Monday 30 June 2008

Dink asb. aan

Ek het slegte nuus uit Suid Afrika gekry. Een van my vriende, Hanno van der Walt is Donderdag in 'n motorfiets ongeluk oorlede. Ons vra dat almal sal bid vir die Van Der Walt familie van Welverdiend. Ons dink aan julle en vertrou dat die Here julle deur die moeilike tyd sal dra.




Ons het ook gehoor dat Elma Botha van Namibië geopereer is en dat sy nog baie ernstig siek is. Spoedige beterskap word haar toegebid. Dink ook asseblief aan haar in julle gebede.

Monday 23 June 2008

Jag by Ranginui

Die mans het besluit om vir die naweek te gaan jag. Die jag plaas is so 'n uur en 'n half se ry van Japie af. Hy is net buite Te Kuiti.





Hulle het Vrydag - oggend so by 10:00 gery en het 11:30 daaraan gekom.




Vrydag - middag na middagete het die mans 'n paar kleiduiwe geskiet.




Deon was die beste met die kleiduiwe.




Pieter het Vrydag - aand al sy bok geskiet.



Japie het Saterdag - oggende sy bok geskiet.



Saterdag - oggend het hulle lekker Pofadders geeët.


Hekkie en Japie soek na die bokke.


Hekkie het sy bok Saterdag - middag geskiet.

Johan het sy bok Sondag - oggend geskiet.


Sunday 22 June 2008

Koekies Bak

Ons vrouens het dit goed gedink om die kans waar te neem terwyl die manne gaan jag het. Ons het toe koekies gebak.


Hier is Ruben besig om cheese te sê vir die kamera.



Ma Carlien het die oond gerun.


Ma Annatjie het die vormpie gedruk.

Daleen het die roller beet gekry en die deeg gerol.

Ek het vir Ruben besig gehou met 'n bietjie deeg.

Ruben het dit baie geniet. Hy het lekker met die deeg gespeel.


Friday 20 June 2008

Baie Geluk

Ons wil aan Cindy Fourie (10/06),en Elize Agenbach (14/06) 'n baie gelukkige verjaasdag toe wens op hulle spesiale dae vroeer die maand. Mag die Here julle seen en alle voorspoed en geluk word julle toegewens.
Ook baie geluk aan Isak en Leen van der Merwe met julle huweliksherdenking wat op die 17de Junie was. Hoop julle het mekaar lekker bederf en mag daar vir julle nog baie spesiale jare vorentoe wees.

Thursday 19 June 2008

Girl's Night Out

Dit was Woensdag aand girl's night out. Ons het eers 'n lekker aandete geniet en daarna Sex and the City gaan kyk.
Hierdie foto is in die restaurant geneem.


Saturday 14 June 2008

Fieldays 11 - 14 Junie 2008

Fieldays word deur ons almal hier met Nampo Oesdag vergelyk. Dit word jaarliks gehou oor 'n tydperk van 3 dae. Daar is ongeveer 500 uitstallers en hulle se dat die besoeker getalle oor die 3 dae by die 32 000 is. Hierdie jaar vier hulle hulle 40ste verjaardag.

Ek, Hekkie, Ruben, Pa Pieter en Ma Annatjie was Donderdag 12 Junie vir die dag daar gewees. Hier is so paar foto's.












Friday 13 June 2008

Verjaardae partytjie

Daleen het ons almal uitgenooi Woensdag - aand met Hekkie se verjaarsdag. Ons het toe sommer Johan en ouma Annatjie se verjaarsdae ook saam gevier. Ons het lekker gekuier.

Ouma Annatjie, Yolandi en Joanné


Kan julle glo, hier is ek ook in 'n foto saam met ma Carlien.


Die manne het lekker om die tafel gekuier.

Japie, Hekkie, Johan en oupa Pieter

Ouma het saam met die kinders Ring-a-Rosies gespeel.

Daleen en Yolandi het baie lekker soetgoed gemaak vir ons. Ek, ma Carlien en ouma Annatjie het die southappies gemaak.


Hier is die drie besig om hulle kersies dood te blaas.


Ons probeer elke keer 'n foto van die kleingoed neem. Maar dit is bietjie moeilik, want almal kyk nie altyd op die selfde tyd vir jou nie.



Thursday 12 June 2008

Koekbak!

Odélia was gister baie omgekrap. "Ons het nie met Ouma Annatjie se verjaarsdag koek geëet nie, en ons was nie gister by oom Johan se verjaarsdag nie, en vandag verjaar oom Hekkie, so mamma, ons MOET 'n koek bak!", het sy gesê. Nou ja, toe bak ons koek. "Tjokkit koek" soos Annika sê. Terwyl die koek in die oond was, het die drie baksters die lepels en bakke uitgelek! Ek moes hulle toe daarna maar in die bad sit, al was dit maar half drie!

Dit was Joanné se eerste keer van lepel-lek, so sy het dit vreeslik geniet!

Wednesday 11 June 2008

Hekkie verjaar


Hekkie verjaar vandag. Baie geluk met jou verjaarsdag. Hoop jy het die dag geniet. Strome vol seën en baie vreugde word jou toegebid. Lief vir jou.

Tuesday 10 June 2008

Dankie vir die nuus Hettie

Hettie Labuschagne het vir my 'n
e-pos gestuur vandag met 'n foto'tjie van klein Marnel. Sy is te pragtig Hettie. Julle moet haar baie geniet. Baie dankie vir die foto. Ons waardeer dit baie.





Nog goeie nuus uit Suid Afrika. Baie geluk aan Naas en Lizelle du Toit met die geboorte van hulle eerste seuntjie, Riaan du Toit. Hoop hy gaan vir julle baie vreugde bring. Stuur asb. vir ons foto's.
Oupa Frans is seker baie trots. Baie geluk aan al die Oupas en Oumas. Julle moet die kleingoed baie geniet.

Johan is 25 jaar oud

Baie geluk met jou 25ste verjaarsdag my skat.Ons hoop die jaar sal net vol vreugde, geluk en liefde vir jou wees. Jy moet jou dag baie geniet.
Lief vir jou.




Baie geluk met jou verjaarsdag, Johan.
Strome vol seëninge word jou toegebid vir jou nuwe lewensjaar. Lief vir jou. Hoop jy is lekker bederf vandag, deur die twee vrouens in jou lewe.

Pieter se salami

Yolandi het so tydjie terug op die salami in een van ons Supermarkte, Pak 'n Save, af gekom en vir pa Pieter een gegee om te toets. Dit het die toets geslaag, oupa Pieter se dis net so goed soos die naam.

Monday 9 June 2008

Nog 'n vark...en nog 'n vark!

Hekkie het Saterdag saam met 'n vriend gaan jag. Dis nou nie jag soos ons dit ken nie. Nee, hulle jag hier in die bos. Hekkie sê as jy die bos binnekom, moet jy die bakkie se ligte aansit, so donker is dit. Hy het toe wraggies weer 'n vark geskiet. Die een glo 85 pond (40kg). Maar dis nie al nie, toe hy en Japie Saterdagaand uitgaan om hase te skiet, kom hy met nog 'n vark ons huis aan. Nie 'n wildevark nie,.........'n krimpvarkie!



Die drie meisiekinders het hom omtrent opgespeel!



Joanné kom agter hy is nie baie sag nie....



Annika gee hom 'cuddles'.


Odelia is mos moeder hen. Sy wou opsluit hê die varkie moet nou by ons bly, en Japie moes tot vir die varkie 'n huisie bou waarin hy die nag kon slaap.



Die varkie het in die nag uit sy huisie ontsnap, en na 'n reuse soektog het ons hom onder my en Japie se bed gekry. Maar vergeefs of hy in die huisie wou bly, want nie lank nie of hy is weer soek. Toe ons hom uiteindelik in die laaikas se onderste laai kry, het ons besluit hy moet nou vir Ruben gaan kuier, en kyk net wat gebeur toe........

Al waaroor Ruben toe worry is om sy geweer te kry en om die vark te skiet, net soos sy pa die vark geskiet het.

Nog 'n probeer slag van naby

Hy het ook toe ten einde laaste sy geweer gelos en van nader gaan ondersoek in stel.

Sunday 8 June 2008

Huwelinksherdenking

Vandag is Greg en Vicky 12 jaar getroud. Baie geluk julle twee. Ons hoop daar gaan nog 12 jaar vir julle twee saam wees. Julle moet die dag baie geniet, en onthou ons dink elke dag aan julle.
Liefde en groete vir julle huisgesin.




Dress up??

Ruben het nou my wegsteekplek gekry vir al my krale en ook my make up en moes toe eers alles op die proef stel.