Wednesday 21 October 2009

Dankie Hekkie, Daleen en Ruben


Verlede week was dit Hekkie, Daleen en Ruben se beurt om op die plaas te kom help. Hulle het by Johan en Sebil gebly vir drie dae. Hulle het Maandag begin en is eers Donderdagoggend weer huistoe. Baie dankie vir julle hulp.
Ons, ek en Sebil, het Woensdag toe saam met Daleen en Ruben Taupo toe gegaan vir die dag. Kruideniersware is gekoop en Ruben het Daycare toe gegaan. Dit was weer lekker om bietjie in Taupo shopping te doen. Ons kom nie meer so gereeld daar nie. Ons het toe ook saam met Daleen na die midwife toegegaan. Alles gaan nog goed met die nuwe baba. Wou 'n foto van die berg geneem het, maar die wolke het hom heeltemal verskuil gehou. Hy is natuurlik nog toe onder die sneeu. Dit het verlede week nog gesneeu in die Suid sowel as die Noord Eiland. Julle sal nie glo as ons sê dat ons in Oktober nog wintersklere dra nie.
Nogmaals baie dankie vir julle hulp en julle kuier. Ons het dit baie geniet.

No comments: