Sunday 27 March 2011

Diela


Nadat die MRI Scan gedoen is het hulle nog 'n CT Scan ook gedoen op Diela. Die registra van dr. Nicol het gereken dat sy Saterdag sou geopereer word. Dr. Nicol het egter besluit dat wanneer hy self hierdie keer opereer hy dit reg wil doen en al die personeel daar wil hê om die nodige toetse te neem en dan ook die radioloë om hulle ding te doen. So, hy het besluit om Woensdag te opereer. Op hierdie stadium is sy en Yolandi in die Ronald McDonald huis en moet sy twee maal per dag hospitaal toe gaan vir haar observasies. Onder omstandighede gaan dit goed met haar.

Bid asseblief dat hulle hierdie keer alles sal uithaal en dat daar nie weer iets sal vorm nie. Ook dat die operasie 'n sukses sal wees.

Verjaarsdae

27 Maart 2011
Baie geluk met jou verjaarsdag, Jan. 'n Baie mooi jaar word jou toegewens. Hoop jy geniet die dag baie en word heerlik bederf.




Baie geluk ook aan Marthie (Albasini) wat vandag verjaar. Ook vir jou wens ons net die mooiste toe vir die nuwe lewensjaar. Geniet die dag.


Aneleh Landman verjaar ook vandag. Baie geluk. Mag die nuwe lewensjaar ook vir jou alles wat mooi is inhou. Geniet 'n baie besonderse dag.


26 Maart 2011

Baie geluk Albert (de Buys) met jou verjaarsdag. Ons is dankbaar saam met julle dat jy werk gekry het. Mag die nuwe lewensjaar net die mooi in die lewe bring. Hoop jy het die dag geniet.



25 Maart 2011


Vandag was die verjaarsdag van Lu Hayward. Hoop die nuwe jaar hou alles wat mooi is in. Glo dat jy die dag baie geniet het en lekker bederf is.



24 Maart 2011


Baie geluk Braam Bondesio met jou verjaarsdag vandag. 'n Nuwe lewensjaar gevul met alles wat mooi en goed is word jou toegewens.



Baie geluk ook aan Ilandré Labuschagne met jou verjaarsdag. Mag al jou kinderdrome waar word. Hoop jy is lekker bederf.



Wednesday 23 March 2011

Diela


Ons meisiekind is Maandag deur dr. Nicol gesien en hy het gesê: Tyd om te sien wat gebeur. Het toe ook geen verdere toetse gedoen nie.
Gistermiddag het Diela by die huis gekom en die operasieplek, die gedeelte waar die steek nie geheg het nie, het 'n geel kring rondom en dit lyk asof dit vuilgoed is wat moet uitkom. Dadelik is dr. Nicol gebel en is Yolandi en Odélia weer Auckland toe.
Japie het gisteraand 10uur gebel. Toe was hulle oppad saal toe en alreeds begin met toetse. Hierdie keer het sy nou nie antibiotika gekry nie, want nou kan hulle van die vuilgoed neem om te sien wat hulle kan kweek. Ons glo en vertrou dat dit hierdie keer gaan wys wat die gogga is wat elke keer terugkom.
Ek weet julle het nog nooit opgehou om vir haar te bid nie, maar weereens wil ons julle vra om haar in julle gebede aan ons Hemelse Vader op te dra. Hy, ons groot Geneesheer.
Sal julle op hoogte hou elke keer wanneer ek iets hoor.

22 Maart 2011

Baie geluk met jou verjaarsdag, Ankia. Hoop jy is baie bederf en dat die nuwe lewensjaar alles wat mooi is vir jou sal inhou. Ons glo jy het die dag baie geniet.

20 Maart 2011

Vandag was die verjaarsdag van Yolandi se ouma, Ouma Trui van der Westhuizen. Baie geluk, Ouma Trui. Hoop dat Tannie die dag baie geniet het. Mag die nuwe lewensjaar gevul wees met goeie gesondheid, liefde en geluk.
Ook het Ursula Jansen vandag verjaar. Baie geluk, Ursula. Ook vir jou wens ons net die mooiste toe vir die nuwe lewensjaar.

19 Maart 2011

Baie geluk met jou verjaarsdag, Shané. Kan nie glo jy is al 3 jaar oud nie. Mag al jou kinderdrome waar word. Ek weet sommer jy is lekker bederf met jou verjaarsdag.




Happy birthday, Morris. Mag dit 'n baie mooi nuwe lewensjaar wees. Glo jy het die dag baie geniet.




Friday 18 March 2011

Riza se verjaarsdag

Baie geluk met jou verjaarsdag, Riza. Mag dit 'n baie lekker dag wees en mag die jaar wat voorlê gevul wees met al die mooi in die lewe. Geniet elke oomblik van hierdie dag.

Baie besig gewees



Die afgelope 2 dae was baie besig gewees. Woensdag moes alles reggemaak word vir 2 dae van die huis af wees vir my en Sebil en ons manne, saam met Japie en Hekkie. Ons is Aria toe om koeie te gaan tag (nommers in die ore te sit) en te scan vir dragtigheid. Ook moes die nommers neergeskryf word en of hulle in kalf is of nie. Maar eers moes ons pak, 'n NVD vergadering hou en ons sou eers Vrydag (vandag) terugkom. Ons het ook nog vanaand 'n verjaarsdagpartytjie wat bygewoon moet word. Dit was pak en pak en nogmaals pak. Niks moes vergeet word nie, want anders is ons in die sop.


Ek en Sebil het toe Woensdag na die NVD vergadering sommer by Daleen-hulle geslaap. Vroeg gister is ons Aria toe saam met Japie en Hekkie. 8 uur het ons toe begin met die scan, tag van die koeie en rekordhouding. Ons het so goed gedoen - ongeveer 100 koeie per uur. Ons sou vandag weer besig gewees het, maar Japie het besluit as ons kan klaar maak, maak ons klaar. Die managers van die plase het goed saamgewerk en ons het deurgedruk. Stok flou en voete wat seer is, het ons dit alles in een dag gedoen. So ongeveer 1041 koeie deurgedraf. Ek het die kamera saamgevat, maar daar was nie eens tyd om foto's te neem nie.


Dit is dan ook om hierdie rede wat ek die verjaarsdae agterweë laat bly het.
Sebil het al vir Burt en Melanie geluk gesê.


Die ander wat verjaar het:

Johan Erasmus, baie geluk met jou verjaarsdag. Hoop jy gaan 'n wonderlik jaar ervaar.

Baie geluk met jou verjaarsdag, Barnie. Ook vir jou wens ons 'n baie mooi jaar toe. Hoop jy het die dag geniet.





Sandy Steenekamp het ook verjaar. Baie geluk, jong. Mag al jou drome waar word.
En dan ons partytjie girl, Thea Mulder. Baie geluk Thea. Ons was nie in die omtrek van sein om jou geluk te wens nie. En gisteraand het die moegheid my oorval voordat ek eers aan die blog kon dink. Hoop jy het 'n baie lekker dag gehad gister. Sien jou vanaand en dan sal ons maar die gelukwensing doen.

16 Maart 2011

Burt en Melanie het Woensdag verjaar. Ek wil net jammer se, dat ons julle nie op die blog gesit het nie. Ons het glad nie van julle vergeet nie, maar dit het net bietjie dol gegaan.
Baie geluk met julle verjaarsdag, ons glo en vertrou dat die jaar vol vreugde en geluk vir julle sal wees.





Sunday 13 March 2011

Ouma Hettie en Geor verjaar

Vandag is Ouma Hettie se verjaarsdag. Baie geluk, Ouma. Mag die nuwe lewensjaar en elke jaar daarna net die mooiste inhou en gevul wees met geluk, vreugde, voorspoed en goeie gesondheid. Gods rykste seën word Ouma toegebid. Geniet 'n baie spesiale dag saam met die res van die familie. Wens ons was daar om dit saam te kon vier.



Geor Hoffman verjaar ook vandag. Baie geluk, Geor. Vir jou wens ons ook net alles wat mooi is toe. Mag jou kinderdrome almal waar word. Hoop jy word lekker bederf.
Wietie Brits verjaar ook vandag. Baie geluk, Wietie. Alles wat mooi is word ook vir jou toegewens vir die toekoms.

Wednesday 9 March 2011

Die Ferry na Auckland

So paar fotos van ons naweek in Auckland, het die kinders op 'n ferry gevat na Auckland, sodat ons plaasjapies so bietjie die stad kon verken.
Al wat Ruben kon se is "Kyk mamma dit lyk net soos Lego City", toe hy al die hoe geboue sien.



















Farmtour

Ons kuier lekker saam met al die ander boere. Dit is baie interessant. Ons laaste twee dae le nou voor.
Lekker dag vir julle almal. Sal meer volledig uitbrei wanneer ons weer by die huis is.

Saturday 5 March 2011

Rede ver vroeë verjaarsdagwense

Pieter en ek gaan vir die volgende week nie by die huis wees nie. Ons gaan op 'n plaas toer saam met ons plaaskonsultant.
Ek is maar redelik benoud om te gaan, want dit is in die Suid-Eiland. Ons vlieg môre middag vanaf Rotorua na Christchurch lughawe. Daar sal hulle ons kry en dan gaan ons na Ashburton toe. Die toer begin maandag oggend en eindig Donderdagmiddag.
Dus, ons sal weer Vrydag by die huis wees.
Geniet julle week.
En as jy hierdie week verjaar, kyk gerus ondertoe om jou gelukwensing te sien.

11 Maart 2011

Veels geluk met jou verjaarsdag, Sonja (Snyman) Hoop jy geniet 'n baie spesiale dag en jaar.


Ook vier Karin Pretorius (Harmse) vandag haar verjaarsdag. Ook vir jou is ons wense alles wat mooi is vir die jaar wat voorlê. Geniet die dag.

9 Maart 2011

Vandag vier 3 persone hulle verjaarsdae.
Baie geluk met jou verjaarsdag, Leon. Mag die nuwe lewensjaar net die mooi van die lewe inhou. Dit voel soos nou die dag toe jy 'n baba was en nou is daar 'n baba vir jou oppad. Hoop alles loop goed af. Geniet die dag en die lekker bederf.




Baie geluk ook met jou verjaarsdag, Wilna. Mag dit vir jou 'n baie spesiale dag en jaar wees. Geniet elke oomblik daarvan.




Ook is dit vandag Louise (Coetzee) se verjaarsdag. Baie geluk, Louise. Hoop julle het goed aangepas terug in Suid-Afrika. As jy die boodskap sien, laat weet tog vir ons hoe dit met julle gaan.
Geniet die dag.




7 Maart 2011

Vandag is dit Mercia (du Toit) se verjaarsdag. Baie geluk, Ounooi. Mag al jou kinderdrom waar word. Geniet 'n baie spesiale dag.

6 Maart 2011

Veels geluk met jou verjaarsdag vandag, Jan (Agenbach). Mag die jaar wat voorlê gevul wees met alles wat mooi en goed is. Geniet die dag.
Vandag is ook die verjaarsdag van Morné (du Plessis). Baie geluk. Ook vir jou wens ons alles wat mooi en goed is toe vir die nuwe lewensjaar. Geniet die dag.

Verjaarsdae 4 Maart 2011

Baie geluk met jou verjaarsdag, Hannes. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens, gevul met al die mooi in die lewe en goeie gesondheid. Geniet die dag en ek hoop jy word sommer lekker bederf.




Ria Scott (Brits) verjaar ook vandag. Baie geluk met jou verjaarsdag, Riekies. Mag dit 'n wonderlike nuwe lewensjaar vir jou wees. Geniet elke oomblik van die dag.

Wednesday 2 March 2011

Ouma Gerda en Fransisca verjaar vandag.

Baie geluk met jou verjaarsdag, Ouma Gerda. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens, gevul met net die beste van die lewe. Ons wens jou ook 'n baie spoedige herstel toe na jou operasie. Beterskap en liefde van ons almal hier in New Zealand.



Baie geluk met jou verjaarsdag, Tieka. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens. Hoop jy word vandag sommer baie bederf. Geniet 'n baie spesiale dag.




1 Maart 2011

Baie geluk met jou verjaarsdag, Nicoline. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens. Hoop jy het die dag geniet.





Annemarie Retief verjaar ook vandag. Baie geluk, Annemarie. Lanklaas van jou gehoor. 'n Baie mooi jaar word ook vir jou toegewens.

28 Februarie 2011

Baie geluk met julle huweliksherdenking, Johan en Jessica. 'n Mooi jaar word julle toegewens.
29 Februarie 2011
Veels geluk met jou verjaarsdag, Annelie. Hoop jy het die dag geniet.

26 Februarie 2011

Baie geluk met jou verjaarsdag, Riaan. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens, gevul met alles wat mooi en goed is. Hoop jy is lekker bederf.



Veels geluk met jou verjaarsdag, Picker. 'n Baie mooi jaar word jou toegewens.


Veels geluk liewe Boeta, omdat jy verjaar. Mag die Here jou seën en nog baie jare spaar.





23 Februarie 2011

Baie geluk, Nico en André met jul verjaarsdae. Hoop julle het die dag geniet.







Baie geluk met jul huweliksherdenking, Nico en Poppie. Weet julle was nie bymekaar op hierdie dag nie, maar ons hoop julle het die dag baie geniet. 'n Baie mooi jaar vir julle.


Baie geluk ook aan Simoné Landman wat vandag verjaar. Ook vir jou wens ons 'n baie mooi nuwe lewensjaar toe.