Saturday 31 July 2010

Hannah verjaar

Veels geluk met jou verjaarsdag vandag, Hannah. Mag die jaar wat voorlê besaai wees met rose en gevul wees met liefde, geluk, vreugde en voorspoed. Geniet die dag.




Friday 30 July 2010

Verjaarsdae

Baie geluk met jou verjaarsdag, Nico. Mag die nuwe lewensjaar alles wat mooi is inhou. Hoop jy word lekker bederf. Geniet die dag.




Baie geluk ook aan Phillip Landman en Francois van der Merwe met jul verjaarsdae. Ook vir julle wens ons alles wat mooi is toe. Geniet die dag.

Thursday 29 July 2010

Daan verjaar

Veels geluk met jou verjaarsdag vandag, Daan. 'n Nuwe lewensjaar vol vreugde, voorspoed, geluk en liefde word jou toegewens. Geniet 'n baie spesiale dag.



27 Julie 2010

Baie geluk met jou verjaarsdag, Sam. Hoop jy en Ralie het die dag baie geniet. Mag die nuwe lewensjaar gevul wees met alles wat mooi en goed is.

Friday 23 July 2010

Japie verjaar

Baie geluk met jou 34ste verjaarsdag, Japie. Mag die jare wat voorlê vir jou alles wat mooi is inhou. Mag die Here jou nog lank spaar vir jou huisgesin en ons almal wat vir jou lief is. Geniet die dag. Ek weet jy word lekker bederf. Lief vir jou.


Thursday 22 July 2010

21 Julie 2010


Baie geluk Conrad en Jolene met jul 9de huweliksherdenking. Mag die toekoms vir julle alles wat mooi is inhou. Hoop julle het die dag geniet.

Tuesday 20 July 2010

Veels geluk

Veels geluk met jou verjaarsdag, Poppie. Mag die toekoms alles wat mooi is vir jou inhou. Ons bede is dat jy ook nog lank vir jou gesin en almal wat vir jou lief is gespaar sal bly. Geniet die dag en ek hoop daar is baie bederf op hierdie dag. Liefde.




Baie geluk met jou verjaarsdag, Jolandi. Ook vir jou wens ons alles wat mooi is toe. Geniet die dag en ek hoop ook dat jy baie bederf gaan word. Liefde.




Monday 19 July 2010

Japie en Hanna vier hul huweliksherdenking

Baie geluk met jule huweliksherdenking vandag, Japie en Hannah. Mag die jaar wat voorlê besaai wees met rose en gevul wees met alles wat mooi is. Geniet 'n baie spesiale dag en bederf mekaar.

17 Julie 2010

Baie geluk met jou verjaarsdag, Anneke. Mag die jaar wat voorlê alles wat mooi is inhou. Hoop jy het die dag geniet.



Ertjies het ook 17de verjaar. Baie geluk, Ernst. Ook vir jou is ons wense alles wat mooi is vir die nuwe lewensjaar. Hoop jy is baie bederf.


14 en 15 Julie

Baie geluk met jou verjaarsdag op die 15de, Marelize. Jammer ons is laat. Hoop jy het die dag baie geniet. Mag die nuwe lewensjaar alles wat mooi is inhou.



Meisie het die 14de Julie verjaar. Ons wens jou ook alles wat mooi is toe en hoop dat jy lekker bederf is.

Friday 16 July 2010

Gelukwensing

Greg verjaar vandag. Baie geluk met jou verjaarsdag. Ons glo en vertrou dat die jaar vol vreugde vir jou sal wees. Hoop my sus bederf jou lekker. Mis julle baie.



Baie geluk aan Koos en Marinda met hulle huweliksherdenking. Hoop daar sal nog baie vir julle wees.

Wednesday 14 July 2010

Ons Bulls vlag

Soos julle almal weet is die meeste van ons familie hier in New Zeland vurige Blou bul (Bulls - Super 14) ondersteuners. By Johan op Cheetah plaas het daar vandat ons hier aangekom het verlede jaar Junie, 'n Cheetah vlag gewapper. Dit natuurlik omdat die plaas se naam Cheetah is. Met die begin van die super 14, het die Cheetah vlag plek gemaak vir die Bulls vlag. Ons het opgehou om op Cheetah te melk en net op die ander plaas Mangahara gemelk. By die ingang na die melkstal op Mangahara, het die Bulls vlag toe weer sy plek gekry.
Met die super 14 klaar en die Bulls wat gewen het, was dit maar vir die klomp New Zealanders 'n bitter pil om te sluk - die Bulls vlag wat waai - en dit nogal teen die teerpad. Almal het begin vra wanneer gaan die vlag dan afgehaal word. Die antwoord, ons soek na 'n ander vlag om op te sit.
Ons het probeer om 'n All White vlag te kry, maar onsuksesvol. Met Ghana, al Arika span toe nog in die sokker, wou ons vreeslik graag hulle vlag laat waai het. Vlae hier, is maar net nie so vrylik bekombaar nie. Miskien sal dit volgende jaar met die Rugby Wêreldbeker meer beskikbaar wees.
Onnodig om te sê dat die Bulls vlag nog maar heeltyd gewaai het. (Het al begin uitrafel by die punte.) Johan en Sebil, met hul vakansie in Christchurch, het toe 'n groot All Blacks vlag gekoop. Hulle plan om verlede Saterdagoggend die Springbok en All Blacks vlae te laat waai en dan Sondagoggend die verloorspan se vlag af te haal en die wenner s'n te laat waai. (Ons kort eintlik nog 'n Wallabies vlag om die drie nasies voltallig te maak.) Maar o wee, hulle is voorgespring.
Saterdagoggend toe ek vir Japie die swartpotte gaan haal by Mangahara se stal, waai daar 'n All Blacks vlag. En ja, die Bulls vlag is weg. Nou begin almal wonder waar ons vlag is en wie die ander vlag opgesit het. Teruggekom van die dorp af, het Johan en Sebil hul vlae gaan opsit. Springbok en All Blacks en nogal ewe GROOT vlae. Wat 'n teleurstelling, dat die All Blacks toe wen!!!! Nou waai die All Blacks vlag al vir 'n paar dae by Mangahara. En ek dink die New Zealanders se tone krul om van lekkerte.
Ons was nog aan die wonder toe die volgende epos en foto's by Johan en Sebil uitkom. Ek skryf die epos soos ons dit ontvang het.
WE ARE
NIGHTHAWKE
Definition: An elite terrorist group, trained for night missions. NightHawke are a sub-terrorist group of L'black (the famous L'Black, from Christchurchistan.
Every South African who sees L'Black (or a member of the elite NightHawke Terrorist Group) holds their balls and runs in fear.
Do not approach this group, unless you are giving them beer. They ar extremely terrifying. They will do anything in support of their leader the great and mighty L'Black.
WE HAVE SOMETHING OF YOURS!!!!!!!!!!!!!!
Does the word "Bulls" sound familiar??



Do not attempt to do anything stupid.

OR




YOU WILL BE CONTACTED AGAIN WITH A LIST OF OUR DEMANDS.
WE TAKE OUR CAUSE SERIOUSLY.




WE WILL NOT BE STOPPED!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!


Die tweede foto het sy gesig weggegee. Ons weet wie dit gedoen het.
Toe Japie en Yolandi in New Zealand aangekom het, het hulle by Reg en Jacqui begin werk. Japie en Yolandi het geskuif na 'n ander plaas, maar die vriendskap met Reg en Jacqui het gebly en op hierdie stadium, boer Reg-hulle net 'n paar kilos van ons af. Hy het nie veel nodig om hom aan te spoor om so iets te doen nie.
Gelukkig is hulle bereid om ons vlag vir ons terug te gee. Dit sal natuurlik met onderhandelings moet gebeur. 'n Boks of twee bier sal seker die ding doen.
Lekker om so in New Zealand al deel te wees van alles.

Tuesday 13 July 2010

Lize-Marie Agenbacht verjaar

Baie geluk met jou 5de verjaarsdag, Lize-Marie. Mag al jou kinderdrome waar word. Geniet die dag. Hoop jy word lekker bederf!!!!!!!!!!!!!!

Monday 12 July 2010

Machell verjaar

Veels geluk met jou verjaarsdag, Machell. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens, gevul met liefde, vreugde en vrede. Geniet 'n baie spesiale dag.



Sunday 11 July 2010

Verjaarsdae

Baie geluk met jou verjaarsdag, Gelomé. Mag al jou kinderdrome waar word. Geniet die dag.



Jofie Agenbacht en Frieda Strydom verjaar ook vandag. Baie geluk aan jul albei. Ook vir julle wens ons alles wat mooi is toe.

Saturday 10 July 2010

'n 6de huweliksherdenking en verjaarsdae.

Baie geluk, Johan en Sebil met julle 6de huweliksherdenking. Ons bede is dat julle nog lank vir mekaar en vir ons wat vir julle baie lief is gespaar sal bly. Geniet 'n baie spesiale dag en bederf mekaar!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Lief vir julle.



Baie geluk met jou verjaarsdag, Suné. Mag die nuwe lewensjaar alles wat mooi is inhou. Hoop die gesin bederf jou baie. Geniet die dag.



Stienie verjaar ook vandag. Baie geluk, Stienie. Ook vir jou wens ons alles wat mooi is toe.
Geniet die dag.



Vandag is ook die verjaarsdag van Theunis Nel. Baie geluk, Theunis. Mag al jou kinderdrome waar word. Geniet die dag.

Thursday 8 July 2010

George Angelides verjaar

Happy birthday, George. Enjoy the day. Hope you get spoiled rotten.

6 Julie 2010


Hartlike gelukwense aan Koos Strydom met sy verjaarsdag. Hoop jy het 'n wonderlike dag beleef. Mag die nuwe lewensjaar alles wat mooi is inhou.
Baie geluk ook aan Jolene Jordaan met haar verjaarsdag. Ook vir jou wens ons alles wat mooi is toe vir die toekoms. Hoop jy het die dag baie geniet.

Saturday 3 July 2010

Verjaarsdagwense

Baie geluk met die 61ste herdenking van jou geboortedag, George. Mag die Here jou ryklik seën en nog baie jare spaar vir jou huisgesin en almal wat vir jou lief is. Geniet 'n baie spesiale dag.


Marlie verjaar ook vandag. Baie geluk, Ounooi. Mag ook jy 'n wonderlike dag geniet en die jaar wat voorlê alles wat mooi is inhou.




Ruan Delport verjaar ook vandag en is al 8 jaar oud. Baie geluk, Ruan. Geniet die dag baie en mag jou nuwe lewensjaar ook besaai wees met al die mooi dinge. Hoop jy word lekker bederf.