Wednesday 29 September 2010

Gelukwensings

Baie geluk met jou verjaarsdag Ané. Hoop jy gaan 'n wonderlike jaar hé, en hoop dat al jou drome sal waar word. Geniet die dag.





Baie geluk met tannie Hettie se verjaarsdag vandag. Glo dat die jaar vol geluk en vreugde vir tannie sal wees. Hoop tannie geniet die dag baie.





Tuesday 28 September 2010

Die liedjie klink so

Handjies klap, koekies bak, Ruben kom met sy four wheeler aan
Ruben kom vir Chanel haal



Monday 27 September 2010

Baie geluk Izette

Baie geluk met jou verjaarsdag Izette. Ons glo en vertrou die jaar wat voorlê vol geluk en vreugde sal wees. Hoop jy geniet jou daggie baie.



Sunday 26 September 2010

Chrispin verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag, Chrispin.
Ons glo dat liewe Jesus jou nog baie lank gaan spaar.
Hoop jy gaan jou daggie baie geniet.
Ek glo Pa en Ma gaan jou lekker bederf.
Ek het gaan soek na 'n foto van jou,
maar al die foto's wat ek het is jy nog klein.
Julle moet vir ons bietjie foto's stuur.


Lief vir julle baie en mis julle.


Daylight Savings

Hello almal, ons wil julle net laat weet
dat ons daylight savings weer gister
begin het. Dit beteken dat ons horlosies
nou een uur aangeskuif het. Ons is nou
11 ure voor Suid Afrika se tyd.

Saturday 25 September 2010

Baie geluk

Baie geluk met jou verjaarsdag, Maryke. Ons glo dat dit 'n wonderlike jaar vir jou gaan wees. Hoop jy het 'n great dag. Geniet dit !!





Wednesday 22 September 2010

Anne - Rentia Verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag Anne - Rentia.
Hoop jy gaan 'n wonderlike jaar hê.
En hoop dat al jou droompie waar sal word.




Gelukwensings

21 September 2010

Baie geluk met jou verjaarsdag, Gert.
Glo die jaar gaan vol vreugde en geluk vir jou wees.
Hoop jy gaan jou dag geniet.






20 September 2010


Baie geluk met Pa en Ma se 35ste huwelik herdenking.
Glo julle gaan nog lank vir mekaar gespaar bly.
Ons is baie lief vir julle.




Vandag verjaar Joco ook. Baie geluk met jou verjaarsdag.
Glo jy gaan 'n wonderlike jaar he.




Monday 20 September 2010

Yolandi se 30ste Partytjie - 80's Style

Ons het Saterdag aand Yolandi se 30ste verjaarsdag gevier. Hier is 'n paar foto's van die aand. Dit was 'n great aand gewees en ons het lekker gedans en gekuier.



Sunday 19 September 2010

Nog verjaarsdae

Veels geluk, liewe Hettie omdat jy verjaar, mag die Here jou seën en nog baie jare spaar. Geniet 'n baie spesiale dag.



Baie geluk met jou verjaarsdag, Leon. 'n Baie mooi nuwe jaar word jou toegewens, gevul met alles wat mooi is. Geniet die dag.


18 September
Baie geluk, Bea. Ook vir jou wens ons 'n baie mooi nuwe lewensjaar toe. Hoop jy het die dag baie geniet.





Saturday 18 September 2010

HAPPY 30th !!!!!

BAIE GELUK MET JOU 30ste VERJARSDAG, YOLANDI. ONS GLO DIE HERE GAAN JOU SEëN EN NOG BAIE LANK VIR ONS ALMAL SPAAR. HOOP JY IS LEKKER BEDERF VANOGGEND.
ONS HOOP JY GAAN JOU PARTYTJIE VANAAND BAIE GENIET.
ONS IS BAIE LIEF VIR JOU









Gelukwensings

18 September 2010
Baie geluk met jou verjaarsdag, Lizelle. 'n Wonderlike nuwe lewensjaar word jou toegewens, gevul met alles wat mooi en goed is. Geniet 'n baie spesiale dag. Liefde.




17 September 2010


Jacques en Izette, baie geluk met julle huweliks herdenking. Glo julle gaan nog lank vir mekaar gespaar bly.


16 September


Baie geluk met jou verjaarsdag Steyn. Hoop jy gaan jou daggie baie geniet.


15 September 2010


Hannes - Petrus, baie geluk met jou verjaarsdag. Mag dit 'n baie mooi en 'n geseënde jaar vir jou wees.





14 September 2010


Baie geluk met jou verjaasdag Marechele. Glo en vertrou daar sal nog baie goeie jare vir jou wees. Hoop jy geniet die dag.

Sunday 12 September 2010

Ouma Issie en Isabel verjaar

Ouma Issie is vandag 86 jaar jonk. Ai, Ouma, dit is dae soos hierdie dat ons wens ons was daar om dit met Ouma te kon deel. Baie geluk met Ouma se verjaarsdag. Mag die Here Ouma nog baie lank spaar vir ons almal wat vir Ouma baie lief is. Beter gesondheid, geluk, vreugde en liefde word Ouma toegebid vir die nuwe lewensjaar. Geniet 'n baie spesiale dag saam met al die kinders, kleinkinders en agter-kleinkinders. Ons is baie lief vir Ouma.




Isabel Hurn verjaar vandag saam met Ouma. Baie geluk, Isabel. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou ook toegewens, gevul met al die mooi in die lewe. Geniet 'n baie spesiale dag. Liefde van ons almal.




Saturday 11 September 2010

Verjaarsdae

Baie geluk met jou verjaarsdag vandag, Cecile. Mag die jaar wat voorlê alles wat mooi is inhou. Geniet die dag.


George Verster verjaar ook vandag. Baie geluk, George. Vir jou is ons wense ook vir 'n baie gelukkige en vreugdevolle nuwe lewensjaar. Geniet die dag.


10 September 2010
Chané Mulder het gister verjaar. Jammer ek is 'n dag laat, Ounooi. Maar met jou partytjie wat vandag is, het Oumakie heeltemal vergeet om gister op te sit of te bel. Hoop jy gaan 'n wonderlike nuwe lewensjaar hê. Geniet die Kindy en vandag se partytjie. Sien julle later.
9 September 2010
Chris du Toit en klein Isak van der Merwe het vandag verjaar. Baie geluk julle. Hoop julle het die dag geniet.
Annemarie Agenbacht het ook verjaar. Baie geluk, Ounooi. Hoop dat ook jy 'n baie lekker dag gehad het en baie bederf is.
8 September 2010
Jan en Elize Agenbacht se huweliksherdenking. Baie geluk. Hoop die jaar wat voorlê hou alles wat mooi is in.
6 September 2010
Simoné Nel het verjaar. Baie geluk, Ounooi. 'n Wonderlike nuwe jaar word jou toegewens. Mag al jou kinder drome waar word. Hoop jy het die dag en die bederf geniet.

Thursday 9 September 2010

Sondag was Vadersdag

Ons het Sondag lekker saam gekuier vir Vadersdag.





Wednesday 8 September 2010

Annika se verjaarsdag partytjie

Ons het Vrydag - middag Annika se verjaarsdag
partytjie gee had. Hier is 'n paar foto's.