Saturday 30 June 2007

Isabel toer saam met Noordwes Kinderkoor na Europa

Van links op die foto is ma Poppie, Isabel en suster Marlie. Ma en klein sus is bevoorreg om die toer mee te maak. Julle moet dit baie geniet en baie foto's neem. Maak die meeste van elke dag, onthou dit is iets wat niemand van jou af kan weg vat nie. Sien uit om van al jul ervarings te hoor. Ongelukkig is pa Nico awesig. Hy is tans op die boot, maar ek glo in gedagte is hy by julle.

Thursday 28 June 2007

Ons berg

Hierdie foto's van ons berg (soos ek van hom praat), Mount Ruapehu, wat vol sneeu is. Die vulkaniese berg is aan die oorkant van die meer. As julle op die kaart kyk (wat elders op die blog is), sal julle sien waar Taupo bo is, Mount Ruapehu onder aan die punt van die Taupo Lake is. Op die foto kan julle 'n gedeelte van die dorp sien. Die geel dak wat uitsteek is Pak n Save, waar ons kruideniersware koop. Dan sien julle 'n gedeelte van die Taupo Lake, met die berge verder aan. As die wind uit die rigting van die berg en meer waai, bibber ons lekker van die koue.





Verlede jaar 23 Desember, het ek, Pieter, Johan, Sebil en Johan se ouers, Burt en Carlien van der Merwe berg toe gegaan. Vol verwagting dat ons tot op die hoogste punt sal kan gaan. Wat 'n verrassing wag toe nie op ons nie. Halfpad teen die berg op, by die restaurant en aandenkingswinkel gekom, kan ons nie verder gaan nie. Die kabelkarretjies mag nie gebruik word nie, want dit het vroeër die oggend gesneeu en dit is te gevaarlik op om te gaan. Nadat ons geëet het en aandenkings gekoop het is ons maar weer oppad huistoe. Buite gekom, kry ons 'n lekker verrassing : SNEEU.





Johan en Sebil buite die winkel afgeneem. Kan sien hulle kry in die hartjie van die somer lekker koud op die berg. Die weer bly onvoorspelbaar tot einde Desember en verbeter dan meer na somer weer. Gelukkig was ons voorbereid op koue en was lekker warm aangetrek.



Ons het hierdie foto geneem oppad terug na Taupo. Julle kan sien hoeveel sneeu daar daardie tyd van die jaar nog op die berg was.

Tuesday 26 June 2007

'n Koue wintersoggend

Dit was vanoggend een van die koudste winters oggende nog dié winter. Die termometer het op -3 grade 8 uur vanoggend gestaan. Johan en Sebil se kar se slot wou nie oop sluit nie, was vas gevries. Dit was lekker koud en spierwit.








Friday 22 June 2007

VERJAARSDAG WENSE

Baie geluk aan Lohan Jacobs wat vandag verjaar. Mag jy net vreugde en geluk vandag ervaar. Geniet die dag. Het ongelukkig nie 'n foto om te plaas nie.

Thursday 21 June 2007

Waar ons almal bly

Hierdie foto is van Lake Taupo. Hoe ironies dat die vorm van die Lake baie na die Afrika kaart lyk. Regs bo waar Egipte op die Afrika kaart is, sal julle Taupo vind. Dit is waar Pieter en Annatjie bly.

Kinloch, regs onder op die kaart is net buite Taupo en lê aan Lake Taupo. Vanaf Taupo na Hekkie en Daleen se huis (eerste rooi ster op kaart) is ongeveer 37km. Dit neem jou 30 minute om daar te kom. Die spoedgrens in Nieu Seeland is 100 km per uur. Van Hekkie en Daleen ry jy deur Whakamaru (Fakamaru) na State Highway 30 waar jy die afdraai McLean Road na Johan en Sebil kry en bietjie verder aan Dillon Road na Japie en Yolandi. Die verste punt is na Johan en Sebil wat ongeveer 45 minute vanaf Taupo is.

Oud Carletonviller presteer in Nieu Seeland

Hierdie is 'n uittreksel uit Taupo Times 19 Junie 2007. Die Cloetes is van Carletonville. Hulle is al amper 3 jaar in Nieu Seeland. Hulle bly in Taupo, 'n klipgooi van ons af. Tienie en Kitty het Karee Gastehuis in Carletonville begin. Op hierdie stadium bestuur Kitty se ma, tannie Kotie die gastehuis. Hulle het ook 'n seun, Innes. Annatjie het gedurende Mei 2003 die Walvis Staproete saam met Tienie gedoen.

Friday 15 June 2007

Die nuwe toevoeging tot die familie

Hello julle my naam is Tinky Van Der Merwe. Ek is 'n Fox Terrier gekruis met 'n Jack Russel. Ek is nou 7 weke oud, so julle kan sien ek het lank gesoek na 'n baas en gelukkig het Johan en Sebil my opgeraap.

Thursday 14 June 2007

Sandmense, geniet jul vakansie

Greg, Vicky, Celandré, Celine en Crispin Sloan.
Hulle was so gelukkig om verlede jaar 'n vakansie na Disneyland in Parys te wen. Geniet julle vakansie, ons is so jaloers.

Jou "Barmaid" vir die aand


Ons kuier by "The Shed" 'n restaurant in Taupo. Jy bestel 'n "Barmaid" vir die aand. Op die foto kan julle die laaaaaaaang glas bier sien. Dit is so 4 bier glase vir elke man. Nog iets nuuts vir ons.



Nuwe Suid-Afrikaaners in Nieu Seeland

Sondag 10 Junie het ons kennis gemaak met Esteen, Louise, Estie en Lise Coetzee. Hulle vorige tuiste was Vaalharts in die Noord Kaap. Esteen werk al 'n jaar in Nieu Seeland, maar Louise en die dogters het so 6 weke gelede hier aangekom.

Odélia en Annika is baie in hul noppies met jul nuwe maatjies, Estie en Lise.



Tuesday 12 June 2007

Ons hou verjaarsdag

Ons het Hekkie en Johan se verjaarsdae oor die naweek gevier. Johan het Sondag verjaar en Hekkie Maandag. Baie geluk julle, mag julle nog lank vir ons gespaar wees.
Hier is 'n familie foto van ons.