Wednesday 11 June 2014

Hekkie verjaar

 
Baie geluk met jou verjaarsdag, Hekkie.  Mag die jaar wat voorlê gevul wees met al die mooi van die lewe.  Mag die milksolids ook by jou soos reën in die vat val.  Geniet die dag.  Ons is baie life vir jou.
 
 
 

Tuesday 10 June 2014

So vorder die aanbouing

 
So gaan die dae verby, die fotos word geneem, maar ek kry nie kans om dit op te sit nie.
Hier maak hulle reg om vloer te gooi en links om die vloer planke op te sit.
 
    

 
Hier is die bouers druk besig met die plankvloer gedeelte.  Die huis is daardie gedeelte omtrent 'n meter gelig om by die res van die huis se vloer in te pas.  Die garage gedeelte is gelig en concrete gegooi.
 
 
 
 
Foto bietjie verder geneem.
 


 
Hier is die vloer halfpad klaar.



 
Die insulation onder die vloer.


 
 
Albei vloere klaar.
 
 

 
En ja, ons het al mure ook. Het vanoggend (10 Junie) dit gesien. Alles gister gedoen.





Maar nou het dit laas nag begin reën en dit lyk asof dit vir 'n paar dae so gaan reën tot die naweek toe.
As ek moet sé lyk dit baie goed.  Hulle vorder vining.
 


Johan en Cindy verjaar

 
Johan verjaar vandag.  Baie geluk met jou verjaarsdag, Johan.  Mag die jaar gevul wees met alles wat mooi en goed is.  Mag die milksolids soos reën val in die vat.  Geniet die dag.  Ons is baie lief vir jou.
 
 

 
Baie geluk ook aan Cindy met haar verjaarsdag.  Ook vir jou wens ons alles wat mooi is toe.  Geniet die dag.
 
 
 

Sunday 8 June 2014

Van woolshed na calfshed

 
Met die conversion van Arataki plaas, het ons nie 'n nuwe calf shed gebou nie.  Daar is twee woolsheds (waar hulle skape skeer) op die plaas.  Die een het die manne gedurende die somer begin verander in 'n calfshed.  Die hele geraamte binne in is uitgehaal, die vloer is uitgehaal en dan is daar stutpilare en planke binne in die dak ingesit om die gebou stewig te maak.  Onder is die gebou in vier kampies verdeel.
Hier is Pieter besig om hekke voor die kampies te sit.
 
 
 
 


 
'n Foto van een van die kampies.  Aan die agterkant is daar weer 'n hek gelos sodat die kalfies buitekant toe op die gras kan gaan.



Saturday 7 June 2014

Vicky en Amanda verjaar

 
Baie geluk met jou verjaarsdag, Vicky.  Mag dit 'n jaar vol vreugde, voorspoed en geluk wees.
Geniet julle kuier Julie in Suid-Afrika.
Hoop julle sien Japie hulle daar.



Amanda verjaar ook vandag.  Baie geluk, Amanda.  Ook vir jou wens ons alles wat mooi is toe vir die nuwe lewensjaar.  Ook goeie gesondheid word jou toegebid.  Geniet die dag.




Dit is ook Grand Wiid se verjaarsdag.  Baie geluk en alles wat mooi is vir die nuwe lewensjaar.





Friday 6 June 2014

Vier my verjaarsdag

 
Pieter, Daleen, Sebil, Johan en Chanel het my met my verjaarsdag na die Hui Hut geneem vir koffie.
Dankie julle, dit was 'n lekker kuier gewees.
Lief julle.