Saturday 28 February 2009

'n 29 Februarie verjaarsdag.

Baie geluk aan Anneline Geldenhuys wat eintlik haar verjaarsdag op die 29ste Februarie vier. 'n Baie mooi jaar word jou toegewens. Geniet die dag.

Huweliksherdenking

Baie geluk, Johan en Jessica met julle huweliksherdenking. Ons bede is dat die jare wat voorlê, vol vreugde, geluk en voorspoed sal wees. Geniet die dag.

Thursday 26 February 2009

Huis sport!

Odélia se skooltjie het vandag hulle huis sport gehad. Daar is drie spanne. Arataki (Odélia se span met die rooi), Pakonui (die groen span), en Wereta (die geel span).

Die spanne is in kleiner groepe opgedeel, en hulle het beurte gemaak met aktiwiteite.By hulle eerste aktiwiteit moes Odélia geblindoek word en die ander maatjie moet haar lei. Dan moet sy 'n bal optel en in 'n emmer gooi vir hulle om een punt te verdien.




Daarna moes hulle beurte maak om 'n net vas te hou, terwyl een van die spanlede 'n "rocket ball" in die net probeer gooi vir 'n punt.




Toe moes die spanlede in 'n ry staan. Die eerste lid moet 'n lap natmaak in die emmer, en aanstuur tot by die laaste lid, en die laaste lid moet soveel water uit die lap droog as mootlik. Die punt is om al die water van die een emmer in die ander emmer te kry.


Daarna moes die balvaardighede getoets word. Hokkie speel met die bal tussen die cones deur en weer terug. Ek moet sê, Odélia het my nogal verbaas met die een. Sy het baie goed gedoen.



Tyd vir 'n snack.

Daarna het hulle teddies van die cones af probeer gooi. Elke "raak gooi" tel 'n punt of twee.



Die volgende item was nie een van Odélia se gunstelinge nie, en sy het vreeslik frustreerd geraak as sy dit nie kon regkry nie. Hulle moes 'n bal tussen hulle bobene vasknyp, 'n paar meter ver hop met die bal, en dit in die emmer laat val.

Volgende was die "parachute". Spanlede laat die "parachute" op en af beweeg en een lid moet onder hom hardloop en oor hekkies spring. Baie gegiggel hier!
Die laaste item was Odélia se gunsteling. Sak resies!

Daarna het die spanne teen mekaar tou getrek en Arataki was die wenners. Ook ek moes instaan toe die mammas en pappas teen mekaar moes trek. En raai wat, die mammas was die sterkste!


Die dag is afgesluit met 'n swem in die meer en 'n roomys. Die drie meisiekinders was behoorlik flou na die dag se dinge en het sommer gou oppad huistoe ingesluimer.

Verjaarsdae

Riaan verjaar vandag en is 38 jaar oud. Baie geluk, Riaan. Gods rykste seën word jou toegebid. Mag jy nog lank vir jou gesin en almal wat vir jou lief is gespaar bly. Sjoe, die veertigs kruip nou nader, né. Geniet die dag.



Baie geluk ook aan Picker met sy verjaarsdag. Mag dit 'n baie mooi jaar wees, vol vreugde, voorspoed en geluk. Geniet 'n baie spesiale dag.

Christiaan (Boeta) verjaar ook vandag. Baie geluk, Boeta. Jy word nou te groot jong. Mag al jou kinderdrome waar word. Geniet 'n baie lekker dag en ek hoop jy word baie bederf.





Tuesday 24 February 2009

'n Nuwe Fietsie

So 3 weke terug was ons by vriende en wou Ruben bitter graag op Pieter se fietsie ry. Hy het kans gekry en sommer een, twee, drie getrap en baie lekker fiets gery. So, Dinsdag is hy en sy pappa toe winkels toe sodat hy self vir hom 'n fiets kon kies.
Glad nie verras toe hy die blou en rooi, Spiderman fiets by die huis aanbring nie, dit is dan nou sy gunsteling.

Baie in sy skik

So lyk sy fiets

En daar gaan hy



Kuier by die Wentzels

Ons het Sondag middag na tannie Magda en oom George toe gegaan. Om 'n bietjie daar te kuier. Maandag middag het klein Suanne daar kom kuier by ons.
Hier werk oupa George aan Suanne se Pophuis.



Suanne in haar huisie.




Sy het gou eers vir Hettie haar huisie gaan wys.




Hier kuier ons lekker by tannie Magda.




Suanne



Monday 23 February 2009

2 Verjaarsdae en 'n huweliksherdenking

Baie geluk met jou verjaarsdag, André. 'n Wonderlike jaar vol vreugde, geluk en voorspoed word jou toegewens. Man daardie bloubul hemp is darem 'n pragtige blou. Geniet die dag.



Baie geluk ook aan Nico Hurn wat vandag verjaar. Mag dit ook vir jou 'n wonderlike jaar vol vreugde, voorspoed en geluk wees. Hoop jy bring jou verjaarsdag by die huis deur. Geniet die dag.




Dit is ook Nico en Poppie se 24ste huweliksherdenking vandag. Ons wense vir julle is dat die volgende 24 baie gelukkig sal wees. Mag die jare gevul wees met voorspoed en seën. Geniet 'n baie spesiale dag.

Sunday 22 February 2009

Twee huweliksherdenkings en 'n verjaarsdag vandag



Baie geluk, Bes en Joanne met julle huweliksherdenking. Mag die jare vorentoe baie geluk, voorspoed en vreugde vir julle inhou. Geniet 'n baie spesiale dag. Liefde.




Dit is ook vandag Johann en Isabel Coetzee se 17de huweliksherdenking. Baie geluk, Julle. Mag julle 'n wonderlike dag geniet. Bederf mekaar. Ons bede vir julle is dat daar nog baie gelukkige herdenkings gaan wees met jare vol geluk en voorspoed.


Vandag is dit ook Ina Lombard se 60ste verjaarsdag. Baie geluk, Ina. Strome vol seën van Bo word jou toegebid. Geniet 'n baie spesiale dag.

Saturday 21 February 2009

Kuier by die Wimpy

Ons het gister Carletonville toe gegaan. Het toe sommer middagete by die Wimpy gaan eet.





JP se begrafnis

Ons was gister by JP se begrafnis. Hy is uit Ds. Toitjie se kerk begrawe. Dit was 'n baie groot begrafnis.




Friday 20 February 2009

Met meegevoel

Ons het gisteraand verneem dat JP Burger, oom Koos Burger van Songloed Melkery se se seun, Maandag oggend verongeluk het. Weet asseblief julle is in ons harte en in ons gebede. Mag die Here julle steunpilaar wees in hierdie moeilike tyd.
Baie liefde en groete,
Die Nortjés, Du Plessis en Van der Merwes.

Vaudette verjaar.



Veels geluk liewe maatjie omdat jy verjaar, mag die Here jou seën en nog baie jare spaar. Lekker verjaar, Vaudette.

Hard besig

Die twee ouma's is hard besig om al die verjaarsdae uit te sorteer. En tussen in moet ons vir Ryno nog help met sy huiswerk.


Thursday 19 February 2009

Dagsorg verjaar

Ruben se dagsorg het Dinsdag hulle 9de verjaardag gevier. Ons is uit genooi om "take away" aand saam met hulle te geniet. Jy bring jou eie take aways en dan eet almal saam. Daarna het hulle ook roomys en koek gegee.
Al die ouers en kinders saam met die juffrouens (die tannies met dieselfde tops aan)

Ruben saam met 'n nuwe juffrou, Michelle

Dis hoe hy lyk na 'n dag by die dagsorg, darem nog vol smiles, maar lekker vuil.
(Ons het al voorheen genoem dat ons nie van sy maatjies mag fotos neem vir veiligheidsdoeleindes vir die kinders nie.)
Ons is baie gelukkig met die dagsorg, en Ruben is ook nou al so tuis daar.
Die totsiens se word nou met 'n glimlag gedoen, maar ek kan ook darem se hy is net so bly om in die middae huis toe te gaan. Sy kommunikasie in engels raak ook al baie beter, hy bring gereeld 'n nuwe engelse woord huis toe wat hy tussen die kiwis leer.

Ons Oues van Dae

Hier is ouma Hettie.



Hier is Oupa Japie en Ouma Issie.

Hier het ons gou gaan groet op die plot.




Vertrek uit New Zealand

Julle het seker gedink ons het van die blog vergeet. Darem nie.
Hierdie foto's is op Melbourne, Australia geneem, waar ons gewag het op die vlug na Dubai.


Ma Annatjie



Ekke



Hier het ek foto's geneem op Dubai. Ons het maar besluit om direk na ons hek toe te gaan, sodat ons nie laat gaan wees nie.


Kyk hoe skryf hulle McDonalds in Arabies.



Wednesday 18 February 2009

Marnel is 1 jaar oud!


Baie geluk met jou eerste verjaarsdag, Marnel. 'n Baie mooi jaar word jou toegewens. Ek glo Pappa en Mamma gaan jou baie bederf vandag.