Wednesday 30 September 2009

Ons 34ste huweliksherdenking



Verlede Sondag, 20 September, was dit my en Pieter se 34ste huweliksherdenking. Hy was die Sondag en Maandag af en ons het Sondagmiddag vroeg na Rotorua gegaan. Ons het nie werklik iets beplan vir die dag nie en ons het maar ge - go with the flow.

Rotorua het ook 'n meer. Vanaf die meer kan jy met helikopter of ligte vliegtuig 'n rit bespreek om oor die dorp of die onaktiewe vulkaniese berge of die aktiewe vulkaniese eiland te gaan. Ons het vir die eerste keer maar die veilige een gekies en oor die dorp gevlieg.


Pieter, ek en die vlieënier van die helikopter.




Die instrumente paneel van die helikopter.




Rotorua uit die lug.





Natuurlik, getrou aan sy aard, moes Pieter die blomme in Rotorua afneem. Pragtige tulpe blom die hele dorp vol.




Laat middag, 5 uur, is ons eers kerk toe en toe hotel toe. Die kinders het ons in die hotel ingeboek vir die aand. Lekker aandete gehad en die volgende oggend na ontbyt het ons weer vertrek.


Hier ontspan Pieter in die "Spa" bad. (Ek noem dit sommer doodgewoon 'n borrelbad.)



Dankie vir die kinders. Ons het die aand baie geniet.

29 September

My peetma, Hettie (Doll) Erasmus verjaar 29 September. Ek het nie vergeet nie. Bietjie dol gegaan. Baie geluk met jou verjaarsdag, Doll. Gods rykste seën word jou toegebid. Hoop dat jy 'n wonderlike dag geniet het en dat Gideon jou baie bederf het. Liefde.



Dit is ook Ané Agenbach se verjaarsdag op 29 September. Baie geluk, Ané, hoop jy het die dag geniet. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegebid.
Louis en Anna se 47ste huweliksherdenking was ook op 29 September. Baie geluk, julle. Beste wense vir nog vele meer. Mag julle nog lank vir mekaar en jul huisgesin gespaar bly.

Sunday 27 September 2009

Izette verjaar

Izette - Baie geluk. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar vol vreugde, geluk en voorspoed word jou toegewens. Mag jy 'n baie besondere dag geniet. Hoop jy word baie bederf.


Saturday 26 September 2009

Chrispen is 4

Vandag is dit Chrispen se beurt om te verjaar. Baie geluk, Chrispen. Geniet 'n baie lekker dag en sorg dat jy baie bederf word. Hoop volgende jaar vier jy jou verjaarsdag hier in New Zealand????????


Thursday 24 September 2009

Hamilton uitstappie

Dinsdag, 15 September, het Yolandi hulle bussie in Hamilton laat diens. Dit was toe sommer weer 'n geleentheid vir ons vrouens om saam te kuier. Met Odélia in die skool, was dit net Annika, Ruben en Joanné wat by ons was. Odélia is by die busstop afgelaai en toe het hulle vir my en Sebil in Tokoroa opgelaai. Dit is ongeveer 'n uur en 'n half se ry na Hamilton en ons het eers ongeveer vyfuur die middag weer in Tokoroa aangekom. Winkel vir winkel is deurgeloop opsoek na verjaardag geskenk vir Ruben en klere vir die meisiekinder en Ruben. So tussendeur het ons 'n heerlike ontbyt geëet en later die middag het ons weer koek en koffie gehad.


'n Paar fotos wat ons dié dag geneem het.








Die huisie het ons in een van die winkels raakgeloop. Dit is presies die huisie wat Yolandi vir die drie dogtertjies wil maak. Om 'n foto van die huisie te kry het ons maar vir Ruben en Annika daarby afgeneem.


Clara Depraam verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag vandag, Clara. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens. Geniet die dag.

Wednesday 23 September 2009

12 September Tri-nations aand



Terwyl die manne na die rugby in Hamilton gaan kyk het, het ons by Yolandi eers die middag die Tupperpartytjie gehad en die aand almal die rugby op die TV gekyk. En natuurlik het ons ons eie lewendige uitvoering van die HAKA beleef. Ongelukkig wou die mannetjies nie saamwerk toe ons 'n videoclip wou neem nie, maar volgens die foto's kan jy darem sien dat die bewegings uitgevoer word.












Hierdie foto spesiaal vir jou Ouma Miemie. Jou 3 pragtige kleinkinders. Baie lief vir mekaar en geniet dit vreeslik om by mekaar te kuier.



Gideon Erasmus jr. is 21 vandag

Baie geluk met jou 21ste verjaarsdag vandag, Gideon. Mag die sleutel wat jy ontvang menige deure vir jou oopsluit. Gods rykste seën word jou toegebid op jou lewenspad vorentoe. Geniet die dag.



j

Tuesday 22 September 2009

Anne-Rentia verjaar


Baie geluk met jou verjaarsdag, Anne-Rentia. Mag dit vir jou 'n wonderlike dag wees vol van allerhande bederfies en mag al jou kinderdrome waar word. Geniet die dag.

Kalfseisoen


Met kalfseisoen aan sy einde, nog vir oulaas 'n paar fotos en 'n video van ons kalfies.


Ons het vanoggend gehoor dat ons nie meer bobbykalfies gaan hê nie. Met ander woorde ons is klaar met kalf grootmaak. Daar is nog 'n paar koeie oor om te kalf, maar die tye tussen die oplaai van die bobbykalfies is nou te lank en moet ons hulle te lank melk gee. Hierdie melk kan ons eerder gebruik om vir ons replacement verskalfies te gee.



Die fotos is geneem toe Johan en Sebil die kalfies Saterdagoggend melk gegee het.


Sebil het vir Sukkel Wikkel bestuur, terwyl Johan die hekke moes beman.




Die kalfies soos hulle aan die caf-e-teria drink.





Johan en Sebil by die kalfies.




Hierdie video het ek geneem toe hulle oor die pad moes gaan. Sebil was aan die wiel van Sukkel Wikkel en ek en Johan het in die pad gestaan en keer dat hulle nie met die pad afhardloop nie.


Op 'n kol gedurende kalfseisoen wou ou Sukkel Wikkel nie meer wieggel waggel nie en moes ons 'n plan maak. Pieter het die tweede handse bakkie gekoop. Dadelik is die bakkie ook gedoop : Bullie die blou bul.

Die rooi merke teen die kant van die houer dui daarop dat die melk nie vir die gebruik van die Bobby kalfies is nie, want daar is penisillen melk in. Die Bobby kalfies mag gladnie antibiotika van enige aard in hulle liggaampies hê nie. Indien hulle dit daar opspoor, word jy beboet - en nie sommer net kleingeld nie. Hulle wil baie hê. Gelukkig is ons die kalfseisoen deur en het ons nie 'n probleem gehad nie.

Monday 21 September 2009

Dit is Gert se verjaarsdag


Baie geluk met jou verjaarsdag vandag, Gert. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens, vol vreugde, geluk en voorspoed. Hoop jy word baie bederf. Geniet die dag.

Sunday 20 September 2009

Ons huweliksherdenking

Ek wil vir Oupa Pieter baie geluk sê met ons 34ste huweliksherdenking. Baie dankie dat jy so lank met my uitgehou het. Ek glo en bid dat ons nog baie jare vir mekaar en ons kinders en kleinkinders gespaar sal word. Hoop jy geniet die dag, Oupa. Liefde, Annatjie.




Jaco Buitendag verjaar vandag. Baie geluk, Jaco. 'n Wonderlike nuwe lewensjaar vol vreugde, voorspoed en geluk word jou toegewens. Geniet 'n baie spesiale dag.



Waikato vs Wellington

So paar fotos van die rugby wat ons gaan kyk het saam met Japie en Yolandi met haar verjaardag die 18de September. Die kinders het dit baie geniet en nog gepronk in hulle Springbokke truie en hempde.








34ste Huweliksherdenking

Baie geluk met Pa en Ma se 34ste huweliksherdenking vandag. Ons glo en vertrou julle gaan nog lank vir mekaar gespaar bly. Hoop julle geniet die dag.


Baie dankie vir alles wat julle vir ons kinders doen, ons waardeer dit baie.


Ons is baie lief vir julle.


'n Kiekie van dalk so 35 jaar terug, ek dink. Baie geluk, ma en pa met julle huweliksherdenking. Geniet die dag saam!! Dankie vir al julle liefde.



Saturday 19 September 2009

Verjaarsdae

Baie geluk met jou verjaarsdag, Leon. 'n Baie mooi jaar word jou toegewens, vol van seën, voorspoed en geluk. Hoop jy word vandag baie bederf. Geniet 'n baie spesiale dag.




Dit is ook Hettie se verjaarsdag. Baie geluk, Hettie. 'n Vreugde volle nuwe lewensjaar word jou toegewens. Strome van seën van Bo word jou toegebid. Geniet 'n baie spesiale dag.



Friday 18 September 2009

Verjaarsdae

Vandag is dit Yolandi se verjaarsdag. Baie geluk, Yolandi. Mag dit vir jou 'n baie mooi nuwe lewensjaar wees, vol van alles wat mooi is. Gods rykste seën word jou toegebid. Mag jy nog lank vir jou man en kinders en ons almal gespaar bly. Ek hoop dat daar darem so 'n klein bietjie bederf iewers in die dag gaan wees. Geniet die uitstappie Hamilton toe vir die rugby vanaand. Ons is baie lief vir jou. Geniet 'n baie spesiale dag.




Vandag is ook Lizelle se verjaarsdag. Baie geluk Lizelle. Mag dit 'n baie mooi dag vol vreugde en voorspoed wees. 'n Nuwe lewensjaar vol seëninge word jou toegewens. Geniet 'n baie spesiale dag.




'n Skool vriendin van Sebil, Bea Nel, verjaar ook vandag. Baie geluk, Bea. Geniet die dag en 'n baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens.


Thursday 17 September 2009

Die BOKKE is BAAS!

Japie, Hekkie en boetie Danie, pa Pieter, Johan en 'n spul SA en Kiwi pêlle het Saterdag die skoolbus, kompleet met die skoolbus drywer, 'n paar swaar gelaaide coolerbokse en 'n gasbraaier of twee, die pad na die GROOT GAME oopgeteer.

Gewapen met banners, hare van elke kleur, en geverfde gesigte, het hulle die stadium op Springbok-horings geneem.


Hekkie en Danie - nog vroegmiddag, jy sien!


Hekkie en John - 'n paar biere later.

En nog 'n paar biere later - Die voorry - Pa Pieter, Japie, Johan en Hekkie.

En nou die hare, Spieter? Volgende rondte asseblief! Reg, Japie en Graeme - Need I say more?

Coolio, Marais, Hekkie en Johan.
Binne in die stadium - Bok en Kiwi sy aan sy!


Lynstaan reg voor hulle.

Halftyd score.
Die rocketlauncher!
Die walk of glory! Welgedaan bokke. Julle is Baas!

Die ander "Beast" Maandag oggend in die plaaslike koerant - Naamblaps en al.

Jacques en Izette se huweliksherdenking

Baie geluk, Jacques en Izette, met julle huweliksherdenking. Baie mooi en gelukkige jare word julle toegewens. Geniet 'n baie spesiale dag en bederf mekaar gerus.

Tuesday 15 September 2009

Hannes Petrus verjaar.

Baie geluk, Hannes. Mag die toekoms besaai wees met alles wat mooi is. Hoop jy gaan 'n wonderlike dag vol allerhande verrassings en bederwe belewe. Geniet elke oomblik daarvan.



Monday 14 September 2009

Saterdag 12 September


Sebil is weer 'n Tupperware agent hier in New Zealand.


Saterdag, met die manne almal in Hamilton vir die groot rugbywedstryd, het Yolandi besluit om 'n Tupper partytjie te hou. Hier is 'n paar foto's van die partytjie.


Sebil, besig met die demonstrasie.





Yolandi, die gasvrou.





Die twee skoonsusters, Daleen en Leane, met klein Joshua in die agtergrond.





Twee Suid Afrikaanse vriendinne, Thea en Carol agter op die foto en voor 'n Engelse playcenter mamma, Julie met haar een seuntjie.





Twee van Japie se medewerkers, Richard en Albert, se vrouens.


Links: Jennifer, Richard se vrou - Engels en regs Riza, Albert se vrou - Afrikaans.





Jennifer het Juniemaand 'n babadogtertjie gehad. Ruben kon nie nalaat nie, hy moes haar bietjie vashou. Hy moet natuurlik begin om die feeling te kry van baba vashou.