Wednesday 31 October 2012

Die padwerke vorder.

 
Verlede naweek het ek die foto geneem  Hier kan julle sien hoe hoog hulle die pad opgebou het.  Hulle werk nou net aan die helfte van die deel wat geteer moet word.
 
 

 
28 Oktober, het ek hierdie foto geneem.  Daar is gruis (Grof) op die pad gegooi.  Dit word nou volgens Pieter gerol en dan word die fyner gruis en teer gegooi.


 
Vervolg....................

'n Laaste verjaarsdag vir Oktober

 
Op hierdie laaste dag van Oktober is dit Eugene Snyman se verjaarsdag.  Baie geluk Eugene.  Ons wense vir jou is 'n toekoms besaai met al die mooi van die lewe.  Geniet die dag.
 

Tuesday 30 October 2012

Welkom Jacoli !!!

Ons kan nie wag om vir Jacoli te ontmoet nie.
 
 
 
 
 
Hier is ons klein meisiekind, Jacoli !


 
 
Almal kry 'n kansie om vir Jacoli vas te hou.


 


 





 

 
Die nuwe familie foto.
 

Huis 5

Soos ek belowe het, die foto's van die huis soos dit nou binne lyk.
 
Wanneer jy by die agterdeur instap is die eerste deur op regterkant die laundry.  Lieflike dubbel wasbak en die een kant se muur is omtrent die hele muur vol rakke.  Daar is ook plek vir die wasmasjien en tuimeldroeër om langs mekaar te kan staan.
 

 
Links is die kombuisgedeelte van die huis, wat later volg.  In die gang af is links twee spaarslaapkamers - lekker groot met elkeen 'n dubbel hangkas.



 
Die hoofslaapkamer.  'n Skuifdeur aan die een kant en 'n kleinerige venstertjie aan die ander kant.



 
Aan die anderkant, oorkant die skuifdeur, is daar 'n instap hangkas.



 
Terug in die gang, kry jy dan die badkamer met 'n bad en 'n stort.




 
Die wasbak in die badkamer is omring met pakplek.  Weerskante is daar 'n lekker lang kas, die wasbak kassie en bokant die wasbak die spieël.


 
Volgende is die toilet.  Daar is 'n deur vanaf die laundry in die toilet in.
 



 
Die gang, met Pieter in die agtergrond.  In die voorgrond twee lieflike dubbel kaste met hope pak plek.  Links na die kamer se deur is die besemkas.
 



 
Die kombuis.  Hier langs die stoof is 'n klein woodburner stofie wat uitgehaal moet word. Dan sal die kas opskuif tot teenaan die stoof.
 



 
Die eetkamer.  Die skuifdeur sal dan op die deck oopmaak.



 
Die sitkamer.  Lekker groot.  Die kaggel moes uit die muur gehaal word.  Hier sal dalk nou redelik baie werk gedoen moet word voordat ons hier kan verf en matte insit.
 



 
Noudat julle saam met my deur die huis getoer het, kan julle sien waarom ons moet verf, matte insit en nuwe gordyne hang.
 
 
Die laaste foto is geneem van die gat, waar die boom op die huis geval het.  Die gat is deur tot in die hoofslaapkamer.  Maar hy sal gefix word.



 
Vir 'n tydjie sal julle nou niks van die huis sien nie.  O ja, die elektrisiën, Robert, het al die krag gekoppel.  So die ander werk kan begin.  Sal foto's opsit soos dit vorder.
 
 
Vervolg ..........................

Elize verjaar

 
Baie geluk met jou verjaarsdag, Elize.  'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens.  Geniet die dag.
 
 

Monday 29 October 2012

ONS BABA


So tussendeur alles, word ons 6de kleinkind ook nog gebore.  Vandag is D-day.  So van vandag af sal julle nie net 3 meisiekinders sien nie, maar 4 as ek weer van hulle 'n foto opsit.


Baie sterkte met die bevalling, Yolandi.  Ons weet sommer alles sal goed gaan. Gelukkig is ouma Gerda hier om na die tyd vir jou te help.  

Wilna verjaar

 
Veels geluk met jou verjaarsdag, Wilna.  Mag die toekoms alles wat mooi is inhou.  Geniet die dag.
 
 

Sunday 28 October 2012

Huis 4

 
Die hele langnaweek het die huis op jacks gestaan en die garage op die sleepwa.  Dinsdag het "Die House Removers" weer gekom, die garage op jacks gesit en die trok weggevat.  Hulle het dadelik begin met die hout pale wat geplant moes word.  Die garage s'n is eerste gedoen.  Daarna is die huis s'n gedoen - julle kan dit duidelik op die foto sien - sommer baie van hulle onder die huis.  Dankie tog dat ek nie onder die huis moes werk nie.
 
 


 
Van die koppie afgeneem.  Links in die agtergrond is 'n woolshed - waar hulle die skape skeer.



 
Hier is die huis en die garage albei op die houtpale.  Nou moet concrete vir die garage gegooi word, die deck vir die huis opgesit word, die gedeelte tussen die huis/garage en die grond moet ook toegemaak word met hout en tussen die huis en garage word die twee deure gelink, sodat jy darem droog vanaf die garage na die huis kan kom.



Van nou af sal die fotos meer gaan oor die renovation van die huis.  Die volgende post se foto's het ek geneem van die binnekant van die huis - om te wys hoe hy nou lyk.


Dit lyk nou so vreemd as jy daar verby ry - skielik staan daar 'n huis.
 
Vervolg..........

Leandri is al 13

Baie geluk met jou verjaarsdag, Leandri.  'n Volle 13 jaar.  Jy word nou 'n pragtige jong meisie en hierdie foto laat nie reg geskied aan jou nie.  Stuur asseblief vir ons 'n foto. Geniet jou verjaarsdag en ek hoop dat jy baie bederf gaan word.
 
 

Saturday 27 October 2012

Ma en dogter verjaar.

 
 
Baie geluk, Estelle en Bianca met die herdenking van jul geboortedae.  Mag die toekoms vir julle alles wat mooi is inhou.  Geniet 'n baie besonderse dag.

Friday 26 October 2012

Huis word geskuif 3

 
Nadat ons van die toneel verdwyn het om by die skool die scarecrows te gaan afneem, het Pieter nog foto's geneem.  Die eerste twee foto's is hoe die bulldozer die trok optrek tot bo-op die site.
 
Die 3de foto is waar die huis al op die site staan.
 
 




Tussen die bome staan die trok alweer gereed om die garage te gaan haal.
 
 


 
Terug van die skool af en ek neem gou weer foto's.  Hier kan julle duidelik sien hoe die huis op jacks staan.  Vir die hele langnaweek (Maandag 22 Oktober is 'n vakansiedag hier in NZ) gaan hy nou so staan totdat hulle Dinsdagoggend weer diepiles gaan inkap om die huis op te laat sak en dan daaraan vas te spyker.  Sal probeer om ook hiervan 'n paar foto's te neem.






Hierdie mense vat nie nonsies van kaboutertjies nie.  Hier staan die garage alweer op die trok gereed om Arataki Road toe te gaan.
 
 




Vervolg ..............

Thursday 25 October 2012

Ons meisiekinders se Ag Day

 
En hier is die eindproduk van Odélia.
 


 
Joanné se scarecrow.


 
Annika se scarecrow



 
Ek het nie lank gebly nie, want ek wou weer foto's kom neem het van die garage wat geskuif is.
 
In Annika se klas het ek die volgende paar foto's geneem.
 
Sy het 'n klein scarecrow gemaak waarvoor sy dan ook 1ste plek gekry het.
 



 
Haar tekening van Keisha met sy kos en water bakke en ook haar storie oor Keisha.
 




Haar tuin / plaaserf.



 
Haar versierde cup cakes.
Lyk baie aanloklik.


 
Die volgende foto's is in Diela se klas geneem.
Sy moes 'n koek bak en versier.  Lyk lekker nê?
 
 


Hierdie is 'n vark.
 
 



Sy het besluit om 'n sneeu tuin te maak.
 
 


 
'n Tekening wat teen die muur was.
 



 
In Joanné se klas het ek die volgende afgeneem.
 
Sy moes 'n koei maak.


 
 
'n Tekening teen die muur.
 
 
 
 
Hierdie lyk vir my na 'n natuur toneel.
 
 

 
Haar flowersaucer wou nie laai nie.  So ongelukkig kan ek dit nie vir julle wys nie.
 
Kleingoed is kunstig, nê.