Wednesday 5 December 2012

Odélia verjaar

 
Ons oudste kleinkind verjaar vandag.  Baie geluk, Diela.  Vandag 'n volle 9 jaar oud.  Kan dit nie glo nie.  Bly altyd so 'n pragtige dogter soos nou.  Hoop al jou kinder drome word waar.  Geniet jou partytjie Saterdag.  Ons sien uit daarna. Ons is almal baie lief vir jou.
 

 
Broer Kobus en Amanda vier vandag hul 30ste huweliksherdenking.  Voorwaar ook 'n hele klomp sakke sout daai.  Baie geluk, julle.  Mag die toekoms besaai wees met die mooi in die lewe.  Geniet die dag.




Dit is ook vandag Gert en Marinda se huweliksherdenking.  Baie geluk ook aan julle.  Vir julle wens ons ook alles wat mooi is toe vir die toekoms.  Geniet die dag.
 



 
Nog 3 ander verjaarsdae:  Hester Holtzhauzen, El-rez de Buys en Gideon Strydom.
 
Baie geluk, julle.  'n Baie mooi nuwe lewensjaar word elkeen van julle toegewens.  Hoop julle word lekker bederf.
 


No comments: