Saturday 31 May 2008

Barend Keyser

Dit is Barend se verjaarsdag. Baie geluk. Mag die jaar vol seën en voorspoed wees. Ons het nie internet of telefoon op hierdie stadium nie. So as die gelukwensing nie op die regte dag is nie, vergewe maar. Ons sit op soos ons internet beskikbaar het. Geniet die dag. Liefde vir almal.

Friday 30 May 2008

Gelukkige verjaardag Leandra


Baie geluk Leandra met jou verjaardag vandag. Ons almal hier hoop dat jy 'n lekker dag sal he en mag die Here jou met liefde, vreugde en vrede seen.

Thursday 29 May 2008

Spesiale verjaarsdag!

Ouma Annatjie verjaar vandag. Odélia het haar al vroegoggend gebel om te vra of ouma al koek gebak het! Baie baie geluk Ma. Ons is nou vreeslik jammer dat dit so 'n deurmekaar verjaarsdag is met die huis oppakkery. Maar ons wens Ma God's rykste seën toe vir die jaar wat voorlê. Mag dit 'n jaar vol liefde, geluk en vrede wees. Ons is baie lief vir ma.

Wednesday 28 May 2008

Elsie se verjaarsdag

Elsie (Jacobs) van Mooitooi verjaar vandag. Baie geluk, Elsie. Weet nie wat jou getroude van is nie. Mag die jaar wat voorlê strome vol seëninge meebring. Geniet jou dag.

Tuesday 27 May 2008

Rensché verjaar

Rensché Nortje verjaar vandag. Baie geluk. 'n Baie mooi jaar word jou toegewens, vol vreugde, vrede en geluk. Hoop Jaco bederf jou baie vandag. Geniet die dag

Monday 26 May 2008

Besig om te pak

Johan het nog 'n paar dae verlof gehad om te vat. Ons het toe besluit om dit die laaste paar dae te vat, voor die nuwe seisoen begin. Hy is al van Donderdag af, af.
Ons vat elke dag maar 'n vertrek en sorteer hom uit en dan pak ons sommer ook. Ons pak maar alles in die spaarkamer.




Hier is ek besig om om die kaggel te suig.

Sunday 25 May 2008

Inpakkery

Ja, die groot inpakkery is aan die gang. Bes en Joanne het vir ons hulle bokse en papier gegee om te gebruik. Pak en Save (die kruideniers winkel) pak nie jou kruideniers in sakkies nie. Jy moet jou eie sakkies bring of jy kan die bokse gebruik waaruit hulle hulle voorraad pak. Ons het 'n redelike hoeveelheid van hierdie bokse ook bymekaar gemaak. Ek is so te sê klaar gepak. Dit is nog net ons gebruiks goedere en klere. Omdat ons huis nog nie verkoop is nie en as ons nie huurders kry nie, gaan ons meubels in die huis los sodat ons dit oor naweke en in die week, wanneer iemand in Taupo is en die huis nodig het, kan gebruik.






Sebil en Johan het die naweek kom kuier en ons het Saterdag al die skilderye en laaste foto's en goed teen die mure afgehaal. Hier is Sebil druk besig om dit met bubblewrap toe te maak.



So tussen deur moet Tinky ook gelukkig gehou word. Hier kom sy en Johan van buite af in, nadat hy haar haar besigheid buite laat doen het.



Die hele huis staan nou vol bokse. Gelukkig het hulle nie vandag 'n open home gehad nie. Die huis is ook by die agente in tot Vrydag toe. Dit gee ons darem nou tyd om hierdie week (hopenlik) te kan trek. Dit wil sê as ons die huis en die man wat die container vir ons moet bring, kan sinkroniseer. Pieter het nog Dinsdag 'n motorfiets praktiese klas en Woensdag het ons ons ITO klas. Dus daardie twee dae is uit. Vrydag kry Johan die trok om hulle meubels te vervoer en dan gaan ek en Pieter daar help. So, wanneer ons gaan trek, lyk vir my net na laat Woensdagmiddag en Donderdag.
Sal julle op hoogte hou van die groot uittog hier in New Zealand.

Saturday 24 May 2008

Marilie verjaar

Marilie van der Merwe verjaar vandag. Baie geluk, Marilie. Hoop jy het 'n lekker dag en dat jy baie lekker bederf word. 'n Jaar vol vreugde en geluk word jou toegewens.

Die swemmery

Die twee groot meisiekinders swem nou regtig al mooi. Annika is nou op die stadium waar ma nie meer mag vashou nie, sy wil als "lelf" doen. Sy het baie vertroue met die "noodle" en geniet die swem vreeslik. Hulle is gelukkig in twee verskillende klassies, maar op die selfde tyd.


Waterspel.



Odélia is bietjie meer gevorderd as Annika, sy swem onder water en ook op haar ruggie. Sy is baie trots op haarself as haar juffrou haar prys.



Ring-a-rosie.



En Joanné? Sy begin nou baie kriewilrig raak langs die swembad! Ek dink dit is nou tyd vir haar om ook te begin swem.

Dood moeg!

Joanné is Donderdag oggend al kwart oor vyf wakker. Wou niks meer weet van slaap nie. Ek het haar aangetrek, en Japie sê toe hy sal sommer daar voor by die TV saam met haar sit. Toe ons weer sien, het sy haar ewe gemaklik gemaak met die handjie onder haar kop, en so sit sy toe nou vas aan die slaap! Dit was so cute, ons moes dit afneem!

Thursday 22 May 2008

Pak, pak en nogmaals pak.

Dit is nou die tyd vir die groot pakkery. Gelukkige Yolandi wat nie hierdie jaar hoef te trek nie. Ek, Daleen en Sebil pak en pak om klaar te kry. My huis staan vol bokse. Wat 'n werk as jy dit alleen moet doen. Nou mis ek die ekstra hande van Suid Afrika darem baie.
Die huis is nog nie verkoop nie. Die mark is af en ons kyk nou daarna om te verhuur. Hoop dit gebeur, want ek wil nie 2 huise hê om skoon te maak nie.
Sal julle op hoogte hou van die trekery.

Tannie Jeanette verjaar

Tannie Jeanette Labuschagne het gister verjaar. Baie geluk, Tannie. Gods rykste seën word jou toegebid op jou lewenspad vorentoe. Hoop jy het die dag geniet. Liefde.

Tuesday 20 May 2008

Gelukwense

Isak en Marlene van der Merwe verjaar vandag. Baie geluk aan julle albei. Gods rykste seën word julle toegebid met die herdenking van julle geboortedae. Mag julle Sy liefde elke dag ervaar. Geniet die dag.

Yolandi

Yolandi het gister vir my die goeie nuus meegedeel, dat sy haar uitslag van die toetse gekry het. Alles is skoon. Ons dank ons Hemelse Vader hiervoor.



Uiteindelik - dankie Facebook

Uiteindelik, 'n foto. Baie dankie vir Facebook. Nou kan ons ook sien hoe klein Shane Barnardjie. Weer baie geluk, Heinrich en Magda. Sy is pragtig. Pas haar baie mooi op.

Joanné se doop

Joanné het Sondag 18 Mei haar naam gekry. Ons was vroeg daar om die tafels gedek te kry voor die diens. Sy was seker maar angstig om die dopery agter die rug te kry, want sy was maar nukkerig.


Hierdie twee was vol energie en het vinnig die kans gevat toe Sebil hulle roep vir fotos. Ek weet nie watter grap sy vir hulle vertel het nie, maar dit moes baie snaaks gewees het!


Johan, Sebil en die drie meisiekinders.


Hekkie, Daleen, Ruben en Joanné.

Oupa Bes, ouma Jo-anne en Joanné.

Oupa Pieter, ouma Annatjie, Odélia, Annika en Joanné.

Pappa Japie, mamma Yolandi en Joanné.

Joanné Yolandi Nortjé. Sy was nie baie ingenome met dié dominee wat die water so op haar kop gedrup het nie.

Ek het maar self probeer Doopkoek bak. Baie komplimente gekry, maar ek sal maar aanhou oefen. Dit lyk makliker as wat dit regtig is, hoor!





Sunday 18 May 2008

Verjaarsdag

Joachim Nortje verjaar vandag. Baie geluk. Ons hoop die jaar wat voorlê hou baie vreugde, vrede en geluk in. Geniet jou dag.

Saturday 17 May 2008

Vordering met ons huis by Tokoroa

Die kombuis.






Die sitkamer.



Die huis langs ons huis.


Die stal




Badtyd vir Tinky

Vandag is weer die dag om vir Tinky te bad. Sy hou baie daarvan.


Kyk net hoe soet is sy, sy staan dood stil terwyl Johan haar was.


En nou is dit tyd om haar droog te maak, dit is nou iets waar van sy nie hou nie.

Joanné word gedoop

Môre, 18 Mei, word Joanné gedoop in die Afrikaanse Christen Kerk van New Zealand, gemeente Rotorua.
Yolandi en ek het sop gekook, want na die diens, 5uur die middag, gaan hulle die hele gemeente trakteer op sop en brood. Tee, koffie en lekker soet eetgoed gaan ook bedien word.


Ons sal volgende week berig oor die doop.

Friday 16 May 2008

Races (Veeloopbane)

Hier is 'n klompie foto's van hoe hulle besig is om die "races" te maak. Dit is die paaie waar die koeie in beweeg; nie dieselfde pad as waar jy met jou kar ry nie. Gelukkig nie, want nou bly die karre skoner, geen mis aan die karre nie.











Verjaarsdag seun.

PJ Olivier verjaar vandag. Baie geluk, Jong. Hoop jy gaan 'n baie lekker dag hê en dat jy baie bederf gaan word. Volgende keer as Pappa en Mamma in New Zealand kom kuier, moet jy saam kom.

Nog baie werk

Die melkstal op plaas nr. 14, Wairarapa Moana. Dit is die stal waar Pieter gaan melk. 'n 60 Draaitafel sisteem.


Die melktenk. Ek is nie seker nie, maar van die tenks is tot 18 of 20 000 liter. As mens 750 koeie melk is so 'n groot tenk seker nodig.



Die aankeer krale.



Die binnekant van die stal. Hier is die mense nog hard besig om te werk. Ons hoop die stal gaan betyds klaar wees.


Die kantoor by die stal.