Monday 31 October 2011

Verjaarsdag wense

Baie geluk met jou verjaarsdag, Eugene. 'n Nuwe lewensjaar vol vreugde, voorspoed en geluk word jou toegewens. Geniet 'n lekker dag.



Sunday 30 October 2011

Elize Strydom verjaar

Baie geluk met jou 61ste verjaarsdag, Elize. Wense vir alles wat mooi is vergesel hierde gelukwensing. Hoop dinge loop nog voorspoedig daar in Amerika. Geniet die dag.




Saturday 29 October 2011

Wilna verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag, Wilna. 'n Jaar vol vreugde, voorspoed en geluk word jou toegewens. Geniet die dag.




Friday 28 October 2011

Leandri verjaar

Baie geluk met jou 12de verjaarsdag. Ons wens jou 'n baie mooi nuwe lewensjaar toe. Geniet die dag.


Sal definitief ook hier moet 'n nuwe foto kry. Jy lyk sekerlik nie meer so nie.


Thursday 27 October 2011

Estelle en dogter Bianca verjaar



Estelle en haar dogter Bianca Keet verjaar vandag. Baie geluk, Julle. Mag die nuwe lewensjaar net die mooiste inhou. Geniet die dag. Hou die tee en koek reg. Ons sien julle later.

Wednesday 26 October 2011

Baie geluk, Petro

Petro van Nieuwenhuizen verjaar vandag. Baie geluk en 'n mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens. Geniet die dag.

Tuesday 25 October 2011

Baie geluk.




Japie Lappies verjaar vandag. Baie geluk, Japie. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens. Mag jy die dag en jaar baie geniet.




Baie geluk met jul huweliksherdenking, Pieker en Leoni. Mag die toekoms besaai wees met rose (sonder dorings). Geniet 'n baie spesiale dag.


Monday 24 October 2011

Dit is Marya se verjaarsdag



Vandag is Marya Meyer 'n volle 10 jaar oud. Baie geluk, Marya. Mag al jou drome waar word. Geniet die dag.

Sunday 23 October 2011

Twee manne verjaar





Veels geluk met jou verjaarsdag, Andries. Mag die jaar wat voorlê besaai wees met alles wat mooi en goed is. Geniet die dag.



Baie geluk ook aan Conrad Jordaan wat vandag verjaar. Ook vir jou wens ons net die mooiste toe.


Saturday 22 October 2011

Kobus van Wyk verjaar



Baie geluk, Kobus. 'n Jaar vol vreugde, geluk en voorspoed word jou toegewens. Hoop jy word lekker bederf. Geniet die dag.

Friday 21 October 2011

Dit is Marinda se verjaarsdag

Baie geluk en geniet 'n baie spesiale dag, Marinda. 'n Nuwe lewensjaar gevul met al die mooi in die lewe word jou toegewens.





Thursday 20 October 2011

Nicolette en Leen verjaar



Nicolette Coetzee en Leen van der Merwe verjaar vandag. Baie geluk, julle. 'n Baie mooi en geseënde nuwe lewensjaar word julle toegewens. Geniet die dag.

Tuesday 18 October 2011

Suané en MJ verjaar.

Baie geluk met jou 5de verjaarsdag, Suané. Mag die jaar wat voorlê vir jou alles inhou wat jou hartjie wil hê. Geniet 'n baie spesiale dag. Jammer vir die ou foto, maar my rekenaar wil nie my mooi nuwe foto's van jou laai nie. Luv u lots.






Dit is vandag ook MJ Olivier se verjaarsdag. Baie geluk, jong. 'n Jaar vol vreugde en voorspoed word jou toegewens. Geniet die dag.




Baie geluk met jul huweliksherdenking, Billy en Magda. 'n Baie mooi toekoms word julle toegewens, gevul met al die mooi en goeie dinge van die lewe. Geniet 'n baie spesiale dag.

Monday 17 October 2011

4 Verjaarsdae

Liza van Wyk vier vandag haar verjaarsdag. Baie geluk, Liza. 'n Baie mooi jaar word jou toegewens.




Yvette du Toit verjaar ook vandag. Baie geluk. Ook vir jou wens ons 'n baie mooi jaar toe. Geniet die dag.


Christo Geldenhuys en Stolla Snyman vier ook vandag hul verjaarsdae. Baie geluk, julle. 'n Jaar gevul met al die mooi in die lewe word julle toegewens. Geniet 'n baie spesiale verjaarsdag.


Sunday 16 October 2011

2 Verjaarsdae en 2 huweliksherdenkings

Veels geluk met jou verjaarsdag, Jaco. 'n Baie mooi en voorspoedige nuwe lewensjaar word jou toegewens. Geniet die dag.






Nico-Zach van der Merwe verjaar ook vandag. Baie geluk, Grootman. Geniet 'n baie lekker verjaarsdag.



Pierre en Nicolene vier hulle 7de huweliksherdenking en Josua en Charlene vier hulle 12de huweliksherdenking, vandag. Baie geluk, Julle. Mag die toekoms vir julle net die mooiste van die lewe inhou.

Friday 14 October 2011

Arno Verster verjaar


Baie geluk met jou 7de verjaarsdag. Mag al jou kinderdrome waar word. Ek sal Mamma moet vra vir 'n nuwe foto. Geniet die dag.





Wednesday 12 October 2011

Kobus is 61

Happy birthday to you,

Happy birthday to you,

Happy birthday dear Kobus,

Happy birthday to you.

Geniet die dag en 'n baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens.





Tuesday 11 October 2011

Ruben is skooltoe.

Ruben het Donderdag verjaar en was 5 jaar oud. Hier gaan die kinders mos skool toe wanneer hulle 5 jaar oud word. Dit wil sê hulle verjaar op hul eerste skooldag. Hekkie en Daleen het Ruben in Whakamaru Skool gesit. (Die Wh word as 'n f uitgespreek)


Daleen het Ruben vir 2 skoolbesoeke gevat verlede Maandag en Dinsdag. Sy het toe vir ons hierdie foto's geneem.



Die skool ingang.






Hier speel Ruben buite op die speelgrond.






'n Ander gedeelte van die speelgrond.





Die buitekant van sy klaskamer.





Die binnekant van die klaskamer.




Eathan se verjaarsdag.

Baie geluk met jou 6de verjaarsdag, Ethan. Mag al jou kinderdrome waar word. Ethan is hier afgeneem saam met Kevin en Alegra.


Monday 10 October 2011

AG Day

Vrydag, 7 Oktober, het die skool gesluit en het die meisiekinders AG Day gehad. Dan loop hulle elkeen met 'n kalfie wat sig-sag deur standards (paaltjies) moet loop, oor 'n bruggie moet loop en dan nog verder moet luister om te stop en dan loop tot die einde.

Hulle neem ook in verskillende ouderdomsgroepe deel.

Annika was eerste. Haar kalf was die eerste bul kalf wat aangekom het, baie groot en het die naam Goliath gekry.




Hier word een van haar ribbons vasgeknoop.





Angstig staan hulle en wag dat die pryse uitgedeel word.





Hier is Annika met haar toekennings. 'n Derde en 'n vierde plek.



Odélia se beurt. Sy staan haar beurt en afwag. Haar kalf se naam is Freckles.


Haar kalfie was baie "stubben". Sy is hier besig om die reguit paadjie te loop, maar die kalf wil net die heeltyd teen haar leun. Lyk my die kalf is baie lief vir haar. In die agtergrond is Oupa Bes, wat hier kuier tot einde Oktober, en Japie wat staan en lag.





Op hierdie foto is sy by die tannie wat haar uitgevra het oor haar kalfie.

Onder andere wat die kalfie eet, wanneer hy eet en hoeveel hy eet.




Dit is ons Diela, altyd tyd vir 'n grappie. Hier staan sy en "pose" vir die foto, terwyl hulle wat dat die pryse uitgedeel word. Diela het nie hier 'n prys gekry nie, maar kyk ondertoe - KUNS is my ding.




Ook was dit 'n rukkie terug hulle "wearable art" modeparade. Hulle moes, as hulle op die plaas bly, alles wat daar gebruik word en weer gebruik kan word, bring. Daarvan is dan iets gemaak wat hulle kan dra.


Annika se hoed en klere was gemaak uit sprayblikkies se deksels en plastiese houers waarin ons "tags" (kalfies se nommers) kom.


Kyk net hoe oulik.


Annika het hierdie aand nie 'n toekenning gekry nie. Dit was die aand met haar verjaarsdag en gelukkig het sy geskenke gehad wat sy kon oopmaak.







Odélia was op hierdie aand weer een van die gelukkiges. Sy het tweede plek losgeslaan met haar "wearable art". Sy het self die rok ontwerp en gesê presies wat sy wil hê.
Haar rok is gemaak van "silage wrap" wat omgekeer is sodat die witkant bo is en dan is die plastiese houertjies van die kalfies se nommers losgesny en gespray volgens die kleure wat sy wou hê. Sy het ook 'n onderrok gedra wat van ogiesdraad gemaak was.



Pragtig, né??????






Vrydag toe die skool gesluit het, was daar ook ander kunswerke waarna ons kon kyk in hulle klaskamers. Eerste is Annika aan die beurt.



Vir hierdie prentjie het sy 'n tweede plek gekry.






Die versiering van 'n cup cake het haar 'n derde plek in die sak gebring.







Annika moes ook 'n Sandsaucer maak.






Hulle moes ook blommetjies maak en 'n bottelversier. Dan is die blommetjies in die bottel gerangskik.







Odélia moes ook 'n cupcake versier het. Sy het dit versier as blommetjies en nog die stele daarby gemaak. Baie kunstig, en sy stap weg met 'n eerste plek.






Vir hierdie tekening het Diela ook 'n eerste plek gekry.





Nog 'n eerste plek vir Diela, met haar blommerangskikking.





Met haar "frog" het sy 'n derde plek verdien.







Pragtig, Meisiekinders. Ons is trots op julle.

Dian en Aneske verjaar

Vandag verjaar Dian Keyser. Hy is 'n volle 8 jaar oud. Baie geluk Dian. Hoop jy geniet die dag baie en hoop julle het die partytjie baie geniet. Mag al jou kinderdrome waar word.






Dit is ook vandag die verjaarsdag van Aneska Olivier. Baie geluk, Ounooi. Geniet die dag.





9 Oktober 2011




Vandag was die verjaarsdag van Erika Venter (Bester). Baie geluk, ons hoop jy het die dag baie geniet. Alles wat mooi is vir die toekoms.




Saturday 8 October 2011

Verjaarsdae en huweliksherdenking



Francois verjaar vandag en is al 63 jaar oud. Baie geluk, Ouboet, jy word nou 'n mooi groot menss. Gods rykste seën word jou toegebid. Geniet die dag.






Johann Coetzee verjaar ook vandag en is 43 jaar oud. Baie geluk, Johann. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens. Geniet die dag.







Dit is vandag ook André en Hettie we huweliksherdenking. Baie geluk, Julle. Mag die toekoms met rose besaai wees. Geniet 'n baie lekker dag.







Dit is ook vandag Erika Laubscher (Wentzel) se verjaarsdag. Baie geluk, Erika. 'n Mooi nuwe jaar word jou toegewens.


Thursday 6 October 2011

Ruben is 5!!!!!

Baie geluk metj jou 5de verjaarsdag, Ruben. Alles wat mooi en goed is word jou toegewens vir die nuwe jaar. Ons weet jy gaan sommer lekker bederf word. Jy word nou 'n groot seun. Vandag is ook die eerste dag van Grootskool vir jou. Geniet elke oomblik daarvan. Sien jou vanaand. Ons is almal baie lief vir jou.






Ruben hier by die skool afgeneem tydens sy skoolbesoek Dinsdag.

Nico verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag, Nico. Mag die nuwe lewensjaar vol vreugde en voorspoed wees. Geniet die dag.




Wednesday 5 October 2011

Hanu verjaar

Baie geluk met jou 6de verjaarsdag, Hanu. Mag al jou kinderdrome waar word. Geniet die dag.




Tuesday 4 October 2011

Huweliksherdenkings en verjaarsdae

Dit is vandag oupa Burt en ouma Carlien se huweliksherdenking. Baie geluk. Mag die toekoms besaai wees met liefde, geluk, voorspoed, vreugde en goeie gesondheid. Sien uit om julle Desember hier te hê. Lief julle baie.




Baie geluk met jou verjaarsdag, Jacolette. 'n Toekoms besaai met rose word jou toegewens. Geniet die dag.






Baie geluk met jul huweliksherdenking, Riaan en Jacolette. Ons wense is 'n baie mooi toekoms vir julle. Geniet mekaar en onthou dit doen nie skade om te bederf nie.








Annatjie Fourie verjaar ook vandag. Baie geluk, Annatjie. Jou so lanklaas gesien. Moet definitief 'n plan maak as ons weer in Suid Afrika is. Het jou Pa en Ma gesien in Julie. Geniet die dag.

Monday 3 October 2011

Simon van Wyk verjaar





Baie geluk, Simoné. Mag al jou kinderdrome waar word. Geniet die dag.

Saturday 1 October 2011

Huweliksherdenking en verjaarsdag.

Dit is Riaan en Sue se huweliksherdenking. Baie geluk, Julle. Mag die toekoms baie geseënd wees. Hoop om julle gou in New Zealand te sien.





Koos verjaar vandag. Baie geluk. 'n Mooi en vreugdevolle jaar word jou toegewens.



Vandag is ook Johan Mulder se verjaarsdag. Baie geluk, Johan. Hoop jy word lekker bederf. 'n Jaar vol vreugde, voorspoed en geluk word jou toegewens. Sien jou vanaand.