Wednesday 11 June 2014

Hekkie verjaar

 
Baie geluk met jou verjaarsdag, Hekkie.  Mag die jaar wat voorlê gevul wees met al die mooi van die lewe.  Mag die milksolids ook by jou soos reën in die vat val.  Geniet die dag.  Ons is baie life vir jou.
 
 
 

Tuesday 10 June 2014

So vorder die aanbouing

 
So gaan die dae verby, die fotos word geneem, maar ek kry nie kans om dit op te sit nie.
Hier maak hulle reg om vloer te gooi en links om die vloer planke op te sit.
 
    

 
Hier is die bouers druk besig met die plankvloer gedeelte.  Die huis is daardie gedeelte omtrent 'n meter gelig om by die res van die huis se vloer in te pas.  Die garage gedeelte is gelig en concrete gegooi.
 
 
 
 
Foto bietjie verder geneem.
 


 
Hier is die vloer halfpad klaar.



 
Die insulation onder die vloer.


 
 
Albei vloere klaar.
 
 

 
En ja, ons het al mure ook. Het vanoggend (10 Junie) dit gesien. Alles gister gedoen.





Maar nou het dit laas nag begin reën en dit lyk asof dit vir 'n paar dae so gaan reën tot die naweek toe.
As ek moet sé lyk dit baie goed.  Hulle vorder vining.
 


Johan en Cindy verjaar

 
Johan verjaar vandag.  Baie geluk met jou verjaarsdag, Johan.  Mag die jaar gevul wees met alles wat mooi en goed is.  Mag die milksolids soos reën val in die vat.  Geniet die dag.  Ons is baie lief vir jou.
 
 

 
Baie geluk ook aan Cindy met haar verjaarsdag.  Ook vir jou wens ons alles wat mooi is toe.  Geniet die dag.
 
 
 

Sunday 8 June 2014

Van woolshed na calfshed

 
Met die conversion van Arataki plaas, het ons nie 'n nuwe calf shed gebou nie.  Daar is twee woolsheds (waar hulle skape skeer) op die plaas.  Die een het die manne gedurende die somer begin verander in 'n calfshed.  Die hele geraamte binne in is uitgehaal, die vloer is uitgehaal en dan is daar stutpilare en planke binne in die dak ingesit om die gebou stewig te maak.  Onder is die gebou in vier kampies verdeel.
Hier is Pieter besig om hekke voor die kampies te sit.
 
 
 
 


 
'n Foto van een van die kampies.  Aan die agterkant is daar weer 'n hek gelos sodat die kalfies buitekant toe op die gras kan gaan.



Saturday 7 June 2014

Vicky en Amanda verjaar

 
Baie geluk met jou verjaarsdag, Vicky.  Mag dit 'n jaar vol vreugde, voorspoed en geluk wees.
Geniet julle kuier Julie in Suid-Afrika.
Hoop julle sien Japie hulle daar.



Amanda verjaar ook vandag.  Baie geluk, Amanda.  Ook vir jou wens ons alles wat mooi is toe vir die nuwe lewensjaar.  Ook goeie gesondheid word jou toegebid.  Geniet die dag.




Dit is ook Grand Wiid se verjaarsdag.  Baie geluk en alles wat mooi is vir die nuwe lewensjaar.





Friday 6 June 2014

Vier my verjaarsdag

 
Pieter, Daleen, Sebil, Johan en Chanel het my met my verjaarsdag na die Hui Hut geneem vir koffie.
Dankie julle, dit was 'n lekker kuier gewees.
Lief julle.
 
 

Thursday 5 June 2014

Bouwerk by Japie en Yolandi se huis

 
Terwyl Japie. Yolandi en hul huisgesin in Suid Afrika kuier, is dit 'n miernes van bedrywighede by hulle huis.  Daar word 3 garages, 'n hoofslaapkamer met 'n ensuite badkamer en inloop kas, 'n spaarslaapkamer en 'n laundry aangebou.  Hier is 'n paar foto's.
 
Die garage kant van die aanbouings.
 
 

Ek het die sement trok net net gemis.  Die fondasies is gegooi.  Bunnings is besig om ander bou materiaal af te laai.
 
 
 
 
 
Hier is die twee rye blokke gebou en in die agtergrond (die rooierige planke) is die deel wat gelig gaan word om dieselfde hoogte te wees as die oorspronklike huis.
 
 

 
Dit het op daardie stadium baie gereën.  Die volgende dag het dit amper gelyk asof hulle 'n swembad bou in plaas van 'n huis.
 
Sal julle op hoogte hou met die vordering van die aanbouings.
 


Wednesday 4 June 2014

Magda verjaar

 
Baie geluk met jou verjaarsdag, Magda.  Mag die Here jou nog lank vir ons almal wat vir jou lief is spaar. Baie dankie vir wat julle vir Ouma doen.  Ook baie dankie vir julle huis wat altyd vir ons oopstaan wanneer ons in Suid-Afrika is.  Ons waardeer dit so baie. Mag vreugde, voorspoed, liefde en geluk  EN GOIEIE GESONDHEID jou deel wees in hierdie nuwe lewensjaar.
Ja, en geniet dit om vir my Jacoli ouma te wees.
Lief jou. 
 
 


Anine van Aswegen verjaar ook vandag.  Baie geluk, Ounooi.  Mag al jou kinder drome waar word.


Tuesday 3 June 2014

Ietsie uit die hart

 
Ina Prinsloo het hierdie stukkie op Facebook geshare.
 
 
Ietsie uit die hart.
 
 
 
Mag God se genade sag oor jou reën;
 
God se liefde jou omvou;
 
Sy liefde jou laat jubel;
 
Sy vrede jou laat ontspan;
 
Sy blydskap jou beskerm;
 
Sodat elke aanslag van die lewe
 
jou sal laat glimlag met die wete ..........
 
 
DIE HERE IS IN BEHEER!!!!!!
 


Monday 2 June 2014

Japie, Yolandi en die meisies kuier in SA

 
Woensdag, 28 Mei, het Pieter en ek Japie, Yolandi en die girls op Auckland Lughawe opgelaai. 
 'n Foto van hulle voordag hulle deur die departure hek gaan.
Hulle gaan 7 weke weg wees.
 
 
 

 
Gerda en Marijon het hulle op die lughawe ontmoet.
Groot opgewondeheid.
Dit is Jacoli se eerste besoek aan Suid Afrika.  Sy ontmoet nou eers al die familie, behalwe Ouma Gerda wat met haar geboorte in New Zealand was.





Vrydag, 30 Mei, het hulle 'n bonus kuier by Ouma Hettie, Magda en George en Clara gehad.
 
Op die foto is Yolandi met Jacoli, agter is Joanné en Aidon/
Voor op Magda se skoot is Annika, langs Magda Ouma Hettie en Clara met Hanu op haar skoot.
Japie met Dian voor hom en Odélia agter.




 
Saterdag, 31 Mei, almal oppad Rugby toe op Ellispark.
 
Agter:  Yolandi, Dylan en sy vrou.
 
Middel: Roland, Japie, Gerda en Deon.
 

Voor: Annika, Marijon, Dylan se dogtertjie, Odélia en Joanné.
 
Julle wonder seker waar Jacoli is.  Sy het by haar nuwe ouma en oupa en ouma Hettie gekuier.  Magda sê sy was so soet gewees, gladnie gehuil nie.  En om my jaloers te maak, het Magda vir my 'n video gestuur.  Toe verlang ek darem lekker.


 
 
Sal ook maar foto's van hierdie kuier op sit, want vandag facebook to light gekom het, sit hulle nie meer foto's op die blog nie.