Wednesday 30 June 2010

Party girls!

Hierdie naweek het Odélia se maatjie, Kate verjaar. En ook Annika en Joanné se maatjie, Ella. Pappa moes toe maar vir Odélia na haar partytjie toe vat, en ek het die ander twee na Ella se partytjie gevat. Dit was 'n lang dag, want al drie van hulle (en van die ander maatjies en Ruben ook) het een of ander maagvirus gehad wat loop magies en opspoegery tot gevolg gehad het. Maar nie eers dit kon 'n demper op die partytjiegees plaas nie. Hier is fotos van Ella se partytjie by Lollipop Playground.

Joanné en Annika.
Joanné
Annika

Joanné


Joanné, Annika, Simoné en Mike.



Annika


Monday 28 June 2010

Verjaarsdae

Vandag is dit Marceile Verster se 3de verjaarsdag en Bianca Reynecke (Agenbacht) is vandag sweet 16.
Baie geluk julle albei met jul verjaarsdae. Geniet die dag en ons wense is dat die toekoms alles wat mooi is sal inhou.

Tuesday 22 June 2010

Vandag verjaar Lohan.


Dit is vandag Lohan se 14de verjaarsdag. Baie geluk Lohan. Sjoe jy word darem nou 'n groot jongman. Geniet 'n baie spesiale verjaarsdag vandag en ek hoop Pappa en Mamma bederf jou baie.

Monday 21 June 2010

Huweliksherdenking

Baie geluk Jofie en Petro met julle 7de huweliksherdenking. Mag die toekoms besaai wees met maanskyn en rose. Geniet die dag.

Friday 18 June 2010

Leedwese

Ons het met leedwese verneem dat tannie Lucy oorlede is. Baie sterkte word die familie en vriende toegebid.
Ouma Hettie, ons dink aan Ma.
Tannie Clara het 'n ligte beroerte gehad. Sy sterk op die oomblik by haar dogter, Charmaine aan. Baie sterkte en spoedige beterskap word u toegebid.



Dit gaan ook nie baie goed met tannie Awie nie. Baie sterkte, tannie. Ons bid dat liewe Jesus u baie styf sal vashou en versorg.




17 Junie 2010

Baie geluk aan Izak en Leen van der Merwe wat hulle huweliksherdenking vandag vier. Mag die jaar wat voorlê vir julle baie geluk en vreugde inhou. Geniet die dag.

Tuesday 15 June 2010

14 Junie 2010


Baie geluk met jou verjaarsdag, Jacques. 'n Baie mooi en besondere nuwe lewensjaar word jou toegewens. Ek hoop Izette bederf jou sommer baie. Geniet die dag.
Elize Agenbacht verjaar ook vandag. Baie geluk, Elize. Ook vir jou wens ons alles wat mooi is toe vir die nuwe lewensjaar. Geniet die dag.

Friday 11 June 2010

Dit is Hekkie se verjaarsdag

Dit is vandag Hekkie se verjaarsdag. Baie geluk, Hekkie. Hoop jy geniet die dag en dat die nuwe lewensjaar alles wat mooi is sal inhou. Lief vir jou.



Thursday 10 June 2010

Johan verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag my skat. Ek glo en vertrou dat daar nog baie jare sal wees. Hoop jy gaan die daggie geniet saam met ons almal. Lief jou.

Baie geluk, Johan, hoop jy het jou dag geniet. Alles wat mooi is word jou toegewens vir die toekom. Ons is lief vir jou.

Baie geluk met jou verjaarsdag, Cindy. 'n Baie mooi en geseënde nuwe lewensjaar word jou toegewens. Geniet die dag.



Wednesday 9 June 2010

Chanel gaan daycare toe

Chanel se eerste dag by daycare was Dinsdag. Darem heelwat glimlaggies en lekker geswaai.

Monday 7 June 2010

Verjaarsdae

Dit is vandag Vicky se verjaarsdag. Baie geluk, Vicky. Ai, dit is dae soos hierdie wat ons wens dat ons almal nog in SA is sodat ons verjaarsdae kon deel. Hoop dat die nuwe lewensjaar vol voorspoed, geluk, liefde en vreugde sal wees. Ek hoop jou huisgesin dra jou vandag op hul hande. Lief vir julle.

Baie geluk ook aan Amanda wat vandag verjaar. Mag die nuwe lewensjaar vir jou alles wat mooi is inhou. Emmer vol geluk, vreugde en voorspoed. Geniet die dag en ek hoop jy word soos altyd lekker bederf.


Dit is ook Grand Wiid se verjaarsdag vandag. Baie geluk, Grand. Ook vir jou wens ons alles wat mooi is toe vir die nuwe jaar. Geniet die dag.


Saturday 5 June 2010

Klein Riaan is al 2

Klein Riaan du Toit vier vandag al sy tweede verjaarsdag. Baie geluk, Riaan. Hoop Pappa en Mamma bederf jou baie vandag. Geniet elke oomblik van jou verjaarsdag. Jammer ons het nie 'n foto nie. Stuur tog vir ons 'n paar updates.

Ouma Annatjie se verjaarsdag

Hier is 'n paar foto's van ouma Annatjie se verjaarsdag.

Friday 4 June 2010

Dit is Magda se verjaarsdag

Veels geluk, liewe Sussie, omdat jy verjaar.
Mat die Here jou seën en nog baie jare spaar.
Baie geluk, Magda. Ons bede vir jou is 'n wonderlike nuwe lewensjaar gevul met liefde, geluk, vreugde, voorspoed en vrede. Geniet die dag. Hoop George bederf jou baie vandag.



Anine van Aswegen verjaar ook vandag. Baie geluk, Anine. Mag al jou kinderdroompies waar word.




Thursday 3 June 2010

Anna verjaar

Graag dra ons gelukwense oor aan Anna met die herdenking van haar geboortedag. Mag jy nog lank vir jou familie gespaar bly. Geniet die dag en ons hoop dat jy lekker bederf word.



Wednesday 2 June 2010

Die Groot Wildjagters...






Japie en Hekkie het vannaand weer 'n paar varke hier op die plaas opgespoor. Wiwan het help slag. Die grootste van die vier varke het 48kg geweeg sonder die binnegoed. Welgedaan, manne!

2 Junie 2010


Vandag vier Riaan Swanepoel ook die herdenking van sy geboortedag. Mag die pad vorentoe vir jou ook besaai wees met alles wat mooi is. Geniet 'n baie besondere dag.
Bennie en Marelize Labuschagne vier vandag die herdenking van hul huweliksdag. Baie geluk julle twee. 'n Toekoms besaai met rose word julle toegewens. Geniet die dag.

1 Junie 2010

Baie geluk met jou verjaarsdag, Naas. Mag die nuwe lewensjaar alles wat mooi is inhou en gevul wees met liefde, geluk, voorspoed en vreugde. Hoop dat Lizelle en die kinders jou baie bederf het.


Pierre vier ook sy verjaarsdag vandag. Baie geluk, Pierre. Vir jou wens ons ook alles wat mooi is toe. Hoop jy het die dag geniet en is baie bederf.