Tuesday 27 January 2009

Sebil se opvolg ondersoek


Vrydag, 23 Januarie was Sebil weer vir 'n opvolg ondersoek by die Cardiac Kliniek. Die ondersoek het geen episodes opgetel nie. Dit wil sê daar was nie een keer wat dit nodig was dat die apparaatjie haar moes skok nie. Sy was redelik bekommerd op 18 November, want sy is deur een van die "tape gates" op die plaas geskok. Die verpleegster wat die toetse gedoen het, het vertel dat dit nie 'n groot impak het nie, want een van hul ander pasiënte is 'n elektrisiën en kry gedurig deur skokke.



Hier volg 'n paar fotos.




Sebil met die toetsapparaat links op die plek waar die defibrilator ingeplant is.







Die rekenaar waarop die lesings gesien kan word.







'n Uitstalkas met 'n hele klomp pasaangeërs en defibrilators.





Heel bo op die foto die eerste pasaangeër.






Kyk nie hoe klein het die apparatjies nou al geword.

No comments: