie geluk, Ounooi. Mag al jou drome waar word. Geniet 'n baie lekker dag.





Vandag is ook die verjaarsdag van Braam Bondesio. Baie geluk, Braam. 'n Nuwe lewensjaar vol vreugde, voorspoed en geluk word jou toegewens. Geniet die dag.






Monday 23 March 2009

Kuier vir oulaas

Ons het Saterdag 'n lekker braai gehou saam met ons familie en vriende. Ons het baie lekker saam gekuier. Baie dankie vir almal wat saam met ons kom kuier het. Ons waardeer dit baie.




Sunday 22 March 2009

Ankia verjaar



Baie geluk met jou verjaarsdag, Anika. Alles wat mooi is word jou toegewens vir die nuwe lewensjaar. Geniet die dag.

Kinloch

Hier is so paar fotos van Lake Taupo, van Kinloch se kant geneem.
Kinloch is so 20 minute noordwes van Taupo af en daar het ook nou 'n 'Jack Nicklaus signature' golfbaan geopen.







Friday 20 March 2009

Nog verjaarsdagwense

Baie geluk aan Ouma Trui van der Westhuizen wat vandag haar verjaarsdag vier. 'n Nuwe lewensjaar wat besaai is met goeie gesondheid, vreugde en vrede word jou toegebid. Geniet 'n baie spesiale dag.
Ursula Jansen verjaar ook vandag. Baie geluk, Ursula. Geluk, vreugde en voorspoed word jou toegewens. Geniet die kleinding.
Dit is ook Willie Lubbe se verjaarsdag vandag. Baie geluk, Willie. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens.

Thursday 19 March 2009

Morris verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag, Morris. Mag die jaar net vreugde, voorspoed en geluk inhou. Geniet die dag.



Wednesday 18 March 2009

Van Der Merwe Familiedag 2009

Die Van Der Merwe Familiedag op die Plot.
Ons het so lekker saam met almal gekuier.
Die Saterdag oggend met ontbyt.





Die kinders het lekker gespeel en geswaai.





Oupa Pieter leer die kinders hoe om in 'n ry te staan, om ook 'n beurt te kry om te "jump".



Ouma Hettie by haar verjaarsdag koek.




Die twee Japie's.



Oom Fanie en ouma Hettie.




Ons familie foto:
Agter: Johan en Japie
Voor: Ek, Pa, Ma, Yolandi,
Annika, Odelia en Joanne.



Tuesday 17 March 2009

Barney verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag, Barney. 'n Baie mooi jaar word jou toegewens. Geniet 'n baie spesiale dag.




Monday 16 March 2009

Stoute boetie verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag, Burt - of soos Odélia jou noem - Stoute boetie. 'n Baie geseënde nuwe lewensjaar word jou toegewens. Geniet die kuier van Johan en Sebil. Geniet ook 'n baie spesiale dag.




Melanie van der Merwe verjaar ook vandag. Baie geluk, Melanie. 'n Baie mooi en vreugdevolle jaar word ook vir jou toegewens. Geniet die dag.

Friday 13 March 2009

Ouma Hettie is 85



Baie geluk met Ouma se verjaarsdag. Ons is bly ons dit darem hierdie jaar bywoon. Mag dit 'n wonderlike nuwe lewensjaar wees, vol goeie gesondheid, vreugde, vrede en geluk. Geniet 'n baie spesiale dag en geniet die familienaweek. Hoop die verrassing was nie te groot nie.

Lief vir Ouma. Met liefde van ons almal.

Geor Hoffman verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag, Geor. Ons het nie eens 'n foto van jou nie. Sal definitief hierdie jaar een kry terwyl ons in Suid Afrika is. Mag jy lekker bederf word. Jy kan seker ook nie meer wag vir die nuwe boete nie. Geniet 'n baie spesiale dag en mag al jou kinderdrome waar word.

Wednesday 11 March 2009

Sonja verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag, Sonja. 'n Baie mooi jaar word jou toegewens. Geniet 'n baie lekker dag.
Happy Birthday Sonstraal. Ons hoop jy het 'n lekker dag.


Tuesday 10 March 2009

Wereld boekdag - 5 Maart

Dit was Wereld boekdag die 5de Maart. Die dagsorg het dit toe goed gedink om van die dag 'n spesiale dag vir die kinders te maak en het gevra elke kind moet soos sy gunsteling karakter van sy gusteling boek aantrek. Nou ja so het ons begin dink watter boek Ruben se gusteling is. Hy hou van "The big yellow digger", weet nie hoe ek dit sou regkry nie, dan was daar "Cars", Lightning Mcqeen??, of wat van "Die bliksoldaatjie", en moet ook nou nie van "Dawid en Goliat" vergeet nie. Kon natuurlik "Spiderman" of "Superman" wat in die comic boeke is gebruik. Het nie veel kreatiewe denke gehad nie, maar toe ons twee toe in die speelgoedwinkel is om te kyk wat se soort dress ups hulle het, kry Ruben toe die "Armour Suit", en daarvandaan is dit toe net Goliat wat hy wil wees. Was nou nie heeltemal soos Goliat nie, maar die idee was daar, het maar niks wapens gegee nie, net om maar veilig te wees.


Monday 9 March 2009

Nog verjaarsdae

Happy, happy birthday - Leon. Mag jy nog lank gespaar bly. Strome vol seën van bo word jou toegebid. Geniet 'n baie spesiale dag.



Louise Coetzee vier ook vandag die herdenking van haar geboortedag. Mag dit 'n wonderlike nuwe lewensjaar vir jou wees.



Sunday 8 March 2009

Ons is baie hartseer

Ons het vanoggend die tyding ontvang dat oupa Japie oorlede is. Hy het 'n vol lewe van 90 jaar gehad. Ons harte is baie seer, maar ons weet dat hy nou veilig by ons Vader is.
Ons wil dankie sê vir so 'n wonderlike Oupa wat aan ons geleen is vir 90 Jaar. Ons gaan Oupa baie mis, maar weet dat Oupa altyd in ons harte sal wees.



Oupa en Ruben op die trekker

Sondag middag het oupa Pieter vir Ruben kom haal om saam met hom vir die koeie kuilvoer te gaan voer. Die keer het hulle met die oop trekker gery wat maar baie raas. Ruben moes ook soos oupa "earmuffs" he, gelukkig het ons 'n paar in die garage gehad. Toe hy terug by die huis kom, was hy nog nie klaar trekker gery nie. Hy is toe vinnig op sy trekker, "earmuffs" en al om vir die koeie
kossies te vat.

Saturday 7 March 2009

Kuier

Soos julle weet kuier ons nou by tannie Clara. ek en Ryno het vandag lekker games gespeel.





Ma se sy voel goed. Sy het ook vandag lekker gerus.



Ons het name, vanne, diere en dorpe vanaand gespeel. Ons het lekker gelag.




Mercia verjaar

Veels geluk, liewe Mercia, omdat jy verjaar. Mag die Here jou seën en nog baie jare spaar. Hiep-hiep. Geniet die dag, Ounooi. Hoop jy kry baie mooi geskenke en word lekker bederf.




Friday 6 March 2009

Verjaarsdagwense

Baie geluk met jou verjaarsdag, Morné. 'n Baie mooi lewensjaar word jou toegewens. Seën, voorspoed en vreugde word jou toegebid. Geniet 'n baie spesiale dag.






Jan Agenbacht verjaar ook vandag. Baie geluk, Jan. Ook vir jou wens ons 'n baie vreugdevolle nuwe lewensjaar toe. Geniet die dag.

Thursday 5 March 2009

Ma se operasie

Hier is 'n paar foto's van ma in die hospitaal. Die eerste twee is die Dinsdag oggend geneem toe sy opgeneem is.
Ek, ouma Hettie en tannie Magda het haar die oggend in gevat.



Ons het die aand met besoektyd by haar gaan kuier. Terwyl ons daar was, het Dr. Strobos gou by haar kom inloer.
Hy het vir ons gese die operasie het goed afgeloop. Daar was 'n tweede spier in die binnekant van haar arm wat ook besig was om te begin skeur. Hy het hom ook af geknip en aan die been vas gewerk.



Wednesday 4 March 2009

Hannes Strydom verjaar.

Baie geluk met jou verjaarsdag, Hannes. 'n Baie mooi jaar vol seën, voorspoed en goeie gesondheid word jou toegebid. Hoop jou gesin bederf jou baie. Geniet 'n baie lekker en spesiale dag.



Tuesday 3 March 2009

Dink aan ma

Ons dink almal aan Ma Annatjie wat vandag geopereer word. Ons bid dat alles glad sal verloop en ons bid ma 'n spoedige herstel toe. Ons sien ma een van die dae! Baie liefde en drukkies van die kinders af, hulle vra al na ma. En tannie Sibbies ook!

Ons kuier

Vrydagaand het Evette en Tinus by Magda-hulle kom kuier. Sebil het hierdie fotos geneem.
Evette, Magda en Annatjie



George, Evette, Magda, Annatjie en Tinus.
Voor sit Ouma Hettie.