Saturday 31 January 2009

Salon dag

Vandag het my ma en Daleen weer gekom vir wax. Ruben geniet dit altyd.
Kyk net hoe besig is hy.



Thursday 29 January 2009

Tannie Mina verjaar

Dit is vandag tannie Mina Swanepoel se verjaarsdag. Baie geluk, tannie Mina. Gods rykste seën word jou toegebid. Mag dit 'n jaar vol vreugde, vrede, geluk en goeie gesondheid wees. Geniet 'n baie spesiale dag.

Wednesday 28 January 2009

Kleingoed en hul dinge

Verlede week het Ruben by ons gekuier en nie dagsorg toe gegaan nie. Hy het met die domino blokkies gespeel. Ek sien dat hy die lang reguit baan bou en wil met 'n karretjie daarop ry, maar hy keer vinnig : Nee, Ouma, die tuig. Hy vat die helikopter en ry met hom op die baan. Die slotsom waartoe ek kon kom : Hy het 'n aanloopbaan vir 'n vliegtuig gebou.






Later in die week, het ons 'n Trust vergadering gehou by ons huis. Daar was twee glipsie en gelukkig het ek nog 'n paar pullups in die kas gehad. Die broekies is uitgespoel en in die tuimeldroeër gesit. Nie lank nie en dit was droog.

Yolandi het vir Joanné hare aangetrek. Sy wou egter niks daarvan weet nie, en het dit uitgetrek en die pullup aangetrek. Later toe ons weer sien, het sy Ruben se onderbroekie ook bo-oor die pullup aangetrek. En sommer sy skoene ook aangetrek.






Ek het piesangbrood gebak en toe dit uit die oond kom, sê Annika vir die ander : Kom, julle die koek is reg. Hier is sy met haar snytjie piesangbrood.





As jy vir Odélia soek, moet jy weet sy is besig om te teken. Hier vang ek haar in ons "Office", besig om 'n prentjie vir Ouma te teken.





'n Pragtige foto




Die oggend toe ons dragtigheidsondersoek gedoen het op plaas 14, het ek hierdie foto van die sonsopkoms geneem. Pragtig, né.

Tuesday 27 January 2009

Sebil se opvolg ondersoek


Vrydag, 23 Januarie was Sebil weer vir 'n opvolg ondersoek by die Cardiac Kliniek. Die ondersoek het geen episodes opgetel nie. Dit wil sê daar was nie een keer wat dit nodig was dat die apparaatjie haar moes skok nie. Sy was redelik bekommerd op 18 November, want sy is deur een van die "tape gates" op die plaas geskok. Die verpleegster wat die toetse gedoen het, het vertel dat dit nie 'n groot impak het nie, want een van hul ander pasiënte is 'n elektrisiën en kry gedurig deur skokke.



Hier volg 'n paar fotos.




Sebil met die toetsapparaat links op die plek waar die defibrilator ingeplant is.







Die rekenaar waarop die lesings gesien kan word.







'n Uitstalkas met 'n hele klomp pasaangeërs en defibrilators.





Heel bo op die foto die eerste pasaangeër.






Kyk nie hoe klein het die apparatjies nou al geword.

Dit is Maureen se verjaarsdag

Veels geluk, liewe Maureen, omdat jy verjaar. Mag die Here jou seën en nog baie jare spaar - vir almal wat vir jou lief is asook vir jou familie. Geniet 'n baie spesiale dag.



Monday 26 January 2009

Chante se 5de Verjaardagpartytjie

10 Januarie was dit tyd vir partytjie. Chante se verjaardag partytjie is by Lollipops gehou en die kinders het 'n fees gehad.












































Dit is Zandré se verjaarsdag

Baie geluk met jou 7de verjaarsdag vandag, Zandré. Jy het so vinnig groot geword. Hoop al jou kinderdrome word waar en dat jy vandag baie bederf word. Geniet die dag.


Ella

Ook het ons met leedwese verneem dat Ella Kok oorlede is. Ons wil ons innige meegevoel met haar man Jan en die res van die familie betuig. Baie sterkte, ons dink aan julle.

Sunday 25 January 2009

Nog verjaarsdagwense

Baie geluk met jou verjaarsdag, Oupa Bes. Gods rykste seën word jou toegebid. Mag alles net voorspoedig met julle gaan terug in Suid Afrika. Ons mis julle.




Baie geluk aan Piet Bredenhann wat ook vandag verjaar. Mag dit 'n baie geseënde nuwe lewensjaar vir jou wees. Geniet die dag.





Saturday 24 January 2009

Dries Nortje



Ons het 'n paar dae terug met leedwese verneem van die afsterwe van Dries Nortje op 4 Januarie. Ons wil ons innige meegevoel betuig met sy vrou Drienie en die familie. Baie sterkte word julle toegebid.

Friday 23 January 2009

Verjaarsdagwense

Johan Marais van Normel Melkery verjaar vandag. Baie geluk, Johan. Mag jy 'n baie geseënde en voorspoedige nuwe lewensjaar hê. Geniet die dag.

Wednesday 21 January 2009

Ruben speel dokter

Sondag 11 Januarie het ons Sushi by Japie en Yolandi gaan eet. Die kleingoed het weereens baie lekker gespeel. Ruben het die dokterstel ontdek en besluit vandag is hy Dokter en almal moes ondersoek word.


Eerste was dit Annika se beurt. Sy het tot suurstof nodig gehad.









Daarna moes Joanné 'n beurt kry. Ook sy moes suurstof kry.







Tot Ouma se voet, wat 'n bytplek op het, moes 'n inspuiting kry.






Odélia het haarself besig gehou met Dressups.

Rudolph verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag, Rudolph. Gods rykste seën word jou toegebid. Mag jy nog lank vir jou huisgesin en almal wat vir jou lief is, gespaar bly. Geniet 'n baie spesiale dag.




Sunday 18 January 2009

Kuier met Daleen se verjaarsdag

Ons het Donderdag aand gaan koek eet by Daleen vir haar verjaarsdag.

Ruben in die swembad.


Ruben en Hekkie in die swembad.



Die drie meisiekinders.



Ruben en Joanné


Ons het gou vir Daleen gesing en sy het die kersies dood geblaas.



Japie en Yolandi se huweliksherdenking

Baie geluk met julle 6de huweliksherdenking. Mag die jare wat voorlê net geluk, vreugde en voorspoed inhou. Gods rykste seën word julle toegebid. Mag julle nog lank vir ons, vir mekaar en vir julle gesin gespaar bly.
Lief julle baie.







Nog verjaarsdae

Baie geluk met jou verjaarsdag, Thian. Hoop dat die volgende lewensjaar net voorspoed, geluk en vreugde sal inhou. Geniet 'n baie lekker dag.



Happy birthday, Japes. Mag die jaar vol vreugde, geluk en voorspoed wees. Julle kan seker nie meer wag vir daardie klein Bloubul nie. Geniet jou dag.




Saturday 17 January 2009

Speel in die dam

Ek en Thea het Donderdag middag die klomp meisiekinders na Whakamaru dam toe gevat om die eendjies te voer en piekniek te hou.
Joanné en Chané.
Odélia was omtrent in haar element.


Annika is maar altyd die versigtige een. Kyk eers bietjie die kat uit die boom uit voor sy naby die water gaan.

Joanné het die waatlemoen baie geniet. En na die waatlemoen het sy in die koekies in gevaar.

Simoné stop eers om te glimlag vir die kamera.


Die klomp gooi broodjies vir die eendjies. Maar dit het so rof gegaan dat die eendjies maar op 'n veilige afstand gebly het, en gewag het tot die broodjies tot by hulle gedryf het.


Gou was die gespeel met die voete in die water nie genoeg nie. Hulle was naderhand papnat.


En toe moes die klere maar waai. Nadat hulle, hulle modderlyfies skoongespoel het, is ons met die spulletjie net so poedelnakend huistoe vir 'n lekker skoon bad. Die middag was 'n reuse "hit" vir die kinders.