Monday 31 May 2010

Barend verjaar.


Baie geluk, Barend. Geniet die dag en ons bede vir jou nuwe lewensjaar is geluk, vreugde, vrede en voorspoed. Hoop Tieks bederf jou baie.

Sunday 30 May 2010

Leandra verjaar.

Baie geluk met jou verjaarsdag, Leandra. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens. Mag hy gevul wees met alles wat mooi is. Geniet die dag. Liefde.


Nog gelukwense vir 29 Mei 2010

Baie geluk met jou verjaarsdag, Awie. Mag die Here se seë op jou rus, vandag en die hele jaar vorentoe. Hoop jy het die dag geniet saam met jou familie.

Drie egpare vier ook hul huweliksherdenking vandag. Louis en Elize Nortje, Andries en Chrissie Labuschagne en Jaco en Rensche Nortje. Baie geluk aan julle almal. Ons bede is dat die nuwe huweliksjaar vol sonskyn en rose sal wees. Hoop julle het mekaar bederf en die dag geniet.

Saturday 29 May 2010

Verjaarsdae

Baie geluk met Ma se verjaarsdag vandag.
Ons glo dat daar sommer nog baie geseënde jare
vir Ma sal wees. Hoop Ma gaan die dag baie geniet.
Ons is lief vir Ma.




Dan verjaar Josh ook vandag.
Happy birthday Josh.
Hope you have a great day.


Friday 28 May 2010

Elsie verjaar

Elsie (Jacobs) verjaar vandag. Baie geluk, Elsie. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens. Geniet die dag.

Thursday 27 May 2010

Rensche verjaar


Baie geluk met jou verjaarsdag, Rensche. Mag jy 'n wonderlike nuwe lewensjaar beleef, gevul met alles wat mooi en goed is. Hoop jy word vandag baie bederf. Geniet die dag.

Monday 24 May 2010

Verjaarsdae


Baie geluk met jou verjaarsdag vandag, Johann. Mag die nuwe lewensjaar alles wat mooi is inhou. Geniet die dag.
Oom Jan Fourie verjaar ook vandag. Baie geluk met jou verjaarsdag. Gods rykste seën word jou toegebid. Geniet 'n besondere dag.
Marilie van der Merwe vier ook vandag haar verjaarsdag. Baie geluk, Ounooi. Mag al jou kinderdrome waar word. Geniet die dag.

Sunday 23 May 2010

22 Mei 2010



Elize (Strydom) Jacobs verjaar. Baie geluk, Elize. Mag die nuwe lewensjaar vol wonderlike beloftes wees. En mag elke droom waar word. Geniet die dag.

Friday 21 May 2010

Tannie Jeanette verjaar



Baie geluk met jou verjaarsdag vandag, tannie Jeanette. Mag die nuwe lewensjaar gevul wees met vreugde, geluk en liefde. Geniet 'n baie spesiale dag.

20 Mei 2010



Baie geluk aan Marlene en Isak van der Merwe wat vandag verjaar het. Mag jul 'n wonderlike nuwe lewensjaar ervaar, gevul met alles wat mooi en goed is.

Wednesday 19 May 2010

Tannie Awie verjaar


Baie geluk met Tannie se verjaarsdag. Mag die nuwe lewensjaar alles wat mooi is inhou. Geniet die dag.

Tuesday 18 May 2010

Joachim (Boetie) verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag, Boetie. Mag die nuwe lewensjaar alles wat mooi is inhou. Geniet die dag. Ek hoop jy word baie bederf.

Monday 17 May 2010

Cornetjie verjaar.

Vandag vier Cornetjie Nel sy verjaarsdag. Baie geluk, Jong. Mag alles wat mooi en goed is op jou pad wees in die nuwe lewensjaar. Geniet die dag.

16 Mei 2010

Dit is PJ Olivier se verjaarsdag. Baie geluk met jou verjaarsdag, PJ. Mag die nuwe jaar alles wat mooi is inhou. Geniet die dag.

Thursday 13 May 2010

13 Mei 2010


Baie geluk met jou verjaarsdag, Gilliaume. Geniet die dag terdeë en mag die toekoms gevul wees met alles wat mooi is.
Deuzart Oosthuizen Labuschagne verjaar ook vandag. Baie geluk, Deuzart. Mag al jou kinderdrome waar word. Geniet die dag.

12 Mei 2010

Tannie Lucy van der Merwe het 12 Mei 2010 verjaar. Baie geluk met Tannie se verjaarsdag. Hoop dit was 'n baie geseënde dag en dat die nuwe lewensjaar alles wat mooi is sal inhou.



Tuesday 11 May 2010

Die ongeluksvoël!

Annika het Sondagmiddag uit die boom gespring en op die hark te lande gekom. Daar was 'n groot tranedal, maar pappa het die wond skoongemaak en mamma het pienk medisyne gegee en so het ons toe eers Maandag oggend die dokter kom sien. Die voet was effens geswel en rooierig, so die dokter was skrikkerig vir bloedvergiftiging. Daarom het sy toe nou antibiotika gekry en is die wond se los velletie afgesny en goed skoon gemaak. Sy het nogal haar pose gehou en nie eers een traan gestort nie.
Die besmette voet.


Pappa was ook daar vir ondersteuning.


Die voet met die opvolg ondersoek vandag. Lyk sommer al baie beter.



Sunday 9 May 2010

Gelukkige Moedersdag



Vir ons Ma's, Ouma Hettie en Ouma Issie, in Suid-Afrika wil ons vandag 'n baie gelukkige en besonderse moedersdag toewens. Geniet die dag saam met die familie. Ons is seker dat julle albei vandag baie bederf gaan word. Ons is baie lief vir julle.


Dankie ook aan al ons familielede wat so mooi na hulle omsien.

'n Baie besige 9 Mei





Dit is vandag Magda se verjaarsdag. Baie geluk, Magda. 'n Baie mooi en besondere nuwe lewensjaar word jou toegebid. Mag hy gevul wees met alles wat mooi en goed is; geluk, vreugde, vrede, liefde en voorspoed. Geniet die dag.

Dit is ook vandag Naas en Lizelle se huweliksherdenking. Vir julle wens ons ook 'n baie mooi en vreugde volle nuwe huweliksjaar toe. Mag die jaar vir julle alles wat mooi is inhou. Geniet die dag.









Vandag vier Bertie ook sy verjaarsdag. Ook vir jou wens ons alles wat mooi is toe. Geniet 'n baie spesiale dag.


Luané Human is vandag 3 jaar oud. Baie geluk, Ounooi. Mag al jou kinderdrome waar word. Geniet die dag en ons hoop dat Pappa en Mamma jou sommer baie bederf.
















Mckayla Olivier vier ook haar verjaarsdag vandag. Baie geluk, Meisiekind. Jy word nou sommer 'n baie groot dogtertjie. Geniet elke oomblik van die dag. Ek is seker jy word sommer baie bederf.
Charlene Erasmus en Riehette Stenekamp verjaar ook vandag. Baie geluk met jul verjaarsdae. Mag die nuwe lewensjaar vir julle alles wat mooi is inhou. Vir jou is dit sweet sixteen vandag, Riehette. Geniet elke oomblik van die dag.

Saturday 8 May 2010

Francois en Rens


Dit is vandag Rens se verjaarsdag asook haar en Francois se huweliksherdenking. Baie geluk, julle. Mag die nuwe lewensjaar en huweliksjaar baie vreugde, voorspoed en geluk inhou. Geniet die dag en ons glo dat die kinders julle lekker gaan bederf.



Friday 7 May 2010

Joanné

Ons Ninniekind is beter. Ek het vanoggend met Japie gepraat. Hulle het haar gister by die dokter gehad. Hy is baie verbaas oor haar vordering en is baie tevrede. Hy sê ons sal dalk nog dingetjies sien wat nie heeltemal reg is nie. Die gevalle studies wat hy gaan oplees het, (baie min gevalle) dui daarop dat dit baie lank vat om heeltemal op te klaar. Ons het haar ook Sondag gesien en sy lyk regtig goed. Sy is ook weer terug by die Kindie. Hulle gee daar 'n bietjie spesiale aandag net om haar vir ons dop te hou. Dit gaan daar ook met haar baie goed. Sy geniet dit om weer by die skool te wees. Baie dankie vir almal se gebede. Ons moet nie van mekaar vergeet nie. Gebede het krag en verrig wonderwerke. Baie dankie aan ons Hemelse Vader vir die beterskap in Ninnie en ons glo en vertrou dat sy heeltemal gaan herstel.

Jaco Willemse verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag, Jaco. 'n Wonderlike nuwe lewensjaar word jou toegewens, gevul met liefde, vrede, vreugde en geluk. Geniet die dag.

5 Mei 2010

Baie geluk, Willem(Agenbacht) en Kevin (Jordaan) met jule verjaarsdag. Hoop julle het die dag baie geniet. Mag die nuwe lewensjaar gevul wees met alles wat mooi en goed is.

Tuesday 4 May 2010

4 Mei 2010


Baie geluk met jou verjaarsdag, Phillip. Alles wat mooi is word jou toegewens vir die nuwe lewensjaar.
Geniet die dag.
Peet Collins verjaar ook vandag. Baie geluk, Peet. Mag ook jou nuwe lewensjaar gevul wees met alles wat mooi is. Geniet die dag.
Dit is vandag ook Nas se verjaarsdag. Baie geluk, Nas. 'n Baie mooi en besonderse nuwe lewensjaar word jou toegewens, gevul met net die mooi in die lewe. Geniet die dag.

3 Mei 2010


Baie geluk met jou verjaarjaarsdag, Andries.
Hoop die nuwe lewensjaar hou alles in waaroor jy nog altyd droom.
Geniet die dag.

Sunday 2 May 2010

2 Mei 2010








Dit is vandag Dillon se verjaarsdag. Baie geluk, ou grootseun. Mag die nuwe lewensjaar vir jou alles wat mooi is inhou en mag al jou kinderdrome waar word. Geniet jou dag.



Danie Brits verjaar ook vandag. Baie geluk, Danie. 'n Baie mooi en vreugde volle nuwe lewensjaar word jou toegewens. Geniet die dag.

1 Mei 2010


Dit is vandag die huweliksherdenking van Wimpie en Yolandé Theron. Baie geluk julle twee. Ons bede is dat jul huwelikspad vorentoe besaai sal wees met rose.
Ds. Nick Alberts van Wonderfontein gemeente in Carletonville het 1 Mei verjaar. Baie geluk Dominee. Gods rykste seën word jou toegebid. Hoop dat julle die dag as familie baie geniet het.

Tinyblacks





















Die Tinyblacks program is vir kinders onder 5 jaar wat vir 8 weke 'n kliniek bywoon om basiese bal vaardighede aan te leer. Dit was Ruben en Annika se eerste besoek. Die ouers speel natuurlik ook 'n groot rol met die demonstrasie en motivering.