Tuesday 31 July 2007

Terugvoering oor Odélia

Yolandi het vanaand gebel om te sê dat Odélia nie vandag vir die MRI scan gegaan het nie. Hulle het eintlik nog niks verder aan haar gedoen nie. Volgens die dokter wag hy dat die "goggas", wat hulle op die bloed wat getrek is, kweek, moet groei. Daarvolgens kan hulle dan vasstel wat die probleem met die arm is. Hulle hoop om môre vir al die ander toetse en scan te gaan.

Kleinkinders

Yolandi het vanoggend weer vir ons 'n paar foto's gestuur. In die speelkamer het Odélia 'n pop gekry wie se been ook in gips is. Sy het behoorlik dokter gespeel en die pop vol pleisters geplak. Die toetse is nie Maandag gedoen nie. Hulle wag om te hoor of dit vandag gedoen kan word. Dr. Nicol is besig om met die Uroloog kontak te maak om te hoor of hulle nie aan die niertjies kan werk terwyl sy onder narkose is nie. Dus, dit lyk my hulle wil sommer twee vlieë met een klap slaan. Ons glo en vertrou dat alles sal goed gaan en sy een van die dae by die huis sal wees. Sterkte vir julle!!! Kyk met hoeveel konsentrasie word daar gewerk.



Gelukkig is daar nog 'n kansie om vir die kamera te glimlag.



Intussen kuier Annika en Joanné nog lekker. Albei 'n bietjie siek, maar gelukkig nie ernstig nie. Ek dink hulle verlang ook al na Odélia soos ons almal.


Ruben, hieronder, wafferse meneertjie met sy donkerbril, kom kuier ook nog gereeld.


Die afgelope naweek het Johan en Sebil ook kom kuier. Annika het weer lekker met Tinky gespeel. Hier staan sy op een van die vuilgoeddrommetjies, reg om te "jump".


Sunday 29 July 2007

Odélia

Nog nie 'n nuwe foto van Odélia gekry nie. Hulle het die dokter vanoggend gesien. Die plan van aksie is om Maandag weer 'n MRI scan te doen, die gips af te haal, x-strale te neem van die been, ander gips op te sit en ook toetse te doen vir infeksie in die niere. Miskien moet die antibiotikum net aangepas word.

Daan Harmse verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die jaar wat voorlê 'n baie mooi jaar wees. Mag jy ook nog lank vir jou huisgesin gespaar word. Hoop julle het die naweek se kamp geniet.


Saturday 28 July 2007

Terugvoering oor Odélia

Ons het vanoggend met Yolandi telefonies gepraat. Hulle het gisteraand al x-strale geneem en bloed getrek. Die dokter was nog nie daar nie. Ons wag om te hoor wat sy bevindings is.

Friday 27 July 2007

Odélia terug hospitaal toe

Odélia is vandag terug Auckland toe vir verdere toetse. Sy het baie gekla oor haar regterarm wat seer is. Daar is gister X-strale geneem en na die dokter in Auckland gestuur. Hy het besluit sy moet dadelik inkom sodat hy verdere toetse kan doen om te bepaal of sy infeksie in die arm het of nie. Ons glo en vertrou dat hulle sal uitvind wat fout is en die regte medikasie vir haar sal gee.


Thursday 26 July 2007

Met Odélia by die huis

Sondag 22 Julie het ons almal by Japie en Yolandi gekuier. Odélia het Saterdag uit die hospitaal gekom. Ons het sommer saam met Japie geëet vir sy verjaarsdag.



"Oom Han" (Johan) en Annika het lekker gespeel. Die nuwe driewiel is goed ingewy.


Oupa Pieter en Ruben het Odélia se fiets gebruik, aangesien sy nie kon fietsry nie.



Uiteindelik weer tuis. Die drie sussies saam op Joanné se dounut.



'n Mooi foto van Odélia se "wit" been. Almal het geteken en geskryf.

Kleinkinders kuier by Oupa en Ouma

Terwyl Odélia in die hospitaal was, het Annika en Joanné by Oupa en Ouma gebly. Sebil het kom help met die oppas. Hier sit Sebil met Annika op haar skoot en Ruben staan teen die deur op. Annika is so oulik, sy wil haarself van die doeke af haal. Sy vra heeltyd om toilet toe te gaan. So ons het maar gehelp om die doek droog te hou.

Moenie vergeet van Tinky nie. Sy het natuurlik saam met Sebil gekom.


Vrydagaand, 20 Julie, het Daleen en Hekkie ook 'n aandjie uit geniet. Sebil is toe huistoe en Ruben het ook by ons gebly. Hy en Annika het baie lekker gespeel.


Ruben en Joanné.


As hy haar tog net kan soen. Hy is soms 'n regte ou vryer.




Wednesday 25 July 2007

Badtyd vir Odélia

Badtyd vir Odélia het amper 'n kopseer veroorsaak. Gelukkig is daar nog 'n bababad en kassie in die huishouding, wat badtyd sommer in 'n maklike dagtakie verander.

Sy mag nie op die gipsbeen loop nie en die been mag ook nie nat word nie.
Om haar hare te was, is sommer nou maklik. Gelukkig is sy so lief vir water en bad, dat dit nou ook een van haar lekkerste tye van die dag is.

Klaar gebad en reg vir die bed. Sy beloon ons nog altyd met 'n glimlag, al voel sy seker ook nie altyd of die lewe nou vir haar glimlag nie.


Beterskap wense, Ouma Hettie

My ma, ouma Hettie Strydom van Randfontein is op die oomblik nie baie gesond nie. Ons wil haar spoedige beterskap toewens. Hoop Ouma voel sommer gou beter.

Tuesday 24 July 2007

Odélia se operasie

Odélia is Vrydag die 13de Julie in die hospitaal opgeneem nadat sy 'n ortopeut in Auckland gesien het vir haar linker been wat die lekker was nie. Toetse is gedoen en sy is toe Donderdag 19 Julie geopereer. Hier is 'n paar foto's van haar.
Odélia speel in die speelkamer van die hospitaal.
Die boonste twee foto's is waar sy wag om die MRI scan te doen. Sy was 'n baie brawe meisietjie.

Hier is sy die aand voor die operasie saam met Irene van Dyk, die Suid-Afrikaanse netbalspeelster, wat vir die Silver Ferns netbal speel afgeneem na afloop van hul wedstryd teen Australië.


'n Boodskap van Pappa, Mamma, Annika en Joanné om gou gesond te word.


Duidelik weet sy nog nie op hierdie foto wat eintlik op haar wag na die operasie nie.


Na die operasie - nog lekker aan die slaap van die narkose.


Hier glimlag ons darem al weer.


Ons dank ons Hemelse Vader dat hy haar so mooi deur die operasie gedra het. Ons bid nou vir 'n spoedige en algehele herstel.
Baie dankie ook vir almal se gebede, boodskappe en liefde.


Monday 23 July 2007

Gelukkige verjaarsdag, Japie

Baie geluk met jou verjaarsdag, Japie. 'n Volle 31 jaar oud. Hoop die jaar wat voorlê gaan net geluk, liefde, vreugde en vrede inhou. Ons glo jy het die dag geniet. Lief jou baie.
Die meisiekinders help Pappa om sy geskenke oop te maak.
So tussen deur het hy nog telefoonoproepe ook ontvang van Suid Afrika af.


Friday 20 July 2007

Gelukkige verjaarsdag

Isabel Hurn verjaar vandag. Baie geluk met die herdenking van jou geboortedag. Mag die jaar wat voorlê net vreugde en geluk inhou. Hoop julle het die besoek aan Europa baie geniet. Liefde.

Jolandi Jacobs verjaarook vandag. Sy is al 'n hele 12 jaar oud. Baie geluk. Mag daar nog vele gelukkige jare op jou wag. Bly altyd die pragtige kind wat jy is. Liefde van ons almal. Al foto wat ek het van Jolandi, is die dag van Ruben se doop in Suid Afrika geneem saam met haar ouers. Sy staan agter kleinboet Thinus.

'n Stroom water

Verlede naweek het ons die foto's van die Mangakino Stream geneem. Dit is nou nie wat ek 'n stroom water sal noem nie. Ons ken hierdie hoeveelheid water as 'n rivier. Hier word dit 'n "stream" genoem.













Aan die anderkant van die brug was ons kar geparkeer. Hier is ook nie eintlik baie plek langs die paaie om stil te hou nie.



Tuesday 17 July 2007

Springbokke vs All Blacks

Ons het Saterdag-aand die rugby wedstryd by Johan en Sebil gekyk. Van ons Kiwi vriende het saam met ons gekyk. Wat 'n teleurstelling was dit vir ons toe die Bokke verloor het.




Monday 16 July 2007

Baie geluk Greg!!!

Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die jaar wat voorlê vol vreugde, vrede en geluk wees. Mag al jou drome waar word. Baie liefde, mis julle almal.


Wednesday 11 July 2007

'n Lekker tydjie by die swembad

Die AC Baths is in die Taupo Events Centre geleë. Hier is ook 'n gimnasium, 'n groot saal waar daar ondermeer "Rock climbing" gedoen kan word en dan ook 'n fisioterapeut se spreekkamers. Die fisioterapeut wat sy spreekkamers hier het is ons buurman. Odélia en Annika het elke Maandagoggend swemlesse hier. Ons vrouens het besluit om met die kinders te kom swem.

Die swembaddens. Dit is warmwater swembaddens. Dit is hoekom ons in die hartjie van die winter kan swem.




Dit was Ruben se eerste kennismaking met die "groot water". Hy het hom gate uit geniet. Ons was so verras toe hy nie bang was vir die baie water nie.







Sebil saam met die drie kleingoed in die water.




Elke kleinding besig met sy eie speletjie in die water.





Odélia gly by die glyplankie af.





Annika op een van die speelgoed in die swembad.





Ek bly maar bekommerd oor die dogtertjies en wil Odélia nog nie heeltemal aan haarself oorlaat nie. Hulle swem al pragtig, veral Odélia wat nou al leer om te duik ook, asook om onderwater te swem.




Annika swem al met 'n noedel alleen.




Yolandi en Odélia vir 'n laaste gly op die "supertube".




Joanné het baie geduldig in haar waentjie gewag totdat ons klaar geswem het.




Klaar geswem en reg om huistoe te gaan. Almal lekker moeg.