Friday 30 April 2010

Weer terug


Gelukkig was die rekenaar nie te lank buite werking gewees nie. Ek het hom vandag weer terug gekry. Nou kan ons weer gesels.

Verjaarsdagwense



Francois Pretorius en Zelé Angelides verjaar vandag. Baie geluk aan jul albei. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jul toegewens. Geniet die dag.

Tuesday 27 April 2010

Joanné

Yolandi het vanoggend vir my gesê dat Joanné al baie mooi alleen loop. As sy toilet toe wil gaan, moet sy nog gehelp word. Die spraak is ook nog stadig. Die dokter het gesê hy sal Vrydag weer met hulle gesels en hoor hoe die week afgeloop het.
Dra haar asseblief nogsteeds in julle gebede op.

My epos is 'n bietjie siek. Ek kan gladnie eposse ontvang nie. Wil nie oopmaak nie - sê daar is nie genoeg memory nie. So my rekenaar gaan môre bietjie werkswinkel toe. Sebil sal weer oorneem totdat ek weer met julle kan gesels. Geniet die dag.

Verjaarsdae

Kobus du Toit en Annatjie Verster verjaar vandag. Baie geluk aan beide van julle. Mag die nuwe lewensjaar alles wat mooi is inhou. Geniet die dag.

Monday 26 April 2010

My Verjaarsdag

Hier is 'n paar foto's van my verjaarsdag.
Ruben het my gehelp om die kersies dood te blaas.
1....... 2........... 3........ Blaas!!!



Ek en Johan




Chanel





Saturday 24 April 2010

Joanné


Die uitslag van die toetse dui alles daarop dat die oorsaak van die probleme wat Joanné tans ondervind, van die waterpokkie virus af kom. Die dokter het vanoggend laat weet. Hy sê baie geduld en dat dit 7 tot 14 dae sal neem om op te klaar.

Baie dankie vir al jul gebede, maar moet haar (ons almal) asb. nog nie uitsluit nie.

Kobus en Yvette se huweliksherdenking

Baie geluk met jul huweliksherdenking, Kobus en Yvette. Mag die toekoms vir julle besaai wees met rose. Geniet die dag en bederf mekaar.



Friday 23 April 2010

Joanné

Ek, Sebil en Annika het vanoggend vir Yolandi en Joanné by die hospitaal gaan haal. Die uitslag van die bloedtoetse is nog nie uit nie, maar die pediater, Jaco ('n Suid Afrikaner) het gesê dat sy kan huistoe gaan. Dit sal ongeveer 7 - 14 dae neem voordag alles weer terug is na normaal.
Sy praat stadig, maar duidelik. Sy loop, maar dit wil vir jou lyk asof sy laf is wanneer sy loop. Sy het ook nog ondersteuning nodig met die loop. Ons is ook bang sy verloor haar balans en val. Sy kon gister ook gladnie alleen sit nie, wat sy wel vandag al kan doen. Sy kruip ook nog redelik baie.
Baie dankie vir almal wat vir haar gebid het.
Baie dankie, liewe Jesus, dat Ninnie al soveel verbeter het van gister af. Dankie dat U haar styf vasgehou het.



Nassie is 11

Baie geluk met jou verjaarsdag vandag, Nassie. 'n Baie mooi en gelukkige nuwe lewensjaar word jou toegewens. Geniet die dag.




Thursday 22 April 2010

Joanné



Joanné is vanoggend in die hospitaal opgeneem. Ons is nog nie seker wat fout is nie. Hulle doen toetse en sy het 'n drip in. Sal julle op hoogte hou van haar vordering. Bid asseblief saam met ons dat hulle die probleem opspoor en sy vinnig gesond sal word.
4 uur middag
Yolandi het nou net 'n sms gestuur. Ninnie se beweging (loop) en spraak is aangetas.
Die dr. dink dit is :
Acute Cerebellar Ataxia
Most often develop in children occuring in about 1 to 4000 varicella infections(chicken pox). It has a limit time course and is generally follow by complete recovery.
Sy sê ook dat haar spraak aangetas is, maar dat sy ok is.
Hulle doen nog toetse.
Dra haar asb in jul gebede op.

Sebil en Kobus verjaar

Dit is vandag Sebil se 26ste verjaarsdag. Baie geluk, Sebil. Ons wense vir die nuwe lewensjaar is vreugde, geluk, liefde en voorspoed. Hoop Johan bederf jou vandag baie. Ons is baie lief vir jou. Geniet die dag.



Kobus verjaar ook vandag. Baie geluk met jou verjaarsdag, Kobus. Mag die nuwe lewensjaar alles wat mooi en goed is inhou. Mag dit gevul wees met vreugde, voorspoed, geluk en liefde. Geniet die dag.



Vandag is ook die huweliksherdenking van Johan en Marthie Albasini. Baie geluk, julle. Mag jul toekoms besaai wees met rose sonder dorings. Geniet die dag, en bederf mekaar baie.

Christchurch

In Christchurch het ons twee nagte in die Speights Ale House se hotel geslaap. Christchurch, vir die wat nie weet nie, die huis van die Crusaders, Super 14 span.
Hierdie foto van Pieter, Japie, Yolandi, Odélia, Annika en Joanné in die restaurant waar ons geëet het.


Die 3 meisiekinders met hul prentjies wat hulle ingekleur het.


Japie en Pieter se kos was 'n bietjie warm. Hulle het lekker gesweet. Toe Odélia dit sien, het sy verpleegster gespeel en voorkoppe afgevee.




Hierdie boom is seker baie oud. Hulle het nie 'n naamplaatjie of 'n beskrywing van die boom by hom gehad nie. Om vir julle te wys hoe dik sy stam is, het ons die kleingoed laat hande vashou en om die stam staan.




Ons het 'n "Combo" kaartjie gekoop om trem te ry, Gondola (kabelkarretjie) te ry en dan ook "Punting" te doen.
Ons tremdrywer - Pete.



'n Foto van Pieter, Japie, Annatjie, Odélia, Annika en Joanné in die trem.




Meer oor die Gondola en Punting in die volgende vertellings.
Vervolg......................................

Wednesday 21 April 2010

Vakansie verder

Ons het vroeg in Picton in die Suid Eiland aangekom. Die kinders het heerlik in die parkie en op die gras baljaar.
Gou 'n "pose" by Donald Duck. Hou vas, Annika, voordat hy weghardloop.



Odélia en Joanné by Mickey Muis.


Die speelparkie, waar die kleingoed heerlik baljaar het.



Totsiens, Ferry.



Ons het lekker bene gerek en daarna die akwarium besoek. Hier is die drie, Annika, Joanné en Odélia besig om saam met Oupa na die visse te kyk.




Annika by een van die vistenks.



Ninnie gee 'n totsiens soentjie vir die waterskilpad.



Na ons besoek aan die akwarium het ons verder gery na Christchurch.
Oppad na Christchurch, het ons in die kusdorp Kaikoura gestop. Die strand? Wel, nie soos ons 'n strand ken nie. Net spoelklippe.



Hierdie foto, om te wys dat ons dit regtig die strand is.


Vervolg ...............................


Pieter Jordaan is 60

Baie geluk met die herdenking van jou geboortedag vandag, Pieter. Gods rykste seën word jou toegebid op jou lewenspad vorentoe. Geniet die dag.




Tuesday 20 April 2010

Joanné het waterpokkies

Ongeveer Donderdag verlede week, het Ninnie opgestaan met spots. Yolandi het haar dokter toe gevat om bevestiging te kry. Ja, dit is waterpokkies.
Hier is 'n paar foto's om te wys hoe sy lyk.
Sy is sommer erg uitgeslaan. Die hele lyfie is vol waterpokkies.




Ninnie nadat Japie haar Sondagoggend beetgehad het met die calamine lotion.




Klaar aangetrek en reg vir die ferry.



'n Video clip wat geneem is Saterdagaand in Picton in 'n restaurant waar ons geëet het. Dit het seker erg gejuk en elke keer het sy die hempie so opgetel en gevryf - om te keer dat sy krap.




Dit gaan al beter met haar en sy is aan die gesond word. Die plekkies het gister begin rofies maak en ons glo dat sy gou gesond sal wees.

Ferry rit

Die eerste aand het ons in Wellington geslaap.
Hier is 'n foto van Japie en sy meisiekinders in die slaapkamer geneem.
Ons vakansie het begin vroeg die oggend van die 7de met 'n ferry rit vanaf Wellington na Picton.
Die ferry waarmee ons geseil het. Die Kataki.
'n Foto om te wys hoe die karre ingepak staan onder in die ferry.
Hulle maak die trokke met kettings in die romp van die ferry vas.


Op die trappe van die ferry. Dit is om toeriste en trokdrywers aan te moedig om te rus, voordat hulle weer die pad aanpak.



Oupa Pieter en Ouma Annatjie saam met Odélia, Annika en Joanné.



Wanneer jy die saal instap waar jy kan rus, lyk dit soos 'n vliegtuig met die sitplekke so in 'n ry.




Die eetsaal.




Odélia, Annika en Joanné in die speelpark.



Die fliek. Ons het almal die Princess and the frog gaan kyk. Ja, tot die manne ook. Hulle sê dit was nogal hul behoud, want die ferry rit was bietjie rof.




Die girls in die fliek op die ferry.



Japie en Yolandi



Twee foto's van die ferry afgeneem.





Yeah, af van die ferry en ons kan 'n bietjie rond hardloop en bene rek.




Vervolg..................................................