Wednesday 30 April 2008

Hare was...

Ek het besluit om die drie wênas se hare te was voordat hulle vir die volgende paar dae by hulle oumas en tannies gaan bly. Odélia wou opsluit hê ek moet haar hare ook so 'bondeltjie' draai soos ek altyd myne maak as ek hare was. Joanné het nie hare om die 'bondeltjie' op haar kop te hou nie, toe draai ons maar haar lyfie in 'n 'bondeltjie'.

Yolandi se operasie

Yolandi se operasie word môre, 1 Mei gedoen. Graag wil ons vir haar baie sterkte toewens. Ons glo en vertrou dat alles goed sal gaan.



Ons sal julle op hoogte hou van haar vordering.
Dra haar asseblief in julle gebede op.

Restorasie

Ek en Japie het dié bank by 'n Antique winkel in Haweara gekoop vir 'n skamele $ 50. Japie het besluit al wat die bank nodig het, is 'n goeie afskuur sessie en 'n bietjie olie. Ek sal dan die kussing laat oortrek.


Die handyman aan die werk.



Odélia het besluit die skuurder raas te veel. Sy het pappa se 'safety hemlet' aangesit.


Annika kry ook 'n beurt met die helmet.


Joanné is vreeslik bang vir die skuurder, so sy het nie in die pret gedeel met haar sussies nie. Sy het eerder vir mamma gehelp in die kantoor.

Tuesday 29 April 2008

Verjaarsdae

Baie geluk aan Leoni van der Merwe wat vandag verjaar. Hoop jy het 'n wonderlike dag en dat en jaar wat voorlê, vol vreugde en geluk sal wees.




'n Wimpy in New Zealand

Kyk net wat het ek en Johan raak geloop in Rotorua. Ja dis 'n Wimpy, maar nie soos ons Wimpy's in Suid Afrika nie. Toe ek vir Ouma vertel van die Wimpy, toe sê sy vir my sy en Oupa het al daar geeet. Maar dis nie soos die Wimpy's waaraan ons gewoont is nie.



Jump jump, Ruben!

Ek het 'n rukkie terug fotos op die blog gesit van Odélia, Annika, Joanné en Ruben by die binne huise speelplek in New Plymouth. Hier is 'n kort video van Ruben wat op die trampolien speel. Hy het dit vreeslik geniet. Ek was toe nog bietjie dom met videos laai. As dié een werk sal ons meer gereeld videos opsit.



Sunday 27 April 2008

Verjaarsdae

Annatjie Verster en Kobus du Toit verjaar vandag. Baie geluk julle. Hoop die jaar wat vir julle voorlê is vol vreugde en voorspoed vir julle. Geniet die dag.
Kobus en Yvette du Toit het ook die 24ste April hul huweliksherdenking gevier. Mag dit vir julle 'n wonderlike jaar wees. Gods rykste seën word julle toegebid.

Plaas by Tokoroa (Johan en Sebil)

Ons wil net julle almal ophoogte bring, oor hoe ver hulle gevorder het met ons huis die laste 2 weke.



Die voorkant van die huis.






Die agterkant van die huis.



Die kombuis en eetkamer.


Die sitkamer.



Hulle het al die tweede huis se vloer gegooi en die raam werk op gesit.


Saturday 26 April 2008

Ons nuwe huis op die plaas

Ek weet nie wie almal al weet nie, maar Pieter en ek trek begin Junie, of wanneer die huis klaar is, plaas toe. Pieter het 'n 2IC (Tweede in bevel) pos aanvaar op die plaas waar Japie bestuurder is. So, Pa gaan saam met Seun werk. Hekkie het op die ander plaas wat Japie bestuur die 2IC pos aanvaar. Dit gaan dus 'n saamboerdery wees. Japie, met sy pa en swaer op die twee plase. Wel, ek het 'n paar fotos van ons huis op die plaas wat ek vir julle wil wys. Die 3 huise, die stal, calfrearingshed, workshop en al die ander geboue word nuut op die plaas (Wairarapa Moana plaas nr. 14) gebou.
Die huis van buite af. Dit is 'n 3 slaapkamer huis, maar ons gaan die een kamer in 'n kantoor omskep, want ons het nie weer 'n kas wat ons ons kantoor kan maak nie. Verder is daar ook twee garages.




Die kamer wat ons in 'n kantoor gaan omskep. Die groot venster kyk op die stal en die "calfrearingshed". So ons kan in die huis sit en alles dophou wat gebeur.


Die calfrearingshed en die workshop van die huis afgeneem.


Die sitkamer. Dit is 'n oopplan. Sit-en-eetkamer en kombuis alles aanmekaar. 'n Lekker kombinasie. Dit is redelik groot, so ek dink ons sal alles kan inpas. By die skuifdeure, links op die foto, kom 'n deck waar al die vleisbraaiery sal plaasvind.




Dit is so lekker as daar nie meubels in 'n vertrek is nie. Kyk net hoe geniet die drie meisiekinders dit. Nané, al kan sy nog nie regtig hardloop nie, het ook deelgeneem aan die pret. Sy het saam met Odélia en Annika rond gehardloop. Dit was nogal 'n gesukkel om hulle daar weg te kry.


Die kombuis. Die Sitkamer, Eetkamer, Ingangsportaal, Kombuis en Gang se mure is alles met New Zealand Pine gedoen. Alles moet nog geverf word en die hout sal seker gestain word.


Die hoofslaapkamer. Ek het nou wel nie 'n en suite badkamer en 'n inloop hangkas nie, maar dit sal doen. Dit is mos maar net ek en Pieter in die huis en ons het die hele huis vir onsself.


Die tweede garage. Ons beplan om dit in 'n scrapbookkamer en 'n ekstra slaapkamer te omskep. Ons sal die sleepercoach teen die deur sit en die tafels in die middel van die vertrek. Miskien sal ek dan begin met my klasse vir kaartjies maak en scrapbooking. As ek natuurlik tyd kry, want ek hoor dat ek baie besig gaan wees op die plaas.



Annika, hieronder by die bad afgeneem. Sy is baie bekommerd, want Ouma se badkamer en bad is baie vuil. Waar sal hulle dan nou kan bad as ek dit nie skoonmaak nie.



Wel, ons hoop dat die huis soos hulle belowe het, teen die einde van April klaar sal wees. Dan kan ons intrek en klaar getrek wees teen die tyd dat Johan en Sebil en Hekkie en Daleen moet trek.

Hier in New Zealand is 1 Junie die groot uittog dag. Dan trek al wat leef en beef, wat 'n ander pos op 'n ander plaas aanvaar het.


Friday 25 April 2008

Die eindproduk

Hier is al die verwerkte groente.

Groentesop: 6 bakkies

Vleissop: 13 bakkies

Boontjies: 6 1/2 pakkies

Pampoen: 33 pakkies

Wortels: 7 pakkies

Patats: 7 pakkies

Rou Uie: 19 pakkies (20 kg)

Tamatiesous: 14 bakkies




Hier is ons span wat al die harde werk self gedoen het.


Dit wil gedoen wees.

Anzac day - 25 April

Nieu-Seeland en Australië hou op Vrydag 25 April ANZAC Day.
ANZAC is die naam wat gegee is aan die soldate van die AUSTRALIAN and NEW ZEALAND ARMY CORPS wat gedurende die oggend van 25 April 1915 tydens die Eerste Wêreldoorlog (1914-1918) op die Gallipoli-skiereiland in Turkye aan wal gegaan het.

Die plan was om Istanbul, die hoofstad van die Ottoman-Ryk en bondgenoot van Duitsland, te verower en Turkye as deelnemer aan die oorlog uit te skakel. Die ANZAC-mag het aan wal gegaan, maar is deur hewige weerstand van die Turkse verdedigingsmag begroet. Wat as ‘n ambisieuse plan begin het, het vinnig in ‘n skaakmat-situasie ontaard. Die loopgraafstryd het gevolglik vir agt maande voortgesleep.

Teen die einde van 1915 is die geallieerde magte aan Gallipoli onttrek, nadat beide kante swaar lewensverliese gely en groot ontberings beleef het. Meer as 8,000 Australiese en 2,700 Nieu-Seelandse soldate het gesterf.

Nuus van die ANZACS se mislukte aanslag het ‘n groot impak op Australiërs en Nieu-Seelanders tuis gemaak en so het 25 April spoedig die dag geword waarop hulle die gesneuweldes sou onthou. Dit word nou gesien as ‘n nasionale dag van seremonies, onthou, dankbaarheid en nasionale trots.

Al wat mens is dra in die week voor Anzac Day ‘n rooi ‘poppie (blommetjie) wat hulle oral by vrywilligers of op toonbanke met donasies koop. Die opbrengs gaan aan ‘n fonds vir oud-stryders.

Thursday 24 April 2008

Groente werkdag

Ons vrouens het besluit om vir die winter wat voorlê, 'n bietjie groente voorraad vir die vrieskas te maak. Ons het die vars groente gekoop en dit tot die eindproduk verwerk. Daar is pampoen, boontjies met artappels, patats, uie, wortels, groentesop, beesvleissop en ook natuurlik Julia se tamatiesous gemaak.



Hier is die kinders besig om met die artappels in Nané se swembad te speel, soos Annika sal sê.



Elkeen het 'n hand in gesit met alles. Hier is Daleen hard besig om patatas te skil.

Ouma is besig om die tamaties op te sny vir Julia se tamatiesous.


Hier is al 6 boerpampoene in die badjie klaar opgesny.


Ons het 'n 20 kg sak uie bewerk. Hier is 'n paar sakkies van die uie wat net so rou gevries is. Daar is in die boontjies, tamatiesous en die sop ook uie gesit.


Kyk hoe lekker lyk ons sop. Ons het groetesop en ook groetesop met vleis gemaak.


Hier is Yolandi en ek besig om skoon te maak in die kombuis.


Wednesday 23 April 2008

Partytjie

Almal was Dinsdag - aand genooi om by ons te kom koek eet. Hier is ek by die tafel, voor ek my kersies geblaas het.



Een, twee, drie .... blaas Sibies!


Ouma het vir my gehelp om die eetgoed te maak. Baie dankie Oumatjie.

Hier is die manne besig om lekker te kuier.

Hier is Johan, ek, Oupa en Ouma.

Tuesday 22 April 2008

Verjaarsdae

Ons wil almal vandag vir Sebil 'n baie spesiale geluk sê met haar verjaarsdag! Ons hoop jy geniet jou dag en ons glo dat Vader jou nog lank vir ons sal spaar. Jy is spesiaal vir ons en ons is baie lief vir jou!

Oom Kobus Strydom verjaar ook vandag. God's rykste seën word oom toegebid. Mag dit 'n vreugdevolle dag vir oom en oom se gesin wees. Baie Geluk!

Monday 21 April 2008

Pieter Jordaan verjaar

Pieter is vandag 58 jaar oud. Baie geluk met jou verjaarsdag. Gods rykste seën word jou toegebid. Mag dit 'n wonderlike jaar wees. Geniet die dag.
Pieter is op die foto saam met een van sy kleinkinders.

Sunday 20 April 2008

Ouma en die kombers

Ons sien nou al so uit na die kombers. Dit is besig om nou lekker koel te word. Ouma sê sy sukkel nou 'n bietjie, want die kombers word al hoe swaarder. Een van die dae gaan ons glad nie meer vir Ouma sien agter die kombers nie.


Saturday 19 April 2008

In my groot bed

Annika reken Nané is nou nie meer 'n baba nie. Sy is nou 'n "toddler", want sy slaap nou in 'n groot bed! Ek het dié foto geneem toe sy van oggend wakker geword het. Sy was in die nag twee keer wakker, en het half verdwaald rondgekyk voordat sy weer aan die slaap geraak het. Maar vanoggend was sy heel in haar skik toe sy agterkom sy is in haar eie groot bed, en sy kan nogal self afklim. Ewe windgat!

Friday 18 April 2008

Yolandi se operasie

Die hospitaal het gisteroggend kwart voor ses vir Yolandi gebel om te sê sy moenie inkom hospitaal toe nie, want daar is nie 'n bed vir haar nie. Sy is dus nie geopereer nie.
Hier is op die oomblik 'n strike van hospitaal personeel, so ons dink dit het ook iets daarmee te doen.
Hulle skeduleer haar weer vir 'n later datum. Ons sal julle op hoogte hou.



Thursday 17 April 2008

Veels geluk liewe Larissa!

Odélia se maatjie Larissa Visagie, verjaar vandag. Baie baie geluk liewe Larissa. 'n Hele vyf jaar oud. Ons hoop Liewe Jesus sal jou nog lank spaar. Wees altyd so 'n pragtige meisiekind. Ons is baie lief vir jou. Gee ook daai pragtige tweeling sussies van jou 'n lekker drukkie!



Wednesday 16 April 2008

Plaas by Tokoroa ( Johan en Sebil)

Ons was oor die naweek op die plaas. Hulle het mooi gevorder in die twee weke.



Hulle is nou besig om die masjiene in die shed te sit. By die voer kraal lyk dit ook goed. Is nog besig om die voer bakke te bou.









Monday 14 April 2008

Naweek in Auckland

Ons het die naweek in Auckland gekuier by Danie en Leanne en nig Chante en neef Joshua.
Terwyl Hekkie en Danie gaan lyn nat maak het, was ek en Leanne met die kinders na Chipmunks, ook 'n binne huise speelplek. Die weer het nie toe gelaat dat ons buite met hulle kon wees nie.





Na 'n baie besige oggend en 'n lekker slaap was die 3 reg vir lekker koue roomys op 'n lekker koue dag.