Monday 31 December 2012

Ou Jaarsdag Verjaarsdae

 
Happy Birthday, Ouma Jo.  May God bless you in the New Year.  Enjoy a wonderful birthday.  Hope we see you soon. Love.
 
 

 
Heinrich verjaar ook vandag.  Baie geluk, Heinrich.  Voorspoed, vreugde, liefde en geluk wens ons jou toe vir die nuwe lewensjaar.  Geniet 'n baie lekker dag.



Sunday 30 December 2012

Nog verjaarsdae

 
Baie geluk met jou verjaarsdag, Miemie.  'n Baie besonderse jaar word jou toegewens.  Geniet New Zealand.
 
 


Daleen Wentzel verjaar ook vandag.  Baie geluk, Daleen.  Ook vir jou wens ons net die mooiste toe.  Geniet die dag.

Friday 28 December 2012

2 Verjaarsdae

 




Therine en WC verjaar vandag.  Baie geluk julle twee.  Mag die toekoms gevul wees met alles wat mooi en goed is.  Geniet die dag.


Tuesday 25 December 2012

Geseënde Kersfees

 
Van ons almal in New Zealand:
 
Mag julle almal, wat vir ons lief en dierbaar is,
 Kersfees as 'n ware Christus wees ervaar.
 
Geniet die kuiers saam met familie en vriende.
 
Lief julle baie.
 
 
 
 

Monday 24 December 2012

So bietjie ander nuus

 
Ek was Donderdag 13de saam met Daleen na Whakamaru se final assemble vir die jaar.
Hulle het afskeid geneem van die senior klas wat nou hoërskool toe gaan en 'n paar pryse uitgedeel.
 
Craig, die voorsitter van die Board of Trustees het ook 'n toespraak gelewer.
Weet nie of julle nog kan onthou wie Craig is nie.  Johan het by hulle op die plaas begin werk net toe hulle in New Zealand aangekom het.
 
 
 
En die eerste twee pryse vir :
Attitude in the class :
gaan toe sowaar weer na twee Suid-Afrikanertjies.
 
Hier oorhandig Kiriana die bekertjie aan Pieter.
 
 


Hierdie foto is nie baie duidelik nie, maar die bekertjie word aan Sulize oorhandig.
 
 

 
Omdat my foto's nie so duidelik is nie, het ek mamma Francis se foto op Facebook gaan gaps.
 
Baie geluk, Pieter en Sulize.  Well done.  Pappa en Mamma is seker baie trots, né
 



Binne in die shed ....

 
Nog voordag die dakplate opgesit is, is die elektriese bedrading gedoen en die ligte ingesit.
 
 

 
Een van die dreine
 
 

 
Die "grid" wat bo-oor die drein gaan.



Die trappie wat na die ronde houkraal gaan, voordat die concrete gegooi is....


 
... en daarna.


Sunday 23 December 2012

Die vet race

Die vet race is die gedeelte van die stal waar daar met die koeie gewerk word.  Behandel word vir een of ander iets, na hulle pote gekyk word en geki word.
 
Die race in die begin stadium - eerste voorbereidings.
 
 

 
En nou ook gereed vir concrete gooi.


 
 


VERVOLG .......

Marelize verjaar

 
Baie geluk met jou verjaarsdag, Marelize.  'n Baie mooi en geseënde nuwe lewensjaar word jou toegewens.
Geniet die dag.
 
 

Saturday 22 December 2012

Diela speel klavier

 
Ek was Woensdagaand, 12 Desember saam met Japie en Yolandi na Odélia se musiekaand toe.
Sy het twee liedjies alleen gespeel en 'n derde, Stille nag, saam met haar musiekonderwyseres gespeel.
 
Diela by die klavier
 

 
Saam met haar musiekonderwyseres.
 




 
Toe daar 'n probleem met 'n boek was, wat een van die kinders by die huis vergeet het, was sy vinnig om te sê dat sy die boek het en het begin soek na hom.
 
 


 
Geen toekennings is gemaak nie, maar ek het verlang na die dae toe ek klavierlesse geneem het.  Toe my onderwyseres getrek het, het ek nie 'n ander een gekry om lesse by te neem nie.
 
Some you loose, né?
 
Ek glo en vertrou dat sy gaan deurdruk en dat sy 'n pragtige pianiste gaan word.
 
 


'n Meevallertjie uit Suid-Afrika

 
Hekkie se Pa en Ma, Danie en Miemie, het November in New Zealand aangekom.  Hulle het vir my 'n verrassingspakkie uit Suid-Afrika saamgebring.  Ouma Hettie het vir my 'n kombersie gehekel.  Weet nie hoe sy so reg kon raai nie.  Seker maar omdat die groen my troue se kleur was.  Baie dankie vir 'n pragtige geskenk, Ouma.  Waardeer dit baie en dit is 'n baie kosbare besitting.
 
Maar kyk hoe geniet my kleinkinders hom.
 
Chanel aan die slaap.
 

 
En Jacoli nou net wakker geword.



 
Die verhaal van die kombersie is so:  Ons vier dogter, ek en my 3 susters, Magda, Clara en Evette het elkeen een gekry.  Daarmee saam het twee paar "Hettie sokkies" ook gekom.  Die kombersie is bedoel vir ons oudag.  Nou ja, ek dink as ek Ouma Hettie se ouderdom, 88 jaar, moet haal - dit is nou 32 jaar verder, dan sal sy maar nog 'n kombersie moet brei, want hierdie een gebruik ons almal nou al.
 
Weet nie of sy die foto's sal kan sien nie, hoop iemand sal dit vir haar kan wys.
 
Baie dankie nogmaals, Mammie.  Lief jou baie.

Friday 21 December 2012

Verjaarsdae

 
Baie geluk, Marinda en Isabel met jul verjaarsdae.  Mag die toekoms vir julle alles wat mooi is inhou.
Geniet die dag.
 


Die draaitafel 2

 
Die draaitafel in wording.
 
Kyk net hoe fluks is die manne hier.  Ek het gedink die kruin gaan hiermee ook help, want die staal lyk maar swaar.  Maar nee, hulle doen dit sommer self.
 




 
Met die binneraam van die draaitafel klaar, kan hulle ook aan die buitekant begin werk.



 
Die raamwerk van die draaitafel klaar.
 



 
Hier begin hulle al die kratte opsit.  Dit moet alles klaar wees voor die concrete gegooi kan word.
 






Aan die binnekan van die draaitafel is daar ook 'n leertjie.  Hiermee kan hulle dan afklim na die middel van die draaitafel waar al die binnegoed dan is - deel van die melkmasjiene.
 




Die leertjie van naderby.
 


 
Dinsdag, 18 Desember, is die beplanning om die concrete van die draaitafel te gooi.
 
 
VERVOLG .........


Thursday 20 December 2012

Elize verjaar

 
Baie geluk met jou verjaarsdag, Elize.  Gods rykste seën word jou toegebid op die jaar vorentoe.  Geniet die dag.
 
 

Ronde houkraal 2

 
Soos ek gesê het, dinge gebeur baie vinnig nou.
 
Die volgende paar foto's wys hoe die houkraal se concrete gegooi is.
 
 




 
'n Foto van die koppie af afgeneem.
Die houkraal se concrete klaar gegooi en die shed se dak klaar op.


 
Die concrete word nog natgespuit.



 
VERVOLG................

Wednesday 19 December 2012

Piet verjaar

 
 
 
Baie geluk met jou verjaarsdag, Piet.  'n Jaar vol vreugde, geluk en voorspoed word jou toegewens.  Geniet die dag.


Ronde houkraal

 
Lank is daar bespiegel oor die kraal waar die koeie gaan wag om gemelk te word.  Uiteindelik is daar besluit op 'n ronde houkraal.
 
Die volgende foto's is die voorbereiding van hierdie kraal.
 
 
 
Die middelpunt van die houkraal, waar die hekke aan vaskom wat die koeie laat aanhou beweeg om op die draaitafel te klim om gemelk te word.
 
 


 
 
VERVOLG ..........


Tuesday 18 December 2012

Evette verjaar en Nas en Amanda vier hul huweliksherdenking

 
My sus, Evette verjaar vandag.  Baie geluk, Evette.  Mag die jaar wat voorlê vir jou alles wat mooi is inhou.  En mag dit die jaar wees wanneer jy vir ons gaan kom kuier.  Baie dankie vir alles wat jy vir ons doen en beteken.  Ons waardeer dit baie.  Geniet die dag en ek hoop die kinders en Jan bederf jou baie.  Lief jou.
 

 
Nas en Amanda vier vandag hul huweliksherdenking.  Baie geluk, Julle.  'n Toekoms besaai met rose sonder dorings word julle toegewens.  Geniet die dag en bederf mekaar sommer baie.