Friday 28 November 2008

Na 'n harde dag se werk ....

Word daar altyd, tyd gemaak vir "bonding".
Hier staan hulle twee en kyk vir die beeste.



Thursday 27 November 2008

Ryno

Ryno is vandag al 11 jaar oud. Baie geluk met jou verjaarsdag, Ryno. 'n Baie mooi jaar vol vreugde, voorspoed en geluk word jou toegewens. Hou lekker verjaarsdag en geniet elke oomblik daarvan.





Tuesday 25 November 2008

Carla,Tannie Hessie en Rochelle verjaar.

Carla Strydom is vandag al 3 jaar oud. Baie geluk, Ounooi. Mag al jou kinderdroompies waar word. Vreugde en geluk word jou toegewens vir die jare wat voorlê. Ons hoop jy het 'n baie mooi geskenk gekry. Geniet jou dag.
Tannie Hessie Hayward verjaar vandag. Baie geluk, Tannie. Gods rykste seën word jou toegebid. Mag die jare wat voorlê goeie gesondheid en alles wat mooi is inhou. Mag Tannie nog lank vir die familie en almal wat vir Tannie lief is gespaar bly. Liefde.


Rochelle Nel verjaar ook vandag. Baie geluk, Rochelle. Ons bede is vir 'n baie mooi jaar, vol vreugde en geluk. Hoop jou huisgesin bederf jou lekker. Geniet die dag.


Monday 24 November 2008

Leedwese

Ons wil vir Nico, Poppie, Isabel en Marlie Hurn baie sterkte toewens met die afsterwe van Nico se pa, oom Paul. Ons bid vir julle en glo dat Hy julle sal vertroos. Baie liefde en sterkte.

Joyce verjaar.


Happy, happy birthday Joyce. 'n Baie mooi jaar met strome vol seën van bo word jou toegewens. Mag dit 'n baie mooi jaar wees.

Sunday 23 November 2008

Dit is Louis en Danie se verjaarsdae

Ouboet Louis Nortjé is vandag 65 jaar oud. Baie geluk, Louis. Gods rykste seën word jou toegebid. Mag die toekoms net vreugde, vrede, voorspoed, geluk en seën inhou. Sit agteroor en geniet die dag en ons hoop jy word lekker bederf.


Danie du Plessis verjaar ook vandag. Baie geluk. Ons bede is ook dat jou toekoms alles wat mooi is sal inhou. Goeie gesondheid, vreugde en geluk. Geniet die dag.


Saturday 22 November 2008

Defibrilator Support Group

Saterdagoggend het ons die byeenkoms van die Defibrilator Support Groep in Hamilton bygewoon. Weer 'n baie interressante byeenkoms.
Praatjies is gelewer deur William van St. John's Ambulanse oor 'n apparaat wat jy dra en dan 'n ontvangstoestel wat binne in die huis teen 'n muur gemonteer is, wat 'n sein na St. Johns Ambulanse stuur. Wanneer die boodskap ontvang word, skakel hulle dadelik om te hoor wat fout is. Indien daar geen antwoord is nie, word die ambulans uitgestuur.
Dr. Martin Stiles (die eweknie van dr. Spencer wat Sebil opereer het) het deur middel van fotos op 'n projektor vir ons gewys hoe 'n defibrilator ingesit word.
Sarah van Metronix het laastens vir ons gewys hoe 'n defibrilator gemaak word. Die apparaat word feitlik heeltemal met die hand gemaak.
Hier is die fotos van die defibrilator wat Sebil in het. Ons het die pen langsaan gesit sodat julle kan sien hoe groot die apparaat is. Die draad word dan binne in die hart "ingeplant" en aan die defibrilator gekoppel.

Die meeste van die mense by die byeenkoms, was ouerige mense - mans en vrouens wat defibrilators in het. Tracey, die dame wat die byeenkoms gereël het, skat ek so om en by 32 -33. Sy het ook een in. Dan was Sebil jonger as sy en die jongste was 'n Chinese seun van 16 jaar oud.

Baie interessante gebeure is deur van die mense teenwoordig vertel. Dit is werklik so dat Sebil nou 'n ambulans 24 uur per dag op haar voorstoep het. Ons dank die Here dat hy ons op hierdie pad gelei het en sy die apparaat nou in het.

Friday 21 November 2008

Vrydagaand in Hamilton

Ons het Vrydagaand in Hamilton oorgebly in die Abbey Motel. 'n Baie lekker plekke, want vir die prys wat ons gewoonlik vir 'n dubbelkamer betaal, kry ons toe 2 slaapkamers, 'n kombuis en 'n lekker groot sitkamer. Net baie geraas deur die nag, want ons was reg langs 'n baie besig pad.
Hier is Johan in die sitkamer (en ek lê natuurlik alweer in die agtergrond)




Nadat ons 'n rukkie gerus het, is ons toe die dorp in. Eers het ons tenpin bowling gespeel.
Die fotos van my waar ek my bal uitsoek en toe ek gegooi het.





Sebil nadat sy klaar gegooi het.



Johan in aksie.






Johan het natuurlik gewen. Toe het ons eers op 'n masjien gespeel wat soos "Deal or No Deal" op TV is. Hier kies jy jou tas en speel vir kaartjies 1 tot 100 (verskillende hoeveelhede in elke tas) in 16 tasse. Hier was ek darem weer gelukkig en het 208 kaartjies gewen.
Van hier af is ons gou deur die Casino om te sien hoe dit daar lyk. Speel toe ook maar $10 op die 2c masjiene en verloor toe ook maar weer alles. Geluk toe nie meer aan my kant nie.
Daarna is ons na Coyote toe. Dit is 'n eetplek wat jou baie aan die Spur laat dink met die binneversiering. Maar die kroeg in die restaurant laat jou baie dink aan die een in die fliek Coyote Ugly. Ons het heerlik geëet en is toe terug Motel toe om te gaan slaap.


Thursday 20 November 2008

Marijon verjaar

Webfetti.com






Baie geluk met jou verjaarsdag. 'n Voorspoedige jaar, vol vreugde, voorspoed, geluk en seën word jou toegebid. Hoop dit het goed gegaan met die matriekeindeksamen. 'n Baie voorspoedige opleidingsjaar vir 2009 vir jou. Geniet die dag.

Wednesday 19 November 2008

Sebil se opvolg toets

Vrydag, 14 November was dit tyd vir Sebil se eerste opvolg toets van die defibrilator. Die toets word met die apparaat gedoen waarmee hulle in die hospitaal ook getoets het. Die hartklop word getoets en die hoeveelheid krag wat haar hart gebruik om te klop word ook getoets. Met hierdie toets, versnel die apparaat die hartklop vir 'n vasgestelde tyd en dan stop hulle weer. Hierdie toets is redelik scary. Sy weet nie altyd wanneer hulle dit gaan begin doen nie en skrik elke keer wanneer dit gebeur.
Alles was in orde en daar was geen episodes waar die defibrilator haar moes skok nie. 'n Groot pluspunt.
Op die foto sit sy met die apparaat op die defibrilator en die skerm aan haar linkerkant wys al die uitslae van die toets.



Vroeër die week het sy wortels geskil en woeps, daar gaan die linkerhand se duimnael. Baie benoud, want dit het redelik baie gebloei, maar uiteindelik toe ek dit sien, was dit nie so erg nie.

Tuesday 18 November 2008

Liezel van der Merwe verjaar

Webfetti.com




Baie geluk met jou verjaarsdag, Liezel. Gods rykste seën word jou toegebid. Mag die jaar vol vreugde en geluk wees. Geniet jou dag.

Monday 17 November 2008

Jacques en Nadia verjaar

Gewoonlik is dit dames eerste, maar in hierdie geval - en ek glo nie julle sal ons kwalik neem nie - is dit oudste eerste.

Webfetti.com


Baie geluk met jou 25ste verjaarsdag, Jacques. 'n Wonderlike jaar vol vreugde, voorspoed en geluk word jou toegewens. EN baie suksesvolle krieketwedstryde. Alles wat mooi is. Geniet die dag.



Baie geluk, Nadia. 'n Baie mooi jaar vol geluk, vreugde en voorspoed word jou toegewens. Die eerste jaar op universiteit is verby en nou lê 'n lekker lang vakansie voor. Geniet jou verjaarsdag en die vakansie.

AS JULLE ALMAL DAAR IN SUID AFRIKA SO LEKKER PARTYTJIES HOU, DINK MAAR AAN ONS. ONS VERLANG OM BY AL HIERDIE GELEENTHEDE TE WEES. LIEF VIR JULLE ALMAL. SIEN UIT DAARNA OM TE KOM KUIER.

Sunday 16 November 2008

Huweliksherdenking en verjaarsdag

Webfetti.com





BAREND EN TIEKA


Vandag is die herdenking van jul troudag. Baie geluk en mag daar nog vele gelukkige jare vol vreugde, voorspoed en seën op julle lewenspad wees. Geniet die dag.









Baie geluk, Johan Toerien, met jou verjaarsdag. Mag die jare wat voorlê vol geluk, vreugde en voorspoed wees. Geniet die dag.




Saturday 15 November 2008

Joleen is al 15!!

Ai, Joleen, die foto is al so lank terug geneem en laat nie reg geskied aan 'n meisie van 15 nie. Baie geluk, Ounooi, met jou verjaarsdag vandag. Mag dit vir jou 'n baie mooi en geseënde jaar wees. Ek hoop Pappa bederf jou sommer baie. Wanneer ons volgende jaar kom kuier wil ek jou baie graag sien en dan 'n mooi foto neem. Baie liefde van almal.

Friday 14 November 2008

Clara en Amanda

Veels geluk, liewe Sussie, omdat jy verjaar, mag die Here jou seën en nog baie jare spaar. Vir jou huisgesin en almal wat vir jou lief is. 'n Baie spesiale dag en lewensjaar word jou toegewens. Ons verlang baie. Geniet al die bederf.


'n Kosbare vriendin, Amanda Bredenhann, verjaar ook vandag. Baie geluk met jou verjaarsdag, Amanda. Gods rykste seën word jou toegebid. Mag jy in die jare wat voorlê net vreugde, voorspoed, vrede en geluk beleef. Ek hoop Jan bederf jou lekker.
Ons verlang.



Wednesday 12 November 2008

Baie sterkte

Dit is met leedwese dat ons verneem het dat oom Nic Bredenhann oorlede is. Ons wil hiermee ons innige meegevoel met sy familie betuig. Wees verseker dat Daar waar hy nou is, hy net die beste kry. Ons is in ons gedagtes elke minuut by julle. Baie sterkte en liefde aan julle almal.
Die Nortje's van New Zealand.


St. Lucia

Die eerste keer toe ek en Pieter hierdie gedeelte pad gery het, het hy my gevra aan watter deel van Suid Afrika dit my laat dink. Intussen het hulle al 'n kilometer of twee se bome afgesaag en kon ek met hierdie foto's nie die werklike prentjie inkry nie. Ons het albei saamgestem dat dit ons aan 'n gedeelte pad (amper die laaste gedeelte) na St. Lucia laat dink. Ek weet nie of die pad daar intussen verander het nie, maar nietemin ek plaas die foto's.

Tuesday 11 November 2008

Reënboog

Verlede week een middag het hierdie pragtige reënboog na 'n vinnig bui reën verskyn. Dit was een van die mooistes wat ek nog in New Zealand gesien het. En ons sien baie. Ek kon die reënboog nie in een foto afneem nie, sò ek plaas drie fotos. Dan kan julle ook sien hoe pragtig groen dit hier is.

Monday 10 November 2008

Marolize Pieterse verjaar vandag.

Webfetti.com







Marolize Pieterse verjaar vandag. 'n Baie mooi jaar word jou toegewens. Vol seën, voorspoed en geluk. Geniet die dag.

Saturday 8 November 2008

Land van bome

New Zealand is nie net die land van die silwer varing en All Blacks nie. Bome, bome en nogmaals bome word hier geplant, afgesny en verwerk.
Soos ons in ander gedeeltes vertel het, word die meeste van New Zealand se huise van hout gebou. Seker ook die goedkoopste manier van huisbou.
Ek gaan probeer om deur middel van fotos die verhaal van 'n boom te vertel.
Die boompies is geplant toe ons 2 jaar en 4 maande gelede hier in New Zealand aangekom het.

Hierdie foto is van bome geneem wat bietjie ouer is.

Hierdie volgroeide bome word dan afgesaag, verwerk en op trokke gelaai.


Verlede jaar is die plaas waarop ons nou werk ontbos en kon Pieter gelukkig van naby hierdie fotos neem.
Op die voorgrond is 'n werker besig om die stompe op te saag.


So lyk dit dan wanneer die boomstompe weggery is en net die los takke, boombas en ander stompe wat nie gebruik kan word nie, oorbly.


Nog masjienerie word gebruik om die grond gelyk te maak en die oorblyfsels opmekaar te stoot.


Hierdie masjien pak die stompe mooi bymekaar en laai dan ook die stompe op die trokke om vervoer te word.

Die boomstompe word alles per pad vervoer na die meules en kragstasies.


Wanneer 'n trok die stompe klaar afgelaai het, word sy sleepwa bo op die trok gelaai en dan so terug gery na die plantasie, waar die sleepwa dan weer afgelaai word en die stompe opgelaai word.


In die agtergrond kan die hope met boombas, takke en stompe gesien word. Hierdie grond is omskep in 'n melkplaas. Soos julle kan sien is die weikampe se gras alreeds mooi aan die groei.



Op hierdie foto word die oorblywende stompe, bas en takke verwerk tot "bark". Dit is fyn gebreekte stukkies hout. Die bark word gebruik in tuine gebruik as grondbedekking, asook in speelparke, by playcenters en skool speelparke as beveiliging onder die klimrame, ens.