Wednesday 30 January 2008

Die droogte

Soos almal weet is dit baie droog hier by ons. Die laaste goeie reën wat ons gehad het was in Desember. Ons het laas week en Maandag so 8 mm gehad en dit was al. Die eerste foto het ek die 23 Jan '08 geneem. Jy kan darem nog bietjie groen sien.




Hierdie foto het ek vandag geneem. Ek het probeer om dieselfde plek af te neem. Kyk net die verskil. Ons het regtig baie reën nodig. Hier by ons melk die manne net 1 keer per dag. Hulle het al van die 550 koeie wat hulle melk, 80 opgedroog. Ek is bevrees hulle gaan weer volgende week nog koeie opdroog.


Plaas " reën vir Nieu - Seeland" op jul gebedslys, asseblief.

Tuesday 29 January 2008

Maak Kaartjies

Ek en Johan was Saterdag en Sondag af. Ons het toe 'n bietjie by Oupa en Ouma gaan kuier. Saterdagoggend het Japie en Yolandi met Odélia en Annika gaan fliek.Ouma het aangebied dat Joanné by ons kuier. Oupa en Johan het gaan golf speel. Die middag het ons almal lekker saam gekuier. Yolandi en Ouma het gaan kyk hoe kan hulle Joanné se doopkaartjie maak. Ek het toe gou gaan water in tap om die 3 meisiekinders te bad.







Hier is ons in Ouma se Scrapbookkamer.



Sunday 27 January 2008

'n Verjaarsdag vandag

Baie geluk aan Maureen Jacobs wat vandag verjaar. Ons hoop dat die jaar vorentoe net vol vreugde, vrede en geluk sal wees. Gods rykste seën word jou toegebid.

Saturday 26 January 2008

Baie geluk

Piet Bredenhann het gister verjaar. Baie geluk, hoop daar is mooi en vreugdevolle jare vorentoe.
Vandag is Zandre Labuschagne 'n volle 6 jaar oud. Baie geluk ou seun, hoop Pappa en Mamma bederf jou lekker vandag.

Paar foto's van oom Bes se Verjaarsdag

Hier is die drie meisiekinders





Die Nortje - huisgesin.


Ons het baie lekker buite op die deck gekuier. Oom Bes se mede werkers was ook genooi. So, die vreemde gesigte op die foto's is hulle.




Die twee oumas waar hulle hoort, in die kombuis.


Annika en Odélia wens oupa Bes geluk met sy verjaarsdag.




Friday 25 January 2008

Brokkie Nuus

Daleen het laat weet dat oom Danie nie lekker is nie. Spoedige beterskap vir oom.
Johan was Donderdag vir 'n onderhoud vir 'n bestuurderspos op 'n melkplaas by Cambridge. Die eienaar het gesê ons moet hom laat weet of ons belangstel. Bid vir ons dat ons die regte besluit sal neem.
Die bagasie wat mos agter bly toe Oupa en Ouma teruggekom het huis toe, is gister in Auckland afgehaal. Baie dankie vir almal wat daarmee gemoeid was.

Veels Geluk Boer Bes!

Oupa Bes verjaar vandag. Baie geluk met die 57ste, Boer Bes. Mag die Here jou ryklik seën in hierdie jaar wat voorlê.


Wednesday 23 January 2008

Hallo almal!!

Ek wil net gou vir almal hallo se en net wys hoe groot ek is, veral die klomp daar in New Zealand

Tuesday 22 January 2008

Aanstappie aanstappie, Nanétjie!

Jong, hierdie meisiekind wil nou net loop. Ouma Annatjie het die naweek Annika se karretjie, wat ons vir Ruben geleen het toe hy wou begin loop, by Daleen se huis gaan oplaai. Joanné het sommer vinnig besluit sy hou van dié idee.


Een, twee, drie, en daar trek sy!

Sy kruip ook nou volstoom, maar net as sy regtig moet. As mamma naby kom moet sy regop gehelp word, sodat sy kan loop.


Sy het 'n nuwe maaitjie ontdek. Sy speel ook lekker met haar nuwe babapop by die huis, en is vreeslik lief om die 'baba' te aaaaa.


Van Nané se loop-en -kruipery het die sussies nou genoeg gehad. Hulle kyk nou 'n storie en basta met die res. Nie eers ouma kry 'n smile vir die foto nie!


As Nanétjie gemaklik staan, los sy sommer jou vinger en staan alleen. Sy het baie goeie balans, maar weet nog nie mooi waar om te kyk as ouma wil kiekies neem nie.




Monday 21 January 2008

Ek neem Pieter indiens

Dit is nou al amper 'n week dat Pieter sy werk bedank het en ek moes iets doen sodat hy handig kan wees. Toe besluit ek dat ek hom maar indiens sal neem. Die salaris sluit net kos en skoon klere in, maar hy het darem ingestem.
Dit is Maandagoggend en die huis moet skoongemaak word en die wasgoed moet gedoen word. Daar moes 'n klomp goed in die dorp gedoen word en ons moet heel moontlik nog môre Auckland toe gaan om ons verlore pakkie te gaan haal. Hy het dadelik ingespring en gehelp.
Hier is hy besig om die hoof slaapkamer af te stof.


Na die afstof, moes hy stofsuig.

Ek het nie ledig gesit, soos julle almal gedink het nie. Die bondel wasgoed was groot en ek het gestaan en stryk.

Uiteindelik nuus uit Suid Afrika

Hier is uiteindelik brokkies uit SA.


Ons het 'n lekker besige tydjie die afgelope ruk gehad. Voor Hekkie gekom het was ek en Ruben in Piketberg vir so paar dae om by Kobus en Liza te kuier. Dit was so warm daar, die kleintjies is toe bederf met 'n swembad en het vet pret daarin gehad.
Ruben en Karla het te lekker saam gespeel.
Kyk net hoe blaas ek babbels


En nou gaan ek duik!
Karla


Simone


Hekkie het Vrydag die 11de Januarie geland en ons is almal strand toe Saterdag, sodat hy sy voete in die koue water van Bloubergstrand kan sit. Dit was 'n lekker warm dag en hy het ook sommer vinnig 'n tan gekry.










Sondag die 13de Januarie is Joshua in die NG Kerk in Bloubergstrand gedoop. Ons het daarna koek en tee geniet by Ons Huisie restaurant langs die strand.





Ruben geniet sy biltong!!


'n Mooi glimlag van Joshua



Ruben het op die grasperk by die restaurant weer maatjies gemaak en lekker bal gespeel.

Sunday 20 January 2008

5de Huweliksherdenking gevier

Ons het gisteraand by die RSA club in Mangakino Japie en Yolandi se 5de huweliksherdenking gevier. Bes en Jo-ann het die ete "geshout".


Op die foto is Johan, Adriaan, Oupa Pieter en Oupa Bes.


Jo-ann, Yolandi en Mariet


Die kinders het kos gekry, oogies toegemaak en Annika het gebid: " Dankie vir die lekker kossies Liewe Jesus, Amen". Soos gewoonlik met die een oog oop.

Saturday 19 January 2008

GOD SE GLIMLAG

'n Vriendin het hierdie foto vir my ge-email. Ek wou dit graag met almal deel. Die foto word GOD SE GLIMLAG genoem. Wow !

Voorspoed Bes en Jo-ann

Bes en Jo-ann het op 18 Jan in hul eerste woonplek ingetrek. Bes het op 'n melk plaas werk gekry. Hy begin volgende week daar werk. Voorspoed met die nuwe uitdagings.


Friday 18 January 2008

Gelukwensings

Baie geluk aan Japie en Yolandi met hul 5de huweliksherdenking. Hoop en vertrou daar sal nog baie gelukkige jare vir julle huisgesin wees. Vreugde, voorspoed en seën word julle toegebid.







Baie geluk Japes (Japie Strydom) met jou verjaarsdag vandag. Hoop die jaar sal vol vreugde en voorspoed vir jou en jou gesin wees.





Aan Thian wat ook vandag verjaar, baie geluk. Hoop jy gaan 'n lekker dag hê en dat jou jaar ook vol vreugde en geluk sal wees.

Wednesday 16 January 2008

Kuier dag

Sebil en Annatjie bak koekies. Ouma Issie jy sal baie trots wees op ons, want ons handtertjies se konfyt het nie uit geloop nie.
Pieter het vandag sy werk bedank en was net betyds om te help koekies bak. Johan het natuurlik ook gehelp, maar iemand moes die foto neem want Tinky kon nie.

Om te "celebrate" het Japie, Yolandi en die dogtertjies Taupo toe gekom. Ons het "beach" toe gegaan om bietjie te gaan swem. Die "beach" is natuurlik die meer. Die kinders het hulle gate uit geniet.





Dit is baie warm en droog hier in New Zealand. Die swem in die koue water het ons lekker afgekoel.