Sunday 28 November 2010

Ryno verjaar

27 November 2010
Baie geluk met jou 13de verjaarsdag, Ryno. Ek glo dat jy die dag baie geniet het en lekker bederf is. Mag die nuwe jaar gevul wees met al die mooi. Dit hou ook 'n nuwe skool en ... en ... en... in. Geniet elke oomblik daarvan.

Saturday 27 November 2010

Liewe Kersvader.....




Vanaand het ons al vyf om die tafel gesit na ete om vir Kersvader 'n briefie te skryf. Ja, selfs pappa en mamma moes lysies maak.


Elkeen mag wens vir 5 goed...en miskien as ons soet is, bring Kersvader 1!

Odélia: Carnival Game(Nintendo); Family Tent; Cupcake maker; Beados; Roller blades.


Annika : Skateboard; Slaap sak; Kitaar; Nintendo; Perd!


Joanné: Fiets; Scooter(skopfiets); Strawberry Shortcake Pop; Leapfrog Scribble & Write; See-saw.


Hierdie arme Kersvader kry baie spesifieke lysies, jong! Ek moes net keer of ons kies sommer die kleure van elke item ook! Ons sal maar sien wie is soet....

Thursday 25 November 2010

So 'n bietjie spog

5 Baie spesiale klein mensies in ons lewens. Die foto is met Chanel se 1ste verjaarsdag partytjie Saterdag geneem.
Annika (5), Ruben (4), Odélia (amper 7), Chanel (1) en Joanné (3).


Verjaarsdae 24 en 25 November

Veels geluk liewe Carla, omdat jy verjaar, mag die Here jou seën en nog baie jare spaar. Hoop almal bederf jou baie vandag. Geniet 'n baie lekker dag. Kan nie glo jy is al 5 jaar oud nie.
'n Spesiale persoon verjaar ook vandag. Baie geluk met tannie Hessie se verjaarsdag. Gods rykste seën word jou toegebid. Mag die nuwe lewensjaar alles wat mooi is inhou. Geniet 'n baie besonderse dag. Liefde.
Baie geluk met jou verjaarsdag, Rochelle. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens. Geniet 'n baie mooi dag.

24 November 2010

Baie geluk met jou verjaarsdag Joyce. Ons hoop dat jy die dag baie geniet het en lekker bederf is.





Tuesday 23 November 2010

Louis en Danie verjaar.

Baie geluk met jou verjaarsdag, Danie. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens, gevul met al die mooi van die lewe. Geniet 'n baie besonderse dag.




Baie geluk met die herdenking van jou geboortedag, Louis. Gods rykste seën word jou toegebid vir die nuwe lewensjaar. Mag jy nog baie lank vir almal wat vir jou lief is gespaar word. Geniet 'n baie besonderse dag.




Sunday 21 November 2010

Chanel se 1ste verjaarsdag

Baie geluk met jou 1ste verjaarsdag, Chanel. Ons glo en vertrou dat Liewe Jesus jou veilig is sy hande sal hou. Hoop jy gaan jou daggie baie geniet, al verstaan jy nog nie dat vandag 'n spiesiale daggie in jou lewe is nie.
Ons is baie lief vir jou!!!




Baie geluk ook aan : Rina Strydom en Gielie Pretorius wat ook vandag verjaar. Hoop die nuwe lewensjaar is gevul met alles wat mooi is. Geniet die dag.

20 November 2010

Baie geluk met jou verjaarsdag Marijon. Ons glo dat die jaar vol vreugde vir jou sal wees. Hoop jy gaan jou dag baie geniet.




Baie geluk ook Josua met jou verjaarsdag. Hoop jy gaan 'n wonderlike nuwe lewensjaar ervaar. Geniet die dag.

Wednesday 17 November 2010

Jacques verjaar

Baie geluk ook aan jou, Jacques. Ook vir jou is ons wense alles wat mooi en goed is vir die nuwe lewensjaar. Geniet elke oomblik van die dag. Liefde.



Nadia is 21

Baie geluk met jou mondigwording. 'n Wonderlike nuwe lewensjaar word jou toegewens, gevul met alles wat mooi is. Hoop jy geniet die baie bederf wat jou ma vir jou beplan het. Mag die sleutel wat jy vandag ontvang baie deure vir jou oopsluit. Geniet 'n baie besonderse dag. Liefde.


Tuesday 16 November 2010

Huweliksherdenkings en 'n verjaarsdag

Baie geluk met jul huweliksherdenking, Barend en Tieka. Mag die toekoms gevul wees met liefde, geluk en vreugde. Geniet die dag.



Baie geluk ook Hannes en Karmen met jul huweliksherdenking. Ook vir julle wens ons alles wat mooi is toe vir die toekoms. Geniet die dag.
Baie geluk Johan Toerien met jou verjaarsdag. Alles wat mooi en goed is word jou toegewens. Hoop jy word lekker bederf. Geniet die dag.

Monday 15 November 2010

Joleen verjaar.

Hi Ounooi, baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die jaar wat voorlê gevul wees met al die mooi in die lewe. Geniet 'n baie besondere dag. Liefde.



Sunday 14 November 2010

Clara en Amanda verjaar

Veels geluk met jou verjaarsdag, Clara. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegebid, gevul met alles wat mooi en goed is. Geniet 'n baie besonderse dag saam met almal wat vir jou lief is. Lief vir jou.
Baie geluk met jou verjaarsdag, Amanda. Mag die nuwe lewensjaar alles wat mooi is inhou. Geniet die dag. Liefde.




Wednesday 10 November 2010

Baie geluk

Johan het gister sy residence gekry. Baie geluk, julle. Ons is nou weer 'n trappie nader aan waar ons wil wees. Lief vir julle.




Wednesday 3 November 2010

Hetta verjaar vandag.
Veels geluk liewe niggie, omdat jy verjaar. Mag die Here jou seën en nog baie jare spaar. Geniet 'n baie besondere dag en jaar. Hoop Pieter bederf jou baie.



30 Oktober 2010
Baie geluk met die herdenking van jou geboortedag, Elize (Strydom). Alles wat mooi en goed is word jou toegewens vir die toekoms. Hoop jy is baie bederf.



31 Oktober 2010
Baie geluk met jou verjaarsdag, Eugene. Mag die nuwe jaar gevul wees met alles wat mooi is. Hoop jy het die dag baie geniet.