Saturday 29 September 2007

Verjaarsdag wense


Get free graphics at BlingyBlob.com!


Hettie Erasmus (Doll soos ek haar noem) verjaar vandag. 'n Volle 67 jaar oud. Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die jaar wat voorlê vol seëninge wees. Geniet jou dag.



Ané Agenbach verjaar ook vandag. Baie geluk. Vreugde en voorspoed vir die jaar wat voorlê.
Louis en Anna Wessels herdenk hul troudag vandag. Baie geluk. Ek weet nie hoeveel nie, maar dit is al 'n hele klompie jare.

Friday 28 September 2007

Ek brei 'n kombers

Nadat Sebil die kombersies gesien het wat vir die kleingoed gebrei is. (Jessica het dit vir my gebrei.) Dit kan nie hoër of laer nie, sy moet ook so 'n kombers hê. Natuurlik nie 'n babakombers nie, nee een vir die dubbelbed. Ek bestel toe 50 bolle wol uit Suid Afrika. Evette het dit gestuur. Ek het begin brei. 250 steke en 50 bolle wol. Ek het amper 7 bolle klaar gebrei en die strook is om en by 10 duim lank. Die kombers sal darem seker teen volgende winter klaar wees. Sal julle op hoogte hou.




Odélia

Odélia het vanoggend uit die hospitaal gekom. Die operasie het goed afgeloop. Die plek in die hand waar die vorige keer ontsteking was, was skoon. Dit was die inwendige steke wat nie opgelos het nie. Haar hand is nie in 'n cast nie, het net 'n verband om. Yolandi sê dat die plek baie mooi lyk en die swelling heeltemal weg is. Ons is baie dankbaar daarvoor.

Thursday 27 September 2007

Odélia

Odélia is laat middag geopereer. Hulle slaap vanaand in die hospitaal. Sal môre met die dokter se rondtes eers weet presies wat hulle in die hand gekry het. Sy was toe ons met Japie gepraat het, nog redelik deurmekaar, maar al terug in die saal.

Wednesday 26 September 2007

Crispin verjaar


Get free graphics at BlingyBlob.com!

Crispin is vandag 2 jaar oud. Baie geluk, jong. Hoop Pappa en Mamma bederf jou baie. Om nie eens van daardie twee sussies van jou te praat nie. Geniet jou dag.


Mt. Ruapehu

Julle sal onthou dat ek 'n tydjie gelede foto's van "Ons berg" geplaas het. Wel, bo alle verwagtinge in en sonder enige waarskuwing het die vulkaniese berg gisteraand 'n uitbarsting gehad. Die toerusting kan slegs 'n uitbarsting van oor die 4 lees en alarm maak. Hierdie een was 2.8. Twee jongmans wat oppad na die meer op die berg was, was in 'n oornag hut. Die deur van die hut is weggeblaas en klippe en modder het in die hut ingestroom. Die een man het sy been in die proses verloor. Albei was baie gelukkig om met hul lewens daarvan af te kom. Hulle voorspel nou dat daar nog meer uitbarstings gaan wees.

Odélia

Yolandi, Odélia en Annika is Auckland toe. Die dokter het besluit dat hy Odélia se hand weer wil oopmaak en spoel. Dus, hulle is nogsteeds in Auckland, want sy word nou môre geopereer. Joanné kuier weer by Oupa en Ouma.

Tuesday 25 September 2007

Odélia en Yolandi

Odélia gaan môre weer Auckland toe vir ondersoek. Sy loop al baie mooi, is nog 'n bietjie kruppel en dit word erger as sy hardloop of wanneer sy moeg is. Die operasiewond op die hand is rooi en lyk of hy sweer. Dr. Nicol het gesê dat hy haar dadelik wil sien. So môre aand sal ek weer vars nuus oor Diela hê.
Yolandi gaan nou 'n spesialis sien met die knop in haar keel. Dit sal ongeveer twee weke neem voordat ek verder daaroor kan berig.

Sebil en haar kalfies

Sebil help elke jaar om kalfies op die plaas groot te maak. Hier is 'n paar foto's.




Burt en Carlien, ek weet nie wie van julle hom gedoop het nie, maar hier is 'n foto van Likkewaan, of te wel Richard.



Die waentjie waarmee hulle die melk vervoer - bo.
Die groter kalfies wat al self drink.







Verjaarsdae


Maryke Brits verjaar vandag. Baie geluk. Mag daar nog vele gelukkige jare wees. Wanneer kry ons troue???

Izette verjaar ook vandag. Baie geluk. Mooi, gelukkige en vreugdevolle jare word jou toegewens.


Nadia se matriekafskeid




Nadia, jy het pragtig gelyk. Dit klink ook of julle die partytjie baie geniet het. Dit is pragtige foto's wat julle geneem het. Kan nie dink dat jy al jou matriekafskeid gevier het nie. Dit is soos nou die dag dat hulle van jou geboorte laat weet het. Groete vir Gerhard ook. Van Odélia af ook. Sy sê julle moet kom kuier en vir tannie Evette saambring.


Huweliksherdenking

Johan en Sebil het ons Donderdagoggend verras deur ons uit te neem vir ontbyt. Baie dankie vir al die mooi wense wat ons ontvang het.


Saturday 22 September 2007

Annerenthia


Get free graphics at BlingyBlob.com!

Annerenthia Strydom verjaar vandag. Baie geluk, Ounooi. Mag al jou droompies waar word. Wees altyd so 'n pragtige dogtertjie soos jy nou is. Baie liefde.

Friday 21 September 2007

Get Well Soon Ouma Miemie



Ons is baie bly om te hoor dat ouma uit die hospitaal is, en dat als goed gegaan het.




Hoop dat ouma vinnig sal herstel, onthou ons kom een van die dae kuier.

Liefde van ons almal



Lekker Verjaar Gert


Geluk met jou verjaarsdag.
Ons hoop jy het 'n baie lekker dag en dat jy lekker bederf word.
Mag God jou seen en mag jou jare vol liefde en geluk wees.

Thursday 20 September 2007

32 JAAR

HAPPY ANNIVERSARY!!
Mag die volgende 32 jaar net vol geluk, liefde en voorspoed wees
Liefde: Die kinders en kleinkinders
"A successful marriage isn't about finding the right person,
it's about being the right person"


Baie geluk

Ons wil net baie geluk sê vir Jaco Buitendag wat vandag verjaar. Hoop daar so nog baie jare wees en dat jy die dag sal geniet.

Wednesday 19 September 2007

Kleingoed en hulle dinge


Ons was vandag weer by Sebil vir ons "beauty". Die kleingoed wou speel.

Ouma se rug en maag was nog altyd 'n baie lekker perdjie om te ry.



Gelukkig was Johan ook daar en kon hy bietjie help.

Johan en Annika.

Verjaarsdag, verjaarsdag!!!!

Hettie Labuschagne verjaar vandag. As ek reg het, 28 jaar. Baie geluk, Hestertjie. 'n Baie mooi jaar word jou toegewens. Vreugde, vrede en strome seëninge word jou toegebid. Geniet jou dag.
Hettie en André is hier op hul troudag saam met almal aan ons tafel afgeneem.

Get free graphics at BlingyBlob.com!



Leon verjaar ook vandag.

Magda, George, Riaan en Sue, julle onthou seker hierdie dag 11 jaar gelede baie goed, toe hierdie mannetjie op , is dit ses en 'n half maande, die eerste lig aanskou het?

Baie geluk aan julle almal, spesiaal aan jou, Leon. Mag die volgende 11 jaar vol vreugde, geluk en liefde wees. Geniet jou dag.


Tuesday 18 September 2007

Yolandi en Lizelle verjaar.


Get free graphics at BlingyBlob.com!

Yolandi verjaar vandag. Baie geluk. Voorspoed, vreugde en seëninge word jou toegebid vir die volgende jaar. Mag dit 'n makliker jaar wees as die afgelope paar weke.
Hoop jy geniet die dag.
Lief vir jou.
Van ons almal.






Lizelle du Toit verjaar ook vandag. Baie geluk en mag die jaar vorentoe met rose besaai wees. Geniet jou dag.

Monday 17 September 2007

Kleingoed

Yolandi was vanoggend oppad dokter toe met Joanné en haarself. Langs die pad het hulle agtergekom daar is iets wat Joanné pla. Ja, sy het haar besigheid gou gedoen en behoorlik ook. Klere en stoel vol. Ouma moes badwater intap en nou die klere. Maar o wee, haar pakkie klere was nie in die doeksak nie. Al uitweg, Ruben se ekstra pakkie klere in sy doeksak. As jy nie weet dit is 'n ou dogtertjie nie, kan sy dalk deurgaan vir 'n seuntjie.


Met haar stoeltjie ook vuil, moes sy maar in Annika se stoeltjie sit oppad dokter toe. Kyk net hoe verdwaal lyk sy.




Die besoek aan die dokter het die volgende opgelewer : Joanné is reg, al is sy hees en hoes sy. Yolandi het bloedtoetse vir haar skildklier laat doen en hulle moet ook 'n scan van die skildklier doen. Hiervoor moet sy na Hamilton toe gaan.
Hulle kom by Ouma by die huis en Odélia is nie lekker nie. Haar koors het begin styg en sy het begin kla oor hoofpyn. Terug dokter toe. Sy het 'n keel infeksie. Moet Pamol gee en aangaan met die antibiotika waarop sy is. By die huis aangekom, is haar koors 38 grade. Bel die dokter. Hy skryf toe Brufen voor en Daleen het dit saam uitgevat plaas toe. Ons het nou net met Yolandi gepraat. Na 'n bad en al haar medikasie, is die koors gebreek en is hulle oppad bed toe. Hulle sal haar dophou deur die nag, want as sy weer koors het, moet die dokter haar môre weer sien.


Terwyl ek vanoggend skoongemaak het, kon dit nie hoër of laer nie, Ruben moes die skoppie en besempie kry. Dit lyk my hy moet gereeld by die huis help met die skoonmaak. Klein, maar getrein.



Pieter en ek het oor die naweek kamers geskuif, sodat ons 'n scrapbook kamer kan hê. Nou is die kamer waarin die kot is, die heel eerste kamer as jy by die voordeur inkom (eintlik 'n kantoor). Die twee balle wat Ruben het, is eintlik twee kussings wat op die bed lê. Ek het al vrede gemaak dat dit die kleingoed se speelgoed is.


Sunday 16 September 2007

Hannes-Petrus het verjaar.

Hannes-Petrus het gister verjaar. Ons het nie vergeet nie, maar was nie by die huis nie. Hoop jy het die dag geniet en mag die jare wat voorlê baie geseënd wees met goeie oeste.

Odélia en haar sussies

Annika, Joanné en Odélia



Terwyl Yolandi vir Annika aantrek, doen Diela 'n dans om te wys hoe gesond sy al is.

Net om vir almal te wys : Geen picklyn, geen casts.



Die harnas waarmee Odélia elke aand aan die been slaap.


Terwyl my sussies hulle daaglikse oefeninge doen, hoop ek om daardie bottel tee in die hande te kry.

Dankie, Mamma.


Jammer, Ouma, jy is alweer te laat. Die bottel is al klaar weer uit my mond uit. Sy het die bottel gevat en hom pragtig in haar mond gesit, maar met die kliek van die kamera, was hy alweer uit die mond uit.



Kyk, julle, ek kan alweer bollemakiesie slaan. Dit is Odélia wat alweer sò rof is. Ons almal hou maar net asem op dat sy nie gaan seerkry nie.




Met Pappa se hulp, kry ek dit mooi reg.


Annika moet ook probeer



Manne se aand uit

Ons gee die manne af vir 'n aand uit en vra: "Neem asseblief foto's."
Ja, dit is toe die foto's wat ons kry. Nou ja, dan moet ek maar die aand uit vir julle na aanleiding van die karige foto's beskryf.
Wellington het teen Waikato in Hamilton rugby gespeel. John, die eienaar van die plaas waar Hekkie werk, het al die reëlings getref vir dié aand. Hulle het vyfuur die middag van die plaas af vertrek. Omliggende plase se mense is ook saam. Ons vrouens is nie saam nie. Ek het by Daleen gebly en ons het sommer daar geslaap ook. Pieter het Saterdag weer gewerk. Johan was nie saam nie. Yolandi het by die huis gebly, want Joanné is verkoue. Die eerste foto is van die bus geneem waarmee hulle gery het. Die tweede is Japie en die ander persoon op die foto is Hekkie. Hy probeer altyd 'n foto vermy. Die derde foto is weer van Hekkie en Japie geneem. Fluit-fluit my storie is uit.
Ons span is natuurlik Waikato, maar hulle het lekker verloor teen Wellington.








Thursday 13 September 2007

Bootrit Desember 2006

Verlede jaar op 30 Desember, het ons almal met 'n boot op die Taupomeer gaan vaar. Dit was 'n baie lekker ondervinding. Hekkie se broer, Danie en sy vrou Leanne en hulle dogter Chanté het kom kuier en so ook Johan se ouers, Burt en Carlien, asook Yolandi se pa, Bes en Joanne. Ook het Johan se werkgewer, Craig en sy huisgesin saamgegaan. Dit was 'n 3 uur lange vaar op die meer. Was nie juis 'n aangename dag nie, soos julle kan sien het almal maar koud gekry. Hier is 'n paar foto's van dié dag.



Odélia en Grace (Johan se werkgewer se dogtertjie) oppad boot toe. Baie opgewonde. In die agtergrond staan Burt en Carlien, Johan se ouers en Bes, Yolandi se pa en Joanne.




'n Maori tekening in die wand van die berg.




'n Mooi foto van een van Taupo se uitbreidings : Arcacia Bay



Motorbote op die meer.