Saturday 27 February 2010

Ons kuier by Lilliput Animal Farm

Saterdag het my pappa en oom Japie bietjie gaan jag. Mamma het belowe sy gaan my iewers heen vat, sodat ons nie die Saterdag alleen by die huis hoef te wees nie. Ouma en Zippies is saam met ons.
Chanel het nie by die huis gebly nie. Sy het gehuil en gesê sy wil ook saamgaan.
Ek weet nie eintlik wat sy gesien het nie, want dit lyk my haar oë was die heeltyd toe van die skerp lig.


Hier is ek en Mamma. Ek voer die eende. Nogal bang vir hulle met hulle skerp bekke. So, ek het maar die kossies oor die draad gegooi.


Ek was maar baie versigtig vir die ponie, want hy het tande. Maar tog het ek probeer dat hy die kossies uit my hand moes eet.


Daar was baie ponies. Hier is 'n foto van nog een.




Zippies wou hê ons moes vir 'n foto pose. Kyk, Mamma en Ouma lyk sommer nog perdfris. Min het hulle geweet wat vir hulle wag.




Kan julle sien? 'n Opdraende. Mamma lag lekker, want Ouma kry maar swaar. Sy bly haar rok vastrap en al het Mamma gevra of sy nie vir Chanel moet stoot nie, het Ouma gesê nee, sy sal regkom. Maar ek het ook lekker gelag, want Ouma het baie gesukkel.





Mamma het eintlik belowe dat ons treintjies gaan kyk, maar toe ons daar kom, was hulle gesluit vir opgradering. Met ander woorde, ek was lekker vies, want ek is baie lief vir treine. Veral vir Thomas en al sy maats.


Groot geluk, want Thomas was toe ook op die plaas. Hy het nou wel nie tracks gehad om op te ry nie, maar ek kon binne in klim en maak of ek op die tracks tussen die diere ry.




En ja, ek was baie bly want James was ook daar en ek kon met hom ook ry.





Jammer oupa Pieter het nie saamgekom nie, want dan kon ek en hy dalk die Palmkernel gaan voer het vir die koeie. Nou ja, ek sal dit seker vandag maar alleen moet doen. Waar is die sleepwa nou??



'n Kangaroo


Binne in die helikopter



Gou-gou weer afklim, want hulle roep my alweer om op die volgende speelding te klim. Wonder wat kan dit wees???



O, en daar is 'n skip met 'n kanon op.




Kom gou, Mamma, ons is nou die pirates. Daleen moes maar net bontstaan op die skip, want hulle word geskiet en hulle skiet die ander skepe. Hy laat sy verbeelding oortyd werk wanneer hy tussen so baie speelgoed is.














Nou wat is dit die?? Dit lyk soos 'n pienk skoen met 'n dakkie op. Kan dit 'n skoenhuis wees? Nog nie baie van die skoenhuis gehoor nie. Net so af en toe op die liedjie van tannie Carike.











Toe is hy eers goug-gou deur Mamma rondgetrek in die karretjie en uiteindelik moes hy ook self probeer om die karretjie te bestuur met die toue wat aan die wiele vasgemaak is.




Lekker moeg, het hy toe ook in die kar aan die slaap geraak. Ook maar goed, want in Tokoroa moes Daleen my eers met salarisgoed help en kon hy by Burger King weer met die speelgoed speel.

Friday 26 February 2010

Verjaarsdagwense

Vandag vier 3 manne hul verjaarsdae. Riaan is vandag 39 jaar oud. Baie geluk, Riaan. Gods rykste seën word jou toegewens op jou lewenspad vorentoe. Hoop jy geniet 'n baie besondere dag en dag jy baie bederf word.






Vandag is ook die verjaarsdag van Christiaan van der Merwe. Baie geluk Boeta, jy word nou 'n groot seun. Geniet die dag.

Dit is vandag ook Picker se verjaarsdag. Baie geluk, Picker. Mag die nuwe lewensjaar alles wat mooi is inhou. Geniet 'n baie besonderse dag.

Tuesday 23 February 2010

Huweliksherdenking en verjaarsdae

Nico en Poppie Hurn vier vandag hul huweliksherdenking. Baie geluk, julle. Mag die toekom vir julle alles wat mooi is inhou. Mag julle pad ook besaai wees met rose. Bederf mekaar vandag.
Ook verjaar Nico vandag. Baie geluk, Nico. 'n Baie mooi en vreugdevolle nuwe lewensjaar word jou toegewens. Mag jy in die jaar wat voorlê net die goeie in die lewe ervaar. Nogmaals baie dankie vir jou kuier in Januarie, ons het dit so baie geniet. Geniet 'n ekstra lekker en spesiale dag saam met jou huisgesin. Geniet ook die laaste week of twee voordat jy weer op die boot moet wees.
Liefde van ons almal.







Baie geluk ook aan André wat ook vandag verjaar. Vir jou wens ons ook 'n baie spesiale en mooi nuwe lewensjaar toe. Mag die jaar wat voorlê net alles wat mooi is inhou. Geniet die dag saam met jou gesin.
(Lyk die man nie mooi in sy blou bul rugby trui nie?????)
Ook vier Simoné Landman haar verjaarsdag vandag. Baie geluk, Simoné. Mag al jou kinderdrome waar word en mag jy 'n baie lekker dag geniet.

Monday 22 February 2010

Piet Smit tree op by ons kerk



Sebil saam met Piet Smit in die saal afgeneem. Wat 'n belewenis was dit nie!!!!! Geen kerkdiens gehad nie, maar die boodskap wat hy gebring het en die liedjies wat daarby aangepas het, was wonderlik. Ons het dit baie geniet. Grappies en staaltjies is vertel en ook het hy gesê dat hy 'n visa vir Australië in sy paspoort moes kry en na 'n vliegtuig rit toe hy hier afklim, hoor hy eers hoe baie mense hier is wat Afrikaans praat. Geen toegang is gevra vir hierdie optrede nie. Almal kon net kom en elke oomblik daarvan geniet het.



Hier is 'n opname van 'n gedeelte van een van sy liede wat hy gesing het.

Ons as gemeente het ook 'n paar liedjies saam met Piet gesing. Hier is 'n gedeeltjie van so 'n liedjie.

Ons het afgesluit deur saam met Piet die immer gewilde Oorwinningslied te sing.

Ons hoop dat meer van ons Suid-Afrikaanse sangers sy voorbeeld sal volg om hier by ons te kom kuier.

2 Huweliksherdenkings vandag



Baie geluk met jul huweliksherdenking,
Bes en Jo-ann. We wish you all the best for the future. May there be many happy returns. God bless.
Spoil each other today and enjoy the day. Wish you were here. Love from us all.
Johann en Isabel Coetzee vier ook vandag hul huweliksherdenking. Baie geluk ook aan julle. Mag die pad vorentoe besaai wees met rose. Geniet die dag en bederf mekaar.

Ina verjaar vandag



Veels geluk, liewe maatjie omdat jy verjaar. Mag die Here jou seën en nog baie jare spaar.
Hoop jy geniet jou verjaarsdag terdeë. Mag die nuwe lewensjaar alles wat mooi is inhou.

Saturday 20 February 2010

Vaudette verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag, Vaudette. Jy word 'n pragtige jong meisie. Hoop jy word lekker bederf en dat al jou drome waar sal word. Geniet die dag.

Thursday 18 February 2010

Marnel Labuschagne verjaar


Baie geluk met jou 2de verjaarsdag vandag, Marnel. Ons wens jou alles wat mooi is toe en hoop dat al jou kinderdroompies waar sal word. Geniet 'n baie besonderse dag en maak seker dat Pappa en Mamma jou sommer baie bederf.

Chanel, haar boetie en haar pop



Ons het lanklaas 'n paar foto's van Chanel op die blog gesit.

Hier lê sy op die kombersie wat ouma Hettie vir haar gehekel het.

Ons kleingoed is baie bevoorreg om nog die kombersies te kry wat Ouma Hettie vir hulle hekel.

Baie dankie daarvoor, Ouma.

Hierdie kombersie gaan die winter goed gebruik word.






Voor ons uit Suid-Afrika weg is, met ons laaste Kersfees, wou ouma Hettie graag 'n pop gehad het wat geluide kon maak en wat sy op haar bed kon sit. Toe sy die pop oopmaak, het sy gesê as Daleen, wat haar naamgenoot is, eendag 'n dogtertjie het, sy die pop vir haar gaan gee. Johan en Sebil het in Suid-Afrika gekuier en toe hulle terugkom, het hulle die pop saamgebring. Ek weet nog nie of die pop al 'n naam het nie, maar kyk net hoe pragtig is sy nog. Sal nie sê dat sy al 4 jaar oud is nie. Baie dankie, Ouma, ek is seker sy sal lekker met die pop speel.







En moenie vir Ouboet Ruben weggooi nie, hy gaan netso lekker saam speel.













Wednesday 17 February 2010

Carlien verjaar



Baie geluk met jou verjaarsdag, Carlien. Gods rykste seën word jou toegebid op die lewenspad vorentoe. Mag die jaar besaai wees met alles wat mooi en goed is. Hoop jy word vandag baie bederf en dat jy 'n tydjie vir jouself sal afknyp in die besige dag. Geniet 'n baie besondere dag. Liefde van ons almal hier in die verte.

17 Februarie




Vandag vier Gielie en Elsa Pretorius hul 42ste huweliksherdenking. Baie geluk. Gods rykste seën word julle toegebid op jul huwelikspad vorentoe. Bederf mekaar gerus.

Jana Labuschagne verjaar ook vandag. Baie geluk, Ounooi. Mag al jou kinderdrome waar word. Geniet die dag en ek hoop dat jy sommer baie bederf gaan word.



Phillip van der Merwe verjaar ook vandag. Baie geluk, Phillip. Ook vir jou wens ons alles wat mooi is toe vir die nuwe lewensjaar. Hoop vroulief bederf jou baie. Geniet die dag.

16 Februarie, Elsa se verjaarsdag

Baie geluk met jou verjaarsdag gister, Elsa. Mag die nuwe lewensjaar vir jou alles wat mooi is inhou. Hoop dat jy die dag baie geniet het.




15 Februarie

Baie geluk Olivier Hayward met die herdenking van jou geboortedag. Hoop dat jy 'n baie lekker dag gehad het en dat die jaar wat voorlê gevul sal wees met alles wat mooi is.

Valentynsdag, 14 Februarie



AAN AL ONS FAMILIE EN VRIENDE:

Ons hoop julle het almal 'n baie lekker Valentynsdag geniet en dat julle mekaar sommer baie bederf het.
Manne, het julle onthou van die rooi rose????
Dames, het julle hulle bederf met 'n lekker ete??
Laat weet 'n bietjie!!!!!!!!!!!!

13 Februarie

Baie geluk Alwin en Dewin Agenbacht met jul verjaarsdag. Hoop al julle kinderdrome word waar. Ek hoop dat julle ook baie bederf is.



12 Februarie



Baie geluk Neels Wentzel, Jacqueline Angelides en Elsébie Erasmus met julle verjaarsdae. Jammer ons sê nou eers geluk, maar ek het net nie by die rekenaar uitgekom om die blog te doen nie. Hoop dat julle 'n wonderlike dag geniet het. Mag die jaar wat voorlê vir julle alles wat mooi is inhou.
Elsébie
Jacqueline

Thursday 11 February 2010

Verjaarsdae

Baie geluk aan Gerrit Hayward, Ina Nortje, Lizelle Jansen van Rensburg en tannie Rina wat almal vandag verjaar. Ons wens julle almal 'n baie mooi nuwe lewensjaar toe besaai met rose en hoop dat jul baie lank nog vir jul geliefdes gespaar sal bly. Geniet die dag. Ongelukkig het ek nie van almal fotos nie.
Lizelle



Ina


9 Februarie 2010

Baie geluk met jou verjaarsdag, Hannes. Ons bid jou Gods rykste seën op jou lewenspad toe. Hoop dat jy 'n baie lekker dag saam met jou geliefdes deurgebring het.


Phillip en Theresia Olivier het hul huweliksherdenking gevier. Baie geluk, julle. Mag jul pad besaai wees met rose. Hoop julle het die dag geniet.

Johan en Elsébie Erasmus het ook hul huweliksherdenking gevier. Baie geluk ook aan julle. Hoop dat dit vir julle 'n baie mooi nuwe huweliksjaar gaan wees en dat julle die dag baie geniet het.

Burt se toetse


Burt en Carlien, ons is bly saam met julle dat die toetse goed afgeloop het. Baie sterkte met die herstelpad vorentoe. Ons gebede is by julle.

Monday 8 February 2010

Burt gaan vir toetse/operasie????

Baie sterkte vir môre, Burt. Ons bid dat alles voorspoedig sal afloop. Liefde van ons almal.



Sunday 7 February 2010

Sophie en Craig Vanner verjaar

Johan en Sebil se vorige werkgewers, Sophie en Craig Vanner, verjaar onderskeidelik 5 en 7 Februarie.
Happy birthday to you both. May the years to come be filled with happiness, good health and success. Enjoy the day.

Saturday 6 February 2010

Tweeling verjaar

Baie geluk, Magda en Mariëtte met jul 29ste verjaarsdag. Mag die toekoms besaai wees met rose en alles wat mooi is. Geniet 'n baie besonderse dag en ons hoop dat julle mense julle sommer baie bederf. Liefde van ons almal.
Mariëtte


Magda




Thursday 4 February 2010

Huweliksherdenking

Baie geluk met jul huweliksherdenking, Heinrich en Magda. Ons wense vir julle is dat die toekoms besaai sal wees met rose. Geniet 'n baie spesiale dag en bederf mekaar gerus. Liefde.



Celandrie verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag, Celan. Mag die dag alles wat mooi is inhou. Mag jy baie bederf word en mag die nuwe lewensjaar gevul wees met net die beste en mooiste. Geniet 'n baie spesiale dag. Wens ons kon weer 'n verjaarsdag met jou deel. Lief vir jou. Liefde van almal hier.




Verjaarsdagwense


Baie geluk met jou verjaarsdag, Clarissa. Ons wense vir jou is vir 'n baie mooi nuwe lewensjaar. Mag al jou drome waar word. Geniet die dag.

Wednesday 3 February 2010

Magdeli verjaar

Baie geluk met jou mondigwording vandag, Magdeli. Mag die sleutel wat jy vandag ontvang al die deure oopsluit wat net goeie en mooi dinge bevat. Geniet 'n baie besondere dag.

Tuesday 2 February 2010

Verjaarsdagwense

Baie geluk aan Beverley Everts en Sandra Holloway met hul verjaarsdae. Mag die jaar wat voorlê alles wat mooi is inhou. Geniet julle dag.

1 Februarie 2010

Baie geluk aan die volgende mense wat 1 Februarie verjaar het of hul huweliksherdenking gevier het.
Morné Visagie, Dylan Smith, Anlea du Bruyn en Arnu Delport het verjaar. Baie geluk, julle. Hoop julle het 'n wonderlike dag geniet en dat die nuwe lewensjaar vir julle net alles wat mooi is gaan inhou.
Andries en Anneke Human het hul huweliksherdenking gevier. Ook aan julle 'n hartlike gelukwensing. Mag die pad vorentoe alles wat mooi is inhou.
Morné

Dylan