Friday 30 November 2007

Kuier mense

Ek en Johan het Donderdag - middag op gery Auckland toe om vir my skoonpa en ma op die lughawe te gaan op tel. Hulle kuier so vir 35 dae hier by ons.

Ons het toe sommer ook vir Marijon Vrydag - middag voor ons terug gekom het huis toe op gelaai.



Ons hoop julle gaan die kuier in by ons in New Zealand baie geniet.

Tuesday 27 November 2007

My kaalkop kind....


Ek en Japie het toe nou besluit, siende dit nou somer word is dit nou tyd dat die hare moet waai! En so is Joanné nou my Kaalkop Kind gedoop. Sy het stroopsoet stil gesit vir haar nuwe kapsel.

Sunday 25 November 2007

Oppad Suid - Afrika toe

Nou toe nou, dis sulke tyd. Oupa, Ouma, Daleen en Ruben is reg om Suid - Afrika toe te gaan. Ek het hulle Saterdag - oggend gaan af sê voor hulle oppad was Auckland toe.
Hoop julle geniet die vakansie baie, ons gaan julle baie mis en julle moet mooi kyk na "my kind".
Ons is almal lief vir julle en stuur groete vir almal wie ons ken.



Post by: Sebil

Friday 23 November 2007

Meisiekinders kry vroeë Kersgeskenk

Oupa Pieter en ouma Annatjie het besluit om die meisiekinders se kersgeskenk vir hulle te gee voordat hulle Suid Afrika toe gaan.


Die dag was lank en dit was al na slapenstyd vir Odélia en Annika toe ons daar aangekom het. Die inpakkery en open home van die huis het sy tol geëis en ons het eers half nege op die plaas aangekom. Vinnig is 'n plan beraam om die twee buite te kry. Hulle het glad nie geweet van die geskenk nie en was baie verbaas.



Odélia het gevra : Wat is dit? Dit lyk soos 'n huisie. Annika het dadelik uitgeroep : Myne huisie, myne huisie.




Binne in die pophuis. Yolandi het al van hulle speelgoed ingesit. Sy moes eers stofsuig om al die skaafsels en saagsels uit te kry. Beloning was groot om die gesigsuitdrukkings te sien.




Gou-gou eers 'n foto saam met Oupa en Ouma. Die laaste een voordat hulle Sondag vlieg. Annika is al reg om huis skoon te maak.



Hier loer die twee oor die onderdeur.



Odélia wou net weet of hulle in die huisie kan slaap. Albei het op die vloer gaan lê om te wys dat hulle wel sal inpas as hulle daar kan slaap.



Dit het mooipraat gekos om hulle in die huis te kry. Baie later as gewoonlik is hulle dan ook bed toe.
Die pophuis gaan môre stukkend gespeel word.


Hierdie is dan ook my laaste post uit New Zealand. Sebil en Yolandi sal die blog doen hier en volgende keer gesels ek met julle uit Suid Afrika.


Posted by : Annatjie

Louis verjaar vandag.


Get free graphics at BlingyBlob.com!


Ouboet Louis Nortje verjaar vandag. Baie geluk met jou 64ste verjaarsdag. Mag die Here jou seën en nog baie jare vir jou huisgesin spaar. Hoop jy geniet die dag. Liefde uit New Zealand.


Posted by : Annatjie

Thursday 22 November 2007

Tinky se maatjie

Tinky het van dag 'n bietjie met haar maatjie Rammetjie gespeel. Pasop Tinky hier kom ek...







Post by: Sebil

Wednesday 21 November 2007

Verjaarsdag wense

Gelukkige verjaarsdag, Rina. Gods rykste seën word jou toegebid. Hoop Piet en die dogters bederf jou baie.
Posted by : Annatjie

'n Dag in Hamilton

Sebil het gister 'n "refressing course" by Bio Sculpture naby Hamilton gehad. Ek, Daleen en Ruben is saam met haar. Ons was reg vir 'n lekker "shopping sprie" in Hamilton. Terwyl ons by die klere afdeling was, het Ruben stil gesit in die trollie, maar dit het net te lank geword. Daleen wou nog kersgeskenke vir die kinders koop en ons is na die speelgoedafdeling. Hier kon dit nie hoër of laer nie, hy moet uit. Elke kind in hierdie afdeling het natuurlik deurgeloop. Hy wou net speel. Die speelgoed het sy aandag getrek, maar die kinders meer. Hy wil net maats maak.






Hier is hy by 'n paar speelgoed wat hy dalk vir Kersfees wil hê.








Hier help hy om vir sy ma 'n rok te soek.


Daleen het die rok gaan aanpas en hy het baie gou agter gekom sy is nie meer in die winkel nie. Hy loop en roep na haar. Ek vat hom toe na die aanpashokkies toe en wys waar sy ma is. Hy gaan lê op sy maag en loer vir haar onder die deur deur. Maak gou Mamma, ons moet nog vir Zippies gaan haal.





In die kinderklere winkel Pumpkin Patch, het hy netso lekker tussen die klere gesoek. Maar ai, dit is dan net meisiekinders se klere. Waar is daar 'n hemp vir my???




So in die verbygaan het die TV ook 'n bietjie aandag gekry.





Tot groot vermaak van die winkelassistente, het hy vir hulle gedans. En ja, toe hy eers hulle aandag het, was daar nie keer nie. Maar my telefoon se geheue was vol en ek kon nie nog foto's neem nie. Hy het agter toe getree, weer gedans en met 'n groot gelag op die vloer neergeval op sy boude. Hy het bepaald hierdie dag saam met sy ma, ouma en Zippies baie geniet. Hy was so moeg, ons was skaars in die kar en nadat hy geëet het, was hy feitlik onmiddellik aan die slaap.





Ek het die berig halfpad gedoen, toe is ons eers uit plaas toe om te gaan kuier. Ons het by Hekkie en Daleen aangegaan en was gelukkig om Ruben nog wakker te kry.
Nou wil ek julle nog 'n staaltjie vertel.
Daleen sê vir ons dat gisteraand het Ruben uit sy eie na sy pa gegaan en hom naggesê en daarna vir haar ook. Hy is kamer toe en toe sy in die kamer kom, probeer hy om in die kot te klim.
Dit is so 'n halfuur later en hier loop Ruben na Hekkie toe, sê hom nag, vir Oupa ook en loop kamer toe, al waaiende. Daleen maak toe sy melk, hy soen Ouma ook en sy gaan sit hom in die kot. Sonder boe of ba raak hy toe aan die slaap.
By Japie en Yolandi was ons nie so gelukkig om die twee groot meisiekinders wakker te kry nie, maar Joanné het ons darem gegroet en 'n bietjie gespeel voordat sy kamer toe is. Ook sommer baie moeg en feitlik dadelik aan die slaap.
Ek kan vir julle een ding sê, ons gaan die klein mensies mis wanneer ons Sondag Suid Afrika toe gaan. Hulle trap diep spore in 'n mens se hart. Gelukkig gaan Ruben en Daleen darem saam.



Posted by : Annatjie

Tuesday 20 November 2007

17 Vandag!


Baie geluk met jou 17de verjaarsdag, Marijon!
Mag God jou ryklik seën in alles wat jy aanpak, veral in jou finale skooljaar wat wag. En mag jy elke dag Sy liefde en Sy genade vir jou intens ervaar.
Ons is almal baie lief vir jou!

Monday 19 November 2007

Girls day out

Terwyl die manne gister na die plaas gaan kyk het, het ouma Annatjie gesê sy "stick" ons girls en natuurlik vir Ruben vir 'n pizza by Ned's Place. Dit is die nuwe en enigste eet plekkie op Whakamaru.


Hier is almal en ek is die een agter die kamera. Raai wie het die foto geneem....?

Posted by : Sebil

Die tyd vlieg!



'n Jaar terug het ek 'n foto moes neem vir Odélia se Kindergarten kalender. Dié foto is die een wat ek geneem het. Die volgende foto het ek vandag, 'n jaar later geneem. Die tyd vlieg...

Pottie training!

Annika het haarself mos onlangs sommer self van die doeke af. Ek moes gister saam met Japie ry, om iets op die plaas te doen. So los ek toe die kinders by ouma Jo. Annika moes toe nou eers gou gou toilet toe. Sy het haarself gemaklik gemaak op haar potjie, en vir ouma weggestuur en gesê sy sal haar roep as sy klaar is. Toe ouma Jo weer sien, sit sy ewe gemaklik op haar troon en slaap! Ai tog, Anka!

Saturday 17 November 2007

Die Somer is hier

Die bietjie sonskyn en warm weer wat ons kry, genut die kinders goed. Hulle wil net buite speel. Hoop dat die lekker somer weer hier is om te bly. Dit was 'n goeie 18 + grade vandag.



Arme Annika, sy moet al die harde werk doen. Soos sy sal sê, Push !!!!!, en Odélia wys Ruben waar die petrol is.




Net eers vinnig 'n soentjie vir Joanné


En nou is elkeen besig met sy eie ding
















Neef en Niggie verjaar saam.

Jacques Strydom verjaar vandag. Die onskuld vanself op die foto hieronder. Dit voel nie soos 24 jaar gelede wat jy gebore is nie. Baie geluk, Jacques. Mag die jare wat voorlê vreugde, geluk en voorspoed inhou. Geniet jou dag.



Agtien jaar gelede het ons Jacques se verjaarsdag gevier toe die telefoon lui. Nadia is gebore. Baie geluk, Nallas. Hoop die eksamen het goed afgeloop. Strome vol seëninge word jou toegebid. Geniet jou dag.


Yolandi

Die resultate van die biopsie wat op Yolandi gedoen is.
Hulle het te min vog uitgetrek om die toetse te doen. Volgens Yolandi sien sy die dokter weer Maandag. Hulle mag dalk besluit om sommer die operasie te doen en die knop te verwyder, eerder as om weer vog te trek. Ons sal Maandag weet.
Dra haar nogsteeds in julle gebede op, asseblief.



Vordering met die Kombers

Kyk net hoe ver het Ouma al gevorder. Sy kan darem al haar bene amper toe maak. Die kombers gaan nou 'n bietjie stil staan, met die dat Oupa en Ouma in Suid - Afrika gaan kuier.


Nog 'n baba vir Naas en Lizelle

Baie geluk aan Naas en Lizelle wat 'n baba verwag. Voorspoed met die swangerskap. Ons hou styf duimvas saam met Oupa Francois vir 'n seun. Baie dankie ook aan Ouma Hettie vir hierdie brokkie nuus.

Friday 16 November 2007

Barend en Tieka se huweliksherdenking

Baie geluk, julle twee. Gods rykste seën word julle toegebid op die pad vorentoe. Hoop daar is nog baie gelukkige jare. Geniet die dag en bederf mekaar.
Die foto is geneem tydens Barend se 30ste verjaarsdag Meimaand 2007.



Johan Toerien verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag, Johan. Mag die jare wat voorlê vol seëninge wees.

Thursday 15 November 2007

Jaco "Pote" kuier

Jaco du Bruin, wat in Suid Afrika ons koeie se seer pote gedokter het, het Saterdag in New Zealand aangekom. Hy het 'n paar dae by Japie hulle gekuier. So in die verbygaan het hy sommer 'n paar seer pote ook gedokter. Hier is 'n paar foto's, wees net bedag daarop dat van die foto's baie sensitief is.
JACO IN DIE GROEN OORPAK, JAPIE IN DIE AGTERGROND EN 'N ANDER WERKER



Die seer poot.


Die seer kant van die poot mooi skoon gegrind.




'n Hout blokkie is op die gesonde kant vasgeplak.



Nou vir die skoonmaak van die seerpoot.


Die seer is oopgemaak en kyk hoe kom die bloed daar uit.


Nabetragting word gehou.


Jaco is tot Saterdag in New Zealand. Hy het kom kyk na die masjien wat hulle hier gebruik om skape te hanteer om hulle pote te doen. Dankie Oupa Bes vir die foto's wat jy geneem het.

Ruben se skoen

'n Baie interessante brokkie nuus. Ek, Sebil en Ruben het so 'n tydjie terug die dorp ingevaar om 'n paar goedjies te doen. Onder andere het Sebil die dag vir haar 'n nuwe kamera gekoop. Ruben moes 'n droë doek kry en op 'n manier het sy een skoen uit die kar geval sonder dat een van ons dit gesien het. Ons kom by die huis en hy wil buite speel. Net een skoen in die doeksak. Dadelik besef ons dat die een skoen in die dorp verlore geraak het. So ongeveer 3 ure later is ons weer dorp toe vir Sebil se oogarts afspraak. Ek vra haar om by die winkel waar sy die kamera gekoop het langs te ry, want miskien het iemand die skoen opgetel en vir die mense in die winkel gegee. Ek gaan om te vra of die skoen in die winkel is en oppad na die winkel loop ek by die vullisdrom verby. Natuurlik nie verbaas nie, maar bo op die drom lê Ruben se frog. Dit is hoe dit hier gaan. Jy vergeet deure en garage deure oop vir naweke en niks gebeur nie. Dit bederf ons natuurlik vreeslik, want jy is nie meer so veiligheidsbewus soos altyd nie. Ook is dit iets wat julle self moet beleef. So, kom kuier en smaak wat hier in die land van die silwer varing aangaan.


Joleen verjaar

Joleen is vandag 14 jaar oud. Sjoe, die tyd het darem maar gevlieg. Baie geluk, Ounooi. Mag daar vele meer wees; vol vreugde, vrede en geluk. Liefde van ons almal in New Zealand.

Wednesday 14 November 2007

'n Nuwe Baba

GELUK BERTIE EN ALMARIE VORSTER MET DIE GEBOORTE VAN KLEIN ALTHEA.

Dit is baba nommer een vir die twee, en so ver ons weet gaan dit goed met ma en dogter.