Friday 29 October 2010

Gelukwensings Oktober 2010

My rekenaar was baie siek gedurende Oktober. Ek vra groot om verskoning vir almal vir wie ek nou eers geluk sé. Sebil het die blog gedoen en sy het nie al die verjaarsdae en herdenkings wat ek op my almanak het nie. Daarmee saam was ons nog besig met kalftyd (wat toe 3 maande lank was en nie net twee nie) en het nog herdtest gedoen en was nog lekker siek met griep ook. Nogmaals baie jammer. Geluk aan almal en mag die toekoms net vreugde inhou. Baie liefde.
29 Oktober 2010
Wilna Snyman (Jnr.) verjaar vandag. Baie geluk, Wilna. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens, gevul met alles wat goed is. Geniet die dag.




28 Oktober 2010

Baie geluk met jou verjaarsdag, Lehandri. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens. Mag al jou kinderdrome waar word. Hoop jy het die dag geniet.




26 Oktober 2010
Baie geluk met jou verjaarsdag, Petro (Van Nieuwenhuizen) 'n Baie mooi en vreugdevolle nuwe lewensjaar word jou toegewens.


25 Oktober 2010

Baie geluk met julle huweliksherdenking, Pieker en Leoni. Mag julle nuwe huweliksjaar gevul wees met alles wat mooi is. Hoop julle het mekaar baie bederf.




Baie geluk ook aan Japie Labuschagne wat vandag verjaar het. Mag jy net die mooi dinge in die lewe ervaar. Hoop jy is lekker bederf.


24 Oktober 2010
Baie geluk aan Marya Meyer wat vandag verjaar. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens. Hoop jy het die dag geniet.


23 Oktober 2010

Baie geluk met jou verjaarsdag, Andries. 'n Wonderlike nuwe lewensjaar word jou toegebid, gevul met vreugde en liefde. Hoop jy het die dag geniet. Liefde.


Baie geluk ook met jou en Maureen se troudag in Oktober. Alles wat mooi is vir die toekoms word julle toegewens.

Baie geluk, Conrad (Jordaan) wat ook vandag verjaar. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens.

21 Oktober 2010


Baie geluk met jou verjaarsdag, Marinda. Vir jou is ons bede alles wat mooi is vir die nuwejaar en mag hy gevul wees met liefde, vreugde en vrede. Liefde.


20 Oktober 2010

Baie geluk Nicolette Coetzee en Leen van der Merwe met jul verjaarsdae. Ons bede vir julle is dat die nuwe lewensjaar alles wat mooi is sal inhou.

18 Oktober 2010

Baie geluk met jou verjaarsdag, Suané. Jy word nou 'n pragtige klein mensie. 'n Mooi jaar word jou toegewens gevul met liefde en vreugde. Ek glo jy is lekker bederf. Liefde.


MJ (Olivier) verjaar ook vandag. Baie geluk, MJ met jou verjaarsdag. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens.

17 Oktober 2010

Geluk aan die volgende persone wat verjaar het :
Christo Geldenhuys
Stolla Snyman
Yvette du Toit
Hoop julle het die dag baie geniet en is baie bederf.

16 Oktober 2010

Nico Zach van der Merwe het verjaar. Baie geluk, jong. Ek glo dat Oupa, Ouma, Pappa en Mamma jou sommer baie bederf het.

Josua en Charlene en Pierre en Nicolene het hul huweliksherdenkings gevier. Baie geluk ook aan julle. Mag die jaar wat voorlê vir julle alles wat mooi is inhou.

11 Oktober 2010

Dit is die verjaarsdag van Eathan Jordaan. Baie geluk, jong. Ek is seker daarvan dat jy die dag baie geniet het.

10 Oktober 2010

Verjaarsdagwense ook vir Aneske Olivier wat vandag verjaar het. Hoop dit was 'n baie lekker dag.

9 Oktober 2010

Baie geluk met jou verjaarsdag, Erika (Bester). 'n Nuwe lewensjaar gevul met alles wat mooi is word jou toegewens. Glo jy het die dag baie geniet.


8 Oktober 2010

Baie geluk met jou verjaarsdag, Erika (Wentzel/Laubscher). Mag jy 'n baie mooi nuwe lewensjaar beleef.

3 Oktober 2010

Dit is Simoné van Wyk se verjaarsdag. Baie geluk met jou verjaarsdag, Simoné. Ons glo dat Pappa en Mamma jou sommer baie bederf het.

1 Oktober 2010


Baie geluk met jul huweliksherdenking, Riaan en Sue. Hoop dat julle die dag geniet het. Mag die nuwe huweliksjaar vir julle alles wat mooi is inhou. Liefde.

Thursday 21 October 2010

Jackson en Petunia

Vrydag is dit AgDay by Marotiri skool. Elke leerling moet 'n troeteldier hê. Daar is afdelings vir lammetjies en kalfies, honde en katte, en allerhande ander troeteldiere. Selfs visse en voëls.
Die kinders moet die diere self versorg. Hulle moet self vir die beoordelaars kan sê hoeveel en wat die diere gevoer word, hoe om hulle te kam en mak te maak en hoeveel tyd hulle saam met die diere spandeer. Dan moet die diere ook op die dag 'n hindernisbaan voltooi. Zig zag loop, oor 'n bruggie, stop en gaan en al sulke dinge. Daar word ook punte gegee vir die kondisie van die diere en die liefde en sorg wat hulle kry. Die kinders moet langs die diere looop, nie voor of agter hulle of aan die leiband trek nie.
Odélia en Annika oefen baie hard. Hulle is vol selfvertroue en is baie trots op hulle kalfies.
Annika en Petunia.

Odélia en Jackson.

Oefen om oor die bruggie te stap.

Weer en weer. Oor en oor. Dit moet perfek wees.

Oupa en Ouma en die ooms en tannies en Ruben en Chanel is genooi om die "skou" van die kalfies by te woon. Groot opgewondenheid en 'n klein bietjie op die senuwees. Sterkte meisiekinders. Ons sal laat weet hoe die dag verloop het. Joanné het 'n lammetjie wat in die voorskoolse parade met dress-up en al sal paradeer. Sy is bietjie lui met die oefen, so ons hou maar duime vas.

Monday 18 October 2010

Baie geluk

Billy en Magda baie geluk met julle huweliks herdenking vandag. Glo dat julle nog lank vir mekaar gespaar sal wees. Hoop julle geniet die dat verder.



Sunday 17 October 2010

Aan Stappie

Gelukwensings

Vandag verjaar Liza. Baie geluk met jou verjaarsdag. Glo dat die jaar vol geluk en vreugde vir jou sal wees.






16 Oktober 2010

Baie geluk met jou verjaarsdag, Jaco. Ons glo die jaar gaan vol vreugde en geluk vir jou wees. Hoop jy geniet die dag.





Thursday 14 October 2010

Geluk

Baie geluk met jou verjaarsdag Arno. Ons glo jy gaan 'n wonderlike jaar he. Hoop jy gaan jou daggie geniet.


12 Oktober 2010

Baie geluk met oom Kobus se verjaarsdag vandag. Hoop die jaar gaan vol geluk en vreugde wees. Hoop oom geniet die dag.




Monday 11 October 2010

10 Oktober

Baie geluk met jou verjaarsdag, Dian. Ons glo dat daar nog baie gaan wees. Hoop Pappa en Mamma het jou lekker bederf. Geniet die daggie.




Friday 8 October 2010

Gelukwensings

Andre en Hettie, baie geluk met julle huweliks herdenking. Glo julle gaan nog lank vir mekaar gespaar bly. Hoop julle geniet die dag.






Baie geluk met jou verjaarsdag Johann. Hoop die jaar gaan vol vreugde en geluk vir jou wees. Hoop jy geniet die dag.





Oom Frans, baie geluk met oom se verjaarsdag vandag. Glo en vertrou dat dit 'n wonderlike jaar sal wees. Hoop oom geniet die dag baie.





Thursday 7 October 2010

6 October 2010

Baie geluk met jou verjaarsdag Nico. Glo en vertrou dat dit 'n wonderl;ike jaar vir jou sal wees. Hoopjy geniet die dag.





Wednesday 6 October 2010

Ruben verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag , Ruben. Ons glo en vertrou dat liewe Jesus jou gaan mooi oppas. Hoop jy het jou daggie saam met jou maatjies baie geniet. Ons is lief vir jou.




5 October 2010

Baie geluk met jou verjaarsdag Hanu. Hoop jy is lekker bederf. Jy moet jou daggie baie geniet.





4 Oktober 2010


Baie geluk met jou verjaarsdag Jacolette. Hoop die jaar gaan vol vreugde en geluk vir jou wees. Hoop jy gaan die dag baie geniet.
Baie geluk met jou en Riaan se huweliks herdenking. Hoop jul gaan nog lank vir mekaar gespaar bly.






Baie geluk met pa en ma se 35ste huweliks herdenking. Hoop julle gaan die dag bie geniet.











Sunday 3 October 2010

Ruben se buzz lightyear partytjie

Kan nie glo ons mannetjie word al 4 nie. Sy partytjie moes toy story wees, spesifiek Buzz lightyear.











Friday 1 October 2010

Baie geluk

Baie geluk met jou 40ste verjaarsdag, Johan. Ons glo dat die jaar vol geluk en vreugde vir jou sal wees. Hoop jy gaan jou dag baie geniet.





Koos verjaar ook vandag. Baie geluk met jou 40ste verjaarsdag. Hoop jy gaan hom baie geniet.