Wednesday 31 December 2008

Gelukwensings

Happy birthday to you, Happy birthday to you, Happy birthday dear
Joanne, Happy birthday to you.
Baie geluk, Joanne. Gods rykste seën word jou toegebid. Geniet die dag.



Baie geluk, Heinrich. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar, vol vreugde, geluk en voorspoed word jou toegewens. Mag jy nog lank vir jou gesin gespaar bly. Geniet die dag.



Tuesday 30 December 2008

90 Jaar Oud Vandag

Wat 'n mylpaal!!!!
Baie geluk met Pa/Oupa se verjaarsdag. Mag die jaar wat voorlê beter gesondheid inhou. 'n Jaar vol vreugde, vrede en geluk word Pa toegebid. Mag die Here Pa ryklik seën.
Baie jammer dat ons nie die dag saam met Pa kan deurbring nie. Liefde van ons almal hier in
New Zealand.




Ouma Miemie se verjaardag

Baie geluk met Ma se verjaardag. Ons hoop dat ma 'n baie lekker dag sal he. Mag die Here Ma baie geseende en voorspoedige jare vorentoe gee.

Monday 29 December 2008

Byeenkomste Sondae

Ons familie kom nou elke Sondag bymekaar om die Here te loof.
Ons sing 'n paar liedjies en lees ook 'n stukkie uit die Bybel saam.








Sunday 28 December 2008

Gelukwensings



Therine, baie geluk met jou vejaarsdag vandag. Ons glo dat die jaar wat voorlê vol geluk en vreugde vir jou sal wees. Jy moet jou dag baie geniet en lekker verjaar.


Dan verjaar WC ook vandag. Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die jaar wat voorlê vol vreugde en voorspoed wees. Hoop jy geniet jou dag.

Saturday 27 December 2008

Kersfees by Ruben se dagsorg

Dit was eers speeltyd toe ons Dinsdag by die dagsorg kom vir Kersvader se besoek aan Ruben en sy maatjies. Hy was nie mooi seker wat ons nou eintlik daar doen nie, want ons was dan nou met "kansie". Was baie verbaas om die oom met die rooi pak klere te sien toe hy nader stap, en het hom goed dop gehou. Hy het ook baie versigtig sy geskenkie gaan kry. Sy eerste regte ontmoeting met die oom en sy grys baard was baie "versigtig", hy wou ook nie te lank op sy skoot sit nie en ons moes maar vinnig foto neem.









Friday 26 December 2008

Ou Kers Aand

'n Mens kan nie glo dit was
alweer Kersfees nie.
Hier staan die kersboom
met al die geskenke.


Ons het lekker saam by Oupa en Ouma gekuier.



Gesins foto's:
Oupa en Ouma

Japie, Yolandi, Odélia, Annika en Joanné


Hekkie, Daleen en Ruben



Johan en Sebil


Hier het Kersvader aan gekom.

Kersvader deel geskenkies uit.


Almal maak geskenke oop.



Happy B-day Gena

Jy is ook nou nie meer die klein seuntjie wat ons leer ken het nie, dis vandag 'n groot dag vir jou. Baie baie geluk met jou verjaardag. Mag die jare wat vir jou voorle geseend en voorspoedig wees. Geniet die dag

Thursday 25 December 2008

Kersfees

Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! En dit is vir julle die teken : julle sal 'n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in 'n krip lê.
Skielik was daar saam met die engel 'n menigte engele uit die hemel wat God prys en sê :
"Eer aan God
in die hoogste hemel,
en vrede op aarde
vir die mense in wie Hy
'n welbehae het!"
Webfetti.com
Stille nag, Heilige nag!
Jesuskind, lank verwag,
Lig uit Lig, uit die Vader se ryk,
word uit liefde aan mense gelyk.
Loof die hemelse Kind!
Loof die hemelse Kind!
Geseënde Kersfees.
Mag dit vir julle almal 'n ware Christusfees wees.
Geniet 'n wonderlike dag.
Liefde van ons almal in New Zealand.
Pieter en Annatjie Nortje
Japie, Yolandi, Odélia, Annika en Joanné Nortje
Hekkie, Daleen en Ruben du Plessis
Johan en Sebil van der Merwe

Wednesday 24 December 2008

Eerste Strydom Agterkleinseun

Suné het vir ons laat weet dat die babatjie wat oppad is 'n seuntjie is.
Baie geluk julle, hoop hy gaan vir julle baie vreugde bring.
Dan ook aan die Oupas en Oumas, baie geluk met die nuwe kleinseun wat oppad is.




Tuesday 23 December 2008

Marelize Labuschagne verjaar






Baie geluk met jou 40ste verjaarsdag vandag, Marelize. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegebid. Mag jou paadjie met rose besaai wees. Geniet 'n baie spesiale dag.

Monday 22 December 2008

Huweliksherdenking

Webfetti.com







Baie geluk met julle huweliksherdenking, Daan en Clara. Mag jul huwelikspad besaai wees met rose. Gods rykste seën word julle toegebid. Mag julle nog lank vir ons almal gespaar bly. Geniet 'n besondere dag en bederf mekaar baie. Liefde.

Sunday 21 December 2008

Verjaarsdae

Webfetti.com










Baie geluk aan Marinda Strydom en Isabel Coetzee wat vandag hul verjaarsdae vier. Mag dit vir julle albei 'n baie mooi nuwe lewensjaar wees. Vol vreugde, voorspoed en geluk. Geniet die dag.

Saturday 20 December 2008

Dit is Elize se verjaarsdag


Baie geluk, Elize, met jou 65ste verjaarsdag. Gods rykste seën word jou toegebid. Mag dit 'n baie mooi nuwe lewensjaar wees, vol seën, voorspoed en geluk. Geniet 'n baie spesiale dag.