Thursday 31 December 2009

Voorspoedige Nuwe jaar.

Ons wense vir almal vir 2010 is dat die jaar besaai sal wees met alles wat mooi is:
Liefde,
Geluk,
Goeie gesondheid,
Voorspoed
en Vreugde.
Mag julle die Here se seën ervaar die hele jaar deur.
Baie liefde,
Ons almal hier in New Zealand.

Gelukwense

Happy birthday to you,
Happy birthday to you,
Happy birthday Ouma Jo,
Happy birthday to you.
We wish you a year filled with joy and happiness.
Enjoy the day.
Love from us all.



Baie geluk met jou verjaarsdag, Heinrich. 'n Wonderlike nuwe lewensjaar vol vreugde, voorspoed, geluk en liefde word jou toegewens. Geniet die dag.


Wednesday 30 December 2009

Verjaardagwense

Ouma Miemie du Plessis verjaar vandag. Baie geluk met jou verjaarsdag, Miemie. Mag die nuwe lewensjaar alles wat mooi is inhou - vreugde, voorspoed, geluk en tonne liefde. Geniet die dag. Liefde van ons almal.





WC Zitske het op 28 Desember verjaar. Baie geluk, WC. Ook vir jou word 'n nuwe lewensjaar vol van alles wat mooi is toegewens. Hoop jy het die dag geniet.


Kersvader by Ruben se Daycare

Woensdag, 23 Desember, was Ruben se laaste dag vir die jaar by dagsorg. Soos die gebruik is, het Kersvader dan ook sy besoek afgelê. Ruben is baie ligtig vir Kersvader. Hy wil nie naby hom kom nie. Elke kind se ouers moes dan ook 'n klein geskenkie koop sodat Kersvader dit vir die kinders kon gee.
Kersvader het gearriveer. Hier kruip Ruben agter Sebil weg.




Styf hou hy Mamma se hand vas terwyl hy sy geskenkie by Kersvader vat.



Sy geskenk was 'n verkyker. Hy was baie opgetrek daarmee.



Later het hy so mak geword dat hy self al nader en nader beweeg het aan Kersvader. Ek glo nie hy het besef dat hy so naby hom staan nie.



Terwyl ons gewag het vir Kersvader om sy verskyning te maak, het ek so 'n paar foto's van die speel area geneem.
Hierdie is die muur in die hoek waar die sandput is.







'n Ander gedeelte van die muur is weer met vliegtuie en helikopters geverf.





Ruben het homself besig gehou om bou blokke op mekaar te pak sodat hy daarop kon staan en aan die dak raak.






Ruben en Mamma Daleen.





Ruben en tannie Riza.



Riza is die vrou van Albert de Buys wat by Japie en Hekkie op die plaas werk. Dit was heel toevallig dat Riza werk gekry het by die dagsorg en dat Albert op die plaas begin werk het.
Hulle twee - Ruben en Riza - is baie erg vir mekaar en word daar gedurig drukkies uitgedeel.

Monday 28 December 2009

Therine verjaar



Baie geluk met jou verjaarsdag vandag, Therine. Mag die nuwe lewensjaar alles wat mooi is inhou. Geniet die dag.
Eugene Snyman het 26 Desember verjaar. Baie geluk, Eugene. Hoop jy het die dag geniet. Voorspoed word jou toegewens met die nuwe lewensjaar.

Personeel Kersete

Verlede Dinsdagaand het ons vir ons medewerkers 'n Kersete geshout. Dit was 'n baie gesellige aand gewees. Al die kinders en kleinkinders was ook teenwoordig.

Hier is 'n paar foto's.
Almal om die eettafel. Ons was 16 volwassenes en die 5 kleingoed.



Oupa Pieter lewer sy toespraak. Altyd omring deur die kleingoed.




Japie het vir ons die Seën gevra.



Elke werker het 'n "hamper" gekry.

Cobus en Anine




Shane, Karen, Corey en Kristal



Phillip



Matt




Chanel was die middelpunt van belangstelling. Sy word nou so vinnig groot. Is nie meer die klein ou dingetjie van geboorte nie. Kyk net hoe rond is die wangetjies al.
Oupa Pieter en Chanel - baie trots op die 4de kleindogter.



Johan en Chanel



Sebil en Chanel




Ouma is nie hierdie keer saam met Chanel afgeneem nie. Ek was die fotograaf gewees.


Baie dankie aan al die kinders en kleinkinders dat hulle teenwoordig was. Dit het die aan vervolmaak. Sonder julle sou dit nie dieselfde gewees het nie.





Thursday 24 December 2009

Geseënde Kersfees

Webfetti.com


Ons almal hier in New Zealand wil graag aan al ons familie, vriende en kennisse 'n baie geseënde Kersfees toewens. Mag julle almal 'n ware Christus fees ervaar. Geniet die dag.

Kuier by die see



Die naweek van die 12 - 13 Desember was ek en Pieter saam met Japie, Yolandi en die dogters by die see. Dit was ons af naweek en ons het dit baie geniet. Is ook baie bederf. Lekker laat geslaap - net Odélia het ons gewen. Sy is 'n regte ou slaapkous. Kan sommer lekker laat slaap as dit nie skool is nie.



Hier is 'n paar fotos van die naweek.



Japie en Oupa Pieter het hulle lekker besig gehou. Hulle was ligtig vir die see, maar het dit so baie geniet. Annika wou gladnie eers huistoe gegaan het nie. Sy het allerhande planne gemaak net om langer te kuier.








Annika se sonbril het 'n tydjie terug in haar hare vasgesit. Sy het besluit eerder as om die seer te trotseer om die bril uit te haal, knip sy sommer die hare af. Kyk die haartjies bo-op die kop hoe regop staan dit.



'n Gat is gegrou vir die seewater om in op te dam. Dit was groot pret vir hulle om te sien hoe die gat vol water word.


Joanné saam met Japie.






Odélia en Annika het al begin mak raak vir die see.







Daar moes ook "touch" gespeel word. Almal is lekker rondgejaar op die strand. Die kleingoed het soveel energie. Maar met middagslapietyd was hulle so uitgeput, dat dit nie lank was nie of hulle was aan die slaap. Ouma het natuurlik haar kansie goed benut. As Joanné gesê het sy wil op Ouma se bed slaap, het ek saam met haar 'n uiltjie geknip.











Dit was 'n baie lekker naweek. Dankie Japie, Yolandi, Odélia, Annika en Joanné dat julle ons saamgenooi het. Ons het dit baie geniet. Volgende keer maak ons weer so.


Woensdag 23 Desember

Baie geluk met jou verjaarsdag van gister, Marelize. Hoop jy het die dag geniet. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens.



Tuesday 22 December 2009

Daan en Clara se huweliksherdenking

Baie geluk met julle 36ste???? huweliksherdenking. Mag die toekoms besaai wees met rose (sonder die dorings). Ook vreugde, geluk, liefde en voorspoed word julle toegewens. Lief vir julle. Geniet die dag en bederf mekaar.




Monday 21 December 2009

Verjaarsdae

Die 19de Desember het Piet Botha van Namibië verjaar. Baie geluk, Piet. Hoop jy het die dag geniet en alles wat mooi is vir die nuwe lewensjaar.

Gister het Elize verjaar. Baie geluk, Elize. Hoop dat jy ook 'n baie lekker dag geniet het. Ons wense vir jou vir die nuwe lewensjaar is alles wat mooi is. Mag die jaar gevul wees met liefde, vreugde en voorspoed.






Isabel Coetzee verjaar vandag. Baie geluk, Isabel. Mag die toekoms ook vir jou alles wat mooi is inhou. Geniet 'n baie besondere dag.



Baie geluk ook met jou verjaarsdag vandag, Marinda. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens, vol van alles wat mooi is. Geniet die dag.


Sunday 20 December 2009

Potjiekos saam met die Kerk

Ons het so 2 weke terug Potjiekos by die kerk gehad. Dit was 'n baie lekker dag. Die weer was ook lekker. Ons het ook lekker boere sport gedoen.
Hier is 'n paar foto's.


Friday 18 December 2009

Evette se verjaarsdag

Veels geluk, liewe Sussie, omdat jy verjaar. Mag die Here jou seën en nog baie jare spaar. Mag jou pad besaai wees met rose, vreugde, geluk en liefde. Geniet 'n baie spesiale dag. Wens ons kon daar wees om dit met jou te deel. Liefde van ons almal.



Dit is ook Awie en Hettie Nel se huweliksherdenking. Baie geluk. Mag julle nog lank vir mekaar en almal wat vir julle lief is, gespaar bly.
Ook is dit Nas en Amanda se huweliksherdenking. Mag julle huwelikspad besaai wees met alles wat mooi en goed is. Geniet die dag en bederf mekaar.

Wednesday 16 December 2009

Verjaarsdae

Hettie Nel het gister 15 Desember verjaar. Baie geluk, Hettie. Ons het nie vergeet nie, was net nie by die huis nie. Hoop die jaar wat voorlê hou vir jou baie vreugde en geluk in.
Vandag verjaar Hendrien van der Merwe. Baie geluk, Hendrien. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens. Geniet die dag.

Pragtig, Diela.

Ek het die foto gaan vaslê op ouma Gerda se blog. Wil net vir julle wys hoe goed ons meisiekind opskool doen. Sy is ses, maar lees en skryf in albei tale - Engels en Afrikaans. Pragtig, Diela. Ons is trots op jou.

Monday 14 December 2009

Allegra Wiid is 3

Baie geluk met jou 3de verjaarsdag, Allegra. Mag al jou kinderdroompies waar word. Hoop jy word baie bederf.

Laat gelukwense

Ek en Pieter was die naweek saam met Japie, Yolandi en die dogters by die see gewees, daarom dat ek nie die volgende gelukwensings gedoen het nie. Sal later vir julle fotos opsit.
Danie en Miemie du Plessis het op 13 Desember hul huweliksherdenking gevier. Baie geluk, julle. Mag die jaar wat voorlê geluk, vreugde en baie voorspoed inhou. Hoop dat dit 'n baie spesiale dag vir julle was. Liefde van ons almal hier.

Bennie Labuschagne het sy verjaarsdag op 13 Desember gevier. Baie geluk, Bennie. Hoop jy het die dag baie geniet saam met almal wat vir jou lief is. Mag die nuwe lewensjaar alles wat mooi is inhou.




Japie en Suné het hul 5de huweliksherdenking op 11 Desember gevier. Baie geluk, ons hoop dat die jare wat voorlé net alles wat mooi is sal inhou. Hoop julle het die dag geniet.



Die 11de was ook die geboortedag herdenking van Andries Labuschagne. Baie geluk, Andries. 'n Mooi en vreugdevolle nuwe lewensjaar word jou toegewens. Hoop jy is baie bederf.