Friday 27 November 2009

Ryno verjaar.


Sjoe, Ryno, kan jy al 12 wees. Baie geluk, Seun. Baie geluk ook met al jou skoolprestasies. Mag al jou drome waar word en mag jou nuwe lewensjaar besaai wees met alles wat mooi is - geluk, liefde, vreugde en voorspoed. Geniet die dag. Liefde.

Grant en Marilize se huweliksherdenking.

Baie geluk met jul 4de huweliksherdenking. Gods rykste seën word julle toegebid op jul huwelikspad vorentoe. Geniet die dag en bederf mekaar.

JJ was gister 6

Baie geluk met jou verjaarsdag gister, JJ. Hoop jy het die dag sommer baie geniet.

Wednesday 25 November 2009

Verjaarsdae

Baie geluk aan tannie Hessie Hayward wat vandag verjaar. Gods rykste seën word Tannie toegebid. Mag die jaar wat voorlê alles wat mooi is inhou; goeie gesondheid, geluk, voorspoed en liefde. Geniet 'n baie spesiale dag.
Rochelle Nel verjaar vandag. Baie geluk. Mag die toekoms alles wat mooi is inhou. Hoop jy geniet die dag.



Klein Karla Strydom verjaar ook vandag. Baie geluk Ounooi. Hoop jy word lekker bederf en dat al jou kinderdrome sal waar word. Geniet die dag.



Joyce Olivier het gister verjaar. Jammer ons is 'n dag te laat. Baie geluk, Joyce. 'n Nuwe lewensjaar vol van alles wat mooi is word jou toegewens. Hoop jy het die dag geniet.





Tuesday 24 November 2009

Trotse ouboet

DAAR IS NIE NODIG VIR WOORDE NIE, DIE GESIG SE ALLES!

Monday 23 November 2009

3 Manne wat vandag verjaar

Baie geluk aan ouboet Louis Nortje wat vandag sy 66ste herdenking van sy geboorte dag vier. Mag die nuwe lewensjaar gevul wees met alles wat mooi en goed is. Geniet 'n baie besondere dag.


Danie du Plessis verjaar ook vandag. Ons wense vir jou is ook dat die nuwe lewensjaar vir jou alles wat mooi is sal inhou. Hoop dat jy vandag sommer baie bederf gaan word. Geniet die dag.




Gerhard van Vuuren verjaar ook vandag. Baie geluk Gerhard. Mag jou nuwe lewensjaar ook gevul wees met mooi dinge. Geniet 'n baie besondere dag.

Sunday 22 November 2009

Nog 'n paar foto's van Chanel