Sunday 31 August 2008

Sirkus tyd

Die sirkus het hier in Tokoroa kom kuier. Ek en Johan het Saterdagaand gaan kyk.




Pragtige ou klein Ponies. Hulle was te oulik.




Hier is 'n video clip van 'n ponie waarna julle kan kyk.



Kyk hoe swaai die meisie so hoog in die lig.


Kan nie glo dat hulle hul lywe so kan vou nie.



En daar was 'n rerige, erage OLIFANT.





Die volgende video clip is van die klein dogtertjie met die hoela -hoops. Sy was te pragtig. Ek kan nie glo sy is so goed daarmee nie. Ek weet nie eers meer of ek dit met een hoela kan doen nie.


Saturday 30 August 2008

Koeie word gemelk

Hier is 'n paar foto's van waar die koeie wag om gemelk te word. Hulle gaan nou op die draaitafel klim.





Die eerste koeie op die draaitafel.



Die koeie klim nou al baie makliker op. Hulle wou in die begin glad nie opgeklim het nie.


Johan besig om die koeie te melk.



Friday 29 August 2008

Elizna verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag, Elizna. 'n Jaar vol vreugde en voorspoed word jou toegewens. Geniet die dag.

Sebil word geopereer

Na weke van onsekerheid het ons nou uiteindelik 'n antwoord op waar, deur wie en wanneer ek geopereer gaan word.
My hartsesialis in New Zealand Dr. Chris Nunn, het aanbeveel dat ek 'n "defibrillator" moet kry.
Dit is 'n apparaat wat indien my hart te stadig of te vinnig klop, my sal skok om die hartklop na normaal terug te bring.
Oorspronklik was ons planne om met die mediese polis wat nog staande is, die operasie in Suid Afrika te doen. Met 'n groot skok op nommer 99 vind ons toe uit dat my hart probleem uitgesluit is op die polis.
Dit het veroorsaak dat ons die besluit geneem het om die operasie hier in New Zealand te doen.
Die datum waarop die operasie gedoen gaan word is 22ste September.
Ons sal julle ophoogte hou met wat aangaan.

Wednesday 27 August 2008

Joanné se uitstappie....

Joanné wou verlede week net nie van haar hoesie ontslae raak nie. Selfs die antibiotika kon haar nie regsien nie. Toe ek haar Maandag weer dokter toe vat, het hy besluit sy moet deur die pediater gesien word in Rotorua. Ek ry toe maar Rotorua toe en daar besluit die pediater toe sy moet in die hospitaal oornag vir observasie. Ai tog. Ouma Annatjie het toe die ander twee by Carol gaan haal waar hulle by Mialee gespeel het, en hulle het die aand by Ruben gaan slaap.



Joanné het ewe soet op die bed in die ongevalle saal gelê.




Die suster het vir haar 'n storie kom aansit op die TV.




Hulle moes bloed trek vir toetse en los toe sommer die drip in vir ingeval. Dit was bietjie eina, en sy het so hartseer gehuil dat sy na die episode toe sommer aan die slaap geraak het.




So deur die slaap het sy sommer die koors uitgesweet.




Na haar middag slapie het hulle ons na die kindersaal toe gevat, en daar het sy lekker rond gespeel. Daar het hulle vir haar hospitaal pajamas gegee, want omdat dit so onverwagse oorslapery was, het ons nie 'n tassie gepak gehad nie.




Sy was nie vreeslik opgetrek met haar aandete nie, en het besluit sy drink maar net haar melk.



Ons is die gisteroggend weer ontslaan en sy was bly om weer by die huis te wees. En die uitslag, dokter Johan Nel sê dit was maar net in die beginstadium van longontsteking, en dat die nuwe antibiotika haar sommer gou sal regruk. Sy het nog glad nie weer koors gehad nie, en lyk sommer baie beter.


Veels geluk

Baie geluk aan Nico van der Merwe wat vandag verjaar. Mag die jaar vol vreugde en voorspoed vir jou wees. Hoop jy gaan jou dag geniet.

Monday 25 August 2008

Nog 'n verjaarsdag

Ons predikant van die Afrikaanse Christen Kerk in New Zealand, Jaco Reyneke, verjaar vandag. Baie geluk met die herdenking van jou geboortedag, Jaco. Gods rykste seën word jou toegebid vir die nuwe lewensjaar. Geniet die dag.

'n Verjaarsdag

Baie geluk Louis Wessels, met jou verjaarsdag vandag. Voorspoed en seën word jou toegebid vir die nuwe lewensjaar.

Hare waai

Dit was die naweek tyd dat Ruben se hare waai. Moet net vir julle wys hoe groot hy is, alleen op die stoel gesit sodat sy pa sy hare kan sny. Daar was altyd 'n storie met die hare sny, of ek moes sny en Hekkie moet hom vas hou of andersom, en dan besluit Ruben ook sommer wanneer dit klaar is en al wat dan gese word is Klaar, klaar. Dan moet jy weet hy het nou genoeg gehad. Die keer het hy regtig baie mooi stil gesit op sy eie en geduldig gewag tot als klaar is. Hulle word darem net te vinnig groot.




Aan die begin, nog vol smiles en se net cheese.



Aan die einde, is jy nou klaar pa, die hare pla my nou. Glad nie meer snaaks nie.

Sunday 24 August 2008

Werk aan die races

Met die baie reën hier op die plaas het die races waarop die koeie loop weggespoel en dan ook 'n groot modder massa gemaak. As die koeie op die races geloop het was hulle bene heeltemal onder die modder. Hulle het toe iemand ingekry om die races te kom regmaak.
Hier is hulle besig met die races.



Saturday 23 August 2008

Nog 'n verjaarsdag

Vandag verjaar Braam Nel. Baie geluk met jou verjaarsdag, Braam. 'n Jaar vol vreugde, geluk en voorspoed word jou toegebid. Mag jy nog lank vir jou familie gespaar bly.

Kalfies melkgee

Elke oggend van 7 uur af is dit kalfies melkgee tyd. Dit hou aan tot party keer half een / eenuur. Dit hang af hoeveel kalfies daar is wat gedrench moet word. (Dit is met 'n pyp voor aan 'n bottel melk - in die kalf se keel tot in die maag, en dan loop die melk self uit die bottel.) Elkeen kry 2 liters melk sodra hulle uit die paddock(weikamp) in die kalfhokke afgelaai word. Dit is eintlik die manne of vrou wat hulle aflaai se werk. Ek is sommer die eerste oggend deur Japie gewys hoe om te drench - iets wat ons in Suid Afrika nooit gedoen het nie. Pieter het vanoggend en Sebil verlede Saterdag vir my fotos geneem.

Verlede naweek was my af naweek. Daleen het vir Kathleen help melkgee. Ruben het by my en Oupa gekuier, want toe was Oupa nog afsiek met sy been.
Op die foto is Daleen besig om een van die Kafs (kort vir kafeteria - die houer waaraan tiete is - dan drink 10 kalfies gelyk daaraan) aan die heining te hang sodat daar melk ingepomp kan word.



Kathleen, die vroutjie wat altyd saam met my melkgee.

Terwyl Sebil die fotos geneem het en die ander besig was met melkgee, het Ruben die "fietsie" ontdek. Hy moes natuurlik eers daarop ry.


Totsiens, Mamma!!!!

Tata, Ruben.


Vanoggend was dit Kathleen se af dag. Japie het gehelp om melk te gee. Later het Pieter bygekom en bietjie later Yolandi en die dogters. Dit was 'n baie lekker dag. Warm, maar nie regtig sonskyn nie.
Ons het van plaas 9 se kalfies na plaas 14 gegaan om ook daar melk te gee.
Ek, Japie, Yolandi en die dogters was al besig, toe Pieter daar aangekom het. Met Ruben op die motorfiets.
Op die foto is Japie, Annika, Ruben en Joanné in een van die kalfkampies.



Annika wil oor die heining klim. Japie staan nader om seker te maak sy kom reg.



Mooi so, Anka, jy het dit reggekry!!



Japie, Japie, help! Dit was Ruben. Hy het Annika dopgehou en toe self probeer om op te klim. Toe ons sien sit hy pens en pootjies bo op die heining, maar kon nie sover kom om aan die anderkant af te klim nie. Hier is hy en Annika weer besig om op te klim.



Nané is nog baie ligtig vir die kalfies - hulle is dan soveel groter as wat sy is.

Baie versigtig het sy agter om hulle beweeg terwyl hulle drink om na Oupa toe te gaan.




Diela is altyd die een wat wil help. Elke kampie word nadat ons melkgegee het, gespuit met 'n ontsmettingsmiddel. Hier wys sy vir ons dat sy ook kan spuit.





Ons het ook groter kafs, waaraan daar 20 kalfies gelyk kan drink.

Hier is Yolandi besig om een van hulle met melk vol te maak.


Oupa wou eers gou 'n foto neem van Ouma en die drie groot kleinkinders. Hier is Diela, Anka en Ruben saam met my.


Natuurlik het Ruben nie vergeet van die fietsie nie. Hy het vir Lana (Yolandi) geroep om hom op die fietsie te kom tel. Lana was nog besig met die melk, en Oupa het gehelp. Die kleingoed moes toe almal op die fietsie ry.

Ruben en Annika.

Odélia, Annika en Ruben.

Odélia, Annika, Ruben en Joanné.


Die klere wat hulle aan het, noem ons "wet weather gear". Dit is van 'n soort plasties gemaak. Hulle kan baljaar in die water en sand en die klere onder bly droog en skoon. Ons ander dra dit ook, om kalfies melk te gee, mee te melk en in die reën te werk. Dit spaar jou klere baie.


Nadat hulle fietsie gery het, het die sand weer 'n lekker speelplek gemaak. Nogal gesukkel om vir Odélia en Ruben daar weg te kry.




Japie moet 300 vervangings versies uit die 1 300 koeie groot maak. Ons het vanoggend darem al op 262 gestaan en Japie moes nog 'n paar getag het. Nog so 38 om te gaan. Ek kan ook net vir julle noem dat ons nog net 2 kalfies uit die 262 verloor het. Dit wou voorkom of hulle in die kampie waar die eerste 40 bymekaar was, dood getrap is.
Ek sal nog fotos van die ander hulpmiddels by die kalfies neem. Ook sal ek fotos neem van ons eerste groep - 40 kalfies - wat al in die paddock is.
Dankie vir die fotos, Oupa en Sebil.

Friday 22 August 2008

Veels geluk

Doreen van der Merwe verjaar vandag. Baie geluk met jou verjaarsdag Doreen. Mag die jaar vol seëninge en vreugde vir jou wees. Ons hoop jy gaan jou dag baie geniet.

Thursday 21 August 2008

Baie geluk

Anne - Marie Toerien verjaar vandag. Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die jaar vol vreugde en seëninge vir jou wees. Hoop jy gaan jou dag geniet.

Monday 18 August 2008

Nuus oor Rens

Ons was gelukkig om vanaand met Francois te kon gesels. Hy sê dat Rens se operasie 'n sukses was. Hulle kry môre die uitslag van die toetse wat gedoen is.
Baie sterkte vir julle. Ons glo en vertrou saam met julle dat die uitslag positief sal wees. Ons gebede is vir spoedige beterskap.

Die baie reen

Soos julle almal weet, het New Zealand die afgelope 4 tot 5 weke net reën gehad. Ons het seker in totaal 5 tot 6 sonskyn dae in die 4 tot 5 weke gehad.
Hier is foto's wat ek op die plaas geneem het wat wys hoe baie die gereën het.




Hier is die grond sommer weg gespoel om die paal.





Die kleingoed

Die naweek was ek en Johan af gewees. Ons het toe by my ma hulle gaan kuier. Pa Pieter was nog afgeboek en ma Annatjie was ook af gewees. Daleen help my ma uit by die kalfies, sy het in gestaan dat my ma 'n naweek af kan hê.
Ons het toe Saterdag - oggend vir Ruben opgepas dat Daleen kon kalfies melk gee. Hier sit Ruben voor die badkamer deur en wag dat Oupa klaar stort.


Die 3 meisiekinders het gou vir ons kom hello sê voordat hulle na 'n maatjie se verjaarsdag partytjie toe is. Hulle het te pragtig gelyk. Yolandi het vir hulle die mooi pakkies gekoop.



Ek onthou nog toe ek in std. 6 (graad 8) was en 'n swart en wit rok aangehad het kerk toe, was een van my klasmaats se ma vreeslik geskok gewees dat ek op daardie ouderdom swart en wit dra. En kyk nou net, swart broek met wit kolletjies en 'n swart baadjie. Waar wil jy nou mooier hê. ( Ouma Annatjie)

Dankie vir al die foto's, Sebil.

Sunday 17 August 2008

Baie geluk Cherene

Cherene Labuschagne verjaar vandag. Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die jaar vol vreugde en geluk vir jou wees. Hoop jy gaan jou dag baie geniet. Baie geluk met jou troue van gister. Hoop jy en Jaco gaan baie gelukkig saam wees. Stuur asb vir ons foto's.





Saturday 16 August 2008

5 Jaar getroud

Ons wil graag baie geluk sê vir Hekkie en Daleen met hulle huweliksherdenking vandag. Ons glo die jaar gaan vol vreugde en geluk vir julle gesin wees. Pas mekaar mooi op. Julle moet julle dag baie geniet. Ons is lief vir julle.



Friday 15 August 2008

Greg en Vicky Tag ons

As julle op Greg en Vicky se link, Sandmense gaan, sal julle die tag-storie verstaan. In elk geval hier is so paar "Brand names" wat ons in New Zealand gebruik, julle sal nogal 'n paar herken. Hulle het gevra ma Annatjie moet dit doen, maar ek glo nie sy kom by als uit nie. Greg, veral nie so tussen die ges....... nie, as jy weet wat ek bedoel.



Tandepasta: Close Up, Colgate, Mcleans
Wasgoedseep: Persil, Surf
Skottelgoedseep: Palmolive, Sunlight
Lyfseep: Dove, Protex
Sjokolade: Cadbury, Whittaker's


Chips: Bluebird, Eta

Kougom: Mentos

Koeldrank: Just Juice, Ribena en al die gewone gas koeldranke
Kruidenierswinkel: Pak 'n Save, Woolworths
Karre: Toyota, Kia Sportage, Volkswagen, Hyundai
Klerewinkels: Farmers, Pagani, Halensteins, Postie+, Warehouse, Ballentynes
Bank: Bank of New Zealand, ANZ, ASB, National Bank, Westpac.
Selfoon: Nokia, Samsung, Sanyo


Rekenaar: hp

Ons eie klein rockstar en leeu

Ruben geniet sy kitaar baie, en gisteraand was dit weer tyd om liedjies te speel, hy moes natuurlik sy bril ook op he.

Dit was vandag facepaint dag by die playcentre en hy wou 'n leeu wees.



Veels geluk

Irma Visagie verjaar vandag. Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die jaar vol vreugde en geluk vir jou en jou gesin wees. Hoop jy gaan 'n wonderlike dag hê.



Thursday 14 August 2008

Huweliksherdenking

Baie geluk aan George en Magda Wentzel met hulle huweliksherdenking vandag. Ons glo en vertrou dat die Here julle nog lank vir mekaar gespaar sal hou. Hoop julle het 'n wonderlike dag saam.

Wednesday 13 August 2008

Tinky se nuwe maatjie

Tinky het nou weer 'n nuwe maatjie. Haar naam is Fern. Dit is die manager se hond. Hulle twee speel baie lekker saam.