Friday 29 February 2008

Equity Partnership Growth Programme

Pieter, Annatjie, Johan en Sebil was Dinsdag by die Equity Partnership Growth Programme wat aangebied is deur Bank of New Zealand. Dit was baie interessant. Ons weet nou wat om te doen met dit wat ons beplan.



'n Skrikkeljaar verjaarsdag

Anneline Geldenhuys van Normel, Plaas De Pan verjaar vandag. Baie geluk Anneline. Ons hoop jy het 'n wonderlike dag en dat die jaar vol vreugde en geluk sal wees.

Ruben

Ons was Sondag bietjie Tauranga toe saam met Hekkie en Daleen. Ruben het lekker gespeel saam met Oupa op die perdjies en karretjie.


Ruben het die heel tyd sy kepsie opgehou. Lyk hy nie te oulik nie?




Thursday 28 February 2008

Geluk Johan en Jessica

Baie geluk met julle huweliksherdenking. Hoop die jaar is vol vreugde en geluk. Hoop julle gaan julle dag geniet.

Ons eerste Bootrit

Woensdag oggende kon dit nie hoër of laer nie, die Day Skippers kursus moes in werking gestel word. Dit was mooi weer en die wind was stil op Lake Taupo. Vroeg oggend het Pieter en Johan gaan uitvind of hulle 'n boot kan huur. Daar was egter eers 'n boot van 12 uur af beskikbaar. Op die ou end moes ons vrouens ook saam.





Ons moes toe natuurlik almal 'n beurt agter die stuur kry.



Soos julle kan agter kom het ons veilig aan land gekom.

Wednesday 27 February 2008

Day Skipper toets

Pieter, Annatjie, Japie en Johan het Vrydag 22 Februarie hulle toets geskryf na die Day Skippers Kursus wat hulle gedoen het.
Die uitslae sal so ongeveer 3 weke neem voordat dit beskikbaar is.
Japie het besluit hy gaan verder gaan met die kursus en doen dan nou sy Boatmasters kursus.
Hekkie gaan ook Vrydagaand begin om die kursus by te woon.
Ons wens hulle sterkte toe.
Dit is eintlik baie lekker om te weet wat op die water aangaan. Jy voel sommer al klaar veiliger op die water.

Tuesday 26 February 2008

Oupa se nuwe Bakkie

Pieter het 'n nuwe bakkie gekoop. Hier word dit 'n UTE genoem. 'n Utility vehicle.

Dit is 'n Toyota bakkie, 4WD, 3 Liter Space Cap. Dit is nou die Cap en 'n half van Toyota.

Ek hou natuurlik gladnie van die bak op die ute nie, dit lyk regtig maplasie.

'n Gewone bak lyk tog baie beter.



Julle kan sien, die toolboxse is reg agter op. Na 'n maand en 'n half het ek nou weer my ryding vir myself en Oupa kan in sy Ute ry.

Riaan verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag Riaan. Hoop die jaar is vol vreugde en geluk vir jou en jou huisgesin. Hoop jy geniet jou dag.

Sunday 24 February 2008

Tinky se nuwe speel bal

Ek het die week vir ons gaan vrugte koop. In die lemoen sak was daar een van die opblaas balle. Johan het hom toe vir haar op geblaas en sy het toe lekker met hom gespeel.


Soos julle kan sien het hy nie lank gehou nie. Na die eerste byt het hy begin afblaas. Sy het toe maar so met hom verder gespeel.

Die skape het later kom kyk wat aan gaan.

Hulle het toe ook bietjie saam met haar gespeel.

Saturday 23 February 2008

Gelukwensings vir die dag

Oom Nico baie geluk met oom se 45ste verjaarsdag vandag. Ons hoop oom het 'n lekker dag en dat die jaar vol vreugde en geluk sal wees. Dan ook met oom en tannie Poppie se huweliksherdenking wat ook vandag is. Ons hoop daar sal nog baie gelukkige jaar vir oom hulle saam wees.



André, baie geluk met jou verjaarsdag vandag. Ons hoop die jaar sal vol vreugde en geluk vir jou wees.


Friday 22 February 2008

Gelukwensings vir vandag

Ina Lombard

Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag jy 'n baie mooi en vreugdevolle jaar hê. God's rykste seën word jou toegebid.




Johann en Isabel Coetzee

Nog 'n jaar is verby. Baie geluk met jul huweliksherdenking. Baie mooi en geseënde jaar vir julle.



Bes en Joanne

Gelukwensings ook aan julle met jul huweliksherdenking. Mag dit 'n baie mooi en vreugdevolle jaar wees vol seëninge.

Tuesday 19 February 2008

Geluk André en Hettie

Baie geluk, André en Hettie. Ons hoor die kleinding is gister gebore. Baie sterkte, Hettie met die eina, maar alles is die moeite werd. Ook baie geluk aand Francois en Rens, Andries en Chrissie. Ons hoop sy gaan vir julle baie vreugde bring. Stuur vir ons foto's!!!!!!!!!

Day Skipper kursus

Pieter, Japie, Johan en Annatjie het Vrydagaand begin met 'n "One Day Skipper" kursus. 3 ure Vrydagaand, Sondag van 8h30 tot 16h00 en hierdie Vrydagaand skryf ons eksamen.


Diela, net vir jou. Hierdie foto bo is geneem van Ouma se skool.
Die kursus word aangebied deur die Maritime Center (Coastguard) van Taupo.

Hier word die verskillende seemansknope (fishermens knots) vir ons gewys. Ons moet natuurlik al hierdie knope kan doen.

Tydens ons etensuur, nadat ons geëet het, het ons weer knope geoefen en gesit en kuier.

Die meisie, Megan, tweede van links op die foto, kom ook van Suid Afrika af. Hulle is al 'n hele paar jaar hier in New Zealand.


Ek was heeltyd fotograaf gewees. Pieter het een van die ander kursusgangers gevra om 'n foto van ons vier te neem.


O wee, die koppie gaan baie klap. Dit is baie interessant maar daar is baie leerwerk. Op my ouderdom is dit nie maklik om alles te onthou nie. So, julle moet asseblief vir ons almal duim vashou vir Vrydagaand.

Sunday 17 February 2008

Verjaarsdae

Baie geluk met ma se verjaarsdag. Ons hoop daar sal nog baie jare vol vreugde en geluk wees.


Baie geluk aan Jana Labuschagne wat vandag 4 jaar oud is. Hoop almal bederf jou van dag.


Phillip van der Merwe verjaar ook vandag. Baie geluk. Jammer ons het nie 'n foto van jou nie, ons het jou te lank laas gesien. Geniet die dag en emmers vol geluk vir die volgende jaar.

Badtyd

Ons het Saterdag almal by Oupa en Ouma gekuier. Dit het tyd geword om te bad. Die viertjies kon nie wag nie.



Hier is Joanné. Kyk net hoe lekker speel sy in die bad.

Tussen die bad deur moet mamma net 'nams' vir Ruben gee.


Nou gou 'n staaltjie van Annika. Toe Ruben in die bad sit en wag dat sy niggies moet in klim, staan Annika langs die bad. Sy roep toe benoud: "Mamma, Mamma, look, look, Ruben het 'n Tail."


Diela was toe moeg vir die bad en vra toe sy wil "shower".

Saturday 16 February 2008

Opdroog by Japie

Vrydag, 15de Februarie, het Japie al die koeie op die plaas opgedroog weens die droogte. 600 van hulle. Hy het vir my en Pieter gevra om te kom help. Die stal is 44 aan elke kant. So julle kan uitwerk hoeveel rye ons opgedroog het. Ons het 7 uur begin en so om en by 10 uur klaar gekry. Dit wil gedoen wees!!!!!



Op hierdie foto is dit Japie, Pieter en Annatjie. Japie en Pieter is besig om hul waterskoene te was en daarna was dit my beurt.





Pieter en Annatjie.





Die span wat in die stal was :


Annatjie, Pieter, Charlene, Mariet, Adriaan, Japie en Willy. Al die mense werk op die plaas saam met Japie, net ek en Pieter nie.



Na die tyd is ons bederf met 'n heerlike ontbyt, wat Yolandi gemaak het en was ons reg om die res van die dag aan te pak. Amper sê ek om nog 600 koeie op te droog.

Tuesday 12 February 2008

Verjaarsdae vandag

Neels Wentzel verjaar vandag. Baie geluk, Neels. Mag die nuwe lewensjaar vol vreugde en geluk wees.
Jaqueline verjaar ook vandag. Baie geluk. 'n Jaar vol vreugde, vrede en voorspoed word jou toegewens. Geniet jou dag.

Monday 11 February 2008

Geluk, Gerrit

Baie geluk aan Gerrit Hayward van Vryburg wat vandag verjaar. Mag dit 'n baie mooi en vreugdevolle jaar wees. Geniet jou dag.

Sunday 10 February 2008

Welkom terug Ruben

Ons het Vrydagmiddag vir Hekkie, Daleen en Ruben gaan hello sê. Ons wil net baie geluk sê vir Hekkie en Daleen, hulle het nou permanente verblyf in New Zealand. Ruben was baie bly om al sy speelgoed weer te sien. Hy het nie geweet waarmee om eerste te speel nie, so alles het 'n beurt gekry.




Kyk Mamma, hier is my motorfiets





Hy was ook baie bly om sy niggies te sien en het sommer saam met hulle ingekleur.



By ouma se huis het hulle drie hoppie gespeel.




Dit is lekker om julle weer by die huis te hê.

Saturday 9 February 2008

Hannes verjaar

Hannes Nortjé verjaar vandag. Baie geluk, Hannes. Gods rykste seën word jou toegebid op jou lewenspad vorentoe. Mag die toekoms vol vreugde, vrede en geluk wees. Geniet jou dag.

Thursday 7 February 2008

'n Groot dag vir Annika

Vandag was Annika se eerste dag by die "skool". Dis nou die Kindergarten waar Odélia nou al 'n ruk lank is. Hier staan sy en haar ousus sak en pak voor die hekkie by die kindy.
Sy bêre gou haar 'lunchbox' op sy plekkie.

Nou moet hulle self hulle naampies soek, en dan moet mamma help om die naam op die papier te oefen.

Gou bietjie in die sandpit speel.

Voor die mammas hulle kom haal, lees juffrou 'n storie. Annika sit heel voor en Déla heel agter.

Kyk net hoe aandagtig luister sy.

Odélia het gesien mamma is hier. Tatta maatjies, sien julle weer Maandag.