Wednesday 28 January 2009

Kleingoed en hul dinge

Verlede week het Ruben by ons gekuier en nie dagsorg toe gegaan nie. Hy het met die domino blokkies gespeel. Ek sien dat hy die lang reguit baan bou en wil met 'n karretjie daarop ry, maar hy keer vinnig : Nee, Ouma, die tuig. Hy vat die helikopter en ry met hom op die baan. Die slotsom waartoe ek kon kom : Hy het 'n aanloopbaan vir 'n vliegtuig gebou.






Later in die week, het ons 'n Trust vergadering gehou by ons huis. Daar was twee glipsie en gelukkig het ek nog 'n paar pullups in die kas gehad. Die broekies is uitgespoel en in die tuimeldroeër gesit. Nie lank nie en dit was droog.

Yolandi het vir Joanné hare aangetrek. Sy wou egter niks daarvan weet nie, en het dit uitgetrek en die pullup aangetrek. Later toe ons weer sien, het sy Ruben se onderbroekie ook bo-oor die pullup aangetrek. En sommer sy skoene ook aangetrek.






Ek het piesangbrood gebak en toe dit uit die oond kom, sê Annika vir die ander : Kom, julle die koek is reg. Hier is sy met haar snytjie piesangbrood.





As jy vir Odélia soek, moet jy weet sy is besig om te teken. Hier vang ek haar in ons "Office", besig om 'n prentjie vir Ouma te teken.





No comments: