Friday 22 February 2013

Verjaarsdag en huweliksherdenkings

 
Baie geluk met jou verjaarsdag, Ina.  'n Baie mooi en vreugdevolle nuwe lewensjaar word jou toegewens.  Geniet die dag.
 
 

 

Baie geluk met jul huweliksherdenking, Bes en Jo. 10 Vol sakke sout opgeëet. 'n Baie mooi en vreugdevolle toekoms word julle toegewens.  Ons wag vir jul volgende kuier. Geniet die dag en bederf mekaar.




Dit is ook Johann en Isabel se huweliksherdenking.  Baie geluk, julle.  Ook vir julle wens ons net die mooiste vir die toekoms toe.  Geniet die dag.
 


Wednesday 20 February 2013

Vaudette verjaar

 
Baie geluk met jou verjaarsdag, Vaudette.  Mag al jou kinderdrome waar word.  Geniet die dag.
 
 

Tuesday 19 February 2013

Die backing gates

 
In die ronde houkraal, kom daar twee hekke.  Hulle word backing gates genoem.  Hierdie hekke word van die kontrole bokse af beheer.  Die hekke is agter die koeie om hulle aan te jaag.  Party hekke het nog 'n tiepe van sirene ook aan wat dan help om die koeie aan te jaag.  Jy hoef nie in die houkraal te gaan om die koeie aan te jaag nie. 'n Groot pluspunt.
 




 
'n Foto van die hele shed geneem.  Dit begin nou regtig na besigheid lyk.  Die vensters en deure hang ook al.


Monday 18 February 2013

Marnel verjaar

 
 
Baie geluk met jou verjaarsdag, Marnel.  Mag al jou kinderdrome waar word.  Geniet die dag en ek hoop Pappa en Mamma bederf jou sommer baie.  Gaan definitief 'n updat foto neem wanneer ons in Suid-Afrika is.
 


Die mure gaan op

 
Die volgende foto's is van die mure wat opgesit word.
 
Hierdie muur is nie aan die kant waar die koeie inkom en die houkraal is nie, dit is reg teenoor daardie kant.
 

 
Op hierdie foto kan gesien word waar die elektriese skakelaar kamer gaan kom.  Al die elketriese kontroles word in een kamer bymekaar gebring.
 



 
Die kleur van die mure verskil van mekaar binne en buite.  Buitekant is effens donkerder as die binnekant.



 
Hier is al deure in die mure gesny.  Die twee deure op regterkant word albei nog groter gesny vir oproldeure.



 
Op die linkerkant van die foto is die twee warm water silinders.  400 liter elk.
 



 
Die mure van die houkraal se kant af.
 



Sunday 17 February 2013

Verjaarsdae en 'n huweliksherdenking

 
 
Baie geluk Jana en Phillip wat vandag verjaar.  'n Jaar gevul met al die mooi van die lewe word julle toegewens.  Geniet die dag.

Saturday 16 February 2013

Elsa verjaar

 
Baie geluk met jou verjaarsdag, Elsa.  'n Jaar gevul met vreugde, voorspoed en geluk word jou toegewens.  Geniet die dag.
 

 

Friday 15 February 2013

Die kontrole bokse

 
Hierdie twee foto's is van die kontrole bokse.  Die eerste een kom aan die kant waar die koeie inloop. Vanaf hierdie boks kan alles beheer word.
 
Die tweede foto is die boks wat aan die uitloop kant kom.  Hierdie boks het minder knoppe en kan nie alles beheer wat vanaf cups on se kant gedoen kan word nie.
 
 
 



Sal op latere foto's wys waar hulle staan.

Thursday 14 February 2013

Nog 'n race word gebou

 
'n Paar foto's van nog 'n race wat gebou word.  Hierdie plaas se contour is baie op en af.  Nie net soos in heuweltjies nie, sommer regtig afgronde.  Waar die mense werk, kan jy dit partykeer nie glo nie.  Dit lyk en is so gevaarlik.
 




So in die verte sien jy die shed en hoe al die races daar bymekaar kom.
 
Daar moet 'n race vanaf elke paddock (weikamp) wees, sodat die koeie by die stal kan kom.
 



Wednesday 13 February 2013

Die shed

 
Al die binnegoed word nou ingesit.  Elektriese bedrading vir die draaitafel, en die melkmasjien se binnegoed word gedoen.
 


 
 


So word elke krat op die draaitafel genommer.  Daar is 54 kratte.  Elke krat is dan toegerus met sy eie klos (melkmasjien) wat aan die koei se uier vassuig met vacuum.  So word die koeie dan gemelk.  Wanneer die draaitafel 'n volle rondte gemaak het, is die koei uitgemelk en kan sy afklim van die tafel af en plek maak vir die volgende een om op te klim.


 
 
Hierdie pype wat hier ingeconcrete is, is waar die KI platform gaan wees.  Dit is 'n platvorm wat platslaan tot teen die draaitafel, waarop die technician dan staan en 3 koeie op 'n slag kan KI, voordat die tafel dan weer moet aanbeweeg.
 

Hierdie is dan nou die snap chiller - om die melk te verkoel.   Pieter het my die hele tegniese proses verduidelik, maar dit is werklik nie vir my moontlik om woord vir woord te herhaal nie.  Bokant my vuurmaakplek.
 
 

 
Die tenk aan die agterkant van die snap chiller, word vol van die onderste foto se balle (polistiriën balle) gemaak.  Dan gaan daar 'n vloeistof deur die balle.  Dit is 'n geslote sisteem, wat op die ou end weer terug sirkuleer in die snap chiller in wat dan die melk verkoel.  Hoop julle kan so ietsie uitmaak.  Wanneer julle weer vir Pieter sien, vra hom om te verduidelik.
 
 




Tuesday 12 February 2013

Nog 3 verjaarsdae

 
Baie geluk met jou verjaarsdag, Jacqueline.  'n Baie vreugdevolle nuwe lewensjaar word jou toegewens.  Geniet die dag.
 
 
 
Elsabie verjaar ook vandag.  Baie geluk, Elsabie.  Ook vir jou wens ons net die mooiste toe vir die nuwe lewensjaar.  Hoop jy word lekker bederf.
 
 


Neels verjaar ook vandag.  Baie geluk, Neels.  Ook vir jou wens ons net die mooiste toe.
 


Monday 11 February 2013

3 Verjaarsdae

 
Veels geluk met jou verjaarsdag, Ina.  'n Jaar gevul met alles wat mooi is word jou toegewens.  Geniet die dag.
 
 

 
Baie geluk ook aan Lizelle met haar verjaarsdag vandag.  Ook vir jou wens ons net die mooiste toe.



 
Gerrit Hayward verjaar ook vandag.  Ons wense vir jou is ook alles wat mooi is vir die dag en jaar vorentoe.  Geniet elke oomblik.
 


Sunday 10 February 2013

Ons gaan kuier in Suid-Afrika

 
Ons vlieg 9 Junie tot in Dubai.  Dan gaan ons by Greg en Vicky kuier tot die 14de Junie die oggend.  Ons land dan in Suid-Afrika op 14 Junie 16h25.  Ons kuier tot 21 Julie en vlieg dan direk terug New Zealand toe.

Die shed

 
Daar het so 'n probleempie opgeduik met die concrete van die ronde houkraal.  Dit was baie nat toe die concrete gegooi is.  Daar het op 'n sekere gedeelte gaatjies gevorm.
 
Hierdie weet wat kom, gaan hulle die concrete optel, weer voorberei en dan weer gooi.
 



 
Die middel van die draaitafel was op 'n kol lekker vol water.  Het regtig gelyk asof jy daar kan swem en Chanel wou dit baie graag doen.  Die water was net verskriklik koud.
 



 
Hier lê die mure wat moet opkom.



Saturday 9 February 2013

2 Huweliksherdenkings en 'n verjaarsdag

 
Broer Hannes verjaar vandag en is 'n volle 66 jaar oud.  Baie geluk, Hannes.  Mag die toekoms besaai wees met mielies en nogmaals mielies.  Hoop dit is 'n goeie jaar vir julle.  Geniet die dag.
 
 


Phillip en Teresia vier vandag hul huweliksherdenking.  Baie geluk, julle. 'n Baie mooi jaar word julle toegewens. 





Dit is ook Johan en Elsebie se huweliksherdenking.  Baie geluk ook aan julle.  Ons wense vir julle is ook 'n baie spesiale dag en jaar.
 


Friday 8 February 2013

Thursday 7 February 2013

Today it is Craig's birthday.

 
Happy birthday, Craig.  Hope you enjoy the day and Sophie spoils you rotten.
 


Wednesday 6 February 2013

Tweeling verjaar

 
 
Weet nooit vir wie se foto het ek  verlede jaar eerste gesit nie.  Maar nou ja, Magda is die oudste so kom ons begin by haar.
 
Baie geluk met jul verjaarsdag.  Ons wense vir julle albei is dat die toekoms met net die mooi van die lewe gevul sal wees.  Geniet 'n baie spesiale dag.
 
 

Tuesday 5 February 2013

It's Sophie's birthday.

 
 
Happy birthday to you,
 
Happy birthday to you,
 
Happy birthday, dear Sophie,
 
Happy birthday to you!!!!!!!!!!!!!!
 
Enjoy the day.

Monday 4 February 2013

2 verjaarsdae en 'n huweliksherdenking

 
Baie geluk met jou verjaarsdag, Celandrie.  'n Jaar gevul met alles wat mooi is word jou toegewens.  Geniet die dag.  Sien so uit daarna om julle weer te sien.
 
 

 
Heinrich en Magda vier hul huweliksherdenking vandag.  Baie geluk, julle.  Mag die toekoms ook vir julle alles wat mooi is inhou.  Geniet die dag.
 



 
Nog 'n verjaarsdag meisie is Clarissa.  Baie geluk, Clarissa.  Ook vir jou wens ons net die mooiste toe.  Geniet ook 'n baie lekker dag.
 


Sunday 3 February 2013

Magdeli verjaar

 
 
 
 
 
 
Magdeli, die bruid in die foto, verjaar vandag.  Baie geluk, Magdeli.  'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens.  Geniet die dag.

Saturday 2 February 2013

Geluk Beverley en Sandra

 
 
Baie geluk, Beverley en Sandra met jul verjaarsdae.  Mag dit 'n baie mooi dag en jaar wees.  Geniet elke oomblik daarvan.
 


Friday 1 February 2013

Verjaarsdae en huweliksherdenking

 
 
Baie geluk met jou verjaarsdag, Kwas.  'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens.
 
 
 

 
Dit is ook Dylan se verjaarsdag.  Baie geluk, Dylan.  Ook vir jou wens ons alles wat mooi is toe.
 




 
Vandag verjaar Anlea en Anru ook.  Baie geluk ook aan julle.  Hoop julle geniet die dag baie.
 
Andries en Anneke vier ook hul huweliksherdenking vandag.  Baie geluk, julle.  Mag die toekoms besaai wees met rose.
 
 

Thursday 31 January 2013

Jacoli se inenting

Ons klein mensie moes gaan vir haar eerste inenting.
 
Yolandi het hierdie voor en na foto's vir ons geneem.
 
Eina tog.
 
 

Wednesday 30 January 2013

Die girls se eerste disco

 
Net voor die skool gesluit het, het die meisiekinders hulle eerste disco bygewoon.  Vorige kere, kon hulle nie gaan nie. 
Hierdie keer moes elkeen iets met Kersfees aantrek.
 
Annika was Santa se helpertjie.
 
 
 
 
 


 Odélia was mrs. Claus.
 



 
En Joanné was die engeltjie.



 
 
Weet nie wie van julle ken "Gangman Style" nie. Nou ja, ons kleingoed hier sing en dans daarop.  Odélia het die aand met die disco 'n prys gewen vir haar dans op Gangman Style.