Thursday 27 August 2009

Nog verjaarsdae


Baie geluk aan Nico van der Merwe van Carletonville wat vandag verjaar. Mag jy die dag baie geniet en ek hoop Doreen bederf jou baie. Vreugde, voorspoed en geluk word jou toegewens in die nuwe lewensjaar.
Chris Angelides verjaar ook vandag. Baie geluk, Chris. Geniet 'n wonderlike dag en mag die jaar wat voorlê alles wat mooi is inhou.
And then to one of our employees, Phillip Robinson. Happy birthday, Phillip. Hope you enjoy your day off.

Verjaarsdagwense


Veels geluk met jou verjaarsdag die 25ste, Louis. Hoop jy het die dag baie geniet en dat almal jou sommer baie bederf het.

Monday 24 August 2009

Baie geluk julle !!!

Ons wil net baie geluk se vir Burt en Kotie met die baba wat oppad is. En dan ook aan Oupa Burt en Ouma Carlien, baie geluk met die nuwe kleinkind.



Sunday 23 August 2009

Kalfies 3




Ons het twee plase waar ons Sharemilking doen - Cheetah en Mangahara. Op Cheetah sal daar op die ou end 446 koeie gemelk word (die kleiner plaas - 178 hektaar) en op Mangahara 570 koeie op 228 hektaar.


Al die koeie word deur Cheetah gekalf. Met ander woorde : Ons kalf op Cheetah plaas en dan wanneer die koeie 4dae in die melk is en nie meer biesmelk het nie, word hulle na Mangahara gestuur. Daar word hulle dan nou gemelk en die melk word aan die fabriek Fontera gelewer. Fontera is gelykstaande aan ons NCD - Clover, in Suid Afrika. Ons word hier ook nie per liter betaal nie, maar per kgMS (kilogram Milksolids). Dit is die kilogram proteine en vette in die melk. Hulle praat hier ook nie hoeveel liters melk 'n koei lewer nie, maar hoeveel kgMS. Melk word ook nie hier in volume gemeet nie, maar die kgMS is waarvolgens hulle werk en dan betaling doen.


Terug na die kalfies. Daar is dus twee kalfstalle ook. Ons maak die kalfies vanaf dag een tot 'n week of twee oud, groot op Cheetah plaas. Daarna word hulle dan na Mangahara toe geneem. Hier word hulle dan elke dag, nes op Cheetah melk in cafs gegee. Hierdie werk is Sebil en Anine s'n. Sal volgende keer vir julle foto's hiervan plaas. Die foto's wat ek vandag plaas is van die vervoer van die kalfies vanaf Cheetah na Mangahara.


Hierdie bakkie het ons vir next to nothing gekoop. Agter kan jy dubbel wiele opsit. Met dié bakkie word alles gedoen. In die kampe gery om palmkernel trailers te gaan haal. Melk rondgery en natuurlik kalfies van die een plaas na die ander een vervoer. Hy vervang 'n 4wiel motorfiets en is makliker hier in die weer, want reën kry ons baie. Party keer sommer vir dae aanmekaar.

Johan en Sebil het die bakkie : "Sukkel Wikkel" gedoop.




Hier is die trailer in die hok ingestoot, sodat die kalfies kan afklim.
Die kalfies agter op die trailer, 24 van hulle.

Shane, een van ons medewerkers, tussen die kalfies nadat hulle afgeklim het.


Die kalfies, gelukkig in hulle nuwe omgewing.


Klaar afgelaai en Sukkel Wikkel is reg om terug te gaan Cheetah toe.


Terwyl ek besig was om foto's te neem van al die ander met die kalfies, het Oupa Pieter met sy groot "matchbox speelding", die trekker, gewerk. Hy het in Suid Afrika net in Massey Ferguson trekkers geglo. Wou niks weet van die groen trekkers nie. Maar nou ja, hier is die John Deere trekker heel voor in die ry. So, eintlik het hy nie nou 'n keuse nie, hy moes maar met die groene tevrede wees. Maak seker nie saak watter soort trekker dit is nie, hy kan trekker ry en dit is al 'n groot pluspunt vir hom. Hy geniet dit meer as die melkery afdeling van die boerdery.

Vertel vir julle volgende keer weer meer.

Braam en Corné Nel verjaar vandag. Alhoewel hulle dieselfde vanne het, is hulle gladnie familie nie.
Baie geluk, julle twee. Mag die nuwe lewensjaar vol beloftes wees, van geluk, liefde, vreugde en voorspoed. Geniet die dag.
Braam Nel.




Verjaarsdagwense

'n Paar verjaarsdae wat agterweë gebly het. Jammer, ouens.
Doreen van der Merwe het Saterdag 22 Augustus verjaar. Baie geluk, Dorie. Hoop jy het 'n wonderlike dag gehad. Mag die nuwe lewensjaar baie mooi beloftes inhou.
Anieke Nel het ook op die 22 Augustus verjaar. Baie geluk, Anieke. Mag dit 'n baie mooi nuwe lewensjaar vir jou wees. Ek hoop jy is baie bederf gister.
Rentia Bondesio het op 21 Augustus verjaar. Baie geluk, Rentia. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens. Hoop jy het die dag geniet.



Friday 21 August 2009

Verjaarsdag en huweliksherdenkings

Baie geluk met jou verjaarsdag, Anna-marie. Mag dit 'n wonderlike nuwe lewensjaar wees, vol vreugde, geluk en liefde. Baie geluk ook met jou en Johan se huweliksherdenking. Baie voorspoedige jare word julle toegewens. Geniet die dag.



Dit is vandag ook Corné en Marietjie se huweliksherdenking. Baie geluk ook aan julle. Voorspoed op die pad vorentoe word julle toegebid. Geniet die dag.

Sunday 16 August 2009

Baie geluk

Baie geluk met julle 6de huweliksherdenking. Hoop daar sal nog baie jare vir julle wees en dat julle nog lank vir mekaar gespaar sal bly.
Hoop julle gaan 'n great dag hê.



Saturday 15 August 2009

Kalfies optel

Ek het Donderdag - middag saam met Johan hulle gegaan toe hulle die kalfies gaan optel het.



Irma Visagie verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag, Irma. Ons wense vir jou vir die toekoms is alles wat mooi is; geluk, vreugde, vrede en voorspoed. Geniet 'n baie spesiale dag saam met jou gesin.



Friday 14 August 2009

George en Magda se huweliksherdenking

Dit is vandag ons ousus, Magda en haar man George se 39ste huweliksherdenking. Baie geluk, julle twee. Gods rykste seën word julle toegebid. Mag die jare vorentoe besaai wees met alles wat mooi is. Geniet die dag.



Thursday 13 August 2009

Sue verjaar

Dit is vandag Sue se verjaarsdag. Baie geluk met jou verjaarsdag, Sue. 'n Wonderlike nuwe lewensjaar word jou toegebid. Mag jou pad besaai wees met alles wat mooi en goed is. Geniet 'n baie besondere dag saam met jou huisgesin. Ek is seker daarvan dat hulle jou baie gaan bederf. Liefde van ons almal.


Annerie Agenbacht het gister 6 jaar oud geword. Baie geluk, Annerie. Mag dit 'n baie mooi jaar vir jou wees. Ek glo jy is baie bederf. Mag al jou kinderdrome waar word.

Nuwe Mamma

Johan het die koei gehelp kalf.

Nou maak Mamma koei eers vir baba kalfie skoon.

Monday 10 August 2009

Kalfies 2



Ek plaas maar 'n paar artikels oor die kalfies.


Ons moet 250 kalfies grootmaak uit 1016 koeie wat moet kalf. Die kalfies wat ons grootmaak, word vervangingsverse genoem (Replacement Heifers). Dit is nou verse wat volgende jaar geki word of by die bul kom om die jaar daarna (2011) Augustus te kalf. Dan word daar van die koeie geslag en daarvandaan die naam vervangingsverse. Hulle vervang die ouer koeie in die kudde.


Hier is die kalfies in die hokke. Dit is 'n groot afdak met 3 mure. Die voorkant is oop, met hekke aan die hokke vir ons om in te gaan wanneer ons hulle moet melkgee.


Die bakke met tiete aan. Ons noem dit 'n caf-a-teria. Die "cafs" verskil in grootte. Jy kry met 1 tiet aan of soveel as 12 / 13 tiete.



Die eerste keer wat hulle in die penne ingebring word, word hulle met 'n tube melk gegee. (Sal nog 'n foto hiervan plaas) Die volgende dag word elkeen geleer om aan die caf te drink. Dit is baie tydrowend. Sodra hulle die caf gevat het, gaan dit maklik. Dan word die cafs net in die hokke geplaas en melk ingegooi en hulle drink self.




Anine help ons met die kalfies melkgee. Hier is sy besig om van hulle te leer.




Johan en Sebil besig om die kalfies te "tag". Hulle kry twee tags. In die linkeroor kry hulle hul geboorte ID nommer. In die regteroor kry hulle 'n ronde knoop (button) met dieselfde gegewens op. Dit is 'n elektroniese identifikasie button.


Dit is die einde van deel twee. Ek plaas weer verdere foto's van die kalfies en meer verduidelikings in 'n volgende artikel.

It was Paul's birthday

Happy birthday to you, Happy birthday to you, Happy birthday, dear Paul, Happy birthday to you.
Hope you enjoyed the day yesterday with family and friends and I also hope they have spoiled you. May you have a wonderful year with more to come.


Saturday 8 August 2009

Armand is 21

Baie geluk met jou 21ste verjaarsdag vandag, Armand. Gods rykste seën word jou toegebid. Mag die sleutel wat jy vanaand gaan ontvang, baie deure vir jou oopsluit. Onthou: loop jou pad saam met die Here en Hy sal sorg. Mag jou lewenspad besaai wees met alles wat mooi en goed is. Geniet 'n baie spesiale dag saam met almal wat vir jou lief is.
Wens so ons kon daar wees. Drink 'n glasie sjampanje vir ons. Geniet die aand. Baie geluk ook aan Kobus en Amanda met Armand se verjaarsdag.
Liefde van ons almal hier in Nieu Seeland.





Willie Wentzel verjaar ook vandag. Baie geluk, Willie. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens.

Kalfies

So klink dit as ons in die oggend by die kalfhokke aankom. Almal huil en wil melk hê.

Friday 7 August 2009

Verjaarsdagwense

Baie geluk met jou verjaarsdag, Amanda. Gods rykste seën word jou toegebid. Mag dit 'n wonderlike nuwe lewensjaar wees, vol vreugde, geluk en voorspoed. Geniet 'n baie spesiale dag. Hoop jy word baie bederf.



Megan Hayward het gister verjaar en was een jaar oud. Hoop jy is baie bederf, Megan. Baie geluk met jou verjaarsdag.

Thursday 6 August 2009

Deon Smith verjaar!


Baie baie geluk met jou verjaarsdag Deon! Mag die Here jou ryklik seën in hierdie jaar en mag Hy jou nog lank gespaar hou. Hoop jy is sommer baie lekker bederf.

Wednesday 5 August 2009

Ma en Dogter verjaar vandag

Vandag verjaar Karmen en Karoline Strydom. Ons wense vir julle is 'n baie mooi en wonderlike nuwe lewensjaar, vol vreugde, voorspoed en geluk. Geniet die dag.
Karmen




Karoline




Elsjé Snyman het gister verjaar. Baie geluk Elsjé. Jammer ons is 'n dag te laat. Glo jy het die dag baie geniet. Gods rykste seën word jou toegebid op die nuwe lewensjaar.


Monday 3 August 2009

Dit is Hansie se verjaarsdag

Veels geluk, liewe Hansie, omdat jy verjaar.
Mag die Here jou seën en nog baie jare spaar.
Baie geluk, Hansie. 'n Wonderlike nuwe lewensjaar word jou toegewens. Mag jou pad besaai wees met alles wat mooi is: vreugde, vrede, geluk en voorspoed. Geniet 'n baie spesiale dag. Liefde.



Sunday 2 August 2009

Bobbejaan klim die berg




Ricus Collins verjaar vandag. Baie geluk, Ricus. Mag dit 'n jaar vol vreugde, geluk en voorspoed vir jou wees. Geniet die dag.

Saturday 1 August 2009

Jessica verjaar.

Baie geluk met jou verjaarsdag, Jessica. 'n Vreugdevolle nuwe lewensjaar word jou toegewens met alles wat mooi is. Geniet die dag en geniet ook Ouma se kuier. Mooi bly.