Thursday 31 January 2013

Jacoli se inenting

Ons klein mensie moes gaan vir haar eerste inenting.
 
Yolandi het hierdie voor en na foto's vir ons geneem.
 
Eina tog.
 
 

Wednesday 30 January 2013

Die girls se eerste disco

 
Net voor die skool gesluit het, het die meisiekinders hulle eerste disco bygewoon.  Vorige kere, kon hulle nie gaan nie. 
Hierdie keer moes elkeen iets met Kersfees aantrek.
 
Annika was Santa se helpertjie.
 
 
 
 
 


 Odélia was mrs. Claus.
 



 
En Joanné was die engeltjie.



 
 
Weet nie wie van julle ken "Gangman Style" nie. Nou ja, ons kleingoed hier sing en dans daarop.  Odélia het die aand met die disco 'n prys gewen vir haar dans op Gangman Style.
 
 

Tuesday 29 January 2013

Tannie Mina verjaar

 
 
Baie geluk met jou verjaarsdag, tannie Mina.  Gods rykste seën word jou toegewens op die dag en die jare vorentoe.  Geniet 'n baie spesiale dag.
 


Monday 28 January 2013

Diela se 9de verjaarsdag

 
Odélia se 9de verjaarsdagpartytjie se tema was Ice cream shop.
By die ingang na hulle huis is die bordjie opgesit met balonne, om te wys waar die partytjie is.
 
 


 Die verjaardagmeisie pose vir haarself en neem 'n foto.
 

 
 
Roomys verjaarsdagkoek.
 
 
 
 
Gedekte tafel.
 
 



 
'n Dankie geskenkie om huistoe te vat.
 



 
Ons drama queen, Diela, saam met twee van haar maatjies.
 



 
Chanel, met Joanné in die agtergrond.
 




Joanné
 



 
Die twee musketeers.  Ruben en Annika.  Ruben altyd die enigste doring tussen al die rose.


 
 
Geskenketyd, was ek agter die video kamera en daardie foto's is nog by Sebil.
 
 


Sunday 27 January 2013

Chanel se huisie

 
Kersfees het Pieter en ek besluit om vir Chanel 'n pophuis te koop.  Die huisie het in stukke by ons aangekom.  Ons moes hom aanmekaar sit.
Dit het ons 'n hele Saterdagmiddag gevat om dit te doen.  Seker die ouderdom.
Eintlik het ek my so effens misgis met die grootte van die huis.  Kleiner as wat ek gedink het.
 
Ek is agter die kamera en Oupa doen al die harde werk.

 Die huisie is op die sleepwaentjie gebou, sodat ons hom Kersoggend gaan aflewer.
 
Die vloer en eerste twee mure.




Al die mure aanmekaar.
 
 


 
Hier word die deck se pilare opgesit.



 
Toe is dit die dakkie se beurt.


 
 
Die dakkie moes toe nog afgerond word met 'n materiaal wat jou 'n teël effek gee.
 



Die dakkie klaar.
 


 
 
Fine tuning word gedoen.
 
 
 
 
Venstertjies het perspeks in, maar kan ongelukkig nie oopmaak nie.
 
 
 
 
Die deurtjie, kompleet met handvatseltjie en slot.
 
 

 
Natuurlik moet die huisie 'n skoorsteen ook hê.
 



 
Kersoggend en die huisie word afgelewer.
 
Oupa het aangedring dat daar 'n kaartjie moet bywees, want hoe sal sy nou anders weet dat die huisie vir haar bedoel is.  Hy het uit een van my fotorame 'n foto gaan uithaal.  Dié moes ek op 'n karton plak en haar naam moes daarby. 
 
Toe ons op die grondpad naby hulle huis is, het ons eers die kaartjie aan die skoorsteen vasgemaak.
 



 
 
By hulle huis gekom, kom sy by die deur uit en vra:  Ouma, wat maak jy met hierdie klein huisie.
Gesê Kersvader het hom vir jou gebring.  Ruben was te vinnig en het eerste ondersoek in gestel met Chanel kort op sy hakke.
 
 

 

Nefie Josh was daar en is vinnig nader geroep om ook te kom kyk.
 
Baie in haar noppies met haar nuwe huisie waar sy nou kan speel met water en is Mamma nie bang dat sy op die mat gaan mors nie.
 



 
Gedurende verlede week gee die internet bietjie probleme.  As jy gaan kyk wat die fout is en bietjie op daardie bladsy bly, kom daar wanneer die internet aankom, 'n huisie op.  Sy wou Barbie kyk en die internet lol.  Ek gaan kyk toe en toe die huisie opkom, sê sy:  Hy lyk net soos my huisie.  Ek het dit nog nooit agtergekom nie, maar werklik, die huisie lyk net soos haar huisie.
 


Maureen verjaar

 
Baie geluk met jou verjaarsdag, Maureen. 'n Baie mooi en vreugdevolle nuwe lewensjaar word jou toegewens.  Geniet die dag,
 
 
 

Saturday 26 January 2013

Zandré se verjaarsdag

 
Baie geluk met jou 11de verjaarsdag, Zandré.  Mag al jou kinderdrome waar word.
 
 

Friday 25 January 2013

Twee verjaarsdae

 
Baie geluk, Oupa Bes met jou 62ste verjaarsdag.  Gods rykste seën word jou toegebid.  Hope Jo-anne spoils you rotten. Geniet 'n baie spesiale dag.
 
 


Baie geluk met jou verjaarsdag, Piet.  Geluk ook met die nuwe kleinseun.  Geniet 'n baie lekker dag.





Verjaarsdag en huweliksherdenking.

 
23 Januarie
 
 
Baie geluk aan Johan Marais met sy verjaarsdag.  Geniet die dag.
 
 
 
24 Januarie
 
 
Baie geluk Johan en Thea Mulder met die herdenking van jul huweliksdag.  'n Baie mooi jaar word julle toegewens.  Geniet die dag.
 
 


Monday 21 January 2013

Verjaarsdag en huweliksherdenking

 
Baie geluk met jul huweliksherdenking, Nick en Stienie.  "n Jaar vol vreugde en geluk word julle toegewens.  Geniet die dag.
 
 

 
Veels geluk met jou verjaarsdag, Rudolph.  Ook vir jou wens ons 'n baie mooi nuwe lewensjaar toe.



Sunday 20 January 2013

Calvin se 13de verjaarsdag

 
Baie geluk met jou 13de verjaarsdag, Calvin.  Geniet 'n baie besonderse dag.
 
 
 

Saturday 19 January 2013

Nickie verjaar

 
Baie geluk met jou verjaarsdag, Nickie.  Geniet 'n baie spesiale dag.
 
 

Friday 18 January 2013

Japie en Yolandi se 10de huweliksherdenking

Baie geluk met jul 10de huweliksherdenking.  Kan nie glo dit is al 10 jaar nie.  Mag die toekoms vir julle besaai wees met alles wat mooi is.  Geniet jul meisiekinders.  Ons is baie lief vir julle.  Geniet die dag.
 
 
 

Japie is 30

 
Baie geluk met jou 30ste verjaarsdag, Japie.  Hoop die jaar wat voorlê hou vir jou alles wat mooi is in.  Geniet die dag.
 
 

Thursday 17 January 2013

Probleme

 
Hi Almal,  Ek het probleme met die oplaai van nuwe foto's op die blog.  Het ou foto's gaan google op my gesavede foto album op die blog, en nou wil hy glad nie weer my nuwe foto's laai nie.  Hoop ek kry die probleem gou opgelos, sodat ek weer lekker met julle kan gesels.

Tuesday 15 January 2013

Daleen verjaar.

 
Baie geluk met jou verjaarsdag, Daleen.  'n Nuwe lewensjaar gevul met vreugde, voorspoed, geluk en liefde word jou toegewens.  Dankie vir alles wat jy vir ons doen.  Geniet die dag.  Lief vir jou
 
 





Monday 14 January 2013

4 Verjaarsdae

 
Ds. Japie Coetzee verjaar vandag.  Baie geluk met jou verjaarsdag, Japie.  Mag die nuwe lewensjaar gevul wees met alles wat mooi is, geluk, vreugde, voorspoed en goeie gesondheid.  Geniet 'n baie spesiale dag.
 
 

 
Vandag is ook die verjaarsdag van Billy.  Baie geluk, Billy.  'n Baie mooi en vreugdevolle nuwe lewensjaar word jou toegewens.  Geniet die dag.  Hoop jy word lekker bederf.
 
 

 
Duan van Aswegen verjaar ook vandag.  Baie geluk ou groot seun.  Hierdie foto laat nie reg aan jou geskied nie.  Het een van fb afgelaai, maar kon hom nie op die blog kry nie.  Hoop Pappa en Mamma bederf jou baie vandag.
 
 

 
Karla van Wyk verjaar ook vandag. Baie geluk met jou verjaarsdag, Karla.  Mag al jou kinderdrome waar word.  Geniet die dag.
 


Sunday 13 January 2013

John Higgs verjaar

 
 
Baie geluk met jou verjaarsdag, John Higgs.  Jy word nou 'n mooi groot seun.  Geniet die dag en ek hoop jy word sommer baie bederf.
 


Wednesday 9 January 2013

5 Verjaarsdae

Baie geluk met jou verjaarsdag, Lizé.  Alles wat mooi is word jou toegewens.  Geniet die dag.
 
 


Johan Bosman verjaar ook vandag.  Baie geluk, Johan.  Ook vir jou wens ons net die mooiste toe.
 



 
Dit is ook Chanté se verjaarsdag.  Baie geluk, Ounooi.  Mag al jou kinderdrome waar word.  Sal definitief moet belê in 'n updated foto van jou.  Geniet jou dag.
 
 

 
Vandag verjaar Leana van Wyk en Willie van Niekerk ook.  Baie geluk ook aan julle.
 
Ons hoop dat die jaar vorentoe baie vreugde en geluk sal inhou.
 
Geniet die dag.