Friday 31 August 2007

Odélia

Dit is slaaptyd vir ons, half elf in die aand. Odélia sou middagete se tyd ingegaan het vir die operasie aan die arm. Dit is geskuif na sesuur vanaand. Ons het op hierdie stadium geen nuus nie, want volgens Japie sou Yolandi laat weet het as sy ingaan, maar ons het nog niks gehoor nie. Ek en Pieter en die twee kleingoed gaan môre weer Auckland toe om te gaan kuier. Sal julle op hoogte hou.

Thursday 30 August 2007

Interessante brokkie

Oppad terug van Auckland af, het ons hierdie foto's geneem. Een van Pieter se werksaanbiedinge verlede jaar was van hierdie besigheid. Dit is 'n kontrakteursbesigheid. Hulle ploeg, plant, stroop, ensovoorts. Die besigheid is naby die dorpie Tirau, waaroor ons in 'n vorige gedeelte geskryf het. Ons het ingery, die foto's geneem en geen lewende wese daar gekry nie.






Nog twee foto's geneem in Tirau. Julle sal onthou dat alle winkelname en selfs die biblioteek en die inligtingskantore van sink gemaak is. Hier is nou nog twee foto's uit die sinkplaat dorpie.



INTERESSANTE FEITE :

TOURISM :

10% of New Zealand's economy, as measured gy GDP, is dependent on tourism. Tourism supports more than 10% of New Zealand jobs.

Gelukkige verjaarsdag

Baie geluk aan Elizna Coetzee wat vandag verjaar. 'n Volle 12 jaar oud. Hoop jy geniet jou dag. Wense vir 'n pragtige en vreugdevolle jaar vergesel hierdie boodskap.

Geen nuus uit Auckland

Vandag is daar geen nuus uit Auckland. Die arm was vir 14 ure dood gespuit. Sy het geen gevoel in die arm gehad nie. Sy het geweet sy het 'n arm, maar kon hom gladnie voel nie. Dit het haar redelik baie ontstel. Gelukkig het slaap gekom en so met die slaap saam, het die lewe weer terug gekom in die arm. Môre gaan hulle nou weer oopmaak om die wond skoon te was. Daar was ook nog gladnie resultate beskikbaar van die toetse wat gedoen is nie. Van die toetse kan tot 'n week duur voordat ons weet wat aangaan. Ons bly nogsteeds op ons knieë. En vra dat julle dieselfde doen.

Wednesday 29 August 2007

Matriek Rekord Eksamen

Nadia Buitendag van Afrikaanse Hoër Meisieskool is besig met haar rekord eksamen in Pretoria. Baie sterkte, Nadia. Ons weet alles sal goed gaan.

Odelia 1

Odélia speel met die masker, om haar gewoond te maak aan die gas waarmee hulle haar aan die slaap maak. (Narkose) As gevolg van die feit dat sy nie meer die picklyn in het nie, moet hulle dit op hierdie manier doen.





Twee foto's van Diela en Yolandi waar hulle wag vir narkose.

Terug in die saal na die operasie.






Die verslag soos ek dit verstaan. Die handjie is oopgemaak en al die goggas ('n pasta) is verwyder en die gewrig is skoon gewas. Die handjie is in 'n cast, want oor 48 uur wil hulle weer oopmaak en skoon was. 'n Picklyn is ingesit in die linkerarm. Dit is vir die medikasie wat gebruik gaan word. Hiervoor wag hulle nog op die resultate van die toetse. Die pasta wat verwyder is, is volgens die dokters die meeste wat hulle nog uit so 'n plek verwyder het. Daarom dat hulle weer vir oopmaak en skoonmaak. Dus sal hulle Vrydag weer werk aan die arm.
Sal skryf sodra ek weet wat verder gedoen gaan word.


Tuesday 28 August 2007

Badtyd Maandagaand

Daleen het Maandag begin werk. Sy en Sebil het Maandagaand by ons in Taupo geslaap. Hier is die drietjies reg vir die bad. Dit is altyd 'n fees as hulle kan bad.


Joanné het so lekker op Sebil se been gesit. Sy het besluit dit is sommer die regte tyd om haar besigheid af te handel. Dit is mos beter om dit te doen voordat jy bad, of hoe?




Die drie in die bad.

INTERESSANTE FEITE :

A Nation of Drinkers?:

Compared with other countries, New Zealanders are not heavy drinkers. The average New Zealander drinks :

  • 5% less alcohol than the average Australian
  • 12% less alcohol than the average Briton
  • 30% less alcohol than the average German
  • 40% less than the average Irish

Head of State :

New Zealand's Head of State is Queen Elizabeth. 'God Save The Queen' and 'God Defend New Zealand' are New Zealand's two official national anthems. Although they have equal status, 'God Defend New Zealand' is sung at 100% of sporting occasions.

Part of the ceremony at which immigrants become New Zealand citizens involves singing 'God Defend New Zealand'. Everyone at the ceremony sings it together, so you don't have to sing on your own.

Danie, Leanne en kinders

Ek en Pieter het Saterdagmiddag gou by Hekkie se broer in Auckland gaan hallo sê. Ons het baie lekker gekuier. Die kleingoed word ook pragtig. Chanté is Januarie 4 jaar en Josua is 3 maande. Hy is op my verjaarsdag, 29 Mei gebore.



Ouma Miemie, Dit is Oupa Pieter wat so stout was om hierdie foto te plaas. Hy wil net jou twee pragtige kleinkinders vir jou wys.


Odélia


'n Foto wat die afgelope naweek geneem is in die Starship Hospitaal. Die twee het lekker gespeel. Jy kan duidelik sien dat hulle na mekaar verlang het.
Ja, môre is die groot dag. Odélia gaan om 8uur teater toe om die handjie te opereer. Ons wag in spanning om te hoor wat hul bevindings is.
Sy is nog nie weer op antibiotika nie en haar koors het ook nog nie opgegaan nie. Dit lyk werklik asof sy die osteomyelitis het wat nie op antibiotika reageer nie. Maar voor dat ons so sê, wag ons vir die bevindinge van die dokters.
Bid asseblief vir haar.

Monday 27 August 2007

MT RUAPEHU


Johan en Sebil was Sondag op die berg gewees. Daar sien ons al die berg...





En hier gaan ons op die eerste kabelkarretjie. Dit was lekker koud so hoog in die lug.






Kyk hoe lekker koud is dit op die berg. Ons het vir ons tot handskoene gekoop.





Hier ry ons op die tweede kabelkarretjie. Kyk hoe mooi oop is die berg.






Hier is Johan voor die sneeu, kyk hoe stout lyk sy gesig.






Daar bo was nie plek vir 'n muis nie. Dis net ski's waar jy kyk.






Die wolk lyk soos 'n lekker sneeu kombers wat daar lê. Kyk hoe lekker ski die mense.







Kyk hoe mooi lyk die berg.






Dié masjien maak sneeu, hulle het hom vroeër die oggend aangehad, maar dit het te warm geword.






Met die afkom slag het ons die huis raak gesien, kyk hoe hoog is die sneeu by die vensters.






Toe ons weer onder gekom het, was die berg heeltemal oop gewees.







Hier is toe ook 'n "schack" .





Interessante feite :

A SPORTING NATION :

According to SPARC (Sport and Recreation), the most popular sports in New Zealand, measured by club memberships, are as follows :

  • Golf : 128,860
  • Netball : 120,440
  • Soccer : 105,023
  • Rugby Union : 98,543
  • Cricket : 87,100

Auckland nuus

Vandag geen nuus uit Auckland. Daar sou niks gebeur het. Geen toetse of iets is gedoen nie. Odélia se koors het ook nog nie opgegaan nie, so hulle kon ook nog geen bakterie begin groei nie. Tot dusver is die operasie aan die arm nog vir Woensdag geskeduleer.

Odélia en Annika by die Zoo.

Japie en Yolandi het verlede week en Donderdag met Odélia en Annika Dieretuin toe gegaan. Die twee foto's is daar geneem.
Odélia se hand langs die afdruk van 'n apie hand.

Annika se hand langs die afdruk van 'n apie hand.




Interessante gegewens van Nieeu Seeland : (Ek gaan dit in Engels deurgee soos dit verskyn)
CITY OF FIRSTS :
The City of Dunedin is home to :
  • New Zealand's oldest university.
  • New Zealand's first newspaper.
  • New Zealand's first botanic gardens.

Ons ken Dunedin as gevolg van die rugbywedstryde wat altyd daar gespeel word.


Sunday 26 August 2007

Terug van Auckland

Ons is terug van Auckland af en het baie om te vertel. Odélia loop heeltyd sonder die cast. Die picklyn is nogsteeds uit en sy kry geen antibiotika nie. Hulle kon tot dusver nie bloed trek om te probeer om iets te kweek nie, want sy het nog nie weer koors gehad nie. Die plan is nog om Woensdag te opereer aan die arm. Gedurende Vrydag se MRI toets is daar bloed getrek wat vir 'n paar goed getoets is. Dit was in opdrag van die dokter wat Woensdag gaan opereer. Sy bly vol moed en is springlewendig. Mens moet haar so dophou dat sy nie goed doen wat haar kan laat seerkry nie. As jy net die gesiggie sien, sal jy nie sê dat sy eintlik 'n baie siek klein mensie is nie.

Net daar aangekom, groot vreugde om mekaar weer te sien.



Friday 24 August 2007

Louis Wessels verjaar

Louis Wessels verjaar 25 Augustus. Baie geluk. Ons hoop die jare vorentoe hou goeie gesondheid, voorspoed en geluk in. Geniet die dag.

Auckland toe

Pieter, ek en Joanné gaan Saterdagoggend Auckland toe. Dus, julle sal niks van my hoor tot Sondagaand nie. Ons gaan 'n bietjie daar vir Odélia kuier en Joanné gaan vir Mamma kuier. In oorleg met Japie word die siekte wat Diela het Osteomyelitis genoem. Ons hoop dat noudat hulle die antibiotika gestop het, hulle iets in die bloedmonsters sal kan optel en dan daarvolgens behandeling kan gee.

Verjaarsdae

Annemarie Toerien en Braam Nel wat onderskeidelik 21 en 23 Augustus verjaar het. Baie geluk. Baie seën en voorspoed word julle toegebid.

Odélia

Die MRI scan is vanmiddag om 12uur gedoen. Die uitslag is nie baie rooskleurig nie. Wat die been aanbetref, het daar geen verdere verbetering ingetree na die laaste MRI wat gedoen is nie. Die gewrig het baie vloeistof in. Hulle beplan om Woensdagoggend te opereer op die gewrig. Volgens Japie is die antibiotika heeltemal gestop. Japie-hulle is besig om ander alternatiewe te oorweeg rondom Odélia, want hulle is nie baie gelukkig met die vordering wat gemaak is nie. Daar sal seker na die naweek meer duidelikheid hieromtrent wees. Bid asseblief nog steeds vir ons.

Ons eie bloubulletjie

Julle sal ook sê ek weet nie wat ek wil hê nie. Met die vorige foto's moet hy golf speel en nou is dit weer rugby. Wel, om die waarheid te sê: Ons sal maar kyk watter een van die twee die beste geld het. (Ha-ha)
Ons het so gesit en bespiegel : Sebil sê hy moes nou eers begin loop het. Ja, sê Daleen, nou hardloop hy al. As hy agterkom jy wil hom vang, kan jy nie glo hoe vinnig daardie kort beentjies hom kan dra nie. Miskien nog 'n scrummie??


Ons het darem nie van Tinky vergeet nie. Hy en Ruben het gister te lekker by ons in die erf gespeel.


Thursday 23 August 2007

Odélia

Japie en Annika is gister Auckland toe om vandag daar te wees wanneer Odélia geopereer word. Daar was toe 'n probleem rondom die MRI scan. Dit kon nie vandag gedoen word nie. Verder kan sy nie binne die volgende week weer narkose kry, sou hulle die nieroperasie vandag doen nie. Aangesien die niere nie prioriteit is nie, het hulle besluit om nie vandag te opereer nie. Die scan is nou bespreek vir môre om 12uur. Japie het sy stem bietjie dik gemaak en waar hy en Annika môre sou terugkom, kom hulle nou eers Sondag terug.
ONS WIL OOK WEEREENS BAIE DANKIE Sê AAN ALMAL VIR HUL GEBEDE, BETERSKAP WENSE EN AL DIE OPROEPE. DIT MAAK ONS WARM OM DIE HART OM TE WEET DAT ONS MENSE SOVEEL OMGEE. BAIE, BAIE DANKIE.

Ruben

'n Pragtige foto van Ruben.

In die agtergrond 'n paar koeie. Hy is baie lief vir die koeie en om buite te wees. Golfbal in die hand en onder golfstok in die hand. Dit lyk amper of ons golfspeler in die het.


Ruben buite op deck van hulle huis.


Oeeeps, Mamma het my uitgevang!!!!!!!!


Hy geniet dit so om met leë bottels (bierbottels ingesluit) te speel.


Strooi kunsmis by Johan hulle op die plaas

Sebil het vir ons die foto's geneem toe hulle gister op Vannerlands kunsmis gestrooi het met die helikopter.
Die vlieg wat daar in die verte vlieg is die helikopter.


Bietjie dof, maar agter op die foto is die helikopter en op die voorgrond is die "feeder wagon" of te wel, die voerwa waarmee hulle kuilvoer uitvoer.





Johan was gelukkig genoeg om saam te vlieg, want hy moes wys waar die kunsmis gestrooi moes word. "Lucky Devil", nê.

Wednesday 22 August 2007

Lekker geryp en baie mistig

Gisteroggend het Pieter die kamera saamgevat werk toe. Hy het hierdie foto's geneem van die parkie net oorkant ons huis. Ons bly in 'n sirkel. Die middelste gedeelte het geen huise nie, maar is 'n groot park. Daar is 'n speelparkie vir die kinders en dan ook 'n groot grasperk om te kan doen wat jy ook al wil. Dit is so groot jy kan lekker rugby of krieket speel. Die huis met die bruinmure en donkerder bruin garagedeur by die geel glyplank is ons huis.


'n Naby foto wys hoe wit die ryp op die gras lê.

Oppad werk toe, het hy hierdie foto geneem van die mis wat oor die Taupo Lake hang.



Dit was kwart voor agt in die oggend en kyk hoe dig is die mis. Die foto's is geneem in die straat direk langs nie meer.