Saturday 31 October 2009

Verjaarsdae

Eugene Snyman verjaar vandag. Baie geluk, Eugene. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens. Geniet die dag.
Nou moet ek regtig begin vir jou oom sê. 'n Volle 45 jaar!!! Hoop julle party bietjie, dis nie aldag dat jy op 45 nog so jonk kan lyk en wees nie. Ons hoop jy het 'n wonderlike dag en mag die Here jou vir daai wonderlike gesin van jou vir nog baie jare spaar.
Die 2 + 3's




Elize Strydom het gister 30 Oktober verjaar. Baie geluk, Elize. Ek is seker jy het die dag baie geniet en dat die kinders jou baie bederf het. Mag die nuwe lewensjaar gevul wees met alles wat mooi is.

Wednesday 28 October 2009

Lehandri verjaar

Vandag is Lehandri 10 jaar oud. Baie geluk, Ounooi. Mag die nuwe lewensjaar vir jou alles wat mooi is inhou. Geniet 'n baie besondere dag. Hoop almal bederf jou baie.



Wilna Snyman verjaar ook vandag. Baie geluk, Wilna. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens. Geniet die dag.

Monday 26 October 2009

Ons kleingoed doen goed.

Odélia se skool het Vrydag 'n Ag-day gehad. Ons is baie trots op die klein mensie. Sy doen so goed op skool. Sy is soos 'n spons - wil net meer en meer opneem.


Hier is 'n paar fotos van haar.
Hierdie is haar stitching-eindproduk waarvoor sy eerste prys gekry het.






Diela se sand saucer. Sy is baie kunstig.




Waaroor dit eintlik gegaan het, Diela en Bubbles, haar kalfie. Hier het sy eerste plek gekry vir hantering en tweede plek vir versorging.




Annika en Sally.




Ruben en Joanné was ook daar om Diela en Annika te ondersteun.



Gaan gerus na "Tuis by die Smiths" se blog. Kyk by die blogs wat ons volg. Yolandi het daar alles beskryf. Gaan lees gerus en geniet dit.

Petro se verjaarsdag

Petro van Niewenhuizen verjaar. Baie geluk, Petro. 'n Baie mooi en besondere nuwe lewensjaar word jou toegewens. Geniet die dag.

Sunday 25 October 2009

Nog verjaarsdae, 'n huweliksherdenking en 'n troue

Baie geluk, Picker en Leoni met die herdenking van jul huweliksdag. Vreugde, voorspoed en geluk word julle toegewens. Geniet die dag.



Japie Labuschagne verjaar vandag. Baie geluk, Japie. 'n Besondere nuwe lewensjaar word jou toegewens, vol vreugde, voorspoed en geluk. Geniet die dag.


Gister het Marya Meyer 8 geword. Baie geluk met jou verjaarsdag. Hoop jy het die dag baie geniet en is baie bederf.


Gister was ook die troudag van Leon en Theresa. Baie geluk julle. Gods rykste seën word julle toegebid op julle pad vorentoe. Hoop julle het die dag baie geniet. Ek is baie spyt ek kon nie daar wees nie. Liefde.

Friday 23 October 2009

Andries en Conrad verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag Andries. Ons glo en vertrou die jaar gaan vol vreugde en geluk vir jou wees. Hoop jy geniet jou dag.




Baie geluk aan Conrad wat ook vandag verjaar. Hoop jy gaan jou dag baie geniet.

Thursday 22 October 2009

Kobus van Wyk verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag, Kobus. 'n Baie mooi en geseënde nuwe lewensjaar word jou toegewens. Geniet 'n baie besondere dag.


Wednesday 21 October 2009

Verjaarsdae

Baie geluk met jou verjaarsdag, Marinda. Mag die nuwe lewensjaar alles wat mooi is inhou. Mag jou pad besaai wees met vreugde, geluk en voorspoed.
Geniet die dag.


Nicolette Coetzee en Leen van der Merwe het gister verjaar. Baie geluk, julle twee. Hoop julle het 'n wonderlike verjaarsdag geniet. Alles wat mooi is word julle toegewens vir die nuwe lewensjaar.

Dankie Hekkie, Daleen en Ruben


Verlede week was dit Hekkie, Daleen en Ruben se beurt om op die plaas te kom help. Hulle het by Johan en Sebil gebly vir drie dae. Hulle het Maandag begin en is eers Donderdagoggend weer huistoe. Baie dankie vir julle hulp.
Ons, ek en Sebil, het Woensdag toe saam met Daleen en Ruben Taupo toe gegaan vir die dag. Kruideniersware is gekoop en Ruben het Daycare toe gegaan. Dit was weer lekker om bietjie in Taupo shopping te doen. Ons kom nie meer so gereeld daar nie. Ons het toe ook saam met Daleen na die midwife toegegaan. Alles gaan nog goed met die nuwe baba. Wou 'n foto van die berg geneem het, maar die wolke het hom heeltemal verskuil gehou. Hy is natuurlik nog toe onder die sneeu. Dit het verlede week nog gesneeu in die Suid sowel as die Noord Eiland. Julle sal nie glo as ons sê dat ons in Oktober nog wintersklere dra nie.
Nogmaals baie dankie vir julle hulp en julle kuier. Ons het dit baie geniet.

Sunday 18 October 2009

Vandag se verjaarsdae en huweliksherdenking

Suané Wentzel is vandag 3 jaar oud. Baie geluk, Poplap. Ek hoop almal bederf jou vandag baie. Bly altyd so 'n pragtige en oulike dogtertjie soos jy nou is. Liefde.




Saam met Suané verjaar MJ Olivier vandag. Baie geluk, MJ. Geniet 'n baie spesiale dag.



Billy en Magda vier ook vandag hul huweliksherdenking. Baie geluk, Julle. Laat weet 'n bietjie hoe dit gaan. Hoop dit is 'n baie mooi jaar wat voorlê. Geniet die dag.


17de Oktober verjaarsdae

Baie geluk met jou verjaarsdag gister, Liza. Hoop dit gaan 'n baie mooi jaar wees, vol van alles wat mooi is. Ek glo jy is baie bederf!!!!!

Saam met Liza het ook Yvette du Toit, Stolla Snyman en Christo Geldenhuys verjaar. Baie geluk ook aan julle. Hoop dat julle die dag geniet het. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word julle toegewens.

Verjaarsdagwense en huweliksherdenkings

Jaco het 16 Oktober verjaar. Ons het nie vergeet nie, maar het nie naby die blog gekom nie. Soos ek reeds vertel het, het een van ons werkers seergekry en die ander moes hulle af dae kry. Ek en Sebil moes inspring om te help. Jy was heeldag in ons gedagtes. Hoop dat jy die dag baie geniet het en dat jy baie bederf is. Mag die jaar wat voorlê alles wat mooi is inhou.


Saam met Jaco het klein Nico Zach van der Merwe ook verjaar. Hoop dat jy jou verjaarsdag baie geniet het. Mag dit vir jou ook 'n baie mooi jaar wees.
Josua en Charlene Erasmus het hul 10de huweliksherdenking gevier. Baie geluk, Julle. Mag die jare wat voorlê alles wat mooi is inhou. Hoop dat julle die dag baie geniet het.
Pierre en Nicolene Delport het ook hul 5de huweliksherdenking gevier. Baie geluk ook aan julle. 'n Baie mooi nuwe huweliksjaar word julle toegewens.

Coromandel Peninsula













Ons het so vinnige wegbreek verlede week geniet en na die Coromandel Peninsula gegaan sodat Ruben vir die eerste keer met sy visstok kon visvang. Hy was so opgewonde oor die visvangery. Ons is toe na die jetty to om te gaan probeer en dit het toe glad nie sleg afgeloop nie, behalwe dat Ruben maar skrikkerig was vir die vissies nadat hy dit gevang het, maar toe hy eers die op katrol bemeester het was dit al wat hy wou doen. Hy het ook sy pa mooi gehelp om aas aan die hoek te sit. Tot ons verbasing het hy toe ook 'n redelike groot vis aan die hoek beet gekry en dit was toe die cherry op die koek.






Die Coromandel is so bietjie meer as 3 ure se ry van ons af. Daar is verskeie klein dorpies verbind met mekaar deur die Pacific Coast Highway. Die dorpies se populasies verskil van 1000 tot 5000 in elke dorp. Hier is 'n uitreksel van hulle website oor die Coromandel en sy geskiedenis.

Evidence of some of the earliest Polynesian settlement in New Zealand exists on the Coromandel. Historical interest points exist around every corner, telling the stories of the two great navigators Kupe and Cook and those who followed in their footsteps.

Captain Cook visited the area in 1769 and observed the transit of the planet Mercury across the face of the sun hence the names of some of the region's beaches and bays - Mercury Bay and Cook's Beach.

In the nineteenth century the peninsula teemed with human activity associated with the exploitation of timber, gold and kauri gum. Eventually the kauri and the accessible gold were exhausted and the gum market destroyed. The Coromandel lapsed into an economic and social decline that was eventually halted by the gradual growth of farming, fishing, horticulture and tourism. The land slowly "mended" and a new era of people moved into the area, one that valued the environment. Thirty four percent of the land on the peninsula is now administered by the Department of Conservation.

The Coromandel is a rich and colourful creative hub with many studios and galleries showcasing some of New Zealand's most talented artists’ work.

Ruben se tweede versoek die naweek was om trein te ry, die naaste wat ons aan dit kon kom was die Driving Creek Railway, 'n uur lange trip met 'n uniek treintjie deur 'n kauri bos wat draaie en tonnels in sluit tot ons by 'n uit kyk punt gekom het wat die Eyefull Tower genoem word. As mens daarbo kom het jy verstaan hoekom dit so genoem is. Dit het 15 jaar gevat om dit gebou te kry.









Thursday 15 October 2009

Arno is 5 jaar oud


Arno Verster het gister sy 5de verjaarsdag gevier. Baie geluk, Arno. Hoop jy het die dag baie geniet en is baie bederf. Op die foto is jy sommer nog 'n ou baba. Wanneer ons jou weer sien, sal ons jou foto update of Mamma kan vir ons 'n mooi foto stuur.

Tuesday 13 October 2009

Kobus het verjaar

Kobus Lombard het gister, 12 Oktober verjaar. Baie geluk, Kobus. Jammer dat ons nou eers geluk sê. Dit het 'n bietjie dol gegaan. Hoop jy het die dag baie geniet. Vreugde, vrede en seën word jou toegebid op die nuwe lewensjaar.





Sunday 11 October 2009

Eathan Jordaan is 4 jaar oud




Baie geluk met jou 4de verjaarsdag, Eathan. Hoop dat jy lekker bederf word deur almal. Geniet die dag - en ek glo ook die partytjie.

Saturday 10 October 2009

Leedwese

Ons het met leedwese verneem van die afsterwe van Sue se pa. Baie sterkte vir julle. Ons dra julle in ons gebede op aan ons Hemelse Vader. Liefde.

Dogtertjies kuier






Die eerste week van die skoolvakansie het die Odélia, Annika en Joanné vir 'n paar dae hier by my en Pieter gekuier. Ons het hulle die Sondagmiddag gaan haal. Annika en Joanné is die Dinsdag weer huistoe, want Joanné het weer oorontsteking gekry. Odélia het nog tot die Donderdag gekuier. 'n Paar foto's van hulle.
Hier is hulle aldrie besig om stickers te plak en vir Mamma en wie weet nog almal kaartjies te maak.



Middagslapie tyd. Dit is altyd moeilik. Hulle wil almal op Oupa se bed slaap. Hier slaap Joanné en Annika op die bed. Gelukkig was hulle so uitgeput na die oggend se shopping, dat hulle feitlik onmiddelik aan die slaap geraak het. Deur die dag slaap hulle nie op dieselfde bed of in dieselfde kamer nie, want dan is dit altyd 'n gespeel voordat hulle aan die slaap raak.

En Ousus? Ja, julle het reggeraai. Sy slaap so af en toe in die middag. Sy wag tot alles mooi stil is, klim uit die bed en dan kry jy te swaar om haar terug te stuur. Sy doen dan haar eie ding terwyl die ander twee slaap.




Verlede Sondag het Japie, Yolandi en die dogters almal hierheen gekom. Een van ons werkers het geval met sy motorfiets en sy sleutelbeen seergemaak. Hy is afgeboek tot die 4de November. Japie het afgehad en besluit dat hulle moes kom help.
Dit was eintlik Pieter se aftyd, maar dit kon toe nie regtig gebeur nie, want hande was te min. Hy het elke oggend en middag gemelk en in die dag gehelp met al die ander werk. Yolandi het Maandagmiddag gemelk. Ouma het natuurlik net die room gekry. Sy het gekuier en is lekker bederf. Met Yolandi in die huis het ek gladnie bekommerd gewees oor wat ons gaan eet nie. Dit is lekker as iemand anders kosmaak. Mens raak so deurgeëet aan jou eie kos.
Die kuier was ook lekker lank. Vanaf Sondagmiddag tot Donderdagmiddag.
Ons is baie geseënd om ons kinders so naby ons te kan hê. Ons kan ons Hemelse Vader nie genoeg daarvoor dankie sê nie.
Baie dankie, Japie en Yolandi, dit was so 'n lekker kuier. Ons sien mekaar nou nie meer so gereeld soos verlede seisoen nie. Kom kuier gerus weer vir ons.

Dian en Aneske verjaar

Dian is Odélia 'n kort kop voor. Hy is al vandag 6 jaar oud. Baie geluk, Dian. Hoop al jou drome word waar. Pappa en Mamma moet jou vandag baie bederf. Geniet die dag. Ek sien julle het lekker partytjie gehou. Liefde.


Aneske Olivier verjaar ook vandag. Baie geluk, Ounooi. Hoop jy word lekker bederf. Geniet die dag.

Friday 9 October 2009

Ruben skeer




Dit het Ruben nog altyd gefasineer - Pappa wat skeer en hy het ook sy oupa Danie in Suid Afrika fyn dop gehou. Met sy verjaarsdag het hy toe 'n kamma skeermes en al die toebehore gekry. Hier is 'n paar foto's van sy eerste skeersessie. Te oulik.





Thursday 8 October 2009

Verjaarsdae en huweliksherdenking

Baie geluk met jou 61ste verjaarsdag, Francois. Gods rykste seën word jou toegebid. Mag jy nog lank vir jou familie en almal wat vir jou lief is gespaar bly. Hoop die familie bederf jou baie. Geniet 'n baie spesiale dag. Liefde.

Baie geluk André en Hettie met julle huweliksherdenking. Mag die jare vorentoe vol geluk, vreugde en liefde wees. Bederf mekaar gerus en geniet 'n baie spesiale dag.

Baie geluk met jou 41ste verjaarsdag vandag, Johann. Mag die jare vorentoe besaai wees met alles wat mooi is. Geniet 'n besonder dag.