Monday 9 June 2008

Nog 'n vark...en nog 'n vark!

Hekkie het Saterdag saam met 'n vriend gaan jag. Dis nou nie jag soos ons dit ken nie. Nee, hulle jag hier in die bos. Hekkie sê as jy die bos binnekom, moet jy die bakkie se ligte aansit, so donker is dit. Hy het toe wraggies weer 'n vark geskiet. Die een glo 85 pond (40kg). Maar dis nie al nie, toe hy en Japie Saterdagaand uitgaan om hase te skiet, kom hy met nog 'n vark ons huis aan. Nie 'n wildevark nie,.........'n krimpvarkie!



Die drie meisiekinders het hom omtrent opgespeel!



Joanné kom agter hy is nie baie sag nie....



Annika gee hom 'cuddles'.


Odelia is mos moeder hen. Sy wou opsluit hê die varkie moet nou by ons bly, en Japie moes tot vir die varkie 'n huisie bou waarin hy die nag kon slaap.



Die varkie het in die nag uit sy huisie ontsnap, en na 'n reuse soektog het ons hom onder my en Japie se bed gekry. Maar vergeefs of hy in die huisie wou bly, want nie lank nie of hy is weer soek. Toe ons hom uiteindelik in die laaikas se onderste laai kry, het ons besluit hy moet nou vir Ruben gaan kuier, en kyk net wat gebeur toe........

Al waaroor Ruben toe worry is om sy geweer te kry en om die vark te skiet, net soos sy pa die vark geskiet het.

Nog 'n probeer slag van naby

Hy het ook toe ten einde laaste sy geweer gelos en van nader gaan ondersoek in stel.

No comments: