Saturday 26 February 2011

Sonneblom Kompetisie


Ruben se daycare het die jaar aan 'n kompetisie deelgeneem wat deur ons kwekery in die dorp aan gebied is. Hulle moes sonneblomme plant en dan is hulle sonneblomme beoordeel volgens grootte en gesondheid.
Die wenners is toe vandag aangekondig en hulle het toe 3de geeindig in die skole afdeling.

Wednesday 23 February 2011

Aardbewing in Christchurch

Bietjie nuus oor die aardbewing van gister in Christchurch. Christchurch is in die Suid-Eiland. So dit is redelik ver van waar ons is. Op hierdie stadium is daar 38 mense dood en nog ongeveer 100 mense vasgekeer in gebou en rommel. Die videos en fotos wat hulle op TV wys, lyk vreeslik.
Ons kan Christchurch, die omgewing en die mense daar net opdra aan ons Hemelse Vader en bid vir genade .

Tuesday 22 February 2011

Diela


Yolandi en Odélia het gister die drs. in Auckland gesien. Die dokter is heeltemal tevrede met haar. Die snymerk is nie meer toegeplak nie. Wanneer ek haar weer sien, sal ek dit afneem sodat ek dit vir julle kan wys. Dokter het ook vir haar gesê dat sy baie versigtig moet wees met die arm. Seermaak en stampe op haar arm kan alles weer van vooraf laat begin. Dit is en bly maar moeilik om so 'n lewendige ou mensie stil te hou. Baie dankie dat julle nogsteeds vir haar bid. Hou asseblief aan.

22 Februarie 2011

Baie geluk met jou verjaarsdag, Ina. 'n Nuwe lewensjaar gevul met alles wat mooi is word jou toegewens. Hoop Kobus voel al baie beter na sy operasie. Onthou baie T L C sal hom nou goed doen. Geniet die dag.




Happy wedding anniversary, Oupa Bes en Ouma Jo. Mag dit 'n baie mooi en vreugdevolle jaar wees. Geniet die dag en bederf mekaar baie.





Baie geluk met jul huweliksherdenking, Johann en Isabel. Hoop die jaar wat voorlê hou alles wat mooi is in. Geniet die dag en bederf mekaar.

20 Februarie 2011

Veels geluk, liewe Vaudette, omdat jy verjaar, Mag die Here jou seën en nog baie jare spaar.



18 Februarie 2011

Baie geluk met jou verjaarsdag, Marnel. Mag al jou kinderdrome waar word. Hoop Pappa en Mamma het jou baie bederf.

Thursday 17 February 2011

Gelukwensings

Baie geluk met die herdenking van jou geboortedag, Ouma Carlien. Mag die nuwe lewensjaar gevul wees met al die mooi in die lewe. Geniet die kinders se kuier April. Liefde.


Veels geluk liewe Jana, omdat jy verjaar, mag die Here jou seën en nog baie jare spaar. Mag al jou kinderdrome waar word. Geniet die dag.


Baie geluk met jou verjaarsdag, Phillip. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens.
Baie geluk, Gielie en Elsa met die herdenking van jul huweliksdag. Geniet die dag en bederf mekaar baie.
16 Februarie 2011
Geluk met jou verjaarsdag, Elsa. Vir jou wens ons alles wat mooi is toe vir die nuwe lewensjaar.




15 Februarie 2011


Baie geluk Olivier Hayward met jou verjaarsdag. 'n Baie mooi en gesënde jaar word jou toegewens.

Tuesday 15 February 2011

Verjaarsdae

13 Februarie 2011
Baie geluk Alwin en Devin Agenbacht met julle verjaarsag. Mag al jul kinderdrome waar word.



12 Februarie 2011

Baie geluk met jou verjaarsdag, Jacqueline. Mag dit 'n jaar besaai met rose wees. Hoop jy het die dag geniet.


Elsebie Erasmus het ook vandag haar verjaarsdag gevier. Baie geluk, Elsabie. 'n Jaar gevul met alles wat mooi is word jou toegewens.

Neels Wentzel het ook vandag verjaar.
Baie geluk met jou verjaarsdag, Neels. Mag dit 'n baie mooi nuwe lewensjaar wees. Glo jy het die dag geniet.





11 Februarie 2011
Baie geluk, Ina. Ons wens jou alles wat mooi is toe vir die nuwe lewenjaar. Hoop jy het die dag baie geniet.



Baie geluk met jou verjaarsdag, Lizelle. Hoop jy het die dag terdeë geniet.

Gerrit Hayward het ook vandag sy geboortedag herdenk. Baie geluk, Gerrit. Mag dit 'n baie mooi jaar wees.

Thursday 10 February 2011

Diela

Odélia en Yolandi is Dinsdagmiddag terug Auckland toe om te hoor wat die dokters sê en die uitslag van al die ander toetse te kry. Hulle het gister vir dr. Nicol gesien. Al die toetse het negatief teruggekom. Hulle het dan ook gistermiddag weer huistoe gekom. Dokter sê dat Diela mag teruggaan skooltoe. Sy mag egter nie swem nie, nie speel nie en nie hardloop nie. Sjoe, hoe kry jy dit reg as sy in die skool is?? Ons hoop dat die onderwysers sal saamwerk en haar dophou.
Sy kry op hierdie stadium geen fisioterapie nie. Dokter wil hê dat sy die arm nou so veel as moontlik normaal moet gebruik. Hulle moet oor twee weke weer Auckland toe sodat hy vir Diela kan sien.
Baie dankie vir al die gebede en belangstelling. Dit word opreg waardeer. Dra haar nogsteeds op in jul gebede, asseblief.

9 Februarie 2011

Baie geluk met die herdenking van jou geboortedag, Hannes. Mag die nuwe lewensjaar gevul wees met alles wat mooi en goed is. Geniet die dag.



Baie geluk Phillip en Theresia met die herdenking van hul huweliksdag. 'n Toekoms besaai met rose word julle toegewens.




Dit is ook vandag Johan en Elsébe se huweliksherdenking. Baie geluk, julle. Ook vir julle wens ons alles wat mooi is toe vir die toekoms.

Monday 7 February 2011

It's Craig's birthday

Happy birthday to you,
Happy birthday to you,
Happy birthday, dear Craig,
Happy birthday to you.
Hip, hip, hip, hoerah!!!!!!!!!!
Enjoy the day. Hope Sophie soils you rotten.

Sunday 6 February 2011

Die tweeling is 30

Baie geluk, Magda en Mariëtte met die 30ste herdenking van jul geboortedag. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word julle toegewens. Mag al jul drome en ideale waar word. Geniet 'n baie besonderse dag.
Mariëtte


Magda



Friday 4 February 2011

Nuus oor Diela

Die hele huisgesin het gister terug gekom huistoe vir die naweek. Die toetse waarvan die uitslae al gekom het het nog niks opgelewer waarmee die dokters kon werk nie. Yolandi en Odélia moet Maandagoggend weer by die hospitaal wees om die dokters te sien.
Dit gaan 'n besige naweek wees, maar ons hoop dat hulle dit baie gaan geniet.
Van Maandag af moet Annika skool toe gaan en Joanné Kindy toe. Annika sal by Japie bly en Joanné sal by Oupa en Ouma kom bly, want haar Kindy is in Tokoroa en dit is ons dorp.
Dus, onder omstandighede gaan dit goed. Bid asseblief nogsteeds vir haar, dat die dokters iets kan opspoor waarmee hulle kan werk om die ou gogga die wyk te laat neem.

Gelukwensings

Baie geluk met jou verjaarsdag, Celan. Jy word so 'n pragtige jong meisie. Wens ons kon weer 'n bietjie kuier. Vir jou is ons wense 'n jaar gevul met al die mooi van die lewe. Hoop jy geniet 'n baie spesiale dag en dat Pappa en Mamma jou sommer baie gaan bederf. Lief vir jou.




Baie geluk met jul huweliksherdenking, Heinrich en Magda. Ons wens julle 'n toekoms vol geluk, vreugde, liefde en voorspoed toe. Geniet die dag en bederf mekaar.




Baie geluk met jou verjaarsdag, Clarissa. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens. Mag al jou drome waar word. Geniet 'n baie lekker dag.

Verjaardagwense

3 Februarie 2011
Gelukwensing ook aan Magdeli Strydom wat vandag verjaar het. Ons wense vir jou is 'n jaar gevul met liefde, vreugde en geluk. Hoop jy het 'n baie spesiale dag geniet.
2 Februarie 2011
Baie geluk Sandra Holloway en Beverley Everts met jul verjaarsdae. 'n Baie mooi jaar word julle toegewens. Hoop dat julle lekker bederf is.
31 Januarie 2011
Baie geluk met jou verjaarsdag, Anine. 'n Nuwe lewensjaar gevul met al die mooi in die lewe word jou toegewens. Glo dat jy jou spesiale dag baie geniet het. Dankie vir die koffie drink Woensdag.

Tuesday 1 February 2011

Nuus oor Diela

Ek het so 'n uur of wat gelede met Japie gepraat. Hy sê dat Odélia op Wardpass is. Sy hoef nie meer in die saal te wees nie en hulle gee nou ook self haar medikasie. Sy moet egter Donderdag weer in die saal wees, want hulle wil haar dan weer sien.
Die probleem op hierdie stadium is dat die dokters ook erg kop krap. Hulle het gedink dat hulle die siekte nou 'n naam gegee het, maar het nadat hulle verlede Donderdag weer geopereer het, begin kop krap. Sy puzzle hulle vreeslik. Op die oogaf lyk sy nie siek nie. Sy het ook nie meer koors pieke nie. Behalwe dat haar arm vir jou 'n aanduiding is dat iets verkeerd is, sal jy werklik nie sê dat sy siek is nie. Hulle het ook in die teater verdere toetse gedoen en dié se uitslag sal eers oor twee weke beskikbaar wees. So volgende week en Donderdag sal daar hopenlik lig gewerp word op wat met haar arm aan die gang is.
Bid nog asseblief elke dag vir haar. Ons glo en vertrou dat die Here alreeds besig is om haar gesond te maak.

Kyk wie kuier by Diela

Pieter en ek het die Sondag vir Odélia in Auckland gaan kuier. Ons was nie al kuiergaste wat Sondag daar gekuier het nie. Danie, Leane, Chanté en Josua het ook kom kuier. Ag, en het hulle nie lekker gespeel nie. Van middagslapies was daar nie sprake nie.
'n Foto van die kleingoed. Elkeen met sy eie gesigsuitdrukking.

Verjaarsdagwense en 'n huweliksherdenking

Kwas verjaar vandag. Baie geluk, Morné. 'n Nuwe lewensjaar gevul met net die mooiste van die lewe word jou toegewens. Geniet 'n baie spesiale dag.




Baie geluk met jou verjaarsdag, Dylan. Mag die nuwe lewensjaar gevul wees met alles wat mooi is. Geniet die dag.






Dit is vandag ook Anlea du Bruin se verjaarsdag. Ook vir jou wens ons alles wat mooi is toe vir die toekoms. Hoop jy word vandag baie bederf.


Arnu Delport verjaar ook vandag. Baie geluk, Arnu. Mag al jou kinderdrome waar word. Geniet 'n baie spesiale dag.


Dit is ook vandag Andries en Anneke se huweliksherdenking. Baie geluk julle. Mag die toekoms besaai wees met rose (sonder dorings). Bederf mekaar gerus vandag. Geniet 'n baie lekker dag.