Saturday 31 December 2011

Voorspoedige nuwe jaar



Ons wense vir al ons familie en vriende vir 2012 is:


Dat die jaar besaai sal wees met alles wat mooi is:


Liefde,

Geluk,

Voorspoed,

Goeie gesondheid,

Vreugde

en

Vrede.


Mag julle die Here se seën ervaar die hele jaar deur.

Met baie liefde en verlange,

Ons almal hier in New Zealand

Ouma Jo en Heinrich verjaar

Happy birthday to you, Ouma Jo. May God bless you and keep you safe. Baie geluk, Ouma Jo. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens. Vol vreugde, voorspoed en seën. Hoop dat Deon jou baie bederf. Geniet die dag.




Baie geluk met jou 31ste verjaarsdag, Heinrich. Mag die nuwe jaar gevul wees met al die mooi in die lewe. Geniet die dag.







Friday 30 December 2011

Miemie en Daleen verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag, Ouma Miemie. 'n Nuwe lewensjaar vol vreugde, voorspoed, geluk en seën word jou toegewens. Hoop die kinders bederf jou baie vandag. Geniet elke oomblik van die dag.





Dit is vandag ook die verjaarsdag van Daleen Wentzel. Baie geluk, Daleen. Ook vir jou wens ons alles wat mooi is toe. Geniet die dag.

Wednesday 28 December 2011

Kersfees 2011

Ek kan nie glo Kersfees is al weer verby nie. Ons het Ou Kersaand lekker saam met familie en vriende gekuier. Hier is 'n paar foto's. Geniet dit !


Die Kersboom





Die Kinder tafels




Ons tafel




Kos tafel




Kersvader en die Kinders




Kuier lekker saam


Persente tyd




Therine verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag, Therine. Ons wense vir jou is 'n baie spesiale dag en 'n jaar gevul met net die mooiste. Geniet elke oomblik.






WC verjaar ook vandag. Ook vir jou wens ons alles wat mooi is toe, WC. Geniet die dag.

Monday 26 December 2011

Klein Eugene verjaar vandag

Dit is vandag Eugene Snyman se verjaarsdag. Baie geluk, Eugene. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens. Geniet die dag.




Sunday 25 December 2011

Geseënde Kersfees




Graag wens ons al ons familie en vriende 'n baie geseënde Kersfees toe.

Mag julle 'n ware Christus fees ervaar.

Geniet die kuier saam met familie en vriende.

Ons gaan julle mis vandag.

Van: Ons almal hier in New Zealand

Friday 23 December 2011

Marelize verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag, Marelize. 'n Nuwe jaar gevul met vreugde, voorspoed en geluk word jou toegewens. Geniet die dag.




Thursday 22 December 2011

Groot Oupa Pieter oorlede

Dit is met leedwese dat ons verneem het van die afsterwe van Yolandi se oupa gister oggend. Gerda kuier op hierdie stadium hier by hulle. Baie sterkte word hulle huisgesin toegebid. Oupa Pieter is verlos van 'n lyding van 2 jaar. Ons glo en vertrou dat hy na die beste plek is. Ons dink aan julle. Baie liefde.

Wednesday 21 December 2011

Isabel en Marinda verjaar

Baie geluk met jou 50ste verjaarsdag, Marinda. Nou is jy sommer mooi groot. 'n Jaar gevul met vreugde, vrede en voorspoed word jou toegewens. Geniet die dag.






Verjaarsdagwense vandag ook vir Isabel. Baie geluk. Mag die toekoms besaai wees met al die mooi van die lewe. Geniet die dag.







Tuesday 20 December 2011

Elize verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag, Elize. Gods rykste seën word jou toegebid. Geniet 'n baie spesiale dag.





Monday 19 December 2011

Piet se verjaarsdag

Piet Botha verjaar vandag. Baie geluk, Piet. 'n Nuwe lewensjaar vol vreugde word jou toegewens. Geniet die dag.

Sunday 18 December 2011

Verjaarsdag en huweliksherdenkings

Baie geluk met jou verjaarsdag, Evette. 'n Toekoms gevul met al die mooi in die lewe word jou toegewens. Hoop jy word gou gesond. Baie dankie vir alles wat jy vir ons doen. Lief jou baie. Geniet die dag.





Nas en Amanda vier vandag die herdenkin van hul huweliksdag. 'n Toekoms vol vreugde, vrede, geluk en voorspoed word julle toegewens. Geniet die ou mense se kuier.




Awie en Hettie Nel vier ook vandag hul huweliksherdenking. Baie geluk, Julle. 'n Baie mooi en geseënde jaar word julle toegewens.




Friday 16 December 2011

Verjaarsdae

14 Desember 2011



Baie geluk jou verjaarsdag, Allegra. Mag al jou kinderdrome waar word. Hoop jy word lekker bederf.



15 Desember 2011


Hettie Nel is vandag 70 jaar oud. Baie geluk, Hettie. Gods rykste seën word jou toegebid. Geniet 'n baie spesiale dag.



16 Desember 2011


Baie geluk met jou verjaarsdag, Hendrien. 'n Baie mooi en geseënde jaar word jou toegewens. Geniet die dag.

Tuesday 13 December 2011

Verjaarsdag en huweliksherdenking

Baie geluk met jul huweliksherdenking, Danie en Miemie. Voorspoed, geluk en liefde word julle toegewens op die pad vorentoe. Geniet die dag.





Veels geluk, liewe Bennie, omdat jy verjaar. Mag die Here jou seën en nog baie jare spaar.








Sunday 11 December 2011

Verjaarsdae en huweliksherdenkings

Baie geluk met jou verjaarsdag, Andries. Gods rykste seën word jou toegebid. Geniet die dag.





Baie geluk met julle huweliksherdenking, Japie en Suné. Mag julle in die toekoms alles wat mooi en goed is ervaar. Geniet 'n baie spesiale dag.




Ook wens ons vir Nico en Doreen van der Merwe 'n baie spesiale dag toe met die herdenking van hul huweliksdag. Alles wat mooi is word julle toegewens.




10 Desember 2011



Baie geluk aan die volgende meisiekinders wat vandag verjaar. Mag die nuwe lewensjaar gevul wees met geluk en voorspoed.


Nicole en Michelle Redelinghuys

Marlene van Dalen



9 Desember 2011




Baie geluk met jou verjaarsdag, Bernard. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens. Mag al jou drome waar word.









Veels geluk met jou verjaarsdag, Magaretha. Net die mooiste word jou toegewens vir vandag en die toekoms.





Thursday 8 December 2011

Danté verjaar

Baie geluk met jou 7de verjaarsdag, Danté. Mag al jou kinderdrome waar word. Hoop jy word vandag baie bederf.








Baie geluk met julle huweliksherdenking, Rudolph en Therine. Mag die toekoms besaai wees met rose. Geniet die dag.

Monday 5 December 2011

Baie gelukwensings.

Baie geluk met jou 8ste verjaarsdag, Diela. Mag die toekoms vir jou net die beste inhou. En mag al die goggas nou die wyk neem. Ons is baie lief vir jou. Leer altyd so mooi op skool. Geniet die dag.




Baie geluk met jul huweliksherdenking, Kobus en Amanda. 'n Toekoms vol vreugde, vrede en geluk word julle toegewens. Geniet die dag.




Ook vir Gert en Marinda wens ons alles wat goed en mooi is toe vir die toekoms. Baie geluk met julle huweliksherdenking. Geniet die dag.







Baie geluk ook aan El-rez de Buys en Hester Holtzhauzen wat vandag verjaar. 'n Baie mooi nuwe jaar word julle toegewens. Geniet die dag.



Baie geluk met jou verjaarsdag, Gideon. Mag die jaar wat voorlê net die mooiste inhou. Geniet die dag.

Sunday 4 December 2011

Geluk met die huweliksherdenking




Baie geluk met jul huweliksherdenking, Braam en Rochelle. Mag die toekoms besaai wees met rose. (Sonder dorings)



Baie geluk met jou verjaarsdag, Charl. Alles wat mooi is word jou toegewens. Geniet die dag.

Saturday 3 December 2011

Verjaarsdae en 'n huweliksherdenking



Baie geluk ds. Willem Smith met jou verjaarsdag. 'n Baie mooi nuwe jaar word jou toegewens. Geniet die dag.


Baie geluk ook aan Jean Erasmus wat sy verjaarsdag vier. Mag al jou kinderdrome waar word.



Baie geluk Christo en Anneline Geldenhuys met die herdenking van jul huweliksdag. 'n Baie mooi toekoms word julle toegewens. Geniet die dag.

Friday 2 December 2011

Oupa Pieter verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag, Oupa Pieter. Mag die nuwe lewensjaar gevul wees met net die mooi in die lewe. Geniet elke oomblik van die dag. Ons is baie lief vir jou.




Thursday 1 December 2011

Verjaarsdae en 'n huweliksherdenking

Baie geluk met jou verjaarsdag, Riana. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens, gevul met alles wat mooi en goed is. Geniet 'n baie spesiale dag.












Jané Strydom verjaar ook vandag. Baie geluk Jané. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens. Geniet die dag.





Dit is ook Lize Coetzee se verjaarsdag. Baie geluk, Ounooi. Mag al jou kinderdrome waar word.










Baie geluk ook aan Nick van Nieuwenhuyzen wat vandag verjaar. Alles wat mooi is word jou toegewens. Geniet die dag.




Baie geluk met julle huweliksherdenking, Pieter en Hetta. Mag die toekoms alles wat mooi is inhou.

Sunday 27 November 2011

Ryno verjaar.

Baie geluk met jou 14de verjaarsdag, Ryno. Sjoe, jy word nou 'n mooi jongman. Geniet die dag en ek hoop dat jy sommer lekker bederf is. Sal definitief 'n nuwe foto van jou moet kry.




Dit is vandag ook Grand en Marilize se 6de huweliksherdenking. Baie geluk, Julle. Mag die toekoms net die mooiste inhou.

Saturday 26 November 2011

JJ se verjaarsdag

Baie geluk met jou 8ste verjaarsdag, JJ. Mag al jou kinderdrome waar word. Geniet die dag.

Friday 25 November 2011

Verjaarsdag wense

Baie geluk met jou 42ste verjaarsdag vandag, Rochelle. 'n Toekoms gevul met al die mooi in die lewe word jou toegewens. Geniet die dag.






Tannie Hessie Hayward verjaar ook vandag. Baie geluk, Tannie. Mag die toekoms alles wat mooi is inhou. Geniet 'n baie besonderse dag. Hoop Tannie word lekker bederf.





Baie geluk ook aan Carla wat vandag verjaar. Mag al jou kinderdrome waar word. Geniet die dag.



Thursday 24 November 2011

Joyce verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag, Joyce. Mag die toekoms besaai wees met rose. Geniet 'n baie lekker dag.




Wednesday 23 November 2011

3 Verjaarsdae


Vandag slaan Danie die groot 4. Baie geluk met jou 40ste verjaarsdag. Alles wat mooi is word jou toegewens vir die toekoms. Geniet 'n baie geseënde dag. Geniet ook vir Oupa, Ouma en Morné wat Maandag geland het.






Ouboet Louis verjaar ook vandag. Baie geluk, Louis. 'n Nuwe lewensjaar gevul met net die mooiste word jou toegewens. Geniet 'n baie besonderse dag.






Gerhard van Vuuren verjaar ook vandag. Baie geluk, Gerhard. Mag die nuwe lewensjaar baie vreugde en geluk inhou. Geniet die dag.