Wednesday 4 June 2008

Verjaarsdae en Huweliksherdenkings wat verby is

Hier is 'n paar verjaarsdae en huweliksherdenkings wat ons nog nie voor geluk gesê het nie. Ons is baie jammer daar oor maar het aan julle almal gedink. Ons het julle nie vergeet nie, ons was net baie besig met die trekery en dan het ons ook nie internet gehad nie. Ek is darem nou weer terug, maar ma
Annatjie gaan nog 'n rukkie vat.



Baie geluk aan Awie Nel wat die 29ste Mei verjaar het. Hoop jy het 'n lekker dag gehad.Mag die jaar vol vreugde en liefde vir jou wees.
Ook baie baie geluk klein Joshua du Plessis wat 1 jaar oud geword het op dieselfde dag. Ons hoop jy het jou dag geniet en dat jy lekker bederf is.



Baie geluk aan Andries en Chrissie Labuschagne, Louis en Elize Nortje en Jaco en Rensche Nortje met hul huweliksherdenkings wat die 29ste Mei was. Hoop julle almal het julle dag geniet en mekaar lekker bederf.



Baie geluk aan Bennie en Marelize Labuschagne met hul huweliksherdenking wat die 2de Junie was. Hoop julle het 'n wonderlike dag gehad.




Anna Wessels het gister die 3de Junie verjaar. Baie geluk met die verjaarsdag, hoop jy het 'n wonderlike dag gehad.




No comments: